Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Groot koeke => Topic started by: Naas on July 20, 2015, 11:32:16 AM

Title: KAASKOEK
Post by: Naas on July 20, 2015, 11:32:16 AM
KAASKOEK

Die basiese beskuitjiekors:

1 Pakkie (200 g) beskuitjiekrummels – [Marie of Tennis beskuitjies kan ook gebruik word]
2 Eetlepels suiker
100 g botter of margarien, gesmelt

Meng al die bestanddele goed saam en druk op die boom en effens teen die kante van ‘n losboomkoekpan of ‘n oondvaste tertbak uit.
Plaas dit in die yskas terwyl die vulsel gemaak word  of  bak vir 10min in ‘n voorverhitte oond teen 180º.

Vulsel:

2 Houers (500 g) gladde roomkaas
2 Blikke gekondenseerde melk
¾ Koppie (180ml) vars suurlemoensap
2 Teelepels vanieljegeursel

Voorverhit oond tot 180º en bak kors vir 10min en laat dit dan afkoel.
Klop die roomkaas en die gekondenseerde melk saam tot romerig.
Voeg dan die suurlemoensap en vanieljegeursel by en meng goed.
Voeg die mengsel by die kors en laat vir sowat 3 ure in die yskas staan.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: KAASKOEK
Post by: Anastasia on July 20, 2015, 11:38:37 AM
Jy kan met 'n kaaskoek my onder 'n koolblaar uitlok.  As ons met vakansie gaan, sample ek die kaaskoeke van hier tot by die bestemming, en weer terug.  Is my gunsteling van alle lekkernye.
Title: Re: KAASKOEK
Post by: Meraai vannie Baai on July 23, 2015, 04:14:51 AM
Hehheehehehe ek sien jou onder die koolblaar uitkruip Anastasia. Ek gee op, verlei oor die kilo-afgronde gaan ek nou probeer om my gedagte besig te hou sodat my mond ophou kwyl.
Title: Re: KAASKOEK
Post by: PM on August 07, 2015, 12:36:44 PM
Heerlik heerlik!