Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Vervloeƫ woordskatte => Topic started by: Naas on April 19, 2015, 08:30:58 PM

Title: Skolliestempel
Post by: Naas on April 19, 2015, 08:30:58 PM
Wie van julle onthou die woord 'skolliestempel?'



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Skolliestempel
Post by: Meraai vannie Baai on April 20, 2015, 05:57:33 AM
Ek onthou net die woord skollie as beskrywing vir 'n gomtor, vertel sebliefie meer Naas.
Title: Re: Skolliestempel
Post by: Naas on April 20, 2015, 08:59:21 AM
Dit was my oupa se woord vir 'n tattoo. "Ek hou nie van daai man nie want sy arm is vol skolliestempels.
Daai daardie dae was tatoo's nie so aanvaarbaar nie.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Skolliestempel
Post by: Meraai vannie Baai on April 20, 2015, 10:51:44 AM
So van pas! Self glad nie 'n fan van die wandelende botteltjies ink nie  :icon_biggrin:
Title: Re: Skolliestempel
Post by: Angelica on April 25, 2015, 01:10:05 PM
 :toothy4:
En ek wil so 'n stempeltjie op my enkel he...  maar die mense se ek het te veel spat-are. Glo 'n groot risiko...   :dontknow:

 :laughing4:
Title: Re: Skolliestempel
Post by: Fransi on May 07, 2015, 11:31:37 AM
Ja, hierdie kunstenaar hou ook van die idee dat haar lyf eintlik 'n skilderdoek is. :-) Ek het enetjie wat beide feetjie en meermin is. Een is egter genoeg vir my.

Skolliestempels.  :icon_biggrin:
Title: Re: Skolliestempel
Post by: PM on July 01, 2015, 04:48:23 PM
Ek het ook tatoos.  Tat 1 en tat 2.   :icon_biggrin:
Title: Re: Skolliestempel
Post by: Meraai vannie Baai on July 02, 2015, 01:39:37 AM
Hiehiehie, my tat one and two is besig met selfmoord - hulle hang  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Skolliestempel
Post by: Anastasia on July 02, 2015, 07:38:34 AM
My man se altyd van die klomp wat so baie tattoos het:  Hulle is met 'n nat koerant gemoker!  Hie hie
Title: Re: Skolliestempel
Post by: Naas on July 02, 2015, 08:45:06 AM
Van tat 1 en tat 2 gepraat, my skoonma het gaan bungee spring maar kon agterna nie veel daarvan onthou nie. Haar tatte het haar lights out geslaan.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Skolliestempel
Post by: Meraai vannie Baai on July 02, 2015, 09:38:49 AM
Hiehiehiehie  :sign10:
Title: Re: Skolliestempel
Post by: PM on July 02, 2015, 12:21:24 PM
As ek reg kan onthou het Anastasia jare gelede, 'n ding geplaas van dit gang oor dat en die einde van die storie was "dit hang oor my pantoffels".  Wie kan dit onthou?
Title: Re: Skolliestempel
Post by: Naas on July 02, 2015, 01:00:19 PM
Dit kon dalk ek ook gewees het.
Haar ken hang op haar keel.
Haar keel hang oor haar borste.
Haar borste hang oor haar maag
Haar maag hang ook oor iets
Haar iets hang oor haar kniee.
Haar kniee hang oor haar enkels
Haar enkels sleep oppie ground.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Skolliestempel
Post by: Anastasia on July 02, 2015, 01:03:29 PM
Ek kan nie die een van hang oor die pantoffels onthou nie, maar die een van Naas is vrek snaaks.  Wat ek wel geplaas het is dat die girl laat 'n tatto opsit op haar bors van 'n skoenlapper en na baie jare word dit 'n vlermuis!   :bunny:
Title: Re: Skolliestempel
Post by: PM on July 08, 2015, 03:03:13 PM
Dankie Naas!
Ek onthou nou daai een van die skoenlapper/vlermuis.   :toothy4: