Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die kiekiekyk plek => Topic started by: Meraai vannie Baai on March 13, 2015, 12:47:42 AM

Title: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: Meraai vannie Baai on March 13, 2015, 12:47:42 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC073981.jpg)

Wat eers as 'n tuisbesigheid begin was, het toe uitgedraai as 'n liefdadigheidsprojek
vir Meisiekindjie se 'Helpende Hande Uitreik Aksie' in haar tuisdorp hier in Aus.
Die poppies word op 'n maandelikse 'food auction' geplaas waar daar dan op 'gebie'
word vir koopbewyse vir kos en vleis aan behoeftige gesinne.

As jy self jou hand wil waag aan die heerlike tydverdryf, hier is my metode.

Stap vir stap aanwysings

1. Kleefpapier word om bolyfie gedraai sodat die papiermache lyfie maklik losgesny
kan word as dit droog is. Dit vergemaklik die projekte om die vormpoppie se arms
en kop te verwyder.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Proses%201.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Proses%201.jpg.html)

2. Die handdoekpapier sny ek vooraf in driehoek- en vierkantig/langwerpige vorms.
Smeer met gom en plak op lyfie. Ek gebruik ongeveer drie lae oormekaar om
die bolyfies te verstewig.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Proses%202.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Proses%202.jpg.html)

3. Alles geplak en nou is sy gereed om 'gehang' te word,

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Proses%203.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Proses%203.jpg.html)

4. Hoedjie uit aartappelsak geknip en oor 'n koeldrankproppie
gevou. Alles bymekaar gehou in plek met 'n rekkie.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Proses%204_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Proses%204_1.jpg.html)

5. Gom gesmeer weerskante.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Proses%205.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Proses%205.jpg.html)

6. Die gesig het ons bure seker al nagmerries besorre
Soms hang daar tot vier afkoplyfies op die wasdraad :icon_bigsmurf:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Proses6.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Proses6.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Viertjies%20in%20n%20ry.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Viertjies%20in%20n%20ry.jpg.html)

7. Na twee dae se hang aan die wasgoedlyn is dit mooi droog
en kan die bolyfie in verlengde vorm geknip word.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Proses%208.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Proses%208.jpg.html)

8. Nou word die kleur word gemeng. Maak seker jy meng genoeg verf.
Nagmerrie as jy weer met meng en nie dieselfde kleur kry nie! Papierrompie
word geverf met stysel en gom (gelyke hoeveelhede, verdun met bietjie water).

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Proses7.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Proses7.jpg.html)

9. Nog 'n dag of so in die son vir die droogwordproses.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Proses%209.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Proses%209.jpg.html)

10. Nou begin die kreatiewe souse vloei. Kant bolagie is geknip,
geryg en bo-oor die papier onderrokkie gepas. Tyd om die naald,
garing en kopspelde in te span sodat die ontwerp kan vorm aanneem.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/proses%2010.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/proses%2010.jpg.html)

11. Al die fyn ryg en plooiwerk gedoen is dit tyd om te kyk of die lyne vloei...

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/proses%2012.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/proses%2012.jpg.html)

12. Die hoedjie word fyntjies opgetooi.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/proses11.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/proses11.jpg.html)

13. Nou word die glinsterverfies nadergesleep vir daardie ekstra tikkie glamour

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/proses13.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/proses13.jpg.html)

14. Skoentjies word geverf.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/proses14.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/proses14.jpg.html)

15. Al die voue, drapering, rosies groot en klein, van die papierrompie se afwerking
word met die hand gedoen. Dit help dat die poppie kan staan op haar eie.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/proses15.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/proses15.jpg.html)

16. Tyd vir die gebruiklike fotosessie en net betyds vir aflewering aan
Meisiekind se 'food auction' projek vir 'n $35 koopbewys wat soos ek
reeds geskryf het, gebruik word vir die aankoop van kos & vleis aan
behoeftige gesinne.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/proses%2018.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/proses%2018.jpg.html)
 

 





 


Title: Re: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: Meraai vannie Baai on March 13, 2015, 01:05:11 AM
Die swanger Barbie poppies was baie gewild. Natuurlik moes daar eers 'n vorm
geskep word. Skoondoggie se kreatiewe hande is ingespan en teen die einde van
die naweek het ons 'n swanger Barbie vorm gehad.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/swanger%20magie.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/swanger%20magie.jpg.html)

Die heel eerste swangerbarbie in haar kraamdrag verskaf my soveel plesier!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Raai%20poppies%203.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Raai%20poppies%203.jpg.html)

Daarna volg daar op versoek nog 'n paar en Barbie word van kop tot toon
opgedollie in haar kraamuitrustings.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Raai%20poppies%202.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Raai%20poppies%202.jpg.html)

Ek speel weer pop of dit uit die mode gaan! Skep fyne haartooisels
en vergaap my hoe die poppies 'tevrede' pronk op die fotos.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Raai%20poppies%204.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Raai%20poppies%204.jpg.html)

Die optooi van hulle haardosse in kreatiewe style hou my ure besig.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Swanger%20Barbi%20in%20Pers.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Swanger%20Barbi%20in%20Pers.jpg.html)

 





Title: Re: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: Meraai vannie Baai on March 13, 2015, 01:39:03 AM
Ongemak van skete skoon vergete, gee ek myself oor in elke ontwerp...

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Raai%20poppies%201.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Raai%20poppies%201.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Raai%20poppies%205.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Raai%20poppies%205.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Raai%20poppies%2014.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Raai%20poppies%2014.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Raai%20poppies%2017.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Raai%20poppies%2017.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Raai%20poppies16.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Raai%20poppies16.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Raai%20poppies%2019.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Raai%20poppies%2019.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Prinses%20in%20pers.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Prinses%20in%20pers.jpg.html)


(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Raai%20poppies%209.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Raai%20poppies%209.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Raai%20poppies18.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Raai%20poppies18.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Raai%20poppies%2011.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Raai%20poppies%2011.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Raai%20poppies%2011a.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Raai%20poppies%2011a.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Raai%20poppies%208.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Raai%20poppies%208.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Raai%20poppies%2010.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Raai%20poppies%2010.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Raai%20poppies%207.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Raai%20poppies%207.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Raai%20poppies%206.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Raai%20poppies%206.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Raai%20poppies%206a.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Raai%20poppies%206a.jpg.html)











Title: Re: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: Meraai vannie Baai on March 13, 2015, 01:42:22 AM
Op 'n dag gee my weduwee buurvroutjie vir my 'n verwaasloosde
poppie uit die jare toet, wat sy by 'n kerkwinkeltjie gekoop het
en vra of ek dalk 'ietsie' met haar kan doen. Die koekspul wat
ek aanneem hare moet wees, was ek doodseker sou net Outop
se skeermes kon tem lol.

Lief vir uitdagings begin ek roskam aan haar bosgasie... en in die
proses vertel sy my van haar groot droom om eendag die bruid van
'n ridder op 'n wit perd te wees.
  :toothy4:

Terwyl ek die fotos neem kom waai die wind haar sluiertjie
ewe verspot en toe weet ek, sy is stralend gelukkig in my
'vintage skepping'. Nou pronk sy in buurvrou se 'voorhuis'
en ek het 'n mooi geraamde troufoto.

 :love7:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Raai%20poppies%2015.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Raai%20poppies%2015.jpg.html)
Title: Re: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: Meraai vannie Baai on March 13, 2015, 02:03:56 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Raai%20poppies%20hare.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Raai%20poppies%20hare.jpg.html)

Fyntjiesvat se speel hierdie in ons pandok se poppehaarsalon.
Title: Re: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: Angelica on March 14, 2015, 02:57:22 PM
Beautiful!!
Kan julle dink wat 'n dogtertjie en haar maatjies met so 'n klomp dollies gaan doen?  Speel, speel en nogmaals speel.
Title: Re: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: Meraai vannie Baai on March 15, 2015, 08:18:36 AM
Kan my indink wat ek as dogtertjie sou doen met sulke poppies Elle, veral as ek in ag neem hoe dit nou nou as 'n ouma geniet  :icon_biggrin: Was ook nou weer lekker vir my om alles hier bymekaar te sien.
Title: Re: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: Angelica on March 15, 2015, 02:23:59 PM
Het nie veel poppe gehad toe ek 'n dogtertjie was nie, maar my trou-pop het byna nooit haar boks verlaat nie.  Ek weet nie hoekom ons geskenke gekry het as ons nie daarmee kon speel nie...   :dontknow:
Papier-poppe met die mooiste (daardie jare het dit soos prinsessie-rokke gelyk) klere het ons ure lank besig gehou.
Title: Re: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: Meraai vannie Baai on March 16, 2015, 10:25:51 AM
Oe! Ek moet jou fototjie neem van my papierpop dinge Elle  :love7: :hello2:
Title: Re: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: PM on March 20, 2015, 03:51:15 PM
Dit is ongelooflik mooi.  Tot die fynste detail!  Werklik 'n kuns om te maak. 
Ek kan verstaan dat dit vir jou ure se plesier kan verskaf.   :icon_salut:

Title: Re: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: PM on March 20, 2015, 03:54:05 PM
en o ja!  Dit lyk of elke uitrusting vir elke agtergrond geskep is.  Pragtig Raaitjie.   :notworthy:
Title: Re: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: Angelica on March 21, 2015, 01:12:33 PM
Gee vir ons daai papierpop-dinge, Meraai.
Title: Re: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: Meraai vannie Baai on March 24, 2015, 03:17:40 AM
Bly julle geniet ook saam PM en Angelica  :notworthy: Soms weet ek nie wat vir my die meeste plesier verskaf nie, die fotosessies of die maak van die uitrustings lol. Sodra ek onthou om my kamera uit die Jeep te haal, sal ek die papierpoppies afneem.

Hierdie 'Gothic Mum & baby' was op versoek gemaak vir een van die mammas op Meisiekind se groepie.
Kyk net na die ragfyne sykousies hoor. Outop het dit vir my bestel en ons het baie gelag oor wat die ouens
moet dink wanneer hulle sien 'n man bestel pop-sykousies!

 :toothy4:

Die kant handskoentjies is nogals altyd 'n uitdaging, maar verskaf net soveel plesier as dit klaar is.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/10155274_10152008204480222_1977507079_n1.jpg)[/URL]

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Handskoentjies.jpg)
Title: Re: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: Meraai vannie Baai on March 25, 2015, 07:46:08 AM
Soos belowe, hier is die papierpopdinge. Die boekie gee jou alles wat jy nodig het
om toeka se modes uit papier (ingesluit) saam te stel en uit te knip.  Daar is tot
hangertjies, lint en kantstukkies by.

Hier is die verskillende papiere waarmee jy die uitrustings en bybehore kan knip

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC00686.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC00686.jpg.html)

Ure se papiergenot!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC00687%20-%20Copy.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC00687%20-%20Copy.jpg.html)

Ek het sommer 'n samestelling gemaak met die fotos sodat julle kan sien.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Papierpop%20mode2.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Papierpop%20mode2.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Papierpop%20mode%201.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Papierpop%20mode%201.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Papierpop%20mode%203.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Papierpop%20mode%203.jpg.html)
Title: Re: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: PM on March 26, 2015, 09:04:08 AM
Dit is werklik oulik.  'n Mens kan ure speel.
Title: Re: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: Meraai vannie Baai on March 29, 2015, 09:48:57 AM
Bring baie herinneringe terug ne PM  :bootyshake: Vir my is dit 'n wonderlike voorreg om weer te begin popspeel, selfs met papier.
Title: Re: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: PM on April 14, 2015, 10:44:03 AM
Raaitjie dit voel vir my asof ek in 'n ander tydvak is as ek hierna kyk.
Dit laat my dink aan kerse en koolstowe.   :icon_biggrin:
Title: Re: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: Meraai vannie Baai on July 08, 2018, 11:35:20 PM
Hier is nog 'n paar skeppings  :love7:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/poppie%20en%20trourok.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/1010340_10151996184120222_359664584_n1%20-%20Copy.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/397539_10151996183860222_1865470685_n1%20-%20Copy.jpg)

Ek geniet die hoedjies se maak net soveel as om die hare te tooi.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Hoedjievansak1.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC074331.jpg)





Title: Re: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: Meraai vannie Baai on July 09, 2018, 12:00:14 AM
Sakrokkie se skeppingsproses, stap vir stap

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Sakrokkie%20stap%20vir%20stap.jpg)

Die rokkies word so uitgestal. Lief die stukkies hout  :love7: :hello2: :notworthy:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07552.jpg)

Title: Re: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: Meraai vannie Baai on July 09, 2018, 12:01:29 AM
Trourokkie. Handige wenk: dit help om die poppies te stut in 'n lee toiletrol binne in 'n glas terwyl jy werk.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/vir%20forum_1.jpg)

Hier het ek die papier-insette afgewerk met kant.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Chabby%20Chic%20Art%20Dress%20%202%20from%20back.jpg)

Title: Re: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: Meraai vannie Baai on July 09, 2018, 12:13:31 AM
Hierdie sakrokkie-skepping was 'n geskenk vir my skoondogter.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07219a1.jpg)
Title: Re: Maak jou eie 'Shabby Chic Barbie Uitrusting' - stap vir stap.
Post by: PM on July 24, 2018, 02:42:04 PM
5500 gekyk!  Geen wonder nie want dit is werklik pragtig.  Sulke fynwerkies!  Ek sal 'n vergrootglas nodig hĂȘ en iemand om vir my die gare in die naald te ryg. 
Baie baie mooi Raaitjie. Werklik kuns om mee te spog!   :hello2:   :notworthy: