Die Afrikaanse Forum

Ons Publiseer Saam => Koestergoed vir boek 3 => Topic started by: PM on June 10, 2015, 09:26:33 AM

Title: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: PM on June 10, 2015, 09:26:33 AM
Ek het hierdie afdeling geskep vir Familiegunstelingresepte.  Indien jy 'n resep het wat jy uit jou kinderdae saamsleep, kan jy dit hier kom plaas.  Vertel die storie
Angelica is die moderator.  Sy sal kom uitspel hoe sy wat gedoen wil hê.   :hello2:
Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: Meraai vannie Baai on June 15, 2015, 12:03:19 AM
Gepraat van familiegunstelinge - sal gaan kersopsteek by moederlief as ek weer Suid Afrika toe bel. Ek weet wat nie 'n gunsteling was in die pandok nie  :icon_bigsmurf: Niemand wou die oggend ontbyt eet nie alhoewel my gesin lief is vir mieliepap en eiers!  :dontknow:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/pap%20beertjie.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/pap%20beertjie.jpg.html)
Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: PM on June 16, 2015, 11:48:58 AM
Ek sou so dink ja!   :toothy4:  Weet jy dalk wat nou van Angelica geword het?  Sy het haar dalk flou geskrik.  :icon_biggrin:

Ek wou nog seg hoe mooi jou fototjies is.  Baie dankie.
Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: Meraai vannie Baai on June 16, 2015, 11:11:13 PM
Dankie vir kompliment  :notworthy: en ekke mis Elle ook elke keer. Dink die koue vang haar  :icon_biggrin:
Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: PM on June 22, 2015, 10:40:46 AM
Ek sal probeer om haar te skakel of het iemand toegang tot haar FB?

Hier lui die klok ook nou vir my.  Ek moet weet as ek twee minute sit en wag om te "reply" dan het my tyd uitgeloop vir die dag.  :crybaby2:
Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: Meraai vannie Baai on June 22, 2015, 12:10:25 PM
Ek het elke dag kontak met haar op FB. Sal more so bietjie klip in die bos vir jou gooi.
Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: Anastasia on June 22, 2015, 03:26:44 PM
'n Gunsteling dis van my is Griekse Pastitsio, dit is 'n pasta gereg.  Dis altyd 'n wenner, veral as ek baie mense voor kos moet gee. 
En mens kan dit vooraf maak, en in die yskas bere en net voor die gaste kom dit in die oond steek.

Bestandele:
Een pak pasta van jou keuse, ek is lief vir skroewe noedels of macaroni elmbogies
Olyfolie
2 Gekapte uie
Knoffel na smaak
1 Blik heelpitmielies
1 Blik tamatie en uie smoor
1 Blikkie Tamatiepasta
Ongeveer 10 repies spek
Ongeveer 500g maalvleis
2 Koppies gerasperde kaas
4 Eiers
Halwe koppie melk
Gesnyde sampioene afhangend van smaak (dit kan uitgelaat word)
1 Eetlepel suiker
Sowat 3 eetlepels chutney
Sowat 1 eetlepel worcestershire sous
Sowat 1 eetlepel asyn

Metode:

Verhit die oond na 180 grade
Kook die pasta in sout en bietjie olie tot nie te sag, dit moet nog stywerig wees
Dreineer die pasta van die water

Verhit olyfolie (ongeveer 2 eetlepels) in 'n pan of pot
Voeg die uie en knoffel by.
Voeg die eetlepel suiker by, maak dit toe en laat dit stadig karameliseer tot effe bruin
Voeg die spek in blokkies gesny by, en braai tot goed gaar
Voeg die maalvleis by en roer voortduerend met 'n vurk sodat dit nie klonte maak nie
Voeg jou geurmiddels by - myne = sout, witpeper, swartpeper, Knorr aromat chille, Italian herb mix

Voeg nou die gedreineerde pitmielies by en laat dit saamgesels vir paar minute.
Roer ondertussen die Worscestershire sous, Chutney, Asyn by
Voeg die tamatie/uie en tamatie pasta by
Voeg jou geurmiddels by
Laat alles nou 'trou' in die pot vir so 20 minute op lae hitte.
Dit moet nie souserig wees nie, net lekker dik sousie.

Pak in 'n oondpan 'n laag pasta, gevolg deur die hele vleismengsel, en weer afgerond met 'n laat pasta.
Klits die eiers en melk saam en gooi dit egalig oor die hele pasta gereg
Strooi die gerasperde kaas egalig oor die gereg
Sprinkel nog so bietjie Italian Herb mengsel en selfs baie baie min rooipeper bo oor vir kleur

Bak in oond (180 grade) tot 'n goudbruin kleur bo op

Sit voor met 'n lekker Griekse slaai met baie Feta kaas en olywe.

Hierdie resep is 'n familie resep, my pa was mos Grieks
Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: Meraai vannie Baai on June 23, 2015, 10:37:43 AM
Klink heerlik! Dankie ook vir die deel by ons Gatkantlandse reseptehoekie hoor  :notworthy:
Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: Angelica on June 28, 2015, 03:07:13 AM
 :wave:
Hallo, hallo...
En wat sien ek hier?  'n Resepteboek? 
Ek's in.
Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: Meraai vannie Baai on June 28, 2015, 10:37:12 AM
Jy het dit dan voorgestel dierbare matertjie  :toothy4: ek sal help met die toetskombuis om te proe  :hello2:
Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: Angelica on June 28, 2015, 05:21:47 PM
Right.  Waar begin ons? 
Het elkeen weer sy eie plekkie of gooi ons ons groceries bymekaar?
Ek sou graag my eie plek wil he, soos Boek 1 en 2, sodat ek my Ma se oer-resepte vir ons gesin bymekaar kan kry.  Sy is nou 92jr en ek wil graag vir elke kind herinneringe rondom die kombuis en Ma se kossies wil bymekaar sit.

Laat weet.
Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: Angelica on July 04, 2015, 05:48:43 PM
Ek weet nog nie..
PM, sal Boek 3 - Resepteboek - dieselfde vorm aanneem as Boek 1 & 2 ???
Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: Naas on July 04, 2015, 08:08:12 PM
Kaggelvuur en Koeksisters hier kom ons.


:icon_bigsmurf:
Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: Angelica on July 05, 2015, 10:01:29 AM
Dankie Naas...
As dit nie gaan realiseer, wil ek dit self doen.
Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: PM on July 08, 2015, 03:38:34 PM
Ha-ha, wat van kerslig en koeksisters  :toothy4:

Ons kan dit in dieselfde formaat as die vorige boeke doen.  Skree maar net hoe julle dit wil hê.
Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: Angelica on July 09, 2015, 04:27:19 AM
Dit sal goed wees as ons dit in dieselfde formaat kan doen as Boek 1 en 2.
Ons moet egter in gedagte hou dat kostes heelwat meer gaan wees as die voriges.
Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: Angelica on July 09, 2015, 04:37:59 AM
Kloeksusters by Kerslig...   :sign10:
Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: Angelica on July 11, 2015, 02:06:27 AM
Met hierdie resep het Ma Eerste Prys gekry op 'n Skou op Wittedrift in 1959.  Was skaars 'n handhoogte oud. 
Maar ek onthou hoe die saal gelyk het met die heerlikste kosse en gebak.
Ma vertel dat terwyl sy met een van die boeties swanger was, sy ook so gebak het tot diep in die nag en dan weer vroeg soggens om haar inskrywings so vars as moontlik voor te sit.  Swanger, bak self vir die Skou en werk dan ook nog daar tot watter tyd. 
Een van die dames het 'n nog stomende souttert (deesdae is dieselfde ding mos 'n quiche..) kom neersit en Ma was swanger, belustig, honger.
Die beoordelaar sny 'n klein stukkie uit die gereg en die moet dan geproe en beoordeel word.  Toe sy haar rug draai, druk Ma 'n stuk souttert in haar mond...  :toothy4:
Heerlike, skreeusnaakse staaltjies uit die dae van die Skoue. 
Hier volg Ma se resep:

Drie Minuut Dadelbrood
Die Landstem 24/05/1958 - Eerste Prys Wittedrift Skou  1959
Bestandele: 
1/2 K Botter
1 3/4 K meelblom
2 Eiers
1/4 T Gerasperde Neut
2 T Bakpoeier
1/2 K Melk
1 1/4 K Bruin Suiker
1/2 T Fyn Kaneel
1/2 Lb Gesnipperde Dadels
Sout
Metode:
Plaas alle bestanddele in mengbak.  Klop 3 minute lank goed saam.  Gooi mengsel in gesmeerde broodpan en bak 1 1/2 uur in matige oond.
++++

Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: Meraai vannie Baai on July 11, 2015, 03:07:26 AM
Lief die kuiertjies rondom die bestanddele en aanwysings  :hello2:
Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: Naas on July 11, 2015, 08:46:04 AM
Geplooide koeksusters en pastoriepiesangs?
Erens moet my wenpotjie se resep nog wees. Ek sal gaan soek.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: Angelica on July 11, 2015, 10:41:31 AM
Naas, sekerlik het Ouma Naas resepte en disse gemaak wat jy graag met ons wil deel??
Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: Naas on July 11, 2015, 12:10:59 PM
Ek sal so maak. Moet net die boeke by vroulief kry.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: Angelica on July 16, 2015, 02:44:07 AM
Nie-Die-Gewone-Peertert

4 Pere
50g Botter
250ml (1K) Suiker
400g Skilferdeeg
15ml (1E) Gesmelte Botter

Skil die pere, verwyder die klokhuise en sny in kwarte en dan weer elke kwart in drie.
Smelt die eerste maat botter en suiker in 'n groot pan met 'n metaal handvatsel. (Trust me..)
Rangskik die pere soos 'n wawiel in die bottermensel.
Rol die deeg oop op 'n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en sny 'n sirkel wat groot genoeg is om die pere te bedek. 
Plaas dit op die pere en bestryk met die tweede maat botter.
Plaas die pan vir 15 minute oor medium hitte op die stoof sodat die pere gaar word en plaas dan in die oond.  Bak teen 220C vir 10 minute of tot die deeg goudkleurig is.
Keer die tert op 'n opdienbord uit - met die deeg na onder - en sit warm voor met geklopte room.  (Of vanielje-roomys).

Title: Re: Kom plaas julle resepte hier.
Post by: Angelica on July 16, 2015, 02:57:34 AM
Nie-Ma-Se-Appeltert-Nie

Ek weet werklik nie wie die skepper van hierdie stukkie vreugde is nie, maar kom ons probeer.

400g Versoete Brosdeeg
1 x 825g Blik Tertappels
1ml Fyn Naeltjies
2ml Fyn Kaneel
5ml Fyngerasperde Suurlemoenskil
Water
Suiker
(Nie eens 'n ou bottertjie nie, ai.)

Rol deeg 2mm dik uit op 'n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is.
Voer 'n 20cm tertbord daarmee uit.
Meng die appels, naeltjes, kaneel en suurlemoenskil en skep dit oor die kors.
Rol orige deeg weer uit en sny 'n 20cm sirkel vir die bo-kors.
Plaas dit oor die appel en druk die rande vas. 
Bestryk met water, strooi suiker oor den bak teen 190C vir 25mins of tot ligbruin.
Sit warm of afgekoel voor met room of vanielje roomys.