Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Kos uit vreemde lande => Topic started by: Meraai vannie Baai on March 07, 2015, 06:58:59 AM

Title: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 07, 2015, 06:58:59 AM
Baie van die Australiaanse disse kon net sowel uit 'n Suid Afrikaanse kookboek opgedis wees. Hier word ons gewilde swartpot 'n 'camp oven' genoem en dit is deel van die Ausie kultuur. In ons cowboydorpie word daar gereeld dan ook 'n Camp Oven Festival gehou waar besoekers van heinde en verre saamtrek en die kampvure van lig tot donker brand.

Vir ons is kosmaak soos poësie - dit is 'n liefdestakie waar die eenvoudigste disse 'n vyfster-feesmaal word met die flikkervlam van kerse op onderstebo
wynglase en die baas van die pandok, (nog in werksklere) sy glasie port geniet om die koue te verdryf en 'n ietsie vir sy soettand uit oumagroot se botterbakkie.

(https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/.highres/Fish%20en%20chips%20by%20kerslig.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/14bb6e8c-dab8-4db6-aa70-d42cd725f6be)

Waar jou neus soms 'n geneuk kan veroorsaak met winterkoue - lei dit jou ander kere weer direk die verderf in, veral op Sondae wat tradisioneel mos nog altoos die dood-eet-dag was waar ons vandaan kom.

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/cee2f6eb-024d-44c3-92ca-24979bc28f79-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/cee2f6eb-024d-44c3-92ca-24979bc28f79)

Gister was dan ook geen uitsondering nie en was ek bederf tot oor die afgrond van gewigverloor. Koggelklop dood-eet luidkeels aan die wande van are.
Weet nie of ek moet snik of bloos oor die verleidelike geur van spys uit een bak. Waarvan ek wel seker is, is die feit dat ek geseend is in geronde oorgawe...  Outop met sy voorskoot aan, maak my kniege en kiewe lam.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Sondagmaal.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Sondagmaal.jpg.html)

Na al die ooreet is dit weer tyd om remme aan te draai. Enigste 'bokkos' wat nie inmeng met die werking van die rottegif nie is natuurlik die getroue ou iceberg. In lae gepak met gekookte eierskywe, mayo, repies wortel, olywe en vars pietersielie uit die pandokkie se ou spa wat sy lyf nou groentetuin hou, is die slaai 'n gesonde(r) fees vir die oog.

 :notworthy: (https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/slaaitjie.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/7b5b20dd-3df8-45d4-b612-9ee53af7bf7c)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 07, 2015, 07:00:00 AM
Lui Huisvrou Disse.

Wie het gese dat vis en skyfies nie romanties opgedis kan word nie? Probeer gerus skoonsus Elsa se 'soet-kerrie-mayo-sousie' daarby. 
Die slaaisous is 'n mengsel van 3 lepels mayonaise, 2 lepels kondensmelk en 1 teelepel kerriepoeier. Dit komplimenteer alles op jou bord. Die vis is
klaar verpak met sous en al. Word vir 4 minute in die mikrogolf geplaas.
 
(https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Elsa%20se%20slaaisous%20resep.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/17a55408-1580-4b27-ab26-9e9d146beef6)

Gestoomde vis met 'n Tai kerriesous & knoffelsoutskyfies is 'n groot gunsteling op die pandokkie se menu. Afgerond met 'n bietjie ongegeurde yoghurt & 'n blertsie chillie sous en groenslaai is dit een van Outop se liefkoosde disse.

'n Ligte middagmaal met oorskiet iceberg-eierslaai, steak en gekookte eiers. Hierby het ek weer skoonsus Elsa se soet-kerrie-mayo slaaisous gebruik.

(https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/slaaitjie%20met%20elsa%20se%20sous.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/09edde8d-76d2-4779-8bce-3568845d41c4)

Ekonomiese Eierkook Metode vir die lui huisvrou:
Heel eerste vul jy die kastrol met koue water en die eiers. Plaas op stoof en hou dop. Sodra dit begin kook, tel jy af en sit eenkant neer. Dan gooi jy 'n ogie na die wysers van die klok teen die muur en skink solank 'n glasie of slaan 'n boertrosie aan. Ek laat ons eiers tien minute in die water staan met deksel op. Jy laat dit basies staan solank as wat jy dit sou kook verder. Daarna laat jy koue water oor die eiers loop. Skil en geniet jou eiers en krag/gasrekening!

(https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/.highres/Eierkook.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/66dcc8e5-ab1b-46ac-a6cf-4cf37d09cc46)


Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 07, 2015, 07:02:06 AM
Verneuk-pizza

(https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/verneuk%20pizza%202.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/6102f29b-fbd4-49bd-aa36-5ef0da3fd458)

So tussen die gewoel met kant en lint vandag, moes Outop vanaand maar tevrede wees met 'n gekoopte pizza basis wat ek net opgedollie het. Alles wat gewoonlik in ons groenslaai gegooi worre, die het 'n plekkie gevind (behalwe die blare - ewe braaf mos gister gekook).

(https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Verneuk%20pizza.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/de09e02f-4524-4b1c-88c3-8f15625fb29b)

Heel laaste, maar nie die minste was die gebruiklike bakhand of twee gerasperde kaas. Bak vir 25 minute (ons maak dit in die konvensionele oond gaar op 180 grade).  Nou sweer my wederhelf hoog en laag dit was maklik die lekkerste pizza wat hy nog geeet het, en toe voel ek pure bo-baas-kok van die pandok en offer hom nog 'n snytjie!


Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 07, 2015, 07:31:37 AM
Stoere Boere Bederf in die land van Bloekoms.

BOBOTIE

(https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Bobotie.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/fbacd402-b938-413a-b69b-725644525089)

Mevrou Balletjies se soetigheid neffens rosyntjierys en bobotie, kielie nog steeds die X-SA'ners se smaakkliere. So proesel gestoomde groente opgedollie met witsous, vul die lee gaatjie op die bord. Die ou wat lus was vir klapper by die gereg moes maar verlief neem met die dadelbolletjies wat saam met 'n 'skudkoffie' met sy snorbaard-tjoklit, die pandok-menu afgerond het.  (By gebrek aan room skud ek 'n klein bietjie melk tot dit skuim).

SO MAAK ONS HOM:
Week een sny brood in 375ml melk. Verhit intussen 25ml olie en 10ml botter en braai 'n fyn gesnyde ui daarin. Voeg dan 25ml Kerrie, 5ml sout, 15ml appelkooskonfyt, 15ml worcestersous, 5ml turmeric en 25ml asyn by.

Druk die melk uit sny brood (hou die res van melk). Voeg nou jou maalvleis (om en by ses porsies) en die brood by die uie en kruie mengsels (jy kan ook 'n handvol rosyne ingooi) Braai tot maalvleis gaar lyk. Haal van die hitte af en voeg een geklopte eier stadig by vleismengsel.

Smeer 'n pan en plaas vleismengsel daarin. Klop dan 2 eiers in die oorskietmelk. Jy kan nog 'n bietjie turmeric en sout ook by melkmengsel voeg;
gooi bo-oor vleismengsel. Bak tot gaar (ons gasoond was op 180grade gestel)

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 07, 2015, 08:04:28 AM
Outop se pasteitjies

(https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/.highres/Alweerverleideurnpastei.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/5f8aeaac-6673-4b83-b9f0-8235684b6d85)

Heel eerste sny my ou maatjie die voorafgemaakte degie in vierkante. Groot genoeg om die muffinpannetjie se holtes te kan vul en as jy weet
daar gaan genoeg vulsel wees, kry nog 'n bak. Outoppie maak gewoonlik genoeg om ook een groter pan te vries. Hierdie pasteitjies vries en ontdooi wonderlik! Dan braai die ou hartvriendelike maalvleis, so handvol uie en paar gekerfde knoffelhuisies.
(Jy ruik ons voor jy ons sien) LOL.

Geur na smaak. My hartlam strooi mildelik uit die 'entice with spice - create the exceptional' verpakkings. Dit is sweet cajun en ook so lepel of wat uit die gewone Cajun kruiepakkie plus 'n knypie kerrie & Mevrou balletjies se soetigheid in 'n bottel. As die maalvleis gaar is rek Outop dit met Vier Bone uit 'n blikkie - die soort wat nie sout bygevoeg is.  Soutloos het mos saam die alfabet by ons voordeur ingesluip so daar moes plan vir geur gemaak worre!

Kook die spulletjie saam vir 'n rukkie. Proe en deel (vir die wis en onwis) vir 'n tweede opinie. Ek moet paar lepels hap NET om doodseker te maak van die smaak. Na die vulselmengsel en bone bietjie gesels het met mekaar gooi hy 'n paar gesnyde mushrooms in (ons hou van die tekstuur van dit so)
jy kan dit saam met die vleis en uiemengsel braai. Skuif pot eenkant toe om af te koel. Gooi 'n glasie wyn.

Maak nou 'n pakkie instant mash aan. Die tekstuur moet nie te styf wees nie. Skep lepels vol van die vulsel in die gebakte korse. Plaas dan die mash bo op, garneer soos verkies en as niemand sien nie kan jy handjievol kaas ook oorstrooi evil6 Outop het voorheen ook nog 'n lagie deeg bo oor gevleg en blommetjie gerangskik vir my maar nou moet ons ewe liefies die kaloriekies tel en die blomme in 'n potjie sit.

Plaas terug in oond vir kort rukkie tot kors begin donker word. Dien op en geniet.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 07, 2015, 08:08:03 AM
Romerige Pasta in 'n japtrap

(https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Romerige%20paste%20dis.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/31ad5a45-c990-4a37-8df1-29b8389a81a3)

Hierdie blitsverhouding tussen macaroni, geurige gebraaide maalvleis en 'n bakhand vol kaas is voorwaar 'n blywende fees, waar smaak en tekstuur jou lank na die ete, nog steeds bekoor. Na die macaroni gaar is roer Outop dit deurmekaar met die vleis wat vooraf tot 'n 'fyngemaalde kaiingtekstuur' gebraai was. Die kaas word dan liggies deur alles gemeng en hierna laat jy die geselsskap vrypostig saam kuier vir so tien tot vyftien minute. Jou beloning - 'n romerige dis in 'n japtrap!

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 07, 2015, 08:13:22 AM
As jy weer maalvleisbolletjies maak, probeer gerus om dit in 'cupcake' vorm ook op te dis vir die kabouters met 'n kapokaartappelversiering. Vir ouma en oupa was dit ewe smaaklik op die kapokaartappelbed met 'n porsie gestoomde groente. My kos verdrink ek gewoonlik in 'n warmsousie lol.

(https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/.highres/maalvleisbolletjies.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/e1ee2a8b-ee0a-48e1-b088-9e54dc7b0529)

Oorskiet maalvleisbolletjies sorg gereeld vir 'n heerlike ligte middagsnoep vir my. Skeppie rys word 'n eenporsie-slaai en aangevul met 'n mengelslaai is dit 'n fees.

(https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/maalvleisbolletjies%20oorskiet.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/dcf80e99-80fb-48fc-a19a-feaed67249af)

(https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/oorskiet%20maalvleisbolle%20dis.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/3d910428-1d45-458b-a063-407cd5fd9fd7)

Resep:
500 g Maalvleis
2 Snye Brood (vooraf in bietjie water geweek)
1 Koppie gerasperde kaas
1 Geklitsde eier
1 Ui (fyn gesnipper)
1 Teelepel gedroogde pietersielie
Sout en kruie na smaak
Soms rasper ek 'n aartappel en wortel ook by.
Handjievol hawermeel opsioneel.

Meng al die bestanddele en vorm bolletjies.
Plaas in pan en bak vir omgeveer 25 minute 180ºC
Rooster dan verder tot bolletjies goudbruin vertoon.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 07, 2015, 08:30:36 AM
Meraai se Nachos

(https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/nachos%20opgedien.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/eb715f4c-e05c-43c3-a55c-2ffc37d305cb)

Een van my eie gunsteling geregte is 'Nachos'. Ongelukkig is manlief glad nie lief vir dit nie! Vanaand het ek my grasweduweeskap benut en myself bederf met die sondige lekkerny. Net genoeg maalvleis en 'n ui gebraai met speserye na smaak, so knertsie van al die souse in die kas bygevoeg plus geblikte vierbone mengsel asook tamatiebredie uit 'n ewe gerieflike blik. Alles saamgekook tot bone lekker sag maar nog ferm is.

Hierna rangskik jy n paar 'corn chips' op 'n bord. Plaas een lekker skep van jou vleis en bone mengsel bo op. Rasper kaas oor en plaas vir paar sekondes in mikrogolf. Skep dan 'n lekker homp guacamole en suurroom bo op en geniet!

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 07, 2015, 08:34:29 AM
Spinasie Souttertjies

Ons weergawe van die spinasie souttertjies was geurig en gaan beslis 'n gunsteling op die menu wees voortaan. Maklik en vinnig die ene!

4 geklitsde eiers, 2 koppies Griekse jogurt (ongegeurd),
1 koppie gerasperde kaas, 1 teelepel sout en 'n titseltjie knoffel
 gemeng met 'n halwe bos vars spinasie wat ek so paar knippe gegee het.
Wou dit nie te fyn versnipper nie.

In die gas oond was dit gaar na 30 minute op 200 grade.
Nog so bietjie kaas oorgerasper en dit net laat smelt weer.
Met 'n glas, sirkels uit die groot tert gedruk, om dit makliker op te dien.
Bedien op 'n slaaibed.

(https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Spinasie%20souttertjies.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/f5b49306-b48f-4a1c-b6f2-c851fd59ad7d)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 07, 2015, 08:49:39 AM
Gerookte Vis en Gebakte Aartappel Gereg

(https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/visgereg.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/e7f495df-680a-4af3-95b5-e8c92e9fc459)

Gerookte vissie in oond gaargemaak en toe bedek met 'n pakkie kaassous en 'n roast chicken gravy; aangemaak met twee koppies melk en gekook
tot lekker romerig. Die spinasie ook gaargemaak en oor die gerookte vis gesmeer (met so skelm handvol kaas). Toe die sous en nog so paar hande kaas bo-oor. Oi joi joi, onse mae was vaatjierond gevriet sou Ouma Emmie van die Kaap geskryf het . Oorskiet pampoen moes instaan vir die tradisionele
patat.

Aartappel is gewas, gekook tot effens sag en in skuiwe gesny. Maak seker jy sny nie dwarsdeur nie! Botter, knoffel en pietersielie
is bo oor en tussen die skywe gesmeer. Verder in oond gebak tot goudbruin en bros.

 :book1:
Skoonsus Henna in SA het laat weet sy maak haar vis so gaar: Ek maak n tert van haddock. Kook haddock in melk. Vlok sit in gesmeerde oondbak.
Kook bietjie spinasie met so 4middelgrootaartappels. Voeg sout en pepper by en mash. Sit bo op haddock strooi kaas oor en bak tot kaas gesmelt en bruin word.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 07, 2015, 09:30:53 AM
Lock Weergawe van die Vier Minute Mikrogolf Kaaskoek

Die resep vir die mondwatertert is so vinnig en maklik! Groot gunsteling by ons. 1 liter yoghurt en 1 blik kondensmelk saamgekook in mikrogolf vir vier minute. Kors is fyngemaakte beskuitjies en bietjie gesmelte botter bygevoeg om lekker smeerbare kors te maak.

Gebruik enige geur yoghurt waarvan jy hou. Die vrugte skep ek net oor die porsies wat ons inskep. Die 'nice' Ausie beskuitjies het ek gevind werk die lekkerste en proe die naaste aan SA tennisbeskuitjies vir die kors. Vir die wis en onwis het ek maar 'skimmed' gekondenseerde melk gebruik.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Kaaskoek.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Kaaskoek.jpg.html)

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/22ee2bce-be06-4435-8257-743aa8b4228e-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/22ee2bce-be06-4435-8257-743aa8b4228e)

Die oorskiet tert het ek net opgedollie met bietjie granadillamoes, en gerasperde peppermint sjokolade die volgende dag toe ek sondiglik die tafel vir myself dek in 'n twee-gang-maal van 'Gesond & Ongesond'.  Ja ek weet man, maar ook net mens, knyp versoekings soms smaakkliere so verleidelik dat die 'gesondste' keuse in 'n gruwelike skande ontaard.

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/3af7e96f-eb63-4b5d-a35e-d05a948a09bd-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/3af7e96f-eb63-4b5d-a35e-d05a948a09bd)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 07, 2015, 09:42:16 AM
Outop se Hoender-konkoksie

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Butter%20chicken.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Butter%20chicken.jpg.html)

1. Braai 1 ui, 'n kwart green pepper, 'n kwart red pepper en 6 tot 8 babamielies in klein stukkies gesny,
   (gegeur met pienksout & swart peper na smaak) in 'n bietjie olyfolie. Outop gebruik 'n wok.

2. Voeg nou 2 teelepels heuning by. Braai weer liggies saam en skep dan uit. Hou eenkant.

3. Sny een hoenderborsie in blokkies. Gooi in dieselfde wok/pan.
    Sout, peper en 1 teelepel gemaalde knoffel (na smaak) en braai tot ligbruin in nog 'n bietjie olyfolie.

4. Voeg dan 2 teelepels tamatie puree by en braai liggies deur.

5. Meng 'n halwe glas droee wit wyn, 'n halwe tot 1 klein blikkie 'reduced fat coconut milk'
   en 'n halwe teelepel tobasco saam. Vermeerder na smaak vir ekstra byt.

6. Voeg mengsel by hoender en sodra dit saam begin prut, voeg uiemengsel by.

7. Laat alles saggies saam prut tot hoender gaar is.
   Bedien met basmati rys en/of naan brood.

Butter Chicken op die kampmeghefter (Ecozoom Stofie)

(https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/.highres/Botter%20hoenertjie%20op%20stofie%201.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/3c7ad357-667b-4b95-b386-47debb9bc0c3)

Gesnyde hoenderstukkies (soms gebruik Outop sommer heel borsies)
20 ml Olyfolie
1 Gekapte uit
1 tot 2 teelepels heuning
2 Lepels tamatie paste (soms gebruik ons sommer bottelsous)
1 Teelepel knoffel (paste)
1 Lepel Botter
1 Blokkie hoender stock

Los blokkie op halwe koppie water, halwe koppie klapperroom en halwe koppie natuurlik jogurt. Gooi kruie oor hoender en meng met bietjie olyfolie.
Sit eenkant neer.  Braai uie en knoffel in bietjie olie tot ligbruin. Voeg heuning by. Braai vir nog 'n minuut en skep uit vir eers in bakkie.
Gooi gegeurde hoender in selfde warm pot. Braai tot ligbruin. Gooi uie en botter by en braai liggies weer saam. Voeg vloeistofmengsel by en prut liggies vir 'n uur. Roer kort-kort om te keer dat dit aanbrand.

Outop voeg gewoonlik 'n bietjie kerrie en borrie na smaak by. Party keer verkies Outop om eers al die vloeistofmengsel in te gooi
en dan die gebraaide uie en knoffel.

(https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/.highres/botter%20hoenertjie%202.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/0d5bb983-0ece-47da-8375-ba1672993628)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/butter%20chicken%20en%20naan.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/butter%20chicken%20en%20naan.jpg.html)



Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 07, 2015, 09:54:55 AM
My doopsous op steroids
 
Eeeeeeendag - as jy hier 'n draai kom maak in die land van Bloekoms en kangeroes maak ek vir jou my 'doopsous op steroids'! Solank daar nog 'n skep of ses van die Griekse joghurt, mevrou Balletjies se soetigheid, Woolies se chilliesous en die oorblyfsels uit 'n gepiekelde agurkiebottel is, slaan ons hom in 'n japtrap aanmekaar!

(https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/doopsous%20op%20steroids.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/61462885-673f-46ae-8708-356830e1c768)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 07, 2015, 10:11:38 AM
Tuna en Spinasie tert

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/efd60f31-8d37-4b7e-a831-1da9f1fa3a45-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/efd60f31-8d37-4b7e-a831-1da9f1fa3a45)

Kry ek agtermiddag groot lus vir spinasie en om weer 'n slag die immergewilde tuna pastei in die oond te druk. Pak die bestanddele wat ek het so in 'n rytjie... gerasperde kaas, groot pak hoendergegeurde skyfies, groot blik tuna, 'n blik hoenderroomsop en twee eiers.

Maak ek die spinasie gaar en plaas dit onder in 'n gesmeerde bak, strooi bietjie parmesankaas oor. Toe neem ek omtrent 'n derde van die skyfies en versprei dit heel oor die spinasie, strooi klein bietjie gerasperde cheddar kaas oor. Hierna het ek die gevlokte tuna, twee geklitsde eiers en die sop gemeng.

Vir die wis en onwis so twee handevol skyfies fyngedruk en ook ingegooi en 'n lekker bakhand gerasperde kaas. (Ek het 'n swaar hand as dit by kaas kom!) Die mengsel is toe oor die spinasie en skyfies geskep. Die laaste skyfies in die pak het ek weer heel gerangskik oor alles en bedek met nog gerasperde cheddarkaas en gedroogde pietersielie.

Gebak in oond van 200 grade tot gaar. Dit was HEERLIK! Net 'n groenslaaitjie by gemaak. Die heel skyfies se tekstuur het 'n bros smakie aan die dis gegee.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 07, 2015, 10:17:02 AM
Knoffelbrood op 'n slaaibed

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Alleen%20op%20n%20sondag.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Alleen%20op%20n%20sondag.jpg.html)

Alleen op 'n Sondagoggend was nog nooit vir my lekker nie en ek is lief vir lekker dinge! Gewoonlik bederf ek dan my sielemater met 'n ietsie van wat ook al oorgebly het die vorige aand. Nou woel die ou van ligdag af op die 'lektrieklande' met kragtige saad en ek is half droewig.

Om plek te dek vir een (as dit jouself is), is niks lekker nie. So.... ek het dringend geselsskap nodig. 'n Blitsige draai deur die tuin in my PJ's en walla
ek kan aansit met die laaste stukkie knoffelbroodjie op sy peusel-slaaibed terwyl my kleurvolle 'glashouergaste' vrypostig smeek om vir ewig te word met paar kwashale op 'n doek.

Aartappelslaai

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/aartappelslaai.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/aartappelslaai.jpg.html)

As die kraaie gaap, is dit tyd vir slaaie. Vanaand se souskonkoksie vir ons aartappelslaai het ek ietwat anders voorberei - met die oog gesteel, en probeer.
Dit is 'n mengsel van suurroom, mayonaise en lekseltjie mosterd en vir die wis en onwis, so kleine titseltjie kerrie ook. Roer en proe tot jy tevrede voel.

Die gaar blokkies aartappels word met 'n klein bietjie appelasyn besprinkel en die gesnipperde rou uie word eers in water geweek wat jy dan weer afgooi,
voordat dit saam met die res van jou kruie en pepers by die aartappels gevoeg word.

Groenteslaai

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Blomkoolslaai.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Blomkoolslaai.jpg.html)

Soos aan myself belowe, was die groenteslaai ook op ons menu vir die week. Dit was heerlik en Outop het die laaste skeppie saamgeneem werk toe.
Ek het vars broccoli en blomkool geblansjeer asook een pakkie van die gestoomde groente wat wortelstukkies ingehad het. Daarby was 1 grofgekapte ui saam met spekstukkies lekker bros gebraai.

Die slaaisous is mengsel van 1 koppie mayonnaise, 1 koppie suurroom, halwe koppie suiker en halwe teelepel sout. Meng die bacon en uiemengsel by groente en 1 koppie gerasperde kaas. Hou 'n klein bietjie van die spek & kaas uit vir garnering.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 07, 2015, 11:33:14 PM
Outop se Soet-Pot-Brood

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Outop%20se%20soetbroodjie.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Outop%20se%20soetbroodjie.jpg.html)

So maak mens:
1 koppie suiker
700 ml warm water
1kg meel (koekmeel)
10g droee gis
10 ml sout
15 ml olie.

Meng meel, sout, gis en suiker.
Maak holte in mengsels en voeg water bietjie-bietjie by terwyl geknie word.
Voeg olie by en knie tot deeg elasties is.
Smeer met olie en laat rys.
Knie deeg af.
Maak groterig bolle en plaas in bottergesmeerde swartpot.
Laat weer rys.
Sit deksel op en bak vir 1 uur teen 180 grade in oond (of kole buite soos verlang).

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Outop%20se%20potbrood.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Outop%20se%20potbrood.jpg.html)

Versiersuiker Bolletjies

As die kabouters hier kuier maak Outop seker daar bly van die brooddeeg oor
sodat daar bolletjies in olie gebak, en in versiersuiker gerol kan word.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Soet%20bederfie.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Soet%20bederfie.jpg.html)

Ons weergawe van die broodjie-voorgereg

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Broodjie%20treat.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Broodjie%20treat.jpg.html)

Naas het by 'nog 'n skeppie' vir ons 'n heerlike voorgereg gedeel.
Sommer gou was dit 'n groot bederf vir ieder en elk in die pandok.

Jy gebruik witbrood-snye en verwyder die korsies.
Rol die snye plat en smeer met soet roomkaas.
Rol op en strooi kaneelsuiker oor.
Bak tot krakerig en bruin.
Ek strooi dan weer baie liggies met kaneelsuiker.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 07, 2015, 11:58:32 PM
Outop se Naan Broodjies

Stap 1.
Meng 1 eetlepel suurdeeg (dry yeast), 1 teelepel sout, 1 teelepel suiker en 190ml lou water saam.
Bedek en laat 'n half uur staan op warm plek, tot mengsel 'borrelrig' vertoon.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Naanbroodjie%201.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Naanbroodjie%201.jpg.html)

Stap 2.
Gooi nou 2 en 'n halwe lepel (table spoons) olie by suurdeegmengsel en twee derde koppie ongegeurde yoghurt.
Meng goed. Voeg dan omtrent 2 koppies meel bietjie vir bietjie by. Deeg moet nie te styf wees nie. Meng goed
en knie deeg dan tot hanteerbare mengsel. Smeer 'n houer met olie en plaas die bol deeg daarin.
Bedek en laat rys vir twee ure op 'n warm plek.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Naanbroodjie%202.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Naanbroodjie%202.jpg.html)

Stap 3.
As deeg goed gerys het dop om op 'n meelbestrooide broodplank/oppervlakte en maak 'n worsie.
Sny in kleiner dele. Druk deeg plat met hande tot die dukte en vorm wat jy verkies.
Dit help ook om die deeg te rek deur versigtig van een hand na die ander te verplaas.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Naanbroodjie%203.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Naanbroodjie%203.jpg.html)

Stap 4.
Plaas die platgedrukte broodjie redelik hoog (naby element dus) in baie warm oond, bak tot ligbruin.
Kyk of onderkant ook gaar is; draai om indien nodig.
Smeer warm broodjie met botter en bedek met foelie.
Eksperimenteer gerus met verskeie 'toppings'.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Naanbroodjie%20.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Naanbroodjie%20.jpg.html)

Heerlik saam met enige kerriedis!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Outop%20se%20butter%20chicken.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Outop%20se%20butter%20chicken.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 08, 2015, 12:15:20 AM
Kerrievis

Ses stukke ontvelde vis, in redelike stukke gekap.
Laat dit 'n klein rukkie staan om te ontdooi voor gebruik.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Outop%20kerrievis%201.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Outop%20kerrievis%201.jpg.html)

Twee groot gesnyde uie, gegeur met sout, peper en klein bietjie kerrie.
Braai liggies. Uie moet nog bros wees as jy dit uitskep en eenkant hou.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Outop%20kerrievis%202_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Outop%20kerrievis%202_1.jpg.html)

In dieselfde pan, geur jou vis na smaak.
Sout, peper en een en 'n halwe teelepel kerrie & 'n kwart teelepel borrie.
Knoffel na smaak. Braai liggies met olyfolie.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Outop%20kerrievis%203.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Outop%20kerrievis%203.jpg.html)

Gooi 'n kwart koppie asyn met vier teelepels suiker in opgelos, oor die vis.
Laat saggies prut vir paar minute. Gooi nou jou uie terug in pan. Roer liggies deur.
Stel braaipan op laag en laat rustig nog 'n bietjie prut om die geur te laat deur trek.
Moenie te lank kook nie. Toets gereeld tot gaar genoeg na eie smaak.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Outop%20kerrievis%204.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Outop%20kerrievis%204.jpg.html)

Ons is lief vir kerrievis en rys, met 'n slaai of gestoomde groente by.
Ook heerlik as dit koud is.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Outop%20kerrievis%205.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Outop%20kerrievis%205.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: adele on March 08, 2015, 07:13:35 AM
mmmm ..... mmmmmmm ek lees en lees en weet hier gaan ek deps  :hello2: 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 08, 2015, 09:32:24 AM
 Mater, jy meer as welkom om te deel/gebruik/uitdruk en laat weet hoe dit geproe het hoor!  

Sommige disse maak ons meer gereeld en ander weer net so wan en dan. Outop is
die pandok se kok en die kere wat ek hom bederf is dit weer vir my 'n groot voorreg.

Oorskietdisse vir myself as middagsnoep is gewoonlik wanneer ek myself geniet.
Hier het ek oorskietwors in 'n skilferkorsdegie toegedraai en in die oond gebak.
Kaas oor gerasper na dit gaar was, net weer bietjie onder die rooster geplaas tot
die kaas gesmelt het.

Sal beslis nie kwalifiseer as 'n gesonde dis nie maar dat dit vorentoe
smaak is gewis soos gister  :toothy4:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Ooskiet-wors-rolletjies.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Ooskiet-wors-rolletjies.jpg.html)

Nog 'n oorskietdis van kapokaartappels en 'n skeppie sampioensous

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Oorskietdis%20met%20kapokaartappels.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Oorskietdis%20met%20kapokaartappels.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on March 08, 2015, 12:19:47 PM
Wow!  Dit was nou soos 'n lewendige toer deur die Pondok kookboek.  Die foto's is pragtig en die aanbieding so keurig.  Baie dankie Raaitjie.  Dit sal my 'n rukkie besig hou. 
Dalk moet die manne vir ons wys of hulle by Outop kan kersvashou.   :icon_biggrin:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Angelica on March 09, 2015, 05:41:04 PM
Lekker was nog nooit sleg nie.
En die heupe kreun en dreun, maar ons worry niks.  Ons EET.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 09, 2015, 11:51:43 PM
Christa van NZ se 'Ongebakte Melktert'

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Christa%20se%20melktert.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Christa%20se%20melktert.jpg.html)

Tydens haar besoek uit NZ aan Meisiekind, roer Christa en skoondoggie om die beurt voor die stoof,
in 'n vrek warm Ausie plaaskombuis, aan 'n ongebakte melktert. Ek het net kort-kort om die deur geloer
om te sien hoe die proses verloop. Marina het so tussen die geroer deur vir ons neergeskryf wat hulle
aanvang.

Mengsel 1
Roerrrrrrr 1 blik gekondenseerde melk & 500ml beesmelk saam oor lae hitte tot dit kook. Daar was erg
klem geplaas op die 'r' so ek neem aan die proses is BAIE belangrik.
 

Mengsel 2
1 Koppie melk. 2 Eiers. 1 Skeut vanilla essence. 1 Hoogvol lepel elk cornflour & vlapoeier.
Roerrrrrr tot al die klonte opgelos is.

Intussen was die opdrag aan die ou wat besig was met mengsel 1 op die stoof, om op te hou met roer
en te begin klop, tot die mengsel skuimerig vertoon. Christa het nadergestaan en beduie dat daar nou
'n gemengde huwelik gaan plaasvind tussen mengsel 1 en 2.  

Die geklop voor die warm stoof duur intussen voort tot die skuim begin stol wat blykbaar die voorspelling
vir 'n volmaakte verhouding tussen die twee mengsels in een kastrol is.

Die spulletjie word dan oor 'n beskuitjiebasis uitgegooi. (In een van die bederfsakke was daar twee pakkies
regte egte Tennisbeskuitjies wat al die pad saamgekom het uit NZ.) Hierna was 'n bietjie kaneel oor gesprinkel
soos konfetti en is daar wittebrood gehou in die yskas vir so paar ure.


Soos die gewoonte in ons kultuur al die jare was, het daar 'n bakkie met tert saam huistoe gekom.
Net voor slaaptyd het Outop en ek, elkeen 'n geskenkskeppie-melktert by kerslig geniet.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Melktert%20by%20kerslig.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Melktert%20by%20kerslig.jpg.html)
 
Na so heerlike saamkuier die naweek kom bekruip Maandae my gewoonlik. Kom knibbel alleenwees aan my siel.
Trap ek sondiglik oor die tou; vergryp my aan 'n ekstra spuitjie room en bergie van Outop se roomys in my koffie.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Roomys%20Koffie.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Roomys%20Koffie.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 10, 2015, 05:10:10 AM
Geroosterde Knoffel Sampioene en 'n Aartappel in sy skillejas

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Sampioen%20gereg%20met%20gebakte%20aartappel.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Sampioen%20gereg%20met%20gebakte%20aartappel.jpg.html)

Hierdie heerlike samioengereg het ek met die oog gegaps uit 'n plasing wat Elle gedeel het.
Dit het 'n ereplek op die Lock menu verkry. Saam met squid in krummels, saggekookte
aartappel in sy skillejas wat jy skrikmaak onder die rooster met 'n lekker homp botter
en gerasperde kaas oor sy oopgevlekte binneste, hoef jy net so groenigheidjie by te sit
vir 'n feesmaal op sy eie.

Ek het so klompie sampioene liggies gebraai in warm olyfolie vir so half minuut.
Daarna dit in 'n vuurvastebak geplaas met stammetjies na bo.
Meng dan 'n kwart koppie saggemaakte botter, knoffel na smaak, vars tiemie en een
en 'n halwe teelepel suurlemoensap saam. Smeer hierdie mengsel versigting oor die
sampioene en druk broodkrummels liggies vas bo op. Rooster vir ongeveer 10 tot 15 min
in 'n warm oond.

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 10, 2015, 05:28:06 AM
Outop se 'Buite-oond-broodjie'

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Buite-oonbd-broodjie.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Buite-oonbd-broodjie.jpg.html)

Die 'gasmeghefter' gekoop vir kamp en nog nie getoets nie. Besluit Outop verlede naweek
hy gaan vir ons 'n buite-oond-broodjie aanslaan en die gedoente uittoets voor ons vir hom
'n gaatjie soek in die wieletjieshuis se kombuis.

So maak die ou hom aan:
1kg meel (hy het koekmeel gebruik), 1 teelepel sout, 2 teelepels bruinsuiker en
1 pakkie gedroogde suurdeeg. Maak alles aan met bietjie lou water tot kniebare deeg.
Laat rys. Soos 'n wafferse kok het Outop die deeg so paar hale met die mes ook gegee
voordat hy dit in die oondjie op 180 grade, vir omtrent 'n uur gebak het in ons swartpot.
Smeer sy goudbruinlyfie blink met 'n bietjie botter as dit uit die oond kom. Niks kom by
so sny varsgebakte brood, nog warm uit die oond nie, of wat praat ek!

 :toothy4: :hello2:

Is my wederhelf so in sy skik dat hy sommer besluit om ons verder te bederf
en een-twee-drie hang daar die geurigheid van ons Sondagmaal wat spoegkliere
van heinde en verre kielie vanuit die swartpot in Outop se nuutste kamp aankope.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Nog%20n%20buite%20oond%20dis.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Nog%20n%20buite%20oond%20dis.jpg.html)

Afgerond met 'n eierslaai was dit pure lip-aflek-lekkerte!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Outop%20se%20hoender%20en%20slaaitjie.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Outop%20se%20hoender%20en%20slaaitjie.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 10, 2015, 09:11:06 AM
Romerige pasta, tuna & kaas gereg
 
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Tuna%20pasta%20en%20beet.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Tuna%20pasta%20en%20beet.jpg.html)

Gaar pasta, gemeng met vier geklitsde eiers, repies oorskietgroente, blikkie tuna
en 'n koppie gerasperde kaas het ek gebak vir 20 minute (200 grade in ons gasoond).
Gegeur na smaak. (Ek het net 'n knippie sout en peper bygevoeg.)
Daarna 'n kaassous gemaak en oor die gaar gereg gegooi. Opgedien saam 'n heel beet.
Dit is selfs nog meer romerig die volgende dag as jy dit effens opwarm in die mikrogolf.

Op 'n ander geleentheid het ek dieselfde basiese resep gebruik sonder die tuna, net met
spekblokkies en peppers. Opgedien met 'n mengelslaai en goudgeel patats.
Die spek kan ook vervang word met gevlokte hoender/oorskiet vleis of vis.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Nog%20n%20souttert%20by%20kerslig.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Nog%20n%20souttert%20by%20kerslig.jpg.html)

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 10, 2015, 10:11:21 AM
Mayo-en-kaas-skyfies met Vis-en-uie-inne-degie

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/outop%20bak%20vis.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/outop%20bak%20vis.jpg.html)

Die ene sal jy moet skelm ergens gaan nuttig want dit is beslis nie vir die ou wat sy lyf skaarser
wil maak nie. Ons neem sommer 'n kwart van die pakke voorafgesnyde aartappelskyfies en bak
dit in die oond tot gaar.

Terwyl die skyfies bak neem manlief sy varste vangs (nie goudvisse nie) en doop dit in 'n
deegsousie van 1 eier, 1 teelepel sout, koekmeel & water in geskatte mates bygevoeg en goed
geklits tot dit lyk soos 'n pannekoekbeslag. Bak gedoopte vis gaar in warm olyfolie.
Haal uit en dreineer goed.

Nou behoort die skyfies net reg te wees. Gooi dan genoeg van jou lekkerste mayonaise oor
om dit te bedek. Roer deur met 'n vurk. Rasper 'n hand vol kaas bo oor; laat verder bak tot
die kaas gesmelt is.

Terwyl die kaas kans kry om te smelt, neem Outoppie een ui in skywe gesny en doop dit in
die oorskiet deegsous.  Bak in dieselfde olie tot lekker goudbruin. Hy skep die uieringe en
stukkies gaar kraakbruindegie bo op die vis met gestoomde groente en 'n tamatie weerskante
van die bederfies - dit vertroos jou skuldgevoelens in 'n mate.

 :icon_bigsmurf: :notworthy:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Mayo%20en%20kaas%20skyfies.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Mayo%20en%20kaas%20skyfies.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 10, 2015, 10:33:58 AM
Lock weergawe van 'Gevulde Steakrolletjies'

Hierdie resep in Linda se kombuis het ons smaakkliere laat oortyd werk en Outop
dit op die kole gegooi. Was heerlik hoor. Ons het sommer minute-steaks geneem
vir die oefenslag en die vulsel was so bietjie van alles waarop Outop sy hande kon.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Vleisrolle%20buite%20gebraai.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Vleisrolle%20buite%20gebraai.jpg.html)

Versigtig opgerol is die eerste toets ene nou gereed vir die vlammetjies.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/gerolde%20vleisie%20op%20die%20kole.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/gerolde%20vleisie%20op%20die%20kole.jpg.html)

Seker dit gaan werk, word die ander rolletjies ook op die vuur geplaas en ons
lek lippe af. Die geur was hemels.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Braaiery%20van%20die%20gerolde%20vleisies.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Braaiery%20van%20die%20gerolde%20vleisies.jpg.html)

'n Heerlike bederf gewees hierdie!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Gerolde%20vleisie%20en%20slaaitjie_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Gerolde%20vleisie%20en%20slaaitjie_1.jpg.html)



Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 10, 2015, 10:45:19 AM
'n Verneuk-Melktert

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Verneuk%20Melktert.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Verneuk%20Melktert.jpg.html)

Die tannie waarvoor ons pandokkie gebou was, moes hemelbesem gewees het lol.
As ek die slag my lyf bakster hou moet ek op 'n trappie staan om die gasoond aan
te kan aansteek. Dan moet jy die knoppie inhou en draai tot op verlengde hitte,
in die geval 325 grade F.
 
Die resep vereis 'n vierkantige 8 duim pan en dit moet blinklyf gesmeer word
ter voorbereiding van die bak-okkasie.

Volgende proses beland 4 eiers se huwelike op die rotse en die witte word
punt-in-die wind styf geklop in aparte mengbak met 'n klitser.
(Onthou ek die dae toe ons dit nog met 'n vurk moes doen!)

Troos die 4 gele daarna met 'n driekwart koppie suiker en klits tot hulle
gemoed verlig voorkom. Bederf hulle dan met 'n teelepel vanilje ekstrak
en 'n halwe koppie gesmelte botter. Klits saam vir nog 'n minuut of twee
waarna jy 'n driekwart koppie koekmeel byvoeg en die spulletjie se sake
goed deurmekaar maak soos 'n skoonma wat inmeng...

Hierna word 2 koppies louwarm melk, bietjie-bietjie bygevoeg in die mengproses.
Sleep die bak met styfgeklope eierwitte nader en laat hulle in derde mates kennis
maak met die eiergeelmengsel. Jy wil nie geskeide paartjies te vinnig weer
laat saamkuier nie - vou hulle versigtig en liggies in!

Die resep beduie van nog 'n manier waarop die kennismaking kan geskied in tru vorm
maar dit is bo my 5 voet en 'n halwe duim vuurmaakplek.

Gooi die herenigde spulletjie in die diep water, skuus - blinklyfpannetjie;
druk in voorafverhitte oond vir ongeveer 40 tot 70 minute en die wange 'n
sagte goue voorkoms het - dit kan wissel na gelang van verskillende oonde.

Na al die geklits en warmmaakprosesse haal jy 'n lieflike drielaagkoek uit die oond.
Laat afkoel terwyl jy jou vergaap aan die pragtige nuwe verbintenis en laaste maar
nie die minste - onthou om die confetti ala versiersuiker bo oor te strooi!

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 10, 2015, 11:03:13 AM
Vingerhappie

Die naweek het my ou sielemaat baie hard in tuin gewerk.
Vra ek hom of hy lus voel vir ietsie lekkers en hy se dadelik ja
maar onthou toe van die vrag klere wat hy uit kas gehaal het wat
nie meer pas nie.

"Maak dit net ietsie kleins seblief".

Toe gaan maak ek vir hom 'n vingerhappie. Snytjie kaas, tamatie,
komkommer, gerookte mosseltjie en gherkinsousie op 'n piepkleine
soutbeskuitjie.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/vingerhappie.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/vingerhappie.jpg.html)

Ek anderdag gelees dat mens moeilik 'n stukkie kaas wat vanaf 'n beskuitjie met jou
flankeer kan weerstaan. Hierdie was 'n flirtasiekombinasie op sy beste!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/vingerhappie%202.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/vingerhappie%202.jpg.html)

 :notworthy: :hello:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Angelica on March 10, 2015, 07:18:18 PM
Kyk, vir iemand wat besig is om grampie vir grampie van standvastige vette probeer ontslae raak, is hierdie erfie die verkeerde afdraai.
Toedels.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 11, 2015, 03:29:26 AM
Hierdie ene
is spesiaal
vir Elle,
en haar skaal.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Feesmaal%20vir%20die%20oog_2.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Feesmaal%20vir%20die%20oog_2.jpg.html)

Voor jy gaan
neem gerus
'n vruggie saam,
vir sielerus.

 :toothy4:

Toedels.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 26, 2015, 11:06:13 PM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/gemmerkoekies.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/gemmerkoekies.jpg.html)

Bestanddele:
6 k koekmeel
1 k margarien
2 k suiker
2 e gemmer
2 eiers
1 k goue stroop
3 t koeksoda
¼ t sout

Metode:
1. Klits botter en suiker goed dan eiers.
2. Gooi stroop en gemmer by dan koeksoda, aangemaak met 2 e melk.
3. Sif dan meel by en meng goed.
4. Maak balletjies en druk plat in pan. (Moenie uitrol nie.)
5. Bak 20 minute in matige oond (180°C) tot ligbruin.

*Resep: Joey Pienaar
Bakstertjie: Maddison Lock (3jr)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Maddy%20roer.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Maddy%20roer.jpg.html)

Amper 'n jaar later...
en gemmerkoekies is nog steeds die klein Lockie se gunsteling koekie.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Maddy%20bak%20gemmerkoekies_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Maddy%20bak%20gemmerkoekies_1.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Modepoppie.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Modepoppie.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 27, 2015, 12:01:40 AM
Sussa se Vakansie Beskuit

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Sussa%20se%20beskuit.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Sussa%20se%20beskuit.jpg.html)

Jy het die volgende nodig:

1 kg. bruismeel
5 ml. sout
500 ml suiker
1.5 liter semels (ek gebruik hawermout)
50g klapper
80-100 g sultanas
500 g margarine
500 ml melk
Sonneblomsaad, ‘n handvol

Metode:
Skakel oond aan op 180 grade C.
Meng alle droë bestanddele,
klapper, sultanas en sonneblomsaad word laaste bygemeng.
Meng alles goed.
Voeg margarine by, vryf met vingers totdat daar geen klonte is nie.
Gooi melk bietjie vir bietjie by tot alles gemeng is en ‘n stywe deeg vorm.
Druk deeg plat in ‘n bespuite oondpan.
Bak vir 45 min. Toets of gaar. Laat afkoel.
Sny beskuite in verlangde groottes.
Droog uit vir twee ure by 60 -80 grade Celcius.
GENIET saam met lekker koffie en gawe geselskap!


Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on March 27, 2015, 11:34:02 AM
Ag heerlik.  Vinnig en maklik en lêêker!  Dankie Raaitjie. 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on June 16, 2015, 11:16:42 PM
Plesier! Deel gou hierdie ene ook (raakgelees op 'n nig van my se blad)

HANDIGE PLAASVERVANGERS

230g botter - 220ml kookolie
15ml mielieblom - 30ml koekmeel
250ml bruismeel - 250ml koekmeel+5ml bakpoeier.
20ml bakpoeier - 10ml kremetart + 5ml koeksoda.
5ml kremetart - 15ml suurlemoensap of asyn of 3ml wynsteensuur.
10g kitsgis - 25g blokkie vars gis
250ml suiker - 200ml gouestroop of heuning.
250ml suurmelk\room - 250ml melk + 20ml suurlemoensap of 15ml asyn.
250ml jogurt - 250ml karringmelk 250ml vars room - 185ml melk + 65ml botter.
1 heel eier - 30ml water + 3ml bakpoeier. (In koeke of koekies) - of 1 eierwit + 10ml kookolie.
5ml suurlemoensap - 3ml asyn
30g onversoete sjokolade - 50-60ml kakao + 10ml botter.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on June 22, 2015, 11:04:51 AM
Baie dankie vir die plasing.  Dit sal werklik goed gebruik word in my huis.  Dalk kan jy so 'n onderwerp begin waar ons kan aanlas Raaitjie?
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on June 22, 2015, 11:27:05 AM
Sal so grappie maak PM  :toothy4:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Anastasia on June 22, 2015, 03:24:02 PM
'n Gunsteling dis van my is Griekse Pastitsio, dit is 'n pasta gereg.  Dis altyd 'n wenner, veral as ek baie mense voor kos moet gee. 
En mens kan dit vooraf maak, en in die yskas bere en net voor die gaste kom dit in die oond steek.

Bestandele:
Een pak pasta van jou keuse, ek is lief vir skroewe noedels of macaroni elmbogies
Olyfolie
2 Gekapte uie
Knoffel na smaak
1 Blik heelpitmielies
1 Blik tamatie en uie smoor
1 Blikkie Tamatiepasta
Ongeveer 10 repies spek
Ongeveer 500g maalvleis
2 Koppies gerasperde kaas
4 Eiers
Halwe koppie melk
Gesnyde sampioene afhangend van smaak (dit kan uitgelaat word)
1 Eetlepel suiker
Sowat 3 eetlepels chutney
Sowat 1 eetlepel worcestershire sous
Sowat 1 eetlepel asyn

Metode:

Verhit die oond na 180 grade
Kook die pasta in sout en bietjie olie tot nie te sag, dit moet nog stywerig wees
Dreineer die pasta van die water

Verhit olyfolie (ongeveer 2 eetlepels) in 'n pan of pot
Voeg die uie en knoffel by.
Voeg die eetlepel suiker by, maak dit toe en laat dit stadig karameliseer tot effe bruin
Voeg die spek in blokkies gesny by, en braai tot goed gaar
Voeg die maalvleis by en roer voortduerend met 'n vurk sodat dit nie klonte maak nie
Voeg jou geurmiddels by - myne = sout, witpeper, swartpeper, Knorr aromat chille, Italian herb mix

Voeg nou die gedreineerde pitmielies by en laat dit saamgesels vir paar minute.
Roer ondertussen die Worscestershire sous, Chutney, Asyn by
Voeg die tamatie/uie en tamatie pasta by
Voeg jou geurmiddels by
Laat alles nou 'trou' in die pot vir so 20 minute op lae hitte.
Dit moet nie souserig wees nie, net lekker dik sousie.

Pak in 'n oondpan 'n laag pasta, gevolg deur die hele vleismengsel, en weer afgerond met 'n laat pasta.
Klits die eiers en melk saam en gooi dit egalig oor die hele pasta gereg
Strooi die gerasperde kaas egalig oor die gereg
Sprinkel nog so bietjie Italian Herb mengsel en selfs baie baie min rooipeper bo oor vir kleur

Bak in oond (180 grade) tot 'n goudbruin kleur bo op

Sit voor met 'n lekker Griekse slaai met baie Feta kaas en olywe.

Hierdie resep is 'n familie resep, my pa was mos Grieks
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on July 16, 2015, 12:09:14 PM
Duisend dankies vir die deel hier in ons Gatkantlandse (Down Under) 'Kebuis Anastasia. Outop het vanaand jou Griekse Pastitsio gemaak en ons kan getuig - dit proe djeeeerlik!  :notworthy:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Griekse%20pasta%20van%20Anastasia.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Griekse%20pasta%20van%20Anastasia.jpg.html)

Die maalvleismengsel was 'n groot versoeking om nie net so te verorber nie. Elke keer as ons verby gestap het terwyl die '20 minute trouery' aan die gang was, het ons eers gou weer geproe  :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC02146.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC02146.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Angelica on July 16, 2015, 05:34:18 PM
Oh man, oh man...
Julle laat my mond water.  Beslis.
Al hierdie disse is super lekker.
Eendag wanneer ek weer maer en my kake weer (oortyd) werk, maak ek daai pasta-gereg.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on July 17, 2015, 01:53:28 AM
Elle, vanoggend na ek jou plasing gelees het oor die invloed van winter op ons gemoedere het ek besluit om myself te bederf met 'n ietwat ongewone ontbyt - van die oorskietpasta verhit in die mikrogolf (net bietjie ekstra kaas oorgerasper). Dit het net nog geuriger geword met die 'rypwordproses' oornag.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC02155.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC02155.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Angelica on July 17, 2015, 06:53:22 PM
Beslis, Meraai.  Oorstaan of oorskietkos is die volgende dag altyd lekkerder.  Die geure het dan al gemeng en soos jy se 'ryp' geword.
Ek eet enige kos op enige tyd van die dag.
So, pasta vir brekfis is  :headbang:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Anastasia on July 19, 2015, 08:13:44 PM
Ai, ek is bly die resep het soveel harte en magies warm gelaat.  Jou foto's maak my sommer lus hier waar ek sit.  Knap gedaan vir Outop. 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on August 24, 2015, 11:52:41 PM
Outop se weergawe van Ben's Chimichanga Pasties

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Hoender%20pasteitjies%201.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Hoender%20pasteitjies%201.jpg.html)

Ek moet nou ernstig krap in die kreukelkamer se voue
om te onthou wat ons alles uit die kruiekas gegrawe het.

My werk was om die verneukdegie by ons plaaslike winkeltjie
te koop en twee hoenderborsies in 'n hoenderafstreksel tot
sag te kook. Daarna het ek dit geflok. Eenvoudig genoeg; kans
vir houtskoolbrand dus skraal.

Op die gasstoof het die verleidelikste geure van gebraaide uie
en twee gekneusde knoffelhuisies in olyfolie die smaakkliere
geprikkel. Resep vra vir 'Hillfarm canola oil' wat half vreemd
op die oor geklink het en ons toe verby gehou met die bekende.

Hierby was die volgende bygevoeg: 'n halwe rooi peper
(in klein blokkies gesny) en een teelepel cumin, 'n halwe
teelepel kaneel, handvol vars (as jy het) coriander, knerts
of twee gemaalde seesout, een blik ingelegde bone - ons
het 'n vyf-bone mengsel gebruik en 'n blik ingelegde tamaties.
Die spulletjie is 'n rukkie saam vertroetel oor lae hitte.

Hierna is die geflokte hoender bygevoeg en 'n klein bietjie
parmesan na smaak. Alles goed deurmekaar geroer en vir
eers eenkant toe gestoot om af te koel.

Outop het eers die resep se aanwysing gevolg met sirkelvorms
vir die pasteie maar ons kon net 'n lepel vleisvulsel inkry en
toe maak hy 'n boereplan... en van toe af hou ons daarby.
Moenie vergeet om jou lyf kunstenaar te hou en die rou degie
met eiergeel te verf voor jy dit in matige oond bak tot gaar nie!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Hoender%20pasteitjies%20outop%20se%20weergawe.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Hoender%20pasteitjies%20outop%20se%20weergawe.jpg.html)




Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Anastasia on August 29, 2015, 11:11:30 PM
Ek sien jou beskuitresep, ek gaan more vir jou my 18 bestandele beskuitresep kom plaas.  (Dis nou skuins voor middernag).Mens eet dit soos koek, en dis gesond in die opsig dat dit grof is vir gereeldheid.  My mense eet hom sommer so uit die blik soos hulle verbyloop, soos koekies.  Maar met koffie is hy n koningsmaal
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on August 30, 2015, 03:23:01 AM
Plek geboek Anastasia  :icon_salut: :notworthy:

*Die Lockpandok se 'cheat-dis'

Gisteraand was die kraggies min (nee ons het nie beurtkrag nie lol)
dan is daar gewoonlik 'n cheat-dis op die tuis-menu. Erken die uwe
dat ongesond darem sondiglik smaakvol kan wees.

Die groenslaai vul 'n (gesonder!) derde porsie op die bord. Die min
skottelgoed (net een oondpan vir pastei en skyfies) span die kroon!
Wie maak hulle nog skuldig; hoe gereeld en aan wat?

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Ongesond%20was%20nog%20nooit%20so%20lekker%20nie.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Ongesond%20was%20nog%20nooit%20so%20lekker%20nie.jpg.html)

My bord het gewoonlik 'n skeppie natuurlike Griekse jogurt by
as daar skyfies op die bederf-menu is. Troos myself dis gesonder
as suurroom.
:toothy4:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC02697.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC02697.jpg.html)

*gewoonlik maak ons self die pasteitjies, hierdie was uit die plaaslike winkel se yskas. Klaar voorberei, druk jy net in die oond.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Anastasia on September 02, 2015, 08:39:28 AM
Mag ek hier kom indruk met n boerbeskuit resep uit SA tussen die reseppe van Gatkantland?

Hier is my "vreeslik baie bestandele growwe karringmelkbeskuit" se resep:
Droee bestandele om saam te meng:
1. 2kg self-raising flour
2. 30 ml bakpoeier
3. 10 ml sout
4. halwe koppie klapper (droog)
5. 2koppies semels
6. 1 koppie nutty wheat
7. 6 wheatbix blokkies gebreek
8. 1 koppie sesame saad
9. 1 koppie lynsaad
10. 1 koppie sonneblomsaad
11. 1 koppie poppiesaad
12. 2 koppies gekapte pekanneute
Meng dit droog bymekaar in grooooot mengbak
Smelt op stoof 5 koppies bruinsuiker met 1 kg margarien. Hou dop, moenie kook nie!
Meng intussen die volgende in ander mengbak:
1 Liter karringmelk
125 ml suurroom
2 koppies sonneblomolie
4 groot eiers
5 teelepels vanilla
Gooi die gesmelte suiker/marg hieby en meng goed.
Gooi die loperige beslag by die droee bestandele bietjies vir bietjies en meng tot n stywe maar uitskepbare deeg.
Skep dit in lekker hoe broodpanne en bak vir een uur teen 180 grade C. Toets voor dit uitkom. Ek vind die beskuit is lekkerder as dit lekker donker gebak word.
Sny dit met n elektriese mes (dit verkies ek, maar ander mes sal seker ook deug) in grotes verkies wanneer dit al GOED AFGEKOEL IS , anders breek dit. Plaas op rakkies en droog uit in oond vir 4 - 6 ure teen tussen 60 en 100 grade C
Dit smaak werklik soos koek, my mense steel dit deur die dag, sommer so sonder koffie. Met koffie is dit koningskos.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on September 02, 2015, 09:10:40 AM
 :toothy4: :notworthy: :icon_salut: Natuuuurlik mag jy! Duisend dankies vir deel mater. Sodra ons hom probeer het, kom ek klikbekkiebewyse uitstal!
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on September 04, 2015, 02:30:33 PM
Hier het ek my nou lekker knuppel dik ge-eet aan al die lekker disse en die woorddisse uit jou pen Raaitjie.   :love7:

Dankie vir die beskuitresep Anastasia.   :love7:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on September 05, 2015, 07:28:27 AM
Bly jou magie knuppeldik PM  :toothy4:

Giggel ek gisteraand vir ons ou skrywersmater, Delene V Eeden DWet.
Sy noem op haar radioprogram dat dit nou te duur is om te braai. Almal
hou 'n bring en braai vertel sy tong in die kies en vra sy as iemand dalk
'n ene hou, as sy nou haarself bring - mag sy asseblief kyk hoe jy braai
en dalk is daar so ou slaaitjie by.

Het ek toe maar vir ons so ou staatmaker aanmekaar geslaan met die oorskiet
'crunch salad' as sy dalk hier verby kom. By die slaai voeg jy net 'n blikkie
geflokte tuna by en maak klam met 'n paar lepels mayo of seekos sousie nes
jy verkies.

Ek het ook 'n skeppie aioli by gesit. Druk dan so groenigheidjie in die glas
as jy fensie wil wees en 'n skep van jou tuna- en slaaimengsel bo op.
Heerlik, maklik en vinnig om daardie hol kolletjie te vul voor die Saterdagbraai.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC02825_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC02825_1.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on September 05, 2015, 03:06:20 PM
Man, wat wil jy nou meer!   :bootyshake:

Ek is nou so dik, ek kan 'n vlooi op my pens dood druk! 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on September 18, 2015, 10:45:11 AM
Bly jy kon met die oog verslind PM. Vanaand deel ek 'n regte egte 'kultuur' gunsteling en was ek
verbaas oor hoeveel van die geliefde maters wat laat weet het hulle is self versot op papbrandsel.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03102.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03102.jpg.html)

My pa het my geleer om betyds te ruik wanneer die pap gaar is sodat die brandsel nog eetbaar is.
Met my verbrandingsgawe is daar gereeld moleste maar as dit by papmaak kom, draai die uwe al snuiwend
om daardie potjie op die stoof :icon_biggrin:

Outop se oorskiet kerriebredie het my brandsel in 'n koningsmaal getoor en toe plaas ek dit op my voorblad
op die gevreetboek en net daar begin ons kuier rondom die aanbrandseltjies in ons pappotte.

*Nig Ria laat weet: Man jy praat my taal! Selfs die pap wat nie aangeskroei het nie is die volgende oggend 'n
feesmaal. Daarby, se een van ons vriende, ('n kruiedokter), baie gesond. Kan tot sekere kankers voorkom.

*Kunstenaars vriendin Marie Theron: My man en kinders het dit putukoekie genoem.
Slegs in Afrikaans kry mens sulke oulike spontane benaminge!

*PHriendin Annelie Fifield: Ja ek en my dogter is mal daaroor met botter!

*Nig Ester Scorgie: Ek is nou nog mal oor my brandsel, as almal klaar pap geeet het krap ek die pap
uit, gooi my regte egte botter, suiker, melk en vat die kastrol en n lepel en dis koningskos.

*Liewe mater Anastasia Bester: Ons noem dit 'swartpap'. Heerlik ook met regte botter en appelkoos
konfyt! Koningskos! Dit het die smaak van fritos of big corn bites. Daardie chippies word mos ook van
mielies gemaak

*Kreatiewe mater Antionette Du Bruyn: En as jy jou potjie lekker spuit met Spray&Cook voor jy begin
papmaak kom die hele brandsel uit......en potjie maak maklik skoon!

*Oudskrywersmater Jo' van Tonder: Met die pot op my skoot en melk daaroor... Of loop en eet dit netso!

*FB mater David Hercules Pienaar: Saam met regte egte afval is dit vingerleklekker, hoef nie hande te
gewas het nie!

En toe onthou geliefde mater Elsabe Ferreira ook die ryspot se aanbrandsels met melk :toothy4:


Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on September 18, 2015, 01:36:46 PM
Baie dankie dat jy jou FB-eskapadas met my deel.  Ek lief dit!  Hierdie bredie lyk na koningskos.  Ek sal dit maar met my oë verslind.   :crybaby2:

My pap kry altyd vars botter in.  Dit maak daardie brandsel lekker krakerig en dit kleef nie aan die bodem vas nie. 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on September 27, 2015, 08:54:07 AM
Voor ons die nuwe dieet begin het, het my pap geswem in botter PM, nou effe verbode lol maar die syfertjies op die skaal laat my maar droogbek verby die botterbak hou op die oomblik.

Moet vertel ons geniet die nuwe eetplan regtig en sien/voel die resultate. Die lekkerte van die disse is die uitdaging (natuurlik hoe dan anders?) om die toegelate bestanddele saam te gooi en bietjie te speel met die eindproduk. Normaalweg peusel ons nie tussen maaltye nie so ek het die aanwysings van die dieet in die week gekombineer en 'n heerlike snoepgereggie saamgeslaan vir ons. Outop was heel in sy skik en dit is nou 'n gunsteling snackie. Ons word 'n vars/gedroogde vrug en jogurt toegelaat of peuselstafies waaroor ons glad nie gaande is nie. So het die appel 'n nuwe 'dadelstronkie' gekry en vir twee minute in die mikrogolf verhit. Opgedien saam met die toelaatbare 125ml jogurt. Die dadel gee 'n heerlike soet smakie aan die appel.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03157.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03157.jpg.html)

NS: Vermy is die beste gewigsverlies raad  :toothy4:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/avoid%20fat%20things.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/avoid%20fat%20things.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on October 01, 2015, 09:03:06 AM
Ai, hoe kom ek by my klere wat so gekrimp het verby?  :evil6:

Ek weet hoekom ek so dik is.  Te veel rooiwyn (hopeloos te veel) en groot porsies kos. 
Dit is seker hoekom ek nog nie kans sien vir hierdie dieet nie.  Dit lyk vir my na ongelooflik min kos.  Dit sal my nooit versadig hou nie.   :dontknow:

Ek verstaan dat ons almal verskillend is en verskillende behoeftes het, maar die hoë vet laat my werklik tevrede voel.  Soveel so dat ek nie eers lus is vir middagete nie.  Ek eet net iets kleins om nie die "siklus" te verbreek nie. 

Water en ek is nie maats nie.  Hierdie laaste paar weke het ek geleer dat rooibostee net so goed is soos water om jou liggaam te hidreer.  'n Vriendin van my (hier op Leeupoort) het een van daardie skale wat allerhande funksies verrig.  Verlede week toe ek gaan weeg het, het ek gereken ek is in die moeilikheid omdat ek baie min water gedrink het.  Tog het die skaal gewys dat my liggaam meer vog ingeneem het deur die baie tee wat ek gedrink het. 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on October 01, 2015, 11:50:19 AM
Selfde probleem diekant gehad met die rooivoggies  :toothy4: Dit was ook 'n aanpassing met die klein porsies maar ek loer maar na die toelaatbare groentes wat ons nie mee beperk is en sorg dat die bord gevul word met 'n derde groente, derde slaai en dan laaste die vleisporsie.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on October 02, 2015, 12:37:52 PM
Ek lief die lekker stukkie vet vleis.  Het nooit in my lewe gedink ek sal dit eet en dit soveel geniet nie. 

Die omies met die dik brille en boepies seg dat 'n mens baie gelatine moet inkry wanneer jy dieet om die velle weer mooi styf te trek.  Daar is nog redes wat ek moet gaan navors.

So maak ek:
Gooi 50ml suikervrye aanmaakkoeldrank (gekonsentreer) by 350 ml koue water.
Gooi 350 ml kookwater in 'n houer en voeg 30 ml gelatine by en roer dit goed.  (Jy moet maar eksperimenteer met die verskillende soorte gelatine.)
Voeg nou die koeldrank by die warm mengsel, verdeel in twee houers en plaas in die yskas.
Dit is 'n heerlike nagereg om aan te peusel. 
As iemand nog sulke idees het, deel dit asseblief. 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Fransi on October 02, 2015, 04:46:00 PM
Jou fotos laat my nou sommer honger voel. Dit  is kunstig gedoen.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on October 06, 2015, 06:16:13 AM
Dankie vir deel PM  :notworthy: Fransi, altyd lekker om jou ook raak te lees en bly jy het fotos geniet :hello2:

Vandag wil ek op my sus se versoek,  Outop se resep vir sy kerriehoender met julle deel.
Soos gewoonlik het ek getrou met die kamera gevolg en hy het ewe geduldig beduie wat
hy aanvang. Vir my was die kosbaarstes toe hy dors raak en nie kon besluit tussen soda-
of mineralewater saam met sy whiskey nie. Beloer die suiker- en sout syfers baie sorgvuldig.

Vergete is die verbode lepel heuning en suiker maar ek swyg soos die firma wat ons
nuwe wieletjieshuis moet bou.

Afgerond met 'n knertsie van Mevrou Balletjies se towersous, was die smaaklike verhouding
van hoenderkerrie, bruinrys-en-lensies verewig en op 'n paar korreltjies na, verslind.

 :toothy4:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03253_2.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03253_2.jpg.html)

So word die spulletjie aanmekaar geslaan:
Die kruie is toetentaal en al na smaak.
Dit is wat wederhelf gebruik vir sy hoenderkerrie:

2 Opgehoopte eetlepels kerrie.
1 Gelykvol teelepel borrie.
Sout en peper na smaak.
1 Opgehoopte teelepel gemaalde knoffel.
1 Teelepel gemaalde gemmer.
Bietjie olyfolie vir die braaiproses van uie en verseeling van hoender.

Asynmengsel:
(Hierdie mengsel word by die hoender gevoeg nadat dit liggies gebraai
is. Daarna word alles saamgekook tot al die vog omtrent verdamp het.)

'n Halwe koppie asyn na smaak. Hy gebruik 'n Italiaanse wit wyn ene.
1 tot 2 Eetlepels Bruin suiker.
Roer tot suiker opgelos is.

En so lyk dit as hy die spulletjie bymekaar begin versnipper en kerf ...

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Outop%20se%20kerrie%20hoender%201.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Outop%20se%20kerrie%20hoender%201.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Outop%20se%20kerrie%20hoender%202.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Outop%20se%20kerrie%20hoender%202.jpg.html)

*Outop glo daaraan om sy gebraaide uie en peppers uit te skep
en voeg dit aan die einde van die kookproses weer terug vir so
10 tot 15 minute. Dan bly die smaak glo uniek; is daar nie 'n
ondertrouery en geurverbastering aan't prutte nie.


(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Outop%20se%20kerrie%20hoender%203.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Outop%20se%20kerrie%20hoender%203.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Outop%20se%20kerrie%20hoender%204.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Outop%20se%20kerrie%20hoender%204.jpg.html)

Jy kan meer suiker gebruik.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Outop%20se%20kerrie%20hoender%205.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Outop%20se%20kerrie%20hoender%205.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Outop%20se%20kerrie%20hoender%206.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Outop%20se%20kerrie%20hoender%206.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/outop%20se%20kerrie%20hoender.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/outop%20se%20kerrie%20hoender.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Outop%20se%20kerrie%20hoender%208.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Outop%20se%20kerrie%20hoender%208.jpg.html)

Laat niemand my beskuldig ek pas nie een van die tien gebooie
van gewigsverlies toe nie. Mens het net geloof so groot soos 'n
mosterdsaadjie nodig. As ek nog in die huis was sou ek my ma
omsingel het met die redenasie dat 5 lensies en paar korreltjies
bruinrys, gehoorsaamheid beteken en wetlike toepassing.  

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Los%20altyd%20ietsie%20op%20jou%20bord.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Los%20altyd%20ietsie%20op%20jou%20bord.jpg.html)

                              :notworthy: :toothy4:
 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on October 06, 2015, 01:13:35 PM
More gaan ons Bela Bela toe vir proviant en hierdie bestanddele is beslis op my lysie. 
Baie dankie vir die altyd groot besorgdheid waarmee jy elke foto'tjie en inligting deel Raaitjie. 
Ek waardeer opreg. 

Biela Biela, (Warmbad) soos die volkies dit noem beteken die "kookpot". 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on October 06, 2015, 11:44:54 PM
Groot voorreg PM! Geniet inkopies en laat weet hoe jou kerrie uitgekom het. Ek het die inligting oor die 'kookpot' geniet  :notworthy:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on October 19, 2015, 01:01:58 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Een%20koppie%20meel%20bederfie_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Een%20koppie%20meel%20bederfie_1.jpg.html)

Hierdie is ons 'een koppie meel bederfie' en kan in 'n japtrap aanmekaar geslaan word.

Jy het so min nodig:
Meng 1 Koppie bruismeel & 1 koppie gerasperde kaas plus 'n halwe teelepel sout.
Klits 2 eiers in 'n koppie en vul verder op met melk.
Roer dit dan by die meelmengsel tot 'n drukbare degie wat op meelbestrooide oppervlak
 in vierkant gedruk kan word. Indien nodig voeg nog meel by.
Sny in gelyke dele (gemiddeld 15 porsies) en plaas in gesmeerde bakplaat.

Ek verf dit dan liggies met melk en eiermengsel - vir goudbruin voorkoms strooi liggies
met bruinsuiker en bak tot ligbruin in oond (ons hitte met gas oond 200 grade - 25 minute).
Heerlik met konfyt en so blertsie room.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Fransi on October 19, 2015, 09:34:09 PM
Ek lees nou weer by jou spinasiegereg. Dit klink so lekker. Ek was vanaand juis lus vir spinasie.
Met my resep het ek eers die gekapte ui, 'n teelepel knoffel en twee fetaringe gebraai. Daarna het ek die gaar spinasie by dit gevoeg en dit toe gemeng met drie geklitsde eiers en 'n bietjie room. Ek het die hele kaboedel in 'n oondbak gesit en kaas oorgestrooi. Na 30 minute het ons heerlik geëet.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on October 19, 2015, 11:00:08 PM
Klink djeerlik Fransi! Jy nie dalk 'n fototjie geneem nie?  :toothy4:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Fransi on October 20, 2015, 07:02:12 AM
Dankie. :-)

Nee, ongelukkig nie.  :dontknow: Ek vergeet baie keer om sulke dinge te verewig.  :toothy4:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on October 20, 2015, 09:10:22 AM
Volgende keer moet jy kamera naby hou hoor, die keer is jy vergewe Fransi  :toothy4:

Gelukkig het ek gisteraand net voor ons opskep gou die kamera gegryp en Outop se
maalvleisdis afgeneem voor ons dit verorber het  :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03305.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03305.jpg.html)

Soos gewoonlik glo wederhelf daarin om alles apart, maar in een pan te braai.
Die geure van elke bestanddeel bly uniek beaam hy keer op keer en ek kan getuig
daar is beslis 'n verskil. Lekkerte is dat mens ook net een pan het om te was agterna.

Heel eerste was die uie se beurt in bietjie olyfolie en sout en peper na smaak,
toe is dit uitgeskep en in dieselfde pan was dit die groen- en rooipepers se beurt.

Na dit eenkant uitgeskep is, was dit die fyngekerfde groente se beurt om geroerbraai
 te word en toe dit ook vir eers eenkant bewaar was, is die groot mushrooms wat in
lekker duk skywe gesny was, aan die braai saam met 'n vette lepel heuning en eenkant
gehou.

Hierna is die maalvleis gebraai in dieselfde pan (Outop lief sy wok). Die vleis was
gegeur na smaak met so knertsie brandsake ook vir die wis en onwis. Dan gooi
manlief alles bymekaar en laat die spulletjie 'n rukkie saam kuier vir so paar minute.

Bedien saam met rys/kapokaartappels of soos in ons geval - slap mieliepap. 

Dieselfde maalvleisresep kan ook gebruik word vir 'n japtrap pastei en die aartappels
word dan net bo op geskep. Bedien saam met 'n mengelslaai. Ons is lief om vrugte ook
in die slaai te sit.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Maalvleis%20Pastei%20en%20Slaai.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Maalvleis%20Pastei%20en%20Slaai.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Fransi on October 20, 2015, 09:56:18 AM
 :icon_biggrin:

Dit klink en lyk heerlik!
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on October 26, 2015, 02:22:22 AM
Kan getuig dit was soos altyd as Outop sy hand aan 'n dis waag, heerlik verby Fransi.
 :toothy4: :notworthy:

Die naweek het ons uiteindelik die gewilde 'Appelrosies' probeer. Outop se eerste poging
was 'n reuse sukses! Binne 'n uur verorber en ons eetplan in sy glorie lol.

Die volgende dag probeer ek toe  :icon_bigsmurf:
 
My tweede probeerslag vanoggend het my verbrande ego herstel en gaan hopenlik 'n
lekker verrassing vir Outop wees. Het enetjie geproe net om seker te maak -heel skaflik!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03371.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03371.jpg.html)

En so het Outop gemaak:

Twee rooi appels is ontpit, in dun skyfies gesny en vir 45 sekondes in die mikrogolf skrikgemaak
sodat dit makliker kan rol. Ek het vanoggend die appels vir twee minute in mikkie gesit.
Ons het gevind dit rol makliker op as die appels vooraf 'n bietjie saggekook is. Van die resepte
stel voor dat jy 'n bietjie suurlemoensap oor gooi voor jy dit kook.

Outop het 'n blaardeeg effens uitgerol en toe in vyf repe verdeel. Die broodplank het hy vooraf
met 'n bietjie olyfolie gesmeer sodat degie nie vassit nie. Die repe is gesmeer met 'n bietjie
appelkooskonfyt (verdun met water). Nie al die resepte wys/benodig hierdie stap nie.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Appels%20pak.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Appels%20pak.jpg.html)

Appels gepak dat hulle mekaar oorkruis en toe mildelik met kaneelsuiker bestrooi.
Dan word die degie oorgevou en weer gestrooi.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03324.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03324.jpg.html)

Rol van die eenkant af op om rose te vorm.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Opgerolde%20appelrosies.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Opgerolde%20appelrosies.jpg.html)

Ek het ongelukkig nie klein terthouertjies nie en ons sommer 'n pasteitjiepan gebruik.
Bak tot goudbruin (ongeveer 45 min by 200 grade). Laat afkoel en strooi liggies met versiersuiker.

My tweede probeerslag vanoggend het ek nie meer appelkooskonfyt gehad nie en toe
sommer aarbeikonfyt gebruik.

*Skakel na die video wat stap vir stap wys hoe om jou eie appelrosies te maak
https://www.youtube.com/watch?v=QKOla0-aW5o
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on November 09, 2015, 11:23:37 PM
Solank daar 'n velletjie of twee blaardeeg, een geklitsde eier & 'n kwas in die pandok is,
kan ouma in 'n japtrap sorg vir ietsie soet of sout.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Een-vel-bederfies.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Een-vel-bederfies.jpg.html)

So spog die oorskiet rooiworsies in 'n goudgeel deegjas.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Worsrolletjie.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Worsrolletjie.jpg.html)

Vir die handvol kaas wat oor was, is daar ook 'n plekkie op die oorskietdeeg gevind.
Gedokter met 'n bietjie kruie en speserye, word dit toe 'n heerlike peuselhappie.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03543.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03543.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03547.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03547.jpg.html)

Hierdie kaneelwieletjies was 'n groot treffer! Een vel blaardeeg, goed bestrooi met bruinsuiker
en kaneel. Ek het raw sugar gebruik. Opgerol en in skywe gesny word dit gebak tot
goudbruin in 'n warm oond (240 grade).

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03534.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03534.jpg.html)

* :toothy4: Baie bly ek het die appelrosies se maak onder die knieg gekry, deesdae is daar
'n rosie of twee as middelpunt op die bederfbordjies vir klein en groot. Die naweek was dit
dan ook daar saam met die kaasringe. Die blare was oorskietdeeg wat net gestrooi was met
'n bietjie kaneel- en versiersuiker. Heel skaflik op die oog ook gewees  :icon_biggrin:   

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Blaardeegskeppings.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Blaardeegskeppings.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Fransi on November 10, 2015, 09:15:51 AM
So kreatief en mooi! Dit lyk so lekker!!!
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2015, 02:00:12 AM
Drukkie vir jou Fransi en dankie vir gereelde inloer by ons  :toothy4:

Kom deel ook die treffer-spanpoging gisteraand, tussen Outop en myself.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03747.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03747.jpg.html)

Die uie, sampioene, paar repies rooi pepers en spek was elkeen apart gebraai (soos altyd deur Outop)  :icon_biggrin:
As jy sou waag om dit lui-lui sommer saam te wil doen, kry 'n jy preek in die middel van die week  :nono:
Daarna is die spulletjie deurmekaar gemaak en in die wok warm gehou sodat die geure mekaar kon verken.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03751.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03751.jpg.html)

My bydrae was drie aartappels in die skil gekook tot effens sag. Toe in skywe gesny en in lae gepak in 'n
vuurvaste bak. Gedokter met sout en peper, so hompie olyfolie-margerine hier en daar, het ek dit in die
oond gebak tot dit effens verbruin het.

Daarna 'n handvol kaas oorgestrooi en laat smelt. Hierna is die spekmengesel bo-oor geplaas met nog 'n
klein handjievol kaas. Bedien met groenslaai, avokado-dip & natuurlike Griekse jogurt.

Elke happie was 'n ontploffing van smaak teen jou verhemelte  :hello2:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03749.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03749.jpg.html)

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on November 18, 2015, 08:57:28 AM
Wonder ek wat sal nou as bygereg opgedis word saam ons vis gisteraand?

 Loer oor 'n gas se skouer wat by Elle se 'plat aartappels' kom kers op steek en net daar hou ek op wonder! Ongelukkig nie weer 'n foto geneem maar kon gelukkig die ene by Elle se plasing weer hier kom deel.  Selfs op sy eie met so blerts Griekse jogurt en brandsousie is hierdie aartappels 'n vyfstersnoep! Outop het die oorskiet vis en aartappel werk toe geneem en dit koud verslind. Sy kommentaar: ewe smaaklik!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Elle%20se%20aartappels.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Elle%20se%20aartappels.jpg.html)

Hier is Angelica se resep: Platgedrukte Baba-aartappels met parmessaankaas-gremolata.

Baba aartappels - Die resep het nie hoeveelhede nie, want ek meet niks af nie.  Ek vat hande vol hiervan en 'n knippie daarvan. Tussen-in gooi ek net by.
Goed.  Kook daai aartappeltjies tot net-net sag
Jy het nog die volgende ook nodig:
Olyfolie en S&P
En vir die Gremolata:
Handvol gekapte pietersielie (Ek moes gaan rondvra vir die Afrikaans vir Parsley...hie hie)
Knoffel - gekneus, as jy dit eet.  Ek doen nie.
Skil van 2 suurlemoene
Parmesaankaas - gerasper. Handevol

Die aartappeltjies is nou klaar gekook.  Dreineer hulle
O ja, die oond moes al aan gewees het, want jy gaan die aartappeltjies bak.
Helfte van die olyfolie in die bakplaat.  Aartappeltjies daarin en druk hulle so bietjie plat met 'n drukker of houtlepel.
Res van die olyfolie oor en sout en varsgemaalde swartpeper.
Druk in die oond vir so 1 uur of tot bruin en bros.
Haal uit.  Dreineer op papier.

Die Gremolata maak jy so:
Fyn Pietersielie, suurlemoenskil, parmasaankaas, knoffel word nou alles gemeng en roer die Gremolata en Aartappels en sit sommer dadelik voor.  Met wat jy ookal kon bekostig om oor die kole te gooi.
Flippin lekker.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on November 23, 2015, 12:52:29 AM
Outop se 'Seafood-Fried-Rice' met bruin basmati rys

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03995.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03995.jpg.html)

Nog 'n weergawe van dieselfde resep maar die keer met bruinrys en lensies.


(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04104.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04104.jpg.html)

Wat 'n heerlike bederf was hierdie nie. Die ouens wat saam met ons kuier op FB sal weet
dat ons gisteraand 'n 'super-cell-storm'gehad het. Omtrent 'n belewenis en 'n half. Op 'n
stadium gedink Outop is besig om nog 'n watergaatjie te maak en ek wis van niks!
  :bootyshake:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03934.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03934.jpg.html)

Terug na die visgereg.

Heel eerste is 1 koppie bruin basmati rys en 1 teelepel sout, met 1 lepel olyfolie oor matige hitte
gebraai tot die rys begin verkleur en die kombuis ruik na springmielies. 2 Koppies koue water
word hierna oor die gebraaide rys gegooi. Moenie roer nie!

Stel hitte laag en laat bedek prut totdat al die vog verdamp het en dit voel of die rys wil begin
vasbrand onder. Op die gasstoof neem dit gewoonlik so 20 minute vir witrys en bruinrys effens langer.
Ons laat dit gewoonlik so tien minute rus na dit gaar is, en roer dan liggies met 'n vurk deurmekaar.

Terwyl die rys gaar word, braai wederhelf 1 groot ui en lepel fyn knoffel. Hy skep dit dan uit
en braai 'n halwe kilogram gemengde seekos. Geur na smaak. Dit word ook eenkant gehou
vir eers na dit gebraai is.

Hierna word gemengde groente ook gebraai  in dieselfde wok met sout en peper na smaak.
Volg selfde stap, skep uit en hou eenkant. Dan word 4 eiers liggies deurmekaar geroer tot gaar.
Volgende stap word alles weer in die wok teruggeskep en liggies gemeng.

Stel hitte van wok op laagste en laat die gemeenskap rustig saam kuier sodat die
geure kan vermeng. Walla! Jy het 'n geurige visgereg.

Die oorskiet word gewoonlik die volgende oggend, my ontbyt  :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03989_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03989_1.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on November 25, 2015, 06:56:57 AM
En so was dit dan weer gisteraand my beurt vir woel agter die potte voor die stoof.
My menu: Goudbruin gebraaide maalvleisbolletjies, bruinrys met lensies en natuurlik
my 'special' aartappels met geroosterde pietersielie & parmesankaas-jas. Amper soos
Elle se spesiale platgedrukte aartappeltjies met gremolata. Hierdie ene word net met sy
pietersielie en parmesankaasjas gerooster.
 
Die aartappels skil en kook ek vooraf tot net-net sag met sout. Dan smeer ek elkeen met
gesmelte botter en knoffel (kan vervang met kruie of geur na smaak)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04003.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04003.jpg.html)

Hierna word dit goudbruin gebraai in oond. Dan haal ek dit uit.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04008.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04008.jpg.html)

Strooi mildelik met vars pietersielie en handvol parmesankaas bo oor.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04010.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04010.jpg.html)

Terug in oond tot kaas gesmelt is en krakerig voorkom. Die pietersielie is heerlik as dit so droog gerooster is.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04014.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04014.jpg.html)

En so het die spulletjie saam met bruinrys en lensies gelyk. (Outop het duim na bo gegee lol!)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04017.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04017.jpg.html)

Die aartappels ook heerlik saam vis & slaai

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Spesiale%20aartappels%20saam%20vis%20en%20slaai.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Spesiale%20aartappels%20saam%20vis%20en%20slaai.jpg.html)

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on November 25, 2015, 07:15:34 AM
Die nuwe kamp-meghefter (Potjie King) is getoets met Outop se Kerrie-konkoksie  :icon_biggrin:
Ons het soortgelyke een so paar maande gelede gekoop. Die ou kan ook vleis braai
waar die vorige een net 'n potjie kan maak.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03903.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC03903.jpg.html)

EN SO SLAAN JY DIE KONKOKSIE AANMEKAAR:

Eintlik is dit 'n agterstevoor potjiegedoente! Eerste stappe gewoonlik dieselfde.
Hy braai die uie en skep uit vir eers tot later.
Dan is dit die vleis en kruie se beurt om kennis te maak met die nuwe aankope.
 :`ip2:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Kerriepotjie%201.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Kerriepotjie%201.jpg.html)

So braai die ou dan sy vleis & kruie; gooi so lekseltjie bier ook oor
en skep dan uit (soos altyd dat die geure later mekaar intiem leer ken.)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Kerriepotjie%202.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Kerriepotjie%202.jpg.html)

Dan kom die groente met water en al in die potjie.
Hierna skep hy die vleis en uie bo-op.
Bedek en laat prut totdat al die vog verdamp het.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Kerriepotjie%203.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Kerriepotjie%203.jpg.html)


Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Naas on November 25, 2015, 07:53:41 AM
Ek vermy die Gatkantland verleidelikheitjies met passive want dis presides waar dit heengaan, na die gatkant toe.
Ta Raatjie, jou kos is altyd so smaaklik op die log dat die kwylspiere sommer tja tja.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Fransi on November 25, 2015, 08:01:20 AM
Heerlik, heerlik, heerlik! Ek voel soos Uilspieël, versadig. :-)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Marinda Kemp on November 25, 2015, 10:44:19 AM
Alles lyk so lekker, die naweek gaan ek alles probeer wat ek hier raak gelees het
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on December 08, 2015, 05:34:28 PM
Nou is ek darem vreeslik honger!  Lus lusser en belustig.   :snorting:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 08, 2015, 11:28:41 PM
Altyd 'n fees om julle hier om die tafel raak te lees  :toothy4:

Wil een van ons eie gunstelinge deel met julle. Geelmeel-mieliepap (polenta diekant van die aardbol),
Outop se wok-tjoppies & gebakte eiers.
 
In die pap het ek 'n koppie vol mielies, 'n bakhand cheddarkaas en so goeie skeut uievlokkies ingegooi
terwyl dit gaar geword het. Bo op die pap was daar oondgebraaide tamaties, takkie pietersielie en 'n
skeppie roomkaas. Koningsmaal op die Boeremanier  :notworthy:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04175.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04175.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 09, 2015, 12:09:10 AM
DV oor twee maande kom my sus hulle ons bederf met 'n maandlange
kuier hier in Gatkantland. Buite weste van opgewondenheid, is liggestel!
Die toerplan met nuwe wieletjieshuis  is noukeurig beplan en natuurlik
word die menu met groot liefde bespreek en beproef.

So het Outop dan die afgelope naweek weer 'n slag sy nuutste kampmeghefter
uitgetoets. Hy wil  swaerie bederf met 'n RRR (rolled rib roast) langs die see.

Nie seker of dit gaan werk nie het die kok van die huis sy Potjie King staangemaak
en die bestanddele is mooi in rytjies uitgestal.

Hy het sy eie 'tien gebooie' as dit by kosmaak kom :headbang:

15 Kale kooltjies onder in die meghefter, doen die ding van begin tot einde.
Ekonomies op die sak beduie die ou trots en ek weet hy bedoel nie net die sak
met kole nie! So 'n maal vir 4, by 'n Ausie-pub, sal gewis 'n gat in jou sak vreet :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Roast%20in%20kamp%20meghefter%20probeer.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Roast%20in%20kamp%20meghefter%20probeer.jpg.html)

Een van die tien gebooie is by nou al bekend aan ieder en elk -
jy braai, skep uit en voeg later by... Hier was daar dan ook nie
afgewyk van die ritueel nie. Die uie, sampioene en peppers is
laaste in die pot, bo op die vleis en groente.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Laaste%20groentes%20in%20potjie.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Laaste%20groentes%20in%20potjie.jpg.html)

Aan die einde van die dag was die ou heel in sy skik en is sy dis gemerk & geboek -  dit werk!
Die meghefter is in staat om 'n eenpot-feesmaal te skep.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04373.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04373.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on December 09, 2015, 09:02:15 AM
Hier is sekerlik die beste klomp resepte bymekaar vir Afrika.  Dit is werklik 'n fees om hierdeur te wandel en as ek iets spesiaals wil maak kom stap ek net deur die gang.  Dankie Raaitjie.

Gee asseblief die resep vir daardie maalvleisbolletjies wat so lekker lyk. 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 09, 2015, 10:02:56 AM
Wat 'n grootse kompliment PM  :notworthy: Vir die maalvleisbolletjies: Ons rek die klein pakkie maalvleis met 'n gekerfde ui, 1 wortel en 2 middelslag aartappels (grof gerasper), 'n koppie cheddar kaas ook gerasper (of jou eie kaas-keuse); ongeveer 'n halwe koppie oats. Hierby voeg ek sout, peper, klein bietjie kerrie en gerookte paprika na smaak by. Dan rol ek balletjies, plaas dit in 'n bakplaat met 'n bietjie olyfolie in en strooi ook bietjie van die olie bo oor die balletjies. Bak tot goudbruin in 'n 200 grade oond. Dit vries heerlik en is ewe smaaklik na dit ontdooi is. Ons het ook al gemengde groente fyngekerf in bygegooi in die verlede.

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on December 09, 2015, 10:07:43 AM
Baie dankie sustertjie.  Ek sal dit maak.   :love7:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 09, 2015, 10:09:30 AM
LOL, bloos ek nou lekker. Moet altyd terugsluip en kom regmaak. Vang jy my in die proses. Kan getuig dit is werklik 'n heerlike maalvleisbolletjie PM. Jy moet dit net geur na eie smaak.

 :love7: :headbang:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on December 09, 2015, 10:24:51 AM
Ha-ha, ek het geen foute raakgelees nie.  'n Mens se brein maak mos maar die foutjies self reg.   :hello:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 09, 2015, 11:26:43 AM
Na soveel jare omring met Rooinektaal span ek die taal-osse soms ariglik hot agter haar in  :icon_bigsmurf:
En so sal daar dan maklik vir ontbyt, verlede week se gevriesde rolled rib roast en omelette verskyn
in die plek van tradisionele spek en eiers. 

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC09039.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC09039.jpg.html)

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on December 09, 2015, 11:33:11 AM
Pragtig gestel Raaitjie!  Ek wonder hoeveel ouens snap hierdie uitdrukking.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 16, 2015, 12:40:16 AM
Vreugde vir my dat jy die taaltammetjie verstaan PM  :toothy4: net soveel as wat my spel met groente my gister besorre het. 

Met Outop se pilletjie (tablet) voor my staangemaak het ek probeer om die instruksies van die meesters
op die skerm te volg. Die genot het by verre die sukses oorskrei. 

Vrees vir sny en bloed het my die stompste mes in die laai laat soek en dit het natuurlik my kerfvermoë,
erg belemmer...   

Goeie verskoning  :angel7:

Gewoonlik verskaf die fotosessies my net soveel plesier as die voorbereiding of speel met disse. Giggel
nou nog as ek daaraan dink hoeveel herrangskikkingswerk die swig voor versoeking (aartappelskyfie-roos)
 my gister gegee het. Wou proe of die rose-chips so lekker proe as wat dit lyk  :icon_biggrin: 

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04495.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04495.jpg.html)

Toe begin die rangskik van vooraf en die laaste foto het so daar uit gesien

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04505.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04505.jpg.html)

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 16, 2015, 12:49:16 AM
Die aanwysings vir ons 'Maalvleis-Kaasrolle' het Outop die afgelope
naweek raakgesnuffel op die internet tydens ons kampsessie.

https://www.facebook.com/HumorFeliz.br/videos/710121842457580/

Besluit ons om dit gisteraand te probeer. Nie seker gewees hoe maklik
die rol-proses van die maalvleis gaan wees nie, was ons toetentaal en al
verbaas oor hoe vlot die eerste rolsessie verloop het!

Op die video was die vleis buite gaar gemaak op 'n braai. Ons het sommer
vir ou George in die kombuis ingespan.

Outop het die maalvleis vooraf gegeur na smaak. Die repies kaas was sorgvuldig
toegerol en gereeld omgedraai sodat al die kante gaar kon word. En die resultaat
het heel goed 'afgegaan'.
  :toothy4:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Maalvleis%20Kaasrolle.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Maalvleis%20Kaasrolle.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 16, 2015, 12:59:45 AM
Hierdie "Japtrap-Appelbederf" (apple fritters) het ek weer toevallig raakgelees
(dit het vir 24 uur onophoudelik gereën terwyl ons gekamp het).

By gebrek aan ginger ale soos wat die resep verlang, het ek sommer
sodawater gebruik vir die doopdegie. Bietjie koekmeel na skatting ingegooi
en die water bygegooi tot naastenby 'n pannekoekmengsel-tekstuur.

LOL. Die stompmes (yep, ek en bloed is nie maatjies nie) het behoorlik gekou
 deur die appel en bewyse daarvan genadiglik verdoem na die ringe gedoop en in
olyfolie gebraai was.

Daarna met kaneel- en versiersuiker afgerond.
 
Ons kommentaar op die ene: Vinnig, maklik en heerlik. Binne 'n ommesientjie
was die bordjie leeg - ek moes my spring ken sodat daar darem 'n foto geneem
kon word van ons eie poging.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Apple%20fritters.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Apple%20fritters.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on December 16, 2015, 11:35:08 AM
Kosmaak is 'n kuns wat jy oortref Raaitjie.  Ek lief om te eet, maar as dit by die stoof kom is ek baie lui.
Ek is mal oor jou "groentebord".  Dit sal 'n pragtige voorblad wees vir 'n resepteboek. 
Ek wil nog byvoeg:  Die ouens wat weet sê dit is nie maklik om mooi foto's van kos te neem nie.  Gewoonlik lyk dit vaal en onsmaaklik, maar jou foto's is uit die boek uit.  Watertand!   :icon_biggrin:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 16, 2015, 11:40:27 PM
Dankie vir die pragtige kompliment PM  :notworthy: Meestal is dit Outop wat die voorskoot omhang terwyl oumarazzi die gewoelery verewig. Grootste plesier natuurlik die volgende dag as ek die oorskiet vir myself, so al spelende opdis  :icon_biggrin:


Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on December 17, 2015, 07:52:01 AM
My man is nie lief vir kosmaak nie.  Ek natuurlik ook nie, maar ons moet eet nê?
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 17, 2015, 08:16:52 AM
Feite. Ons moet eet. Geseend in die opsig dat kosmaak vir Outop en my werklik die hoogtepunt van 'n dag is. Hy ook baie gretig om nuwighede te toets in die kombuis hetsy dit resep of  meghefter is  :toothy4: Soms is die oorskiet halfpad opge-eet deur die nag en
vat dit kopkrap om die spulletjie wat wel oorleef het, op te dis (veral as die oorskietvleis in die slag gebly het)  :bootyshake:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC08781.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC08781.jpg.html)

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on December 17, 2015, 09:49:20 AM
Ons het 'n ruk gelede 'n George Forman-rotiserie  gekoop.  Hannes maak altyd die hoender daarin vas.  Dit is heerlik sag en sappig as dit daar uitkom en my oond bly skoon. 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 18, 2015, 12:41:29 AM
Dit klink heerlik en sal gewis tyd bespaar as die oond nie vol vet gespat word nie!

So van tyd geskryf - gister was dit weer 'sulke tyd' in die Lock pandok  :icon_biggrin:
Alles wat blink (en bereikbaar was want die doos met opmaakdinge is vasgepak met ons kinders
in Amerika se aardse besittings diekant wat nie verkoop is nie) en is nou uitgestal waar dit my die
grootste plesier gee, en vir arme Outop is dit kopkrap vir spasie om te kan woel - in ons 'kebuis!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04539.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04539.jpg.html)

Verlede jaar het ek in November bottelbeserk geraak en letterlik rakke vol bottels (oor die jare vergaar en ook
as geskenke ontvang), feestelik opgedollie met tou en krale. Hier en daar 'n kantblommetjie uitgeknip en die
'hot glue gun' was behoorlik ingespan in die proses - selfs vir skryf. Lief my 'Coffee' ene. Daar is geplak, geverf
en dan weer afgetrek. Pure lekkerte!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04558.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04558.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04559.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04559.jpg.html)

Daar het toe vier of vyf oorgebly wat ek net met gom geverf en in nagemaakte sneeu gedoop
& gekroon het met takkies uit die tuin wat silwer geverf was. Party van die bottels het in hulle
oorspronklike kleur gespog met flikkerende kersliggies. Die hele werksoppervlak was 'n kerstema.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Kersversierings.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Kersversierings.jpg.html)

 :bootyshake: In my element as ek kan speel!

En met al die gespeel vra Outop my wat is op die menu vanaand?
Antwoord: "Ietsie feestelik my ding..."

Ontbytkos vir aandete is mos feestelik, al dan nie?  :icon_bigsmurf:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04555.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04555.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on December 18, 2015, 10:47:18 AM
Pragtig Raaitjie.  Ek bewonder jou sin vir kuns. 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 18, 2015, 11:03:19 AM
Dankie baie  :bootyshake: Moet darem byskryf, PhotoScape se funksies is werklik van groot
waarde en hulp as dit kom by die afronding, saamstel en byvoeging van titels ens. by die fotos.

Hierdie 'liggies' is juis aan my *gebakte kersboompie gehang met een van hulle...
 
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Die%20Fees%20Seisoen.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Die%20Fees%20Seisoen.jpg.html)

* 'n Gebakte kersboom-idee gesien op die gevreetboek. Baie fensie! Moet vertel, dit glad nie so maklik
as wat dit gelyk het op die video nie!

My twee-lae-poging het 'n liederlike fiasko afgegee. Van die broodplank tot in die pan skuif die twee dele;
takkies en stam verrek dat kersboom soos 'n monster vertoon lol. Pasteideeg en hitte is nie maats nie.

Ek druk en trek, draai en swaai. Besluit kom wat wil, die boompie wil en gaan ek maak.
Na die foto se neem, was die kersboompie tak, stam en al verslind  :icon_biggrin:

Die verfrommelde tweede lagie het ek maar in repies verrek, opgerol en gebak.

 (http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04578.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04578.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 20, 2015, 11:55:58 AM
Ons was altyd vreeslik lief vir snoek gewees. Feitlik onverkrybaar hier in Gatkantland
het ons die afgelope naweek 'n teenvoeter (amper letterlik) gekry in die gewaad van
twee hoenderboudjies, goed bygekom met die koekroller!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Nagemaakte%20snoek%201.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Nagemaakte%20snoek%201.jpg.html)

Outop se stoute gevreetjie het getuig van die opwinding  :toothy4:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04591.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04591.jpg.html)

Die gemokerde boudjies was gereeld ingesmeer met ouma Emmie se snoeksous
(botter, knoffel en appelkooskonfyt) en op 'n matige vuurtjie gebraai tot gaar.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Nagemaakte%20snoek%202.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Nagemaakte%20snoek%202.jpg.html)

En so het die eindproduk gelyk - pure snoekie geproe, selfs die tekstuur! Dit was
die naaste wat ons diekant van die aardbol, aan hierdie geliefkoosde smaak sal kom.

 :notworthy:   

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04600_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04600_1.jpg.html)





Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Naas on December 20, 2015, 12:39:11 PM
Oppas vir grate.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 20, 2015, 11:38:51 PM
Jy sal dink ek sit aan... daar was regtig dele wat kompleet gelyk het of jy moet ligproe vir graat se kind Naas  :icon_biggrin:

Die altyd gewilde seafood-fried-rice van Outop gisteraand, was graatloos en het 'n vyfstermerkie van my gekry  :notworthy:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04602.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04602.jpg.html)

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Fransi on December 22, 2015, 07:29:46 AM
Julle kos lyk altyd heerlik!
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 22, 2015, 08:43:15 AM
Baie dankie liefste Fransi vir mooie komplimente altyd deur  :love7:

My beurt vir kosmaak en soos gewoonlik was dit 'n 'lui-aand' so die uwe sleep die wraps nader.
Smeer een helfte met avokado en die ander helfte met mayonaise. Reg in die middel rasper ek
komkommer, red peppers en rond af met repies blaarslaai. Kroon dit met gevlokte hoender en
paar skywe sampioene plus so handvol kaas. Rol op en rooster - dollie bietjie op en walla!
Outop gee duim na bo vir my chicken wraps wat altyd 'n hoogtepunt vir my is  :toothy4:


(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04607.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04607.jpg.html)

*Laat niemand se ek kan nie twee dinge gelyk doen nie - so tussen skep en hap, gou die foto geneem  :icon_biggrin:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Fransi on December 23, 2015, 09:22:22 AM
 :love7:

Ek was ook altyd so lief vir die toegedraaide hoendertjies. :-) Dit lyk regtig baie lekker.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 23, 2015, 11:26:57 AM
Lekker om jou weer raak te loop hier tussen die disse mater  :notworthy: Afgelope twee jaar (oe Griet, dalk nog langer) werk ek aan 'n resepteboek met al die disse wat ons geniet. As ek nie fotos neem en neerskryf wat Outop doen nie, vergeet ons dit binne die eerste week. Die forum en FB bied natuurlik wonderlike geleentheid waar ons die blaaie kan vul soos wat die disse verorber word  :icon_biggrin:

Die volgende vleisdis het ons gewoonlik op die boeremanier geniet maar sien toe op een van die kosprogramme hoe die Engelse kok kapokaartappels ophemel as net die ding saam vleis met 'n langsous (my ouma se beskrywing).

Probeer dit toe ook so en kan getuig dit was 'n heerlike afwisseling, maar net tussen ons - dink mielierys en soetpatat sou vir aartappel in die skande gesteek het  :toothy4:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Mash%20and%20Rib.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Mash%20and%20Rib.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on December 24, 2015, 08:12:42 AM
Heerlik heerlik!  Dankie dat julle dit met ons ook deel Raaitjie. 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 24, 2015, 11:17:43 PM
Soos altyd is die voorreg van deel myne matertjie  :notworthy:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04760.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04760.jpg.html)

Geseënde Kersfees aan elkeen wat hier verby kom en 'n wyle vertoef  :love7:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on December 27, 2015, 06:26:35 AM
Wat 'n wenner van 'n boud!  'n Feesmaal sowaar!
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 27, 2015, 11:27:20 PM
En 'n feesmaal was dit voorwaar PM. Dit is 'n voorreg om so handige wederhelf te he wat jou passie vir kos deel. Die ou het direk na werk, die 24ste, begin met die ham en boud. Deel van die fees is om hom te volg deur die oog van die lens. (Ek sorg baie liefdevol dat daar vir hom 'n plekkie oop is om te woel en werkskaf tussen die  blink en flikker lol).

 :love7:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Kersfees%202015%20no%202.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Kersfees%202015%20no%202.jpg.html)

Die geure wat hang oor ons pandok sal my altyd altyd bybly!

 (http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Kersfees%202015%20no%204.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Kersfees%202015%20no%204.jpg.html)

Kan skaars glo dat daar van al die moeite net 'n been oorbly  :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Kersfees%202015%20no%203.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Kersfees%202015%20no%203.jpg.html)

Kersoggend koffietjie.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04867_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04867_1.jpg.html)

Een van my beste geskenke is die lag en kuier rondom die ontbyt-tafel die dag na kersfees.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04835.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC04835.jpg.html)

Lief die aards-engel en tel die seeninge teelepel vir teelepel dat hy my gekies het as lewensmaat  :notworthy:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Geseende%20Kersfees_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Geseende%20Kersfees_1.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on December 28, 2015, 06:53:14 AM
Baie mooi foto's.  Ons was by Skoonsus vir Kersfees.  Hulle het 'n feesmaal voorgesit.  Vleise, slaaie, brode met kaas en konfyte wat skrik vir niks.  Sal seker 'n rukkie neem voordat ons weer die voorreg sal hê om saam met Jongste en sy familie saam te kuier op Kersdag. 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 28, 2015, 08:18:31 AM
Familietyd so kosbaar ne! Glo julle was bederf met al die heerlikhede. Diekant kuier die kabouters (jong manne eerder) se pa 'n bietjie vir so paar dae hier en die klomp is heel jolig. Die kleinste kaboutertjie hou oupa en ouma en die hele huis besig :)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 20, 2016, 08:20:19 AM
As die kraaie gaap is dit soos gewoonlik bokkostyd in die Lock pandok. Vandag
was ons soet en spaarsaam. Gisteraand se oorskiethoender is ook opgedollie vir
brekvis en 'n gesonde middagsnoepie.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07162.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC07162.jpg.html)

Bietjie groenblare gemeng met die  oorskiet vrugteslaai, word toe 'n heerlike koel lafenis
en vul gaatjies tot Outop ons vanaand bederf met sy gewilde seekos-eenpot-roerbraai.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07166.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC07166.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on March 23, 2016, 10:21:28 AM
Oe, njam-njam.  Lekker om weer hier te kan kuier!
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on April 08, 2016, 11:20:08 PM
Ons klein cowboy het so pas sy vierde verjaardag gevier en al het ons probeer
keer was daar hopeloos te veel soetigheid verorber deur die loop van die dag.
Toe besluit ouma gister gaan daar net 'n gesonde bordjie opgedis word want die
knapie soek toe nog 'n B'day en het gedink dan mag hy die res van die lekkernye
verorber lol.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07899.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC07899.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on April 13, 2016, 05:39:25 AM
Soet & Suur Hoender

1. Meng 1 lepel mielieblom (cornstarch) met 'n lepel koue water tot opgelos.
Voeg nog 'n bietjie water by indien nodig.

2. Intussen meng jy 'n driekwart koppie suiker, halwe koppie witasyn, kwart koppie
Soya sauce, 1 lepel knoffel poeier, 1 lepel uie sout (ons het minder geneem) en
6 lepels tamatiesous in 'n pan.

3. Roer die mengsel goed en laat kook. Voeg jou mielieblom-mengsel nou by en kook
tot verlengde dukte. Hou eenkant.

4. Sny genoeg hoenderborsies in blokke na gelang van hoeveel porsies verlang (dit rym lol)
en plaas in seelbare sakkie met mielieblom sodat al die hoenderblokkies 'n lagie meel om het.

5.  Roerbraai die hoender dan tot gaar.

6. Terwyl die hoender gaar word, sny jy 'n ui en 1 rooi-, 1 groen en 1 geel bell peppers in blokkies
en voeg dit en jou sous by die hoender in die pan. Laat alles saam warm word. Ons het net groen- en rooi
pepers gebruik.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07967.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC07967.jpg.html)

Ons het agterna besluit om 'n bietjie blomkool en brokkoli wat net liggies gekook was, by te voeg.
Die dis is saam met 'egg-fried-rice' bedien. Dit was heerlik en is nou beslis 'n gunsteling op die
pandok se menu.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07968.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC07968.jpg.html)

Met 'n donkerder soyasous en 'n groente wat net geroerbraai is, word hierdie 'n heerlike
tuisgemaakte chinese dis.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Home%20made%20Chinees.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Home%20made%20Chinees.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on April 21, 2016, 12:28:37 AM
Vandag deel ek een van my 'geheime' metodes om jou kreatiewe skeppings in die kombuis, fotogewys te deel met ander. Die skakel na die resep sal ek onderaan plaas. Ouens wat lief is vir fotografie se dat kleingoed bitter moeilike modelle is. Wel, ek kan dieselfde van kos skryf.  Gisteraand het ek weer 'n resep uitgetoets in die pandok se kombuis en was baie trots op die eindproduk. Natuurlik was die kamera wat altyd byderhand is, nadergesleep. Van waar dit gebere was vang my oog die gelamineerde afdrukke uit horingoue almanakke wat ek by 'n kerkwinkeltjie raakgesnuffel het.

 (http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC08031.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC08031.jpg.html)

En hier is die 'Grand Finale'  :notworthy: Wie sou kon raai dat 'n almanak prentjie so perfek kon pas en van my poging 'n pronkstuk maak?

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC08024.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC08024.jpg.html)

Vanoggend was daar net een tertjie oor en voor ek hom verorber het ek gou weer my prentjie en die kamera nadergesleep. Een klein probleemtjie. Die sny tert op die agtergrond steek uit.  :dontknow:

'n Gevoude servet, baie strategies geplaas het die probleem opgelos  :icon_biggrin: :icon_salut:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC08029.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC08029.jpg.html)

En so kon ek toe met die hulp van PhotoScape, 'n samestelling maak vir die kombuishoekie op FB   :angel4:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/The%20grand%20finale.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/The%20grand%20finale.jpg.html)

https://www.facebook.com/groups/628882450509047/1124988494231771/?notif_t=like&notif_id=1461188238267289

En as jy eendag weer jou hartedief wil bederf met 'n Franse soet-brekkie en die toevou proses
word gatkantvorentoe gedoen, lyk jou skepping soos 'n Hollandse windmeul  :icon_bigsmurf:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC08625.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC08625.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 07, 2016, 12:07:50 AM
Parmesan- of Cheddar-Kaasmandjies.

En daar lei nog een 'steel-met-die-oog & probeer-self-resep' tot 'n
nuwe gunsteling op ons Lock Menu. Wie sou nou ooit kon dink dit
is so maklik om 'n kaasmandjie te skep binne 7 minute deur slegs 2
lepels gerasperde parmesan op hopie in die oond teen 375 grade te druk?

Daarna word die gesmelte hopie kaas versigtig oor 'n onderstebo kolwyntjiepan
(ja, jy lees reg) geplaas sodat dit kan afkoel en jou kaasmandjie vorm. Ek het ook
een gemaak met gewone, verouderde cheddarkaas waarby ek  'n bietjie gedroogde
pietersielie en vir die wis en onwis,  so titseltjie, skrikmaak-rooipeper oorgestrooi het. 

Dit het perfek gewerk.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC08180_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC08180_1.jpg.html)

So verleidelik en eenvoudig dat dit sondiglik trippelvoudig herhaal was! Eerstens het
ek 'n gemengde seekosmandjie probeer...

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC08188.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC08188.jpg.html)

Geswig voor die verleiding en dit verorber :)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC08190_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC08190_1.jpg.html)

Daarna die kaasmandjie met 'n mengelslaai...

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC08204.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC08204.jpg.html)

Laastens was dit 'n Tuna-mandjie...

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC08214_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC08214_1.jpg.html)




Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 07, 2016, 04:11:51 AM
Feta, Spek & Spinasie Pasteie.

En daar oorval die groot lus vir 'n spinasie pastei, my helder oordag gister!
Swig gewilliglik voor die versoeking en gaan koop die vetste bos groenigheid
in ons cowboy-shoppie.
 
Spek- en uieblokkies is watertand-geurig gebraai terwyl die spinasie aan die
anderkant skrikgemaak is in gesoute kookwater. Na dit goed gedreineer was
is daar 'n koppie ricotta en so bakhandvol feta ingekrummel.

Spulletjie is toe deurmekaar geroer en Outop het die voorreg gehad om 'n
tongtippietoets te doen voordat die geurige mengsel op hopies in die middel
van skilferkorsdeeg (in vierkante gesny) beland het.

Punte net toegevou en gesmeer met eiermengsel is dit tot goudbruin gebak in
'n 200 grade oond. Ek het die skaal vermy en die kamera gegryp...

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC08218.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC08218.jpg.html)

Dit was so heerlik romerig!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC08221.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC08221.jpg.html)

Feta, spinasie & hoender pastei.
Hier het ek gou kom indruk vandag (28/6/2017) om 'n variasie te deel wat op FB
geplaas is. Spek was vervang met oorskiet gevlokte hoender gemeng met gerasperde kaas.
Die spinasie het ek vinnig gekook en 'n lekker homp roomkaas is bygevoeg terwyl die spinasie
nog warm was vir 'n heerlike ryk romerige tekstuur.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/voorbereiding.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04873.jpg)

* 'n Bietjie verder af op hierdie selfde bladsy is nog 'n variasie op die resep.  :notworthy:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 17, 2016, 07:33:11 AM
'n Plek gedek vir een en so word die oorskietdis weer 'n koningsmaal terwyl ek blaai deur elke sekond
van ons kosbare saamwees gisteraand...

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC08464.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC08464.jpg.html)


Die bobotie-dis was nou 'n welkome afwisseling met so halwe koppie room by die gewone koppie melk
en 3 eiers vir die bolaag oor gebraaide maalvleis en uie.

Die volgende was na smaak by die vleis gevoeg en vir 'n rukkie alles saamgebraai:
4 teelepels kerrie, en 1 lepel borrie, 30 ml suurlemoensap, skeutjie vrugte chutney en so lepel bruinsuiker
Daarna met sout en peper skrikgemaak.

Die gewone snytjie brood (geweek in melk) was ook ingewerk voordat dit in 'n gesmeerde pan geplaas was.
Hierna is die melk/room/eiermengsel bo oor gegooi en vir 'n drie kwart uur in matige (180 grade) oond gebak.

Bedien saam met 'n mengelslaai. 

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC08228.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC08228.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on June 10, 2016, 08:10:21 AM
Wat kan nou lekkerder wees in 'n immigrante kombuis as so ou sawwe tjoppie,
krummelpap en saggebakte eier? Kultuurkos se moses in ouma se blou 'kebuis!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC08482_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC08482_1.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on June 10, 2016, 10:46:48 PM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC08629_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC08629_1.jpg.html)

Melktert-Sopie

50ml Vodka
2 Lepels gekondenseerde melk
2 Lepels ideal melk
Strooi bietjie pypkaneel bo oor.

Geniet!  :toothy4:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on June 10, 2016, 10:55:46 PM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Gerookte%20Cod.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Gerookte%20Cod.jpg.html)

Gerookte vis & aartappelskyfies met parmesan en pietersielie,  is altyd deur 'n treffer
in die Lock pandok. Ek het hierby vir ons komkommer en tamatie gerooster.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on July 03, 2016, 02:40:02 AM
Hierdie resep op die gevreetboek, het Outop vir dae beloer en gister was dan die groot dag
van hand aan die ploeg slaan om sy eie 'brood in 'n sakkie' aanmekaar te skud terwyl ek
geduldig en opgewonde alles gadeslaan deur die oog van die lens.

Heel eerste gooi jy 1 koppie meel, drie eetlepels suiker, 1 pakkie kits suurdeeg en 1 koppie
warm water in 'n sakkie. Maak dit toe en skud/vryf na hartelus tot alles opgelos is. Laat nou
rus vir tien minute.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Brood%20in%20sakkie%201.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Brood%20in%20sakkie%201.jpg.html)

Volgende stap gooi jy nog 1 koppie meel, 3 eetlepels olyfolie en 1 en 'n halwe teelepel sout by.
Maak sakkie toe en skud en vryf weer goed. Gooi dan nog 'n koppie meel by en brei weer goed
in die sakkie tot die deeg lyk soos gewone brooddeeg wat gereed is om te rys.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Brood%20in%20sakkie%202.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Brood%20in%20sakkie%202.jpg.html)

Haal deeg uit sakkie en plaas in gesmeerde pan(ne). Laat rys tot dubbeld die grootte op 'n warm
plek. Bak tot gaar (resep se ongeveer 25 tot 30 minute maar in ons gasoond moes dit 'n uur bak).

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Brood%20in%20sakkie%203.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Brood%20in%20sakkie%203.jpg.html)

Haal broodjie uit en geniet, ek het die korsie gedeps voor Outop nog kon dink om sy kleim af
te steek. Botter en kaassmeer was die perfekte jas vir hierdie winterbederf  :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Broodjie%20in%20sakkie.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Broodjie%20in%20sakkie.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on July 03, 2016, 02:57:04 AM
Ons Amerikanertjies (mamma en kabouters) is oor twee weke by oupa en ouma
vir 'n drie weke kuier. Die versoek was hulle wil gaan kamp in die bos by die see
(in die hartjie van ons winter ja  :icon_biggrin:)

Toe besluit oupa dit is tyd vir 'n nuwe kampmeghefter (nog 'n Suid Afrikaanse produk
beskikbaar in Aus) en die Cobb Stofie moes natuurlik deeglik ingewy en getoets worre.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Cobb%201.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Cobb%201.jpg.html)

Net 'n paar kooltjies en so handjievol hout vir die rooksmakie doen die ding vir Outop
se roast en aartappels, babawortels en heel uie in foelie. Kort voor lank toe trek die stoom
en vul heerlikste geure die erf.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Cobb%202.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Cobb%202.jpg.html)

Daar was genoeg kans om heerlik te onstpan en kuier want die Cobb doen sy eie ding
en glo my vry, ons het gekuier en die kleingoed solank in die gees geniet en bederf :icon_biggrin:

Die eindproduk was 'n ware fees met 'n lekker sousie en bruinrys daarby.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Cobb%204.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Cobb%204.jpg.html)




Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on July 04, 2016, 12:32:13 AM
Ek is verlore die dag wanneer die laaste 'japtrap-blaardegie' uit die pakkie gehaal word'
Dit vat min verbeelding of kookkuns om 'n treffer daarmee te skep. Lui huisvrou se
kortpad na 'n Jamie-O- skepping.

En so het daar dan nog 'n variasie op die immergewilde spinasie pasteie as 'n Sondagbederf
op Outop se bord beland.

Die 'Vier-Kaas-Spinasie-Pasteie' het behoorlik gesmelt in jou mond en toe Outop die
laaste ene skuldig verorber het ek geweet dit was 'n kits-treffer. Gewoonlik gebruik ek
oorskiet spek in die pasteie, maar het hierdie keer besluit om vier soorte kaas in te span.
 :bootyshake:
En so maak mens:
Klaar gekoopte blaardeeg word in vier gesny en met eier geverf.
Heel eerste is 'n blerts roomkaas, dan jou gaar spinasie, gefrommelde feta & parmesan.
Vou vierkante toe en verf weer met eier.
Plaas in gesmeerde bak/pan en bak tot goudbruin (200 grade oond).

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Spinasie-%20en%20vierkaaspasteie.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Spinasie-%20en%20vierkaaspasteie.jpg.html).

Wanneer lekker bruin, haal uit en rasper nog 'n kaas (vierde kasie) van jou keuse bo-oor.
Plaas terug in oond tot kaas gesmelt is.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Spinasiepasteie.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Spinasiepasteie.jpg.html)

Dien op en geniet. Loop 'n wye draai verby die skaal om skuldgevoelens of angsaanval te vermy.
 :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC09077.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC09077.jpg.html)


Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on July 04, 2016, 12:39:12 AM
Ek het genoeg spinasie gemaak sodat dit as stapelvoedsel kon dien saam met
die eerste roast & veggies wat ons in die slow cooker gemaak het.

Geskenk van Meisiekind en skandelik gister die eerste keer eers uitgetoets.
Die meghefter gaan ek voortaan, mildelik inspan. Pak hom en vergeet...
my soort kosmaak!

Nadat die roast gaar was, het ek dit net effens verbruin in die oond en weer
teruggeplaas tussen die groente. Vleis het van die been afgeval en was die naaste
aan my ouma se kos wat Sondae op die koolstoof gaargemaak was. Hemels!
 
:hello2: :notworthy:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Slow%20Cooker%20Roast%20and%20Veggies.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Slow%20Cooker%20Roast%20and%20Veggies.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on July 05, 2016, 01:11:25 AM
Op lui aande gryp twee hande naarstiglik na 'n geboksde verleiding en dollie dit effe op
sodat die man van die huis se pad na sy hart sonder slaggates/potholes bly. Soms is
ons gelukkig en kry goedkoop 'hulp-disse' vir 'n appel en 'n ei. So het gisteraand se
$5 winskoop in sy verpakking gelyk voordat die snip, rasper en verneukproses begin is.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC09098.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC09098.jpg.html)

Na al die ekstras ingespan was het die gekoopte pizza 'n gedaanteverwisseling ondergaan.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Verneuk%20pizza.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Verneuk%20pizza.jpg.html)

En so was die eindproduk toe verewig (my resepteboekie in agtergrond was die inspirasie
vir die toor proses van winkel na tuisgemaak).  :bootyshake:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC09110.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC09110.jpg.html)

Was baie in my skik toe ek hierdie resepteboekie op Meisiekind se Helping Hands Auction wen
'n paar maande gelede. Verpak in 'n doos (asof 'n pizza homself) is dit een van my persoonlike
gunstelinge. Terwyl ek die foto neem begin die pizza immigreer... die laaste keer se opwarm om
die fotos geneem te kry,  was een te veel vir die brose kors lol!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC09117.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC09117.jpg.html)


Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Assie on July 05, 2016, 02:45:13 PM
Sies vir Ta Raaitjie. Moet ek nou op my streng dieet met kwyl tevrede wees...



 :mumum:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on July 07, 2016, 12:13:29 PM
Voel ek nou so half skuldig Assie. Sal moet ietsie gesonds vir jou hier kom opdis.
Ongelukkig was gisteraand se hoender nou nie regtig maerblykos nie maar daar
het wel so bietjie vars uitgedrukte lemoensap ingekom.
Weet nou nie mooi of dit sal troos en jou gewete sal salf nie.  :toothy4:

As jy nou die veeartsie wil beindruk met iets soortgelyks, moet jy die hoenderborsies
mooi netjies opkerwe (na hy geslag is hoor) dan gooi jy so twee lepels mielieblom en 'n
halwe teelepel koeksoda bo op die stukkies vleis in 'n sakkie met sout en peper na smaak.

Skud die spulletjie deeglik. Onthou om die sakkie toe te maak anders dink oupa jy gaan
dansparty in die kombuis hou met al die meel op die vloer  :icon_biggrin:

Sit die melerige hoenderstukkies nou eenkant neer en braai gou 'n ui en gelyke mate
knoffel en gemmer. (Jy mag maar soos Outop maak en verneuk met die in 'n botteltjie).

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Lemoen%20Hoender%201.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Lemoen%20Hoender%201.jpg.html)

Hierna braai jy die repies hoender mooi bruin in 2 lepels olyfolie en gooi die uie by.
Dalk verkies jy om tyd te spaar en die twee gelyk te doen. Niemand sal agterna wis wat
was eerste gebraai nie.

Outop het die braai-en-uitskep-geit aan hom. Glo te doen met unieke smake wat
behoue bly. Ek redekawel nie, is net die vrou agter die lens.

Die lemoensousie kan jy maar na persoonlike smaak aanmekaar slaan. Outop het
2 eetlepels soya, 2 eetlepels witwyn (resep vra ryswyn of sherrie), 1 eetlepel suiker,
1 eetlepel chillie knoffel sous en die sap van 1 lemoen gemeng. Hierdie mengsel word
dan oor die gebraaide hoender gegooi en liggies verder gebraai totdat al die vloeistof
geabsorbeer is en die spulletjie 'n lieflike goudbruin kleur het.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Lemoen%20Hoender%202.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Lemoen%20Hoender%202.jpg.html)

Bedien saam met rys.  Die hoender is die volgende dag baie smaakliker en selfs heerlik
net so koud.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC09128a.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC09128a.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Naas on July 07, 2016, 07:38:55 PM
Assie het g'n rede om haar figuur dop te hou nie, die mans doendit vir haar. Die reseppies uit Gatkantland is liplek-lekker. Ek het al so stil weg 'n paar probeer.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on July 07, 2016, 11:15:42 PM
 :`ip2: Lees ek jou kommentaar en dink by myself hoe kosbaar is ons taal Naas.
As ek nou Assie se voorbeeld wil volg, sal die uwe se bord vir lank so moet lyk...

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Vir%20Assie_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Vir%20Assie_1.jpg.html)

Met my eetlus sal ek liefs maar eerder die menu fynkam vir iets in der voege  :toothy4:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Geroosterde%20Groenteslaai.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Geroosterde%20Groenteslaai.jpg.html)

Ek het die aartappelblokkies in die pot; blomkool & broccoli en een klein pakkie gemengde
stoomgroente in mikrogolf net skrikgemaak. Toe alles gerooster in die oond asook die peppers.
Begin met 'n laag groenblare en daarna handvol van alles in lae gepak.
My bak het te klein geraak lol. Moes groter ene nadersleep.
Soetsuursous was konkoksie van mayo, bietjie suurlemoensap, klein bietjie kerrie en kondensmelk
en 'n proppievol brandsousie.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on July 13, 2016, 09:09:56 AM
PM stry nog steeds dieselfde stryd teen dubbelken en "lovehandles".
 'n Mens sou nou dink dat na amper drie jaar sonder rook het 'n mens al aangepas, maar ek dink dit sal nog 'n rukkie vat. 
Hierdie heerlike kos maak dit ook nie makliker nie, maar ten minste kan 'n mens kyk. 
Hier het die foto nou heeltemal oopgemaak.  Dit is baie oulik gedoen Raaitjie. 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Assie on July 16, 2016, 10:39:02 AM
Van al die goeie dinge wat die lewe al vir my gegee het kan hy nou maar 10 kilogram terugvat.



 :mumum:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on July 18, 2016, 03:19:21 PM
Ek is nie so suinig nie, hy kan maar 20 kilo's by my vat.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on September 04, 2016, 12:57:17 AM
Terwyl ons nou so goedgunstiglik aan die uitdeel is kom dra ek my deel by.
Outop se 'Thai Green Curry (Seafood)' was gisteraand vyfstergehalte en ek
deel graag met julle ook. Hierdie resep sal net so lekker wees as die seekos
vervang word met hoender.

*Die resep is in Engels sodat skoondoggie dit ook vir hulle kan maak aangesien
ons dieselfde voorliefde vir Thai-disse het. Die groen(te)sap daarby het gesorg vir
die afronding van 'n perfekte maal.

Recipe:
500g Marinara Seafood Mix
2 tbs coconut oil (helps to disguise the fish smell while cooking)
3 tbs green Thai curry paste
1 tbs minced garlic
250 g frozen green beans
300 mls coconut milk

Method:
Step 1. Add oil, green curry paste and garlic to frypan. Fry for 1 min.
Step 2. Add half the coconut milk and simmer for 2 min.
Step 3. Add marinara seafood mix and simmer until fully cooked.
Step 4. Add beans and remaining coconut milk and simmer for 5 min.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC09933.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC09933.jpg.html)

Ons het dit voorgesit met knoffel Naanbrood en Jasmine rys waarin Outop
'n lepel of wat klapper bygegooi het.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC09941.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC09941.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on September 05, 2016, 11:47:31 PM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC09973.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC09973.jpg.html)

Na die vorige aand se kerrie-tamatie-blabs het die ouvrou 'n meer besadigde kultuurdis voorberei
en vir die lekkerte, die normale gang van sake ('n kruis tussen 'Bobotie & Herderspastei') op sy kop
gedraai.

Volg jou betroubaarste Bobotie/Herderspastei resep en dollie dit onderstebo op... eerste vier stappe
lyk so:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Maalvleis%20stappe%201%20tot%204.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Maalvleis%20stappe%201%20tot%204.jpg.html)

Klaargaar-maalvleis mengsel volgens jou eie resep en 1 koppie melk met 2 eiers ingeklits word soos vir
bobotie, oor alles gegooi. Afgerond met gerasperde kaaslagie vir daardie brosbruin voorkoms as dit uit
die oond kom en jy het 'n wenner!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Maalvleis%20stap%205%20tot%207.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Maalvleis%20stap%205%20tot%207.jpg.html)

Bedien met 'n groen-vrugteslaai.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC09806.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC09806.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on September 07, 2016, 12:05:13 AM
Ons almal ken die kopkrap wanneer dit by kosmaak kom - wat maak ek gaar vanaand?
 :icon_scratch: :dontknow:

Gewoonlik het die kok van die huis en die uwe om die beurt ons plekke voor die stoof
ingeneem nadat ons die vorige aand besluit het wat ons gaan gaarmaak. Nou woel Outop
van lig tot donker en kom sit alte dankbaar saans aan met verwagting... vou sy servet
oop en loer na die tafel. Wat is op die menu ouvrou?

Tot my skok besef dieselfde ouvrou dat sy mooi netjies in die valstrik van voorgeslagte
getrap het (as jy as kind iets geniet het, het moederlief jou daarna aand na aand bederf
met dieselfde lekkerny op die spyskaart).

Ek loer van broodjie tot rys en na die bakkie met sy oorbekende inhoud. Hoekom voel
dit na deja vu?
 :icon_bigsmurf:

So verskyn daar toe die derde prutpot gereg vir die afgelope week op ons tafel. Genadiglik
was die aartappel met sy kaasjas apart gaargemaak en so ook die Naanbrood wat beide
'n duim na bo gekry het van Outop. Die hoender het geurig gespog in 'n goudgeel
'butter chicken' sous. Dit het intussen effe van voorkoms verander (was heel in die pot
gegooi) en ek kon dit in sappige stukke uitskep en apart opdien saam met die aartappels.
Die groentesous was eenkant opgedis as doopsous vir die broodjie wat Outop altyd geniet.


(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Dinner%20for%202.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Dinner%20for%202.jpg.html)

Hierdie broodjies is voorwaar 'n treffer saam met enige kerriedis. So maklik soos die ABC.
1 Koppie lou water waarin jy 'n pakkie kitsgis oplos met suiker na smaak. Ek gooi so twee
lepels in. Roer goed. Begin met 1 koppie meel en 'n teelepel sout in jou mengbak.

Gooi die gismengsel stadig by en roer, gebruik al die vloeistof en voeg meel na gelang by
tot die deeg kniebaar is.

Ek is lankal verby die kniestadium in my lewe en roer net met 'n langsteelvurk tot die spulletjie
nie meer aan die kante vassit nie. Maak toe en laat rys op 'n warm plek vir ongeveer 1 tot 2
ure.

Maak bolletjies en vorm soos vir vetkoek. Bak tot ligbruin in oond (200 grade) en smeer dan
met mengsel van gesmelte botter, knoffel en pietersielie.

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Fransi on September 07, 2016, 09:53:57 AM
Die onderstebo bobotie lyk so lekker! Ek dink 'n mens sal seker die "mash" kan vervang met blomkool. Njam-njam.
Ek het laasweek vir ons avo-roomys gemaak. Dit klink effens vreemd, maar dit was baie lekker. :-)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on September 08, 2016, 12:08:44 AM
Verseker sal dit werk met blomkool-mash! Fransi kom vertel groot asb van daardie avo-roomys :notworthy:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Fransi on September 08, 2016, 10:11:48 AM
My resep vir avo-roomys: 3-4 avo's, 1/4 k heuning en 'n 1/4 k versoeter (ek dink volgende keer sal ek eerder 'n 1/2 k heuning gebruik); eetlepel suurlemoensap en 500 ml melk. Ek het dit verpulp en toe gevries. Ek het gisteraand nartjies en lemoene gebruik. Die resep lyk so: 1 1/2 k room; 1/2 k Griekse jogurt; ongeveer 2 k lemoen- en nartjiesap (ek het 'n hele klomp uitgedruk, totdat dit vir my gelyk het of daar genoeg is); versoeter volgens smaak; 1 eetlepel suurlemoensap en 1 tlp vanilla. Sondagaand gaan ons lekker roomys eet!
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on September 11, 2016, 01:09:30 AM
O my glorie Fransi! Duisend dankies vir die deel. Gaan beslis probeer  :hello2: :notworthy:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on September 11, 2016, 01:15:19 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC00119.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC00119.jpg.html)

As variasie op die "Green Curry Seafood Dish' het Outop gisteraand gebraaide uie en rooi peper bygevoeg.
Dit was 'n ware feesmaal en toe het ek soos gewoonlik vanoggend weer die oorskiet van vooraf geniet!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Beloer%20resep.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Beloer%20resep.jpg.html)


(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Bestanddele%20in%20n%20ry.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Bestanddele%20in%20n%20ry.jpg.html)


(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Opskep.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Opskep.jpg.html)

Elke aand as ons saam handevat om dankie te se vir die voorreg om as man en vrou aan tafel kan sit
met 'n bord kos en 'n dak oor jou kop, is 'n ongelooflike voorreg wat ons sekond vir sekond vertroetel.
Tel my seeninge een vir een dat ek my Outoppie aan die sy het, hy is my rots en anker deur dik en dun
hou hy die pot letterlik aan die kook in ons pandok!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Outop%20se%20Seekos%20Gereg.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Outop%20se%20Seekos%20Gereg.jpg.html)

 :icon_bigsmurf:
Besig om te pak vir ons wegbreek-week in die skoon vars berglug, was daar
vanaand effens verneuk voor die pandok se stoof. Die gebruiklike seekosdis
was omtower in 'n Thai Green Curry uit 'n doos met alles wat jy nodig het
in aparte pakkies met genommerde aanwysings. Een-twee-drie het jy
'n smaakvolle gereg wat geen tree agteruitstaan vir enige restaurant nie.

Bedien met rys en platbroodjies om in die sous te doop.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Marian%20Thai%20Green%20Curry%202.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Marian%20Thai%20Green%20Curry%202.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Fransi on September 11, 2016, 01:42:35 PM
 :hello: :love7:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on September 15, 2016, 01:21:06 AM
 :toothy4:  :wave: Fransi

Val ek so groetende by die kombuisdeur vanoggend in.

Vandag is daar 'n ietwat ongewone kombinasie wat vir homself 'n plekkie verdien het op die Pandok
se menu vir Japtrap-Oorskietdisse. 

 (http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC00165.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC00165.jpg.html)

Iewers op die internet het Outop 'n resep gekry vir 'Klapper Rys' en so het ons bakkie met oorskietrys 'n
splinternuwe gedaante ondergaan en vanoggend het ek dit geniet saam met die tuna pastei wat dan ook
opsigself 'n oorskiet-dis was.

En so is die spulletjie aanmekaar gebrou...

Klapper Rys:
Oorskiet gevriesde Basmati rys is opgedollie met die braai van 'n kwart koppie klapper, rooi en groen pepers.
Daarna is die ontdooide rys bygevoeg en alles saamgebraai in klapper olie.

Tuna en Spinasie Pastei:
Plaas die helfte van een pak (150g) fyngemaakte skyfies (jou keuse van geure) onder in 'n gesmeerde bak.
Volg dan met gaar spinasie bo oor skyfie-kors.
Strooi gerasperde kaas na smaak bo oor.
Hierna meng jy 1 groot blik gevlokte tuna met 'n halwe koppie gerasperde kaas, 'n gekapte ui en res van skyfies.
Skep bo op spinasie en kaas mengsel in bak.
Maak nou 'n mengsel van 2 eiers, 25ml koekmeel, halwe teelepel bakpoeier, knippie sout, 100ml mayonaise,
100ml blatjang en 200ml melk wat jy bo oor alles gooi.
Bak in 180 grade oond vir ongeveer 30 tot 40 minute tot goudbruin bo.

Ek strooi gewoonlik weer 'n bietjie kaas bo oor en plaas terug in oond tot die kaas mooi verkleur.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on September 15, 2016, 08:55:02 AM
Oeeee!  Lekker.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on October 10, 2016, 10:44:22 AM
Bly jy het kom inloer PM  :icon_biggrin: Baie welkom altyd deur hoor.

Ek sien hier het iemand so pas weer probeer om die klompie resepte te druk.  Ongelukkig is die formaat wat ek doelbewus gebruik sodat die woorde by die fotos pas, glad nie drukkersvriendelik nie. Ek het probeer en papier gemors!
 :crybaby2:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on October 13, 2016, 12:09:03 AM
As jy jouself so verloor het in 'n resepteboek dat tyd jou inhaal en jy skuldig wonder
wat dis ek vanaand op want van al die wonderlike idees wat koggel en verlei tussen
kleurvolle blaaie, het niks gerealiseer behalwe hongerpyne wat knaag. 

Vinnige kykie na die binnekant van jou ys- en vrieskas bring verligting en 'n oplossing
vir die verknorsing  :evil6:

Oorskiet maalvleis, twee kale blaardeeg-rolletjies en siedaar - jy het 'n wenkombinasie
vir daardie lee gaatjie in die pensies.

Kom ons vertroetel die voorreg om nog 'n maat aan jou sy te he wat jy kan bederf.

 :notworthy:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC00534.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC00534.jpg.html)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC00547.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC00547.jpg.html)

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on October 16, 2016, 12:09:56 AM
Onderstebo Brood Poeding

So 'n ruk gelede plaas ek Outop se soetbroodresep vir ons Meisiekind op FB. Groot was die
verrassing toe Broergoed uit Suid Afrika reageer met 'n voorstel dat ons 'n laag bruinsuiker
onder in die pot gooi en dan die bolletjies brooddeeg - afgesluit met nog bruinsuiker en room
bo-oor.

Nie 'n idee hoeveel van alles, pak ek die resep na denke aan en meet af soos oumagroot...
gemaak soos voor die tyd van elektriese klitgedoentes  :evil6:

Vir die bolletjiesdeeg het ek my basiese resep vir 'n platbroodjie gevolg:
1 Koppie lou water waarin jy 1 pakkie gis en 'n kwart koppie bruinsuiker na smaak oplos.
1 Teelepel sout en 'n lepel olyfolie.

Gooi die vloeistof in 'n mengbak.

Die meel word sommer direk uit die pakkie bietjie vir bietjie bygevoeg soos nodig
terwyl ek dit met 'n vurk roer tot die deeg 'n elastiese, kniebare tekstuur het.
(Ek reken dit sal omtrent so 2 koppies meel wees).

Verniel dit so paar keer met jou hande as jy nog krag oor het en bedek met kniekombersie
op 'n warm plek en laat rys tot dubbel die grootte.

Smeer 'n broodpan (ek gebruik ons swartpot) en strooi 'n lagie bruinsuiker onder in.

Maak bolletjies met die deeg en plaas bo op die laag suiker.

Laat weer rys en gooi dan nog 'n laag suiker bo oor plus 'n houertjie room.

Bak vir ongeveer 1 uur teen 190 grade (gasoond).

Laat effens afkoel en keer om op 'n bord.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Onderstebo%20Brood%20Poeding.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Onderstebo%20Brood%20Poeding.jpg.html)

Nog 'n groot bederf was die aartappels wat in die skil gaargemaak was en daarna oopgesny en botter
bo opgesit, dit lekker bruin laat bak in die oond tot die skil bros begin lyk.

So 15 minute voor ons opgeskep het, het ek kaassous met gebraaide sampioene & uie oorgegooi.
Daarna so bakhandvol gerasperde parmesan bo-oor en weer in die oond gesit. 

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC00617.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC00617.jpg.html)

Dit is saam met 'n gebraaide tjoppie en mengelslaai opgedis. Die 'onderstebo brood poeding' was
'n groot bederf agterna  :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC00628.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC00628.jpg.html)




Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on October 19, 2016, 04:25:39 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC00669.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC00669.jpg.html)

Daar is verskillende maniere om 'n bok te skiet. Ons verkies ene deur die lens. En so is die probeerslag van
'Street Kitchen se North Indian Butter Chicken' dan ook geskiet en nou gedeel. Volg net die aanwysings op
die pakkie en voeg na hartelus by as jy jou eie stempel wil afdruk. Outop het klapperroom gekies. Volgende
keer sal ons die konkoksie bietjie aanhits met so lepel of drie kerriepoeier by.

So het die aangewese proses verloop...  :toothy4:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/stap%201.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/stap%201.jpg.html)

Intense konsentrasie om die fynskrif te ontsyfer.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/stap%202.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/stap%202.jpg.html)

So lyk 'n man wat hou van kosmaak.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Stap%203.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Stap%203.jpg.html)

Al die toorgoedjies wat 'n eg Indiese geur laat hang het in die pandok se kombuis.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/stap%204.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/stap%204.jpg.html)

Hoender is liggies gebraai en toe is dit tyd vir die souse... klapperroom was Outop
se opsionele keuse vir eie stempel afdruk.

En agterna druk die immergroengewilde appel, jogurt en dadel 'n finale stempel op
kerriemaal af  :notworthy:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Appel%20jogurt%20en%20dadel.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Appel%20jogurt%20en%20dadel.jpg.html)

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on October 20, 2016, 02:23:09 AM
Sluip ek gou hier verby die kombuis, met die druk van 'n paar knoppies
en skuif van die muis gaan ek in 'n ommesientjie gisteraand se pogings
voor die stoof en oond in ons pandok met julle deel wat gesteel was met
die oog en aangepas met dit wat in die Locke se koskas was  :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC00694.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC00694.jpg.html)

Outop moes sy storie ken; daar was ge(d)ruk en gerol van 'n anderste soort
want oprol het fyn beplanning geverg - onse spek was nie in fyne repies soos
die resep oppie skerm vereis, maar op 'n bord het dit ewe spiekeries vertoon!
.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Bacon%20and%20mince%20sushi%20roll.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Bacon%20and%20mince%20sushi%20roll.jpg.html)

Om nie uit te mis op al die joligheid nie het ouma ook haar hand gewaag
en het daar saam met die Sushi rolle ook 'n kaserige verrassinkie gewees

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC00709.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC00709.jpg.html)

Na al die gewikkel was die smaakkliere behoorlik geprikkel en het ons aangesit
vir die feesmaal, ek het oge toegeknyp vir dit wat ewig om die heupe gaan sit
en baie beskeie die sjampanje glase liewers met 'n gesonde beetsappie gevul!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC00698_1.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC00698_1.jpg.html)



Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on October 20, 2016, 11:53:27 PM
Spiraal Aartappel - Lock voorbeeld  :toothy4:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Spiraal%20aartappel.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Spiraal%20aartappel.jpg.html)

Wat 'n missie was dit om die spiraal-aartappeltjie op die bord te kry. Geheel
en al nie so eenvoudig en gemaklik soos dit lyk in die video nie.

Dankie vir jou moeite my dierbare man, dit was heerlik!

As jy self jou hand wil waag:
https://www.buzzfeed.com/merleoneal/tornado-potatoes?bffbtasty&ref=bffbtasty&utm_term=.chQLpOoX4#.rnpAQk2O5
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on November 01, 2016, 10:45:42 AM
Probeer is nie verniet die beste geweer nie. Na ek vanoggend betrap was in my
slaapklere toe daar 'n pakkie afgelewer word vir Outop en ek skuldig wegkruip agter die
hoekie in ons gang tot die afleweringswa se engine brul en verdwyn om sy eie hoek, het
die ouvrou besluit om Outop te verras (witbroodjie bak, letterlik en figuurlik) om weer in
sy goeie boekies te kan kom. Die kampnaweek wag...
:headbang:

Die keer is die brood aangemaak sonder room en suiker, maar wel 'n koppie kaas by
dieselfde resep wat ek ook gebruik vir platbroodjie, gewone en soetbrood. Die hele kaboedel.

Net toe ek die deeg wil buitentoe neem om te rys besef ek die weer speel nie saam nie. Word
die konvensionele oondjie ingespan op sy laagste temperatuur vir 'n half uur en siedaar.
Bak vol gerys en reguit oond toe.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC01002.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC01002.jpg.html)

En toe begin die groot geproe...

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC01009.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC01009.jpg.html)

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on November 09, 2016, 04:41:42 AM
Salisbury Steak

(Kon net sowel Verneuk-Steak genoem word want dit is skone maalvleis wat gebruik word!)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Ouma%20maak%20kos.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Ouma%20maak%20kos.jpg.html)

Hierdie resep neem 'n ruk om voor te berei en ons het agterna gevoel dat dit
baie vinniger gaargemaak kan word met dieselfde resultaat en smaak. Eerstens
word die maalvleis gerek met wat jy ook al wil byvoeg. Basies soos vir maalvleis-
bolletjies.

Dan word dit liggies verbruin en daarna op 'n laag sampioene en uie in die
slow cooker geplaas. Gooi dan 'n aftrekselmengsel van jou keuse oor en laat stadig
prut vir ongeveer 5 ure.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Reg%20vir%20kook.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Reg%20vir%20kook.jpg.html)

Daarna word die vleis uitgetel en die sous meer lywig gemaak met mielieblom. Plaas
vleis terug en laat nog 'n rukkie prut.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC00953.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC00953.jpg.html)

Bedien op rys of kapokaartappels en slaai.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC00969.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC00969.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 01, 2016, 12:55:26 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC01233.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC01233.jpg.html)

Hierdie loer-en-probeer-resep was 'n groot gunsteling in die pandok!  Nie alles in die huis
gehad wat die oorspronklike resep vereis het nie, was spek ingespan saam met gebraaide
uie, sampioene en capsicums. Heel eerste was daar 'n paar stukkies roomkaas in die ring
geplaas en dan gevul met wat jy ook al wil gebruik, afgerond met gerasperde kaas van jou
keuse.

Ek het natuurlik weer oorboord gegaan en die ring te vol gelaai. Vir meer gemak met die
toevou, sal ek voorstel dat jy nie te swaar hand moet he nie  :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Bacon%20Ring.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Bacon%20Ring.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 01, 2016, 01:00:46 AM
Blaardeeg Appel Bederfies

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC01278.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/DSC01278.jpg.html)

Die foto's sal hopenlik wys hoe die lekkernye gemaak is. Soos julle kan sien op een van die fotos
was hierdie ook 'n loer en probeer resep wat nou deel vorm van ons bederf-resepte in die pandok.

Vooraf het ek 'n paar appels ontstronk (hier moet mens mooi kyk wat jy tik lol) en dit in dun skywe
gesny. Paar minute op hoog in die mikrogolf gekook met handvol bruinsuiker. Nadat dit op die deeg
geskep is, het ek die spulletjie met kaneelsuiker bestrooi.

Bak tot ligbruin en laat afkoel. Strooi dan mildelik met versiersuiker.

Ek het dit so geniet en Outop het binne ommesientjies korte mette gemaak met die moeite wat
op sy beurt, my beloning was  :icon_salut:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Appeltertjies.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Appeltertjies.jpg.html)

Hierdie manier van appelrose maak is seker die maklikste ooit!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Appelrosies.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Appelrosies.jpg.html)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on January 25, 2017, 03:08:16 AM
The good and the bad on one plate 

Praat van (on)gesond op een bord in die tyd wat almal meer gesond probeer eet
 :toothy4:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC02504.jpg)

Die plan was om ietsie in die dorp te koop gisteraand maar toe is daar onverwags 'n stok in die
wiele gesteek. 'n Boer maak 'n plan. Tjop-tjop het Outop vir ons 'n sappige skaaptjoppie in die wok
gaargemaak en ouma vul die res van die bord met slaai en geroosterde groente in 'n kaassous.

Iemand wat 'n resepteboek geskryf het onlangs op die radio gemeld dat kos wat in 'n vierkantige bord
geskep word, smaakliker proe as in 'n ronde bord.  Of dit nou bygedra het tot die hemelse smake
gisteraand wis ek nie maar die kombinasie was 'n wenner.

Die pampoen-en spinasieslaai was soos altyd 'n treffer!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Herring%20With%20Vegies%20and%20Salads.jpg)

Oorskiet word soos gewoonlik 'brunch' die volgende dag in ons pandok. Daar was nog slaai & groente
oor van gisteraand - met die inhoud van geblikte vis daarby, word dit toe 'n geurige maal op sy eie.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on January 25, 2017, 03:44:57 AM
3 Cheese Minute Steak Rolls

Hele bekvol vir 'n titel maar glo my vry, dit smaak heerlik verby :)
Ek het cottage- en roomkaas gebruik as kombersie vir die minute steaks.
Aan die breedste kant plaas jy 'n reep vulsel van jou keuse met gekerfde uie,
sampioene, peppers. Strooi parmesan bo-oor.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/3%20Cheese%20Steak%20Rolls.jpg)

Rol op en steek vas met tandestokkie.
Rooster tot gaar.
Ons het kapokaartappels, ertjies en 'n groenslaai saam met dit opgedis.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/3%20Cheese%20Steak%20Rolls%202.jpg)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 09, 2017, 07:27:36 AM
Gevulde Sampioene

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03192.jpg)

Altyd 'n treffer in ons pandok! Draai die stammetjies effens en haal dan uit.
Sit eenkant neer vir latere gebruik. Daarna vul jy die sampioene met titseltjie
knoffel. Sout en peper na smaak. 

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Filled%20mushrooms%201.jpg)

Vul met jou keuse kaas. 'n Snytjie tamatie of repie bacon is net so lekker.
Hierna volg nog 'n skeppie kaas. Gewoonlik gebruik ek twee soorte sagte kaas
maar gerasperde kaas werk net so goed. Smeer randjies met botter.
Strooi pietersielie bo-oor.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Filled%20mushrooms%202.jpg)

Smeer nou die stammetjies ook. Ek het roomkaas gebruik. Plaas in pan en rooster
in die oond (200 grade vir gasoonde) tot gaar. Plaas die stammetjies weer terug
terwyl kaas nog warm is.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Filled%20mushrooms%203.jpg)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on March 14, 2017, 06:51:05 PM
As kosmaak 'n kuns is, dan het jy dit vervolmaak Raaitjie.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 14, 2017, 11:26:22 PM
Ons lief eet mater PM  :icon_biggrin: en die maal se beplanning en voorbereiding is ook die grootste kuiertyd vir my en Outop.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 21, 2017, 11:55:13 PM
Toe oorval die lus vir 'n seekos-voorgereg my. Drie 'Seafood Sticks' in ringetjies gesny
en dit saam met 'n gemengde koolslaai deurmekaar geroer. Slaaisous gemaak van mayo,
kondensmelk en tikseltjie kerrie. Afgerond met blare was dit 'n feesmaal op sy eie.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03362.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03361.jpg)



Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on March 22, 2017, 12:14:21 AM
Dit is nou een ding wat ek nog nooit kon regkry nie   :icon_scratch:  :toothy4:

So.... ek deel my sus se resep (haar piesangsbrood is altoos deur 'n wenner!)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Suster%20Mart%20se%20piesangbrood.jpg)

4 ryp piesangs
80g botter gesmelt
1/2 tot 1koppie bruinsuiker (ek vat 1/2 kop suiker)
1eier (ek bak 2broodjies en gooi ekstra eier in vir al 2 broodjies)
5ml Vanilla
5ml koeksoda
1 1/2k koekmeel

Druk piesangs fyn en gooi gesmelte botter by, hou eenkant.
Klits eiers en suiker tot romerig en voeg vanilla by.
Meng alles deurmekaar en strooi koeksoda oor en voeg laastens koekmeel by.
Gooi beslag in pannetjie en bak 1uur op 180 grade

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on March 28, 2017, 11:10:01 AM
Dankie vir die plaas Raaitjie, ek sal die een beslis probeer.  Skuus matertjie dat my plasings so kaalgat is, maar ek kry steeds nie my gatseggies om te werk nie.  Liefies.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on April 02, 2017, 04:31:58 AM
 :toothy4: Alles reg PM! Dankie baie vir inloer. Laat weet hoe jou piesangbrood gesmaak het.
Vandag deel ek gou 'n geroosterde vis-dis wat my 'n duim-na-bo-kompliment van Outop se kant
af gegee het. Oorskiet spinasie, gevulde sampioene met roomkaas en 'n tamatie-en-komkommerwiel
het die ene baie smaaklik afgerond.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03599a.jpg)

Nog 'n variasie indien jy nie van spinasie hou nie...

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03652.jpg)

Opgedien saam 'n voorgereg en die flikker van 'n kersie of twee, word dit 'n feesmaal.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC03650.jpg)


Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on April 02, 2017, 04:49:17 AM
Ieder en elk weet ons lief eet en daarom is kosmaak deel van die lekkerte vooraf.
Hierdie voorliefde is natuurlik dan ook deel van die lekker as ons kamp. Ontbyt is
gewoonlik 'n spanpoging maar soms trek ek die brekkie-tekkies aan en bederf
Outop terwyl hy die kampeerders om ons se doen en later aan my beskryf. 

'n Geroosterde 'stone baked' broodjie is ingespan vir ons bacon-burger. Met gebrek
aan vars advokadopeer het ek die 'n avo-smeer nadergesleep. Dieselfde ontbyt by
die restaurant sou ons $15 per persoon uitgewerk het en dan sluit dit nie tamatie
en sampioene in nie! Geen wonder Outop glimlag so wyd nie  :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Brekkie%20by%20die%20see.jpg)

Afgerond met 'n geurige boeretroos, was ons reg vir die dag se staptogte om alles
te verken. Ek het hierdie :coffee2: 'n baie spesiale naam gegee wat my familie oor
die waters almal nou ken: skudkoffietjie.

Daar word 'n klein bietjie melk in die kartonhouer gegooi (net genoeg vir twee koppies)
en dan skud jy die houer paar keer baie goed. Strooi oor koffie en geniet.
Daai skuim hou tot onder in die koppie!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Kamp%20koffietjie.jpg)

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on April 05, 2017, 09:34:28 AM
Lekker lekker!  Ek lief vis en sal hierdie baie geniet.
Daardie koffie lyk ook heerlik!  Sal dit bietjie vir Hannes maak.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: adele on April 08, 2017, 12:19:04 PM
hoe lekker klink dit nie mmmmmm......
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 03, 2017, 01:40:29 AM
So paar weke gelede besluit my wederhelf dit is tyd om 'n nuwe kamp-meghefter aan
te skaf. Tot nou was ons aangewese op fynhout en kole. Toe ek uitvind die nuwe gier is
gasaangedrewe was ek nie baie beindruk nie. Al moes ek vlug terwyl ons vuurtjie nog rook
was die saamkuier rondom die kosmaakproses, deel van die kampery se hoogtepunte.

Na afloop van 'n paar toetsgeregte moes ek elke keer erken dat indien ek nie geweet het
waarop die disse voorberei was, die uwe so kon sweer daar was 'n hardekoolvuurtjie iewers
ter sprake  :icon_biggrin:

Oordeel vir jouself...

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Weber%20Special.jpg)

So lyk 'n man as hy beindruk is met die bord voor hom  :bootyshake:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Weber%20dinner.jpg)

Hoender was net so geurig en smaaklik op die nuwe gedoentetjie  :notworthy:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04004.jpg)

Daar was tot 'n broodjie aanmekaargeslaan...

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04003a_1.jpg)



Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: adele on May 03, 2017, 07:04:44 AM
mensig maar dit lyk na koningskos! Ek moet miskien so bietjie rondloer .... Alleen is dit nie juis iets nie, maar ....   :love7: 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 07, 2017, 11:36:58 PM
Dankie vir inloer mater Adele. Hoop jou rondloer werp vrugte af  :toothy4:

Vandag se poging uit die kombuis is weer 'n 'steel-met-die-oog en self-probeer'.
Telkens as ek dit raaklees juk my vingers en werk die speekkliere oortyd.
Gisteroggend wou die uwe vir manlief bederf met 'n brunch wat ons hopenlik
sou deurtrek tot aandete.

Met 'n lepel het ek 'n nessie gemaak vir die eier. Die rande van die brood
is met kaassmeer bedek.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04149_1.jpg)

Daarna is dit oond toe tot die eiergeel 'n witlagie bo-op begin vorm en die kaassmeer
lekker gesmelt het.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04151_1.jpg)

Opgedien met die oorskietvulsel van ons spek-en-sampioenring van
die vorige aand op sy blare jas, was dit 'n smaakvolle dis en daar was die duim na bo
gegee van die man in die huis, as goedkeurende stempel op die poging.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04152.jpg)
 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 07, 2017, 11:52:01 PM
Na afloop van 'n suksesvolle bewusmakingspoging van die Asemdief vir 2017,
het ek besluit om myself te bederf. 

En so was my "Old Wife's Treat" geskep:
Kleine bietjie sherrie is gemeng met Indian tonic water en 'n skeutjie suurlemoensap.
Ek is totaal en al versot op enige iets met 'n suur smaak. Outop het geproe en sy pruimgesig
agterna my laat besef die suurliefde deel hy beslis nie met my nie  :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04138.jpg)

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 16, 2017, 12:04:52 AM
Ons Weber word oor naweke ingespan as oefensessie vir die komende toer van die jaar saam met
my sus en swaerie uit SA. Die afgelope Sondag het Outop 'n piepkleine skaapboudjie vir ons in hom
gaargemaak.

Die vleis is eers bestook met 'n paar kepe vir die knoffel. Toe met olyfolie vertroetel en
daarna is 'n vleisaftreksel-blokkie fyngemaak en oor die vleis gegooi. Omdat ons laat begin het met
voorbereiding is daar net mielies en 'n heerlike vars suurdeeg-broodjie by bedien. Dit was 'n fees.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Weber%20Roast.jpg)

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 19, 2017, 01:12:58 AM
Vullende Maalvleis Gereg

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Maalvleis%20Dis.jpg)

Die geheim van hierdie gereg is verskuil in die smaakvolle ontploffing van die onderskeie
gebraaide bestanddele wat apart voorberei is. Dit is nie vir die ou wat leef op 'n slaaiblaar
al om die tweede dag nie.   

Jy kan jou eie kapokaartappels maak of die kits weergawe uit 'n pakkie gebruik.
Ek het my 'mash' gegeur met 'n handvol parmesan en grofgemaalde swartpeper.
Maak 'n bietjie spinasie gaar.  Dreineer goed.
Geur maalvleis na smaak. (Sout, peper, kerrie, knoffel ens.)
Braai in 'n pan tot gaar. Skep uit.
Kerf rooi & groen peppers en 'n bietjie sprietuitjies in blokkies.
Braai liggies met bietjie olyfolie of botter en voeg gaar spinasie by.
Braai nog 'n minuut of twee en skep uit.
Hou alles in aparte houers sodat die onderskeie smake behoue bly!
Kerf 'n paar sampioene en braai liggies tot al die vog geabsorbeer is.

Dan maak jy so:
Smeer 'n pasteibak en skep jou kapokaartappels in.
Plaas nou jou peppers- en spinasiemengsel bo op aartappels.
Strooi liggies met gefrommelde feta.
Hierna word die sampioene oorgestrooi en laag gerasperde kaas.
Heel laaste word die gaar maalvleis bo-oor geplaas en afgerond met kaas
van jou keuse.
Plaas in warm oond totdat die kaas gesmelt is en die maalvleis verkleur het.
Bedien met 'n slaai en geniet.

Wil net gou byvoeg - die versoeking was groot om die kapokaartappels net
so op te dien nadat die sampioene oorgestrooi was. Sou maklik die maalvleis
apart bedien het. Dalk gebak het met 'n eier- en melkmengsel soos vir bobotie.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04298.jpg)




Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 19, 2017, 08:37:07 AM
Ontbyt Ring ala Spaanse Omelet

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Ontbyt%20Ring.jpg)

Hierdie ene was nog 'n loer en self probeer skepping. Hier en daar verander en kan
getuig dit was 'n ware treffer. Basies is dit soos 'n omelet wat jy nie toevou nie
en in sommige kuberkombuise word dit dan ook 'n Spaanse Omelet genoem.

Die voorbereiding neem 'n bietjie tyd. Ek het maar geloer wat in die yskas is wat
na my mening smaakvol sal wees. Onder andere ook oorskiet vleis van die vorige
aand fyngekerf.

Braai die uie, pepers en wat jy ook al besluit om by te voeg. Breek eiers in 'n bak.
Die resep het heelwat meer eiers gevra. Ek het net vier gebruik. Klits goed en voeg
jou gebraaide bestanddele by.
Gooi olyfolie in pan en plaas 'n omgekeerde (hittebestande houertjie) in die middel.
Skep nou jou eiermengsel versigtig al om die houertjie.
In die aanlynresep het hulle 'n bord bo oor die pan geplaas.
Ek het 'n glasdeksel gebruik want het besluit om nie die omelet om te draai aan die
einde van gaarmaakproses nie - wou seker maak die eier is gestol en gaar.
Klein handjievol gerasperde kaas indien verkies en 'n groenigheidjie bo op vir afronding.

Die volgende oggend het ek vir my die laaste twee stukkies opgewarm en dit was nog
steeds vars en heerlik.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04205_2.jpg)

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 21, 2017, 06:28:21 AM
Ons het van die maalvleisgereg wat oor was, gevries.
Ek het dit vanoggend vir ons ontdooi vir 'n eenvoudige,
vinnige 'brunch' - is daar nie iewers 'n mooi Afrikaanse
woord vir die terme nie?
 :book1: :notworthy:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04354.jpg)

So was die kaal kolletjies van die ingewande smaakvol
en geurig gevul; kon ons twee krummels weer die dag
verder aanpak en ek was tevrede dat die gereg suksesvol
gevries en ontdooi het  :notworthy:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04358.jpg)

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 27, 2017, 12:23:41 AM
Warm groete vanuit die pandok se kombuis vanoggend. Wens ek kon vir jou 'n koffie skink  :coffee2:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on June 04, 2017, 11:29:44 PM
Outop se Mango Hoender

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04504.jpg)

Vir hierdie ene het jy die volgende nodig:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Bestanddele%20vir%20Mango%20Chicken_1.jpg)

Manlief braai so lepel van die green curry paste in olyfolie. Dan voeg hy 2 hoenderborsies wat vooraf
in groterige blokkies gesny is by en braai dit saam. In plaas van die aanbevole jogurt het hy 'n blikkie
klapperroom by die inhoud van die mango sous gegooi.

Die spulletjie is toegelaat om deeglik kennis te maak voordat die bamboo shoots en groente
bygevoeg was. Laat prut totdat groente se tekstuur na jou smaak is.
Dien op saam met rys en nog so brandsousie 'on the side'.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04505_1.jpg)

 :hello2: :notworthy: :book1:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on June 05, 2017, 01:59:17 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04516.jpg)

Min dinge so lekker soos 'n brekkie in die tuin vroeg oggend. Die laaste snytjie tuisgemaakte brood
so bietjie gerooster in die oond - opgedollie met eier en 'n skyf of twee tamatie. Hou maar dop totdat
die eier gaar genoeg na jou smaak is. Sodra die eiergeel bo 'n witlagie begin vorm weet ek hy is perfek
vir my  :icon_biggrin:

Moet nie die blertsie uie en handjie vol kaas vergeet nie ... 'n fees vir een!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/My%20ontbyt.jpg)

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on January 28, 2018, 10:47:47 AM
So lanklaas ietsie geplaas wat in die pandok se kombuis aanmekaar geslaan of gerol is  :icon_biggrin:
Gisteraand (en vanoggend) het Outop ons bederf met tuisgemaakte sushi. Mensig was dit 'n
groot bederf en natuurlik het dit die sak gepas!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC06195.jpg)

Die voorbereiding en maak neem tyd - maar glo my vry, dit is beslis die moeite werd as jy van
sushi hou.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Home%20made%20sushi.jpg)

Soos gewoonlik het die oorskiet vanoggend 'n heerlike gaatjie gevul en was die
bestanddele sommer in oormaat gesmeer en rol.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC06191_2.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC06541.jpg)
 




Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on January 28, 2018, 03:24:29 PM
Ag mens, ek word vet net van "proe met die oog".  Het net laas week na jou broodjie gekyk.  Dit is altyd lekker om 'n draai te maak in die Lokkies se kombuis. 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 03, 2018, 05:44:18 AM
Altyd welkom mater. Ons die afgelope paar weke gereeld sushi gemaak en nou vermy ek liewer die skaal  :icon_bigsmurf:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC06398.jpg)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on May 03, 2018, 08:50:06 AM
Ons lief sushi, maar hier is dit baie duur om te koop.  Ons sal ook ons luiigheite moet los en self inspring.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 08, 2018, 01:47:21 AM
'Kook en vergeet' versus 'loer en roer'

As die gier my pak
word 'n ou Sondagtradisie
graag voortgesit in ons pandok.

Rys & vleis met 'n langsous,
soet pampoen en aartappelslaai
met effe van 'n kerriebyt

neffens dit blom so groenigheid
en vir afwisseling -
'n lekseltjie suurkool daarby

(wat die vrou van die huis hoog en laag gesweer het - nooit weer nie).

Net tussen ons...
twee ure se 'loer en roer' voor die stoof
is nie my idee van kook en geniet nie.

(My spesialiteit is soort van offergawes a.g.v 'kook en vergeet').

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07232.jpg)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 15, 2018, 03:17:01 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07283.jpg)

Outop se tuisgemaakte kerrievis het my gisteraand na vergange se smaak en geur, geblik
uit die punt van Afrika geneem. 'Arm-dae-dis'. Wie kan jou verkwalik as jy tranerig raak
wanneer drie gesnyde uie, liggies gekrui met kerrie & borrie; 'n knippie sout en peperkorrels
soos ou vriende saam kuier in 'n pan?

Eenkant het vyf vissies ewe geduldig gewag op hulle beurt om te prut in 'n kerriesous
van dit en dat uit die middel-van-die-maand-koskas :icon_scratch:

Twee snye brood vir die doopslag, het ons 'bybelse maal in tru-rat' perfek afgerond.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07288.jpg)

Volledige resep:
Braai 3 gesnyde uie wat so bietjie gedokter was met kerrie en borrie, sout en peper.
Skep uit sodra dit mooi begin verkleur en hou byderhand.
Braai visstukke effens in dieselfde pan.

Ons het vyf heel stukke vis gebruik wat Outop in kwarte gesny het vooraf.
'n Paar lourierblare daarby komplimenteer die smaak gewis.
Meng 1 koppie water, drie-kwart koppie asyn, kwart koppie suiker, 3 teelepels kerrie,
plus 2 teelepels borrie en sout na smaak.

Gooi oor vis en laat stadig prut tot gaar.
Meng 1 lepel koekmeel en 1 tot 2 lepels water en voeg by kerriemengsel.
Voeg uie by en laat liggies verder prut tot sous verlangde tekstuur bereik.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 25, 2018, 01:56:06 AM
So week of wat gelede verras skoonseun ons met 'n naweek in die berge en ons huisvesting
en dis was so reg uit die bek van Afrika.  Opgewonde het ons vanaf die Suid Afrikaanse menu,
 'n lamb curry bunny chow bestel.

Pragtig opgedis en persoonlik afgelewer het ons kwylbekke aangesit.
O wee, dit was moeilik om ons teleurstelling weg te steek vir skoonseun
toe ons die eerste happies vat.

Van die skaapvleis met langsous en geurige aartappelblokkies wat ons verwag het,
was daar geen sprake nie net maalvleis met 'n byt uit 'n bottel en ietwat droog opgedis
in kwart en halwe brode  :crybaby2:

Terug by die huis, maak die pandok se hoofkok toe vir ons sy eie 'Lambs curry bun chow'
(opgedien in 'n uitgeholde bun).  Die resep basies dieselfde as vir Outop se kerrievisresep.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Lamb%20curry.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07327.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07328.jpg)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 28, 2018, 04:13:19 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07412a.jpg)

Bonesop. Net die noem daarvan vou knoesig oor my skouers soos laslapkombers.
Ek onthou nog die tydsame proses wat my ouma se bonesop voorafgegaan het.

Die kayalami-eeu waarin mens jou nou bevind wil jy maak en eet. Hoe gouer
hoe beter. Daar is nie tyd vir bone week van eergister af nie. En om twee soorte
vleis in een dis te gebruik pas beslis nie die Locke se champagne taste, beer income
nie  :icon_biggrin:

Nou hoe gemaak as die lus en nostalgie jou vier uur die middag koulik oorval?
'n Glasie sherry kan ook net so lank troos en die resepte op die skerm voor my
lyk vreemd en bleek.

Geseend uit my pienk sokkies het my openlike geskimp by Outop,  die geurigste
boontjiesop opgelewer in 'n japtrap! Ons maalvleis was reeds ontdooi en ek het dit
vinnig gebraai in die wok terwyl Outop 'n paar aartappels, wortels en uie geskil
en fyn gekap het in die voedselverwerker.

Ouma se resep het spekstukkies ook ingehad en die bone uitsoek vooraf was altyd
 'n ontdekkingstog vir my - delwerskind het ek geglo dat daar dalk 'n blinkklippie
of twee tussen die bone kan wees.

Enigste blink deesdae is die blik op die rak en van klippies is daar hopenlik
geen sprake tussen die geblikte bone.

Terug by Outop se resep. Die groente is by die vleis gegooi in 'n lekker groot soppot.
Intussen is daar twee ketels water gekook en saam met 'n geblikte vierboneskat
het dit ook in die pot beland.

Hierna het die geurproses plaasgevind.  Sout en peper na smaak. Proppievol soya
sous, twee vleisblokkies en paar knypies gedroogde pietersielie. Spulletjie is goed
deurmekaar geroer en toe was daar geproe.

Outop glo dat inhoud reeds op hierdie waterige stadium moet proe na sop voordat
jy die deksel opsit en laat prut vir 'n uur of twee.  Gewoonlik maak ek vir ons 'n
potjie stywe mieliepap daarby of paar snye vars gebakte brood of vetkoek.

Kom deel groot asseblief jou eie sopresep met ons.








Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Anastasia on May 28, 2018, 07:47:03 AM
Vandag moet ek 'n groot belydenis kom maak:  ek het nog nooit in my lewe self sop gekook nie!  So lief as wat ek vir sop is en so 'n uithaler kok en bakster as wat ek is!  Die rede:  dit is een van ongeveer 3 dinge wat my man kan doen, en goed kan doen.  En julle weet mos die ding van - wat jy vandag as 'n guns doen, raak more jou plig.  Dus, ek het dit nog altyd aan hom oorgelaat.  Te bang myne is dalk die verkose een, en dan is dit my plig.  Hy maak heerlike heerlike sop.  Ek skryf egter nie resepte voor of suggesties nie.  Dit sal die appelwa, (of dan boontjiepot) dalk laat kantel.  Hie hie :la:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 28, 2018, 08:17:43 AM
Lekker giggel ek nou vir jou gesegdes. Dit is omtrent soos wanneer plesier, pligsier word  :angel4: daarom stem ek saam, jy eet en geniet net!
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Anastasia on May 28, 2018, 10:17:04 AM
Daardie een gaan ek onthou:  "wanneer plesier pligsier word!"  :evil5:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 29, 2018, 01:57:42 AM
Ek sien jy het ietsie met jou saamgeneem Noorderliggie, groot plesier om te deel hoor  :book1:
Laat ek net gou die resep en foto neersit wat ek vashou sodat ons behoorlik kan kuier hier om die tafel.

Nog 'n trooskos in ons pandok is Outop se weergawe van die Brown gesin se 'eiernoedel gereg'
waarmee hulle die oumense bederf het, terwyl hulle ses weke by ons tuis was om hulle voete te vind in
die splinternuwe land. Gisteraand het manlief maalvleis en uie gebraai terwyl die noedels eenkant gaar
geword het.

Chinese roerbraai groente en 'n paar handevol gemengde wintergroentes is ook vinnig bros gebraai
met soya sous, sout en peper na smaak. Laastens was die gaar noedels bygevoeg en goed deurgeroer.
Daarna was die spulletjie toegelaat om mekaar te leer ken op baie lae hitte vir 'n paar minute.

Garneer met kaas van jou keuse. So strepie brandsous oor hierdie dis, rond die smaak vir my perfek af 😋

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07422.jpg)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Anastasia on May 29, 2018, 06:17:06 AM
Dit lyk heerlik, vriendin waar-die-son-skyn-assit-hier-nag-is.   Ek moet leer hoe om foto's te plaas, dan gaan ons lekker saam eet,
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 29, 2018, 07:07:44 AM
My plek geboek, intussen hou ek duimvas jy kry foto geneem van jou manlief se moerbei-sop bederwe  :hello2: :icon_biggrin:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Anastasia on May 29, 2018, 07:25:20 AM
Ek en Meraai het nou lekker om 'n ander tafeltjie gekuier.  Vertel ek haar my man se sop is eintlik Moerbei sop.  Hy gooi so knypie van die, so lekseltjie van daardie in.  En maak nog sop op die outydse manier.  Boontjies geweek, groente in netjiese blokkies met die hand gekap, groot liefdeswerk.  En dan, regte, egte sopvleis, met GROOT murgbene.  En as ek my mooi gedra het (ek kry dit soms reg) red hy die murgbene voor dit uitkook, en eet ek dit op roosterbrood met baie sout en peper.  Heerlik!  Blink bek agterna, ene kat met piering room.  Maar ek sal vriende verloor as ek dit voor hulle eet, die is 'n private gedoente!
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 29, 2018, 08:38:01 AM
Inderdaad het ons heerlik saam gekuier. Ai ek het die soort lyntjiekuiers ongelooflik gemis. En nou het ons sommer hier in die pandok se kombuis ook gou so paar lyne kon deel. So bly ek het 'n maat gekry wat ook nog murg geniet. Wonder wie lief dit nog? Daardie moerbei sop kan net 'n fees wees!
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Naas on May 29, 2018, 10:18:31 AM
murg en breins, daais mos soos die rooinekke seg deliekatessens.  :icon_biggrin: :icon_biggrin:



Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Anastasia on May 29, 2018, 12:46:03 PM
So lief as wat ek murg het, hou ek verby breins.  Hie hie.  Genoeg van my eie, dankie!  Hie hie
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 30, 2018, 02:37:47 AM
Ek moet darem erken, by brein hou ek ook verby al is dit 'n deliekatessen  :icon_biggrin: maar murg (selfs uit die kleinste tjoppie) het altyd my naam op en as daar nog pap (polenta by ons) en gebakte eier daarby is, word dit 'n koningsmaal!

 :headbang:

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on June 08, 2018, 06:25:40 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07505.jpg)

Hierdie dis was met die oog gesteel en toe self probeer. Aangepas met wat ons in
die pandok beskikbaar gehad het was dit 'n reuse treffer! Gaan van nou af beslis
weer op die menu verskyn.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Creamy%20Parmesan%20Chicken%20with%20Mushrooms.jpg)

Ons het 4 hoenderdytjies gebruik in die plek van die voorgestelde borsies en Outop
het dit lekker bruin gebraai in 'n klein bietjie olyfolie. Geur met sout en peper na smaak.

Daarna het hy dit uitgeskep en in dieselfde wok was 'n halwe pak gesnyde sampioene
ook gebraai en uitgeskep.

Hierna is 2 huisies knoffel liggies gebraai in 'n ¼ koppie botter. Roer dan 1 hoogvol
lepel koekmeel in om 'n witsous te maak met 1 Oxo blokkie opgelos in 'n halwe koppie kookwater
(as jy nie hoenderaftreksel het nie) en 1 koppie room en ½ koppie gerasperde parmesan kaas. 

Geur met sout, peper en knoffelsout na smaak as jy sterker knoffelsous wil he.
Roer goed tot sous verdik.

Volgende stap voeg jy ongeveer 1 koppie gesnipperde spinasie by (ons het sommer 'n hele bos
'beetroot' gesnipper en ingegooi.)  Kook liggies tot spinasie begin verwelk.

Gooi die sampioene en hoender ook by en prut stadig saam vir nog so paar minute.
Bedien met rys of pasta.
 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Anastasia on June 08, 2018, 08:31:07 AM
Mmmm, gaan nou op slag hoender ontvries, dis geboek vir aandete!
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on June 20, 2018, 05:32:14 AM
Heerlik heerlik!  Dit is my soort kos!  Ek sal dit ook probeer.  Dankie Raaitjie.


Ek pak 'n oondskottel vol murgbene en bak dit tot gaar en dan eet ons dit ook op roosterbrood.  Njammies!
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on July 16, 2018, 01:14:52 AM
Oe la la. PM, dit klink mos na 'n feesmaal! Vanoggend het ek myself weer 'n slag bederf,
(Maandae altyd moeilik vir my na 'n naweek van geselsskap rondom my en skielik weer
net ek en myself). Die omelet is geurig en vullend. Vinnig en maklik op die koop toe.

Jy gebruik 2 geklitsde eiers met 1 eetlepel water, sout en peper na smaak. 
Smelt 'n bietjie botter in 'n pan en gooi die eiermengsel in. Wanneer die kante
begin verkleur en eier bo-op begin tekens toon van stol, vul jy een helfte van
omelet met gerasperde kaas en enige groente/slaai of vulsels van jou keuse.

Vou omelet oor en dien op. Garneer na willekeur.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/verjaardag%20omelet%203.jpg)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on July 23, 2018, 01:10:42 PM
Hierdie onderwerp se naam moet verander word!  Die vetmaakplek!  :icon_biggrin:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on July 25, 2018, 02:20:11 AM
Die Vetmaakplek  :headbang:

Vandag se veerligte, smelt-in-die-mond omelet is my bydrae tot PM se vetmaakplek
en die verskil tussen die vorige resep en die ene was in 'n egskeiding. Om die spulletjie
'n veerligte smaak in die kies te gee was die eierwitte styf geklop en eiergele liggies ingevou
:icon_biggrin: 

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Donserige%20omelet%201.jpg)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on July 25, 2018, 10:49:09 AM
Heerlik heerlik.  Ek terg maar net.  Ek hou van die titel soos dit is.  (En weg is my gatseggies) 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Anastasia on July 25, 2018, 04:09:58 PM
En so was dit twee dae gelede weer tyd vir ons sop bederfie.  Simpel van my, neem ek geen foto's nie!  Ek sal dit kiek sodra ons weer sop kry!
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on July 25, 2018, 10:55:58 PM
Mater, vanaand is weer ons sop aand diekant van die aardbol. Die skaapnekkie is net so na ses vanoggend in die slow cooker gegooi en ek gaan netnou die no-knead-bread aanslaan. Niks kom mos by lekker dik groentesop en 'n varsgebakte broodjie nie! My plek geboek vir jou sopfoto hoor!
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on July 26, 2018, 12:40:39 PM
Raaitjie, het jy al daai broodjieresep geplaas en waar? 


Ek sal ook rustig wag vir daardie foto'tjies Anastasia.   :hello2:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on July 26, 2018, 11:11:31 PM
Knie-vrye-broodjie

Hier is hy matertjie. In die winter rys ons brode maar sleg en dan span ek
die klein oondjie in vir die rysproses. Dit werk soos 'n droom. Die oond moet
net baie laag gestel word sodat wanneer jou deeg dubbeld gerys het, die bak
met jou kaal hande uitgehaal kan word.

So paar weke gelede kon ons nog buite bak en brou. Nou is dit te koud en word
die gasoond van die pandok maar weer ingespan as daar brood gebak word.
Vandag se broodjie het ek in 'n glasbak laat rys en bak. Jongste beloer die storie
op die internet en se dit lyk pure dan nes koek Moekie  :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04483.jpg)

Verlede naweek ene gemaak in 'n broodpannetjie en Outop het dit in die Weber gaargemaak.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04420.jpg)

En so slaan ek my broodjie aan  :book1:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Slaan%20Weber%20Broodjie%20aan.jpg)

Ek neem 1 koppie lou water (nie te warm nie) en los 1 pakkie kits-suurdeeg daarin op.
Dan gebruik ek 'n klein bietjie van 'n kwart koppie bruinsuiker om by die suurdeeg te gooi
en laat staan dit vir omtrent so tien minute totdat dit skuim/borreltjies bo op begin maak
soos op die saamgestelde foto.

Sodra dit 'n lagie skuim gemaak het gooi ek dit in 'n mengbak met 'n kwart teelepel sout (jy
kan meer insit, ek moet ligloop vir soute)  en 1 lepel olyfolie. Gooi die res van die bruinsuiker
ook by as jy van 'n soetbroodjie hou.

Dan begin ek die broodmeel bietjie-bietjie byvoeg en roer met langsteelvurk.
Hou aan meel byvoeg totdat die deeg elasties word en nie meer aan die kante van jou mengbak
vassit nie. Sien saamgestelde foto waar die degie uit die mengbak in die glasbak gesit is.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Broodjie.jpg)

Ek plaas dit met 'n deksel op in die conventional oond op baie laag en laat rys tot dubbeld die grote.
Gewoonlik 'n uur en half in die winter.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/My%20broodjie.jpg)

Plaas in voorafverwarmde oond van om en by 180 grade en bak tot goudkleurig en brood van die kante
van bak of pan begin wegtrek. As dit uit die oond kom smeer ek met bietjie botter en maak toe vir
'n rukkie voordat ons begin sny en geniet  :icon_biggrin:



Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on July 27, 2018, 10:48:16 AM
Manne, ek kan my vereenselwig met so 'n broodjie.  Heerlik verby!   "Gog, kom laat jy gou vir ons 'n broodjie bak!"   :icon_biggrin:   
Dit is heerlik om Goggie weer terug te hê by die huis.  Nou kan ek blommetjies plant terwyl hy kosmaak!   :hello2:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on August 15, 2018, 05:54:58 AM
Jy moet bietjie kom spog met jou geplante blommertjies PM!

Ek skep intussen maar vir jou 'n ietsie op as jy dalk hier verby kom.
Die uwe wou Outop bederf om dankie te se dat hy so hard werk vir ons
en sy gunstelinge waarmee hy homself saans bederf voor bedtyd is
bessies en joghurt. As ek kon kies sou myne pannekoek wees.

So daar is 'n mengelmoes-nagereg van ons gunstelinge op die menu
vanaand vir Vadersdag.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/vadersdag%20treat%208.jpg)

Jy kan jou gewone pannekoekdeeg gebruik vir die resep.
Hier het ek van die bessies ook in die beslag gegooi.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/vadersdag%20treat%204.jpg)

Ek met 'n eier-ring klein pannekoekies uit groot pannekoeke gedruk.
Het 3 klein pannekoekies uit een grote gekry en toe 6 kleintjies opmekaar gestapel.
Die repies pannekoek wat oorbly word opgerol en ook met versiersuiker bestrooi.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Vadersdag%20treat%202.jpg)

Elkeen bygekom met versiersuiker en bessies in helftes gesny en ook
opgesit, dan die volgende pannekoekie. Afgerond met 'n skep natuurlike
Griekse joghurt en Outop se gunsteling, die bessies en goue stroop oorgegooi.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Vadersdag%20treat%206.jpg)

As die tyd my inhaal word die heel pannekoek opgedis as ontbyt vir Outop.
:icon_biggrin: :bootyshake:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Pannekoek%20ontbyt%204.jpg)
 



Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Naas on August 15, 2018, 07:03:10 AM
Ta Raaitjie, Ta Raaitjie, Ta Raatjie. Nou is my tikker weer so nat gekwyl dat my vingers oor die tikkers vgly. Moenie dit aan mens doenie man!
 :love7: :toothy4: :hello2:




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on August 15, 2018, 07:18:57 AM
Naas, Naas, Naas, nou net vir Noorderliggie meegedeel dat ek liewers niks wil weet
van wat al die disse aan my mates doen nie. Wat nie gehoor word nie, kan nie skaad nie,
of iets in der voege.

Dit is dan ook my manier om vir Outop dankie te se vir sy liefde en omgee.
Die spreekwoord lui mos nie verniet dat die pad na 'n man se hart deur sy spensie loop nie!

 (http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Dankie%20se%20brekkie%20samestelling.jpg)

 :bootyshake: :icon_biggrin:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Anastasia on August 16, 2018, 05:57:00 AM
Ek het anderdag lekker saamgesmul aan die lekker (en mooi) pannekoek deur die kombuisvenster van gesigboek!  Jy het 'n absolute vernuf om lekker en mooi te bak en kook en dit dan boonop te stileer en af te neem in erfstuk foto's
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on August 16, 2018, 06:20:13 AM
Dankie vir mooiste kompliment. Ek waardeer opreg. Het dit al voorheen gese maar ek weet soms nie wat ek die meeste geniet nie - die aanmekaarslaan van 'n dis of craft projek, of die fotosessies  :icon_biggrin:

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on August 27, 2018, 04:28:55 AM
Een van die gunsteling 'brekkies' op die Lock pandok se menu is 'n slaaigevulde omelet.
Ek weet baie ouens trek hulle neuse op vir die vulsel maar ons is baie lief daarvoor.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Omelet%20met%20slaai%202.jpg)

Die drie groot druppels sous is met 'n doel daar - Outop is glad nie lief vir sous nie
maar as ek dit so opdien bly daar nie 'n druppeltjie oor nie en agterna vertel hy
baie in sy skik dat die 'sous' net genoeg was  :icon_biggrin:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Anastasia on August 27, 2018, 07:44:04 PM
Jou kos lyk nie net altyd lekker nie, ek verwonder my aan die stilering daarvan en pragtige foto's!
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on August 29, 2018, 05:26:01 AM
Jy is so dierbaar!  Wens ons kon eendag saam kuier. Ek sou met graagte jou wou bederf
met ietsie moois/lekker. Nou deel ek maar intussen my 'pepper egg brekkie' van vanoggend
met jou matertjie. Dit is nou aarbei-seisoen en ek maak deeglik gebruik van die groot lekkerte
wat enige bord opkikker in 'n japtrap.

  :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/pepper%20egg%20brekkie%204.jpg)

Die vrugte was oorskiet van 'n tafelversiering (hier mors ekke niks nie.)
Eet alles op voor dit kan verlep :bootyshake:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/appel%20eendjie%204.jpg)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Anastasia on August 29, 2018, 05:38:32 AM
Ek sou jou graag wou inspan hier by my klein gastehuis vir ontbyt bereiding en idees.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on August 29, 2018, 05:58:57 AM
Ek sou dit soooooooo geniet het!! Ai was ek maar nader  :crybaby2:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on September 11, 2018, 10:14:00 AM
As julle twee sonder my kuier kom slaat ek julle met my besem!   :bootyshake:


Heerlik verby! 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on October 16, 2018, 01:56:31 AM
Ek het gou eers die besem weggesteek PM. Sal mos nooit sonder jou kuier nie hoor. Ek het die ene gegaps, spesiaal vir ons saamkuier!

Blonde Cook Book

Monday
It's fun to cook for Tom. Today I made angel food cake. The recipe said beat 12 eggs separately. The neighbors were nice enough to loan me some extra bowls.

Tuesday
Tom wanted fruit salad for supper. The recipe said serve without dressing. So I didn't dress. What a surprise when Tom brought a friend home for supper.

Wednesday
A good day for rice. The recipe said wash thoroughly before steaming the rice. It seemed kind of silly but I took a bath anyway. I can't say it improved the rice any.

Thursday
Today Tom asked for salad again I tried a new recipe. It said prepare ingredients; lay on a bed of lettuce one hour before serving. Tom asked me why I was rolling around in the garden..

Friday
I found an easy recipe for cookies. It said put the ingredients in a bowl and beat it. There must have been something wrong with this recipe. When I got back, everything was the same as when I left.

Saturday
Tom did the shopping today and brought home a chicken. He asked me to dress it for Sunday. I don't have any clothes that fit it, and for some reason Tom keeps counting to ten.

Sunday
Tom's folks came to dinner. I wanted to serve roast but all I had was hamburger. Suddenly I had a flash of genius.. I put the hamburger in the oven and set the controls for roast. It still came out hamburger, much to my disappointment.

GOOD NIGHT DEAR DIARY. This has been a very exciting week! I am eager for tomorrow to come so I can try out a new recipe on Tom. If I can talk Tom into buying a bigger oven, I would like to surprise him with a chocolate moose.

 :hello2: :headbang:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on October 16, 2018, 01:29:14 PM

 :icon_biggrin:   Jy kan nou  maar weer die besem gaan uithaal en jou inkopies gaan doen.   :icon_biggrin:

Dankie, ek het die glimlaggies baie nodig. 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on December 17, 2018, 05:21:15 AM
Die besem vat my toe na 'n afdraai, reguit oppad na spekvette verleiding PM.  :icon_biggrin:

Wonder wie van ons lesers is ook versot op 'crackling'? Gisteraand wou die varkspekkie
nie lekker saamspeel op die weber om krakerig genoeg te word nie en toe haal Outop dit af.
Ek het dit toe in die convention oven vir so half uur teen 200 grade gebak.
O my wereld - dit was kraaklekker en gesmelt soos heuningkoek in jou mond.
Hier by ons is dit baie gewild en as jy pork roast bestel, kom daar gewoonlik so pasellatjie by - crackling!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Crackling%201.jpg)

Soos gewoonlik het die oorskiet vandag op my bord beland...
daar was gelukkig ook nog 'n skeppie pampoen- en aartappelslaai oor.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Left%20over%20dish%203.jpg)

Daarna het ek spekvetrond, getooi in 'n servet (omdat niks meer pas na al die selfbederwery)
saam kersvader en 'n engeltjie koffie gedrink... omtrent uit my goue slippertjies geseend :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Koffiesessie%20met%20kersvader.jpg)





Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on December 23, 2018, 02:47:10 PM
Dit klink nou na koek vir 'n k.k.k.kakkerlak.   :icon_biggrin:   Ons mal oor crackling!  Die behoefte daarna is so groot, ons komkommer niks oor spekvette nie.   :icon_biggrin: 
Soos altyd is jou tafels so keurig gedek.  Ek lief dit.  Was ek daar sou ek graag wou deel in jou "oorskiete".  Dit lyk na 'n fees. 
Mag jy en almal wat vir jou dierbaar is 'n wonderlike kersgety fier Raaitjie.  Geniet die smulgoetertjies sonder om skuldig te voel.  Elke dag is 'n geskenk en elke ete 'n fees.   :love7:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on January 03, 2019, 12:42:08 AM
Elke ete 'n fees.... ek stem saam PM! Hoop julle het ook 'n geseende kersfees gehad
en mag daar 'n wonderlike, gesonde jaar vir ons almal voorle. Ek het myself terdee geniet
soos altyd, geseend om met 'n vol pensie te kan inkruip elke aand.  :icon_biggrin:

Vir my is die voorbereiding (en speel met 'n versiering of twee) deel van die fees
en voorreg om te kan eet.  Nuwe jaarsdag was dan ook mos die perfekte verskoning
om bietjie kreatief te wees, al is julle net twee wat gaan aansit. 

Hierdie jaar het Outop besluit dit is te warm om te braai . My lus het lankal uitgehang
vir so paar stukkies ham en salami so ek het my nie twee maal laat nooi nie! Van die
soutbeperkinge het ek liefs vergeet vir een hele dag lank.

Dit was nogals uitdaging om die vleisbord bietjie 'op te dollie' sodat helfte
van dit 'n ietsie meer 'gesond' was. Vrugte is altyd 'n wenner.

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Nuwe%20jaars%20vleisbord%202.jpg)

Die komkommerrosies se maak was groot pret en hulle was dan ook gou verslind.
Sommige nog voor hulle op die bord kon beland!

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Komkommerroos%202%20stap%20vir%20stap.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Komkommerroos%201%20stap%20vir%20stap.jpg)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Salami%20Rose%20in%20the%20making.jpg)

Die volgende oggend was daar nog genoeg oor vir 'n oorskiet-brekkie
en ietsie vir Outop se kosblik wat net so verfrissend was! Ons het net
slaaie saam dit bedien.

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/nuwe%20jaars%20left%20over%20bord%202.jpg)



Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on January 07, 2019, 04:26:45 AM
Vinnige en maklike ontbyt met rooiworsies en eier.

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/worsie%20brekkie%204.jpg)

Steek 'n sosatiestok deur die wors en sny skywe tot teenaan.  Gebruik dan
'n tandestokkie om die sirkel in plek te hou. Gooi 'n eier in die gaatjie en
braai na smaak in 'n medium warm pan. Strooi 'n bietjie parmesan oor.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Worsie%20brekkie%20in%20the%20making.jpg)

Die oorskiet sosatie van ons vorige aandete het ek van die stokkie getrek
en opgewarm by die eierworsie-dis.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/worsie%20brekkie%206.jpg)

Outop was die dankbare 'skinker'.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/worsie%20brekkie%205.jpg)

Erg geskimp by die kombuishoek toe ek die ene se resep met die oog gegaps
en gedeel het maar dit het nie gehelp nie. Ek moes maar self inspring en die
genot op Outop se gesig was genoeg beloning.

Gewoonlik is hy glad nie lief vir rooiworsies nie. Dit laat hom olik voel.
Enetjie is sy limiet en hoeka was dit mos nou net genoeg saam met 'n
heerlike vars volgraanbroodjie en romerige sampioensous daarby.

 :bootyshake: :notworthy:

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on January 07, 2019, 11:45:11 PM
Karringmelk Muesli Beskuit

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/karringmelk%20beskuit%20en%20koffie.jpg)

Wie kan nou beskuit en 'n beker koffie of tee van die hand wys?
Beslis nie die twee oues van dae nie. Ek moes die 2de baksel aanslaan
in twee weke. Ons was darem drie wat help verslind het. Nie dat dit 'n
verskoning is nie.

So maak mens:

Sif 1 kg bruismeel en 'n teelepel sout saam.
Voeg 1 koppie klapper en 4 koppies muesli van jou keuse by.
Meng goed deur.

Smelt nou 500g botter/margarine en laat afkoel.
Voeg 2 koppies bruinsuiker en 'n houertjie karringmelk by botter.
Klits 3 eiers en voeg by hierdie mengsel.
Meng goed en gooi oor die meelmengsel in 'n diep mengbak.
Meng baie goed deur en skep in pan(ne).
Bak vir ongeveer 'n half tot 1 uur teen 180 grade.
Toets om seker te maak dit is gaar.

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Karringmelk%20beskuit%20in%20pan.jpg)

Laat afkoel en sny in verlengde skywe/blokkies.
Droog vir ten minste 4 ure in die oond teen 100 grade.

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/karringmelk%20beskuit%20in%20oond.jpg)

Roomkoffie en beskuit - altyd 'n goeie besluit  :coffee2: :notworthy: :headbang:

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Koffie%20en%20beskuit%202.jpg)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on January 15, 2019, 05:59:13 PM
Mag hierdie feestelike pogings van jou nooit opdroog nie.  As daar nou iemand is wat jou na-aap en elke resep probeer en elke foto indrink is dit ekke. 

Ek gebruik die gerookte worsies, maar weet nie of dit by julle beskikbaar is nie.
More gaan ons huistoe.  Ek kan nie wag om in my eie kaia te wees nie. 

Dankie tog so baie liefding.  Dit was heerlik om aan jou tafel te sit.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 08, 2019, 11:30:15 PM
Tuisgebakte broodjie (en groentesop met skaapnek.)

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Vegetable%20soup.jpg)

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Bread%20combo%203.jpg)

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Soup%20Combo%203.jpg)

Die lekkerste broodjie ooit!

Jenny's recipe: No knead bread.

Prep Time: 5 minutes
Cook Time: 40 minutes
Total Time: 4 hours, 25 minutes
Makes: One loaf

Ingredients:
3 cups (390 gms) all-purpose or bread flour (aerate flour before measuring)
1/4 teaspoon yeast, active dry or instant (1 gm)
1 teaspoon salt (6 gms)
1 1/2 cups hot water, not boiling (354 mL) - I use hot tap water - about 125-130° F
(about 2 Tablespoons extra flour for shaping)

Instructions:
Combine flour, yeast and salt in a large bowl. Stir in water until it’s well combined.

Cover with plastic wrap and let stand at room temperature for 3 hours.

After 3 hours dough will become puffy and dotted with bubbles. Transfer it to a well-floured surface and sprinkle dough with a little flour.

Using a scraper fold dough over 10-12 times & shape into a rough ball.

Place in a parchment paper-lined bowl (not wax paper) and cover with a towel. Let stand on counter top for about 35 minutes.

Meantime place Dutch oven with lid in a cold oven and preheat to 450° F. My oven takes 35 minutes to reach 450°.

When oven reaches 450° carefully, using oven gloves, lift the parchment paper and dough from the bowl and place gently into the hot pot. (parchment paper goes in the pot too) Cover and bake for 30 minutes.

After 30 minutes, remove lid and parchment paper. Return, uncovered, to oven and bake 10 - 15 more minutes. Let it cool at least 15 minutes before slicing.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 08, 2019, 11:37:55 PM
Ontbyt in 'n koppie

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Brekkie%20in%20a%20cup%20combo.jpg)

Ek breek die spinasie in klein stukkies en plaas dit onder in die koppie.
Dan volg 'n handjievol roerbraai groente (geur na smaak) en mozzarella kaas.
Daarna breek ek twee eiers in die koppie (sout en peper na smaak) en versprei
die gele effens. Mikrogolf vir plus minus 2 minute tot eierwit gaar is.
Ons hou van die groentes nog krakerig. Garneer en geniet.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on May 09, 2019, 05:33:02 PM
Manne, ek het jou tafel gemis my sustertjie.  :love7:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 09, 2019, 10:54:18 PM
Deesdae bak en brou ons so speel-speel buite met die sonstofies PM.
Dit is 'n heerlike uitdaging om die resepte aan te pas en terselfdertyd
kry ek ook my daaglikse kwota vit D in  :icon_biggrin:

Hierdie ryskors is 'n wonderlike verrassing en kan gebruik word vir so
baie resepte waar jy 'n kors nodig het.

1 koppie rys, 2 en 'n kwart koppie water, teelepel sout. Kook tot gaar.
Meng met 1/3 koppie jogurt en 1 koppie gerasperde kaas en 2 eiers.
Plaas in pan. Ek moes twee panne van die sonstofie gebruik.
Bak tot rys begin verkleur.

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Sungrill%20rice%20combo.jpg)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on May 10, 2019, 04:40:21 PM
Dit lyk smaaklik en maklik om te maak. 


Moet jy die eiergele breek (vir die brekkie in die koppke) voordat jy dit in die mikro sit?
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on May 10, 2019, 09:56:50 PM
Ek gee dit so roer met 'n vurk PM anders gesels eier se kind in tale met jou  :icon_biggrin:

Dit is seker een van die maklikste, vinnigste maniere om 'n smaakvolle ontbyt
in 'n kits op te dien met slegs 1 eier (effens geroer onder in koppie, vul verder
op met gesnipperde ham, twee skyfies tamaties, baba spinasie en gerasperde
kaas van jou keuse.

Twee minute in die mikrogolf, maak los met 'n lepel. keer om op die bord/plankie
en siedaar jy het 'n vullende maal in 'n ommesientjie.

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Brekkie%20in%20a%20mug%20B.jpg)

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on June 07, 2019, 02:47:47 PM
Sodra ek weer by 'n winkel uitkom koop ek spinasie en probeer dit.  Sal laat weet wat is die uitslag.  :notworthy:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on June 08, 2019, 11:11:40 PM
My plek geboek PM  :hello2: Ek raak lui lol, as dit deesdae in 'n koppie/beker
gemaak kan word huiwer ek nie eers nie en hou my blind vir die potte en panne
en gryp na die naaste mug

Bully Beef Brekkie in beker/koppie gaargemaak.

Ek het omtrent 'n 1/8ste van die blikkie gebruik en dit fyn gedruk met 'n vurk.
Smeer jou beker/koppie met botter en plaas 1 eier heel eerste onder in. Breek
die geel en versprei effens oor die wit van eier.

Strooi dun lagie parmesan (of kaas van jou keuse) oor en dan 'n lagie fyn gekapte
oorskiet groente byvoorbeeld . Volgende laag is jou vleis gevolg met weer 'n lagie kaas.
Laastens nog 'n eier waarvan die geel weer opgebreek en versprei is.

Druk met jou vurk om seker te maak dat die eier inloop in jou vulsel om 'ontploffing'
te voorkom 😁🙃😉 Plaas in mikrogolf vir ongeveer 2 minute tot eier gestol is volgens
persoonlike smaak.

Onthou om na 1 minuut oop te maak en die spulletjie dop te hou voor jy dit vir die
laaste minuut laat gaar word.

Maak die kante los en keer uit op 'n bord. Garneer met olywe en 'n lekker sousie.

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/bully%20beef%20gereg%202.jpg)

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Bully%20beef%20gereg%201.jpg)

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on June 08, 2019, 11:35:14 PM
Ek het my hand gewaag aan die 'inside out sushi' en Outop se reaksie was oor en oor die moeite werd  :icon_biggrin:

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/sushi%20k.jpg)

Ek het 1 koppie goed afgespoelde sushi rys, 1 teelepel sout en 1 en 'n 3/4 koppie water gebruik.
Die rys het ek in ons sonstoof gaar gemaak en dit het omtrent 2 ure geneem in 'n redelike flou
herfs-son totdat al die vog geabsorbeer was.

Hierna het ek die rys in 'n glasbak geplaas wat met waspapier bedek was. Terwyl die rys
afgekoel het, het ek bietjie minder as 'n 1/4 koppie rys-asyn (passop vir te veel!), 1/2 lepel
olyfolie en 'n 1/2 teelepel sout en 'n 1/8ste koppie suiker saam gekook oor matige hitte.
Roer tot die suiker opgelos is en gooi oor die rys. Meng goed deur en bedek. Ek het die oorskiet
rys die volgende dag gebruik om nog sushi te maak en dit was steeds heerlik en het maklik
hanteer.
 
(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/sushi%20rice%20combo.jpg)

Die vulsel in die 'inside out sushi' was saggekookte eiergeel, dun repies green peppers en
wortels. Afgerond met songedroogde tamaties. Nadat dit opgerol was het ek 'n bietjie gedroogde
pietersielie oor gestrooi. Dit was heerlik! Die ander sushi was op die gewone manier gemaak net
seekos.

(https://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Sushi%20combo%20Ri.jpg)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on June 10, 2019, 12:42:18 PM
So op die oog af lyk dit vir my na 'n takie vir JC.  Hy het baie meer geduld as ek.  Ek sal die "muggie" een probeer.   :icon_biggrin:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on September 09, 2019, 11:59:09 PM
Wonder ek of jy toe die 'muggie ontbyt' probeer het lief mater van ons? Terwyl ons nou in die pandok se kombuis kuier, deel ek gou my hoender en sampioenpastei resep met gemengde groente. Voorwaar heerlik gewees.

Heel eerste het ek 'n ui en knoffel in botter gebraai. Toe vier hoenderdytjies bygevoeg en ook effens gebraai. Hierna was die spulletjie gegeur met 2 oxo blokkies (beef & chicken) opgelos in omtrent 'n halwe liter kookwater. Dit het verder rustig geprut tot dit gelyk het of die hoendervleis gaar is.

'n Kwart pak gemengde groente, 250 gram sampioene  en 500 gram baba spinasie was toe bo-op die vleis geplaas. Liggies gegeur met suurlemoen en knoffel sout en verder gekook totdat al die vog verdamp het.

Die vleis is uit die pot verwyder, ontbeen en fyn gemaak. Daarna weer teruggesit by die groente en 'n goeie handvol gerasperde parmesankaas bygevoeg. Roer dan alles goed deur. Proe en geur verder indien nodig na eie smaak. Die vulsel moet afgekoel wees voor jy dit in die gaar gebakte skilferkorsdeeg sit. Hierna het ek nog 'n laag deeg bo-oor gesit en laat bak tot dit goudbruin is. Dien op saam met 'n sous van jou keuse.

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/1853067e-f62d-4aa5-927f-27024f8e8f1f-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/1853067e-f62d-4aa5-927f-27024f8e8f1f)

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/409ee9f1-fbc7-40cd-8ee4-ef018ef6a29f-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/409ee9f1-fbc7-40cd-8ee4-ef018ef6a29f)

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/a631979f-143b-4364-a47a-bb0b4b558bc5-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/a631979f-143b-4364-a47a-bb0b4b558bc5)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Assie on September 10, 2019, 11:12:48 AM
Dit klink heerlik. Ek gaan die resep vir Oom Naas se vrou aanstuur.
Siestog, die man is so dun ek sweer hy ly honger daar in die kaap.


 :mumum:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on September 12, 2019, 11:39:26 PM
 :notworthy:
Assie, ta Raaitjie hoop jou oom Naas se vrou laat weet hoe sy die pastei-resep aangepas het na gelang van hulle huisgesin se voorkeure/afkeure. Wens ons kon saam kuier rondom elkeen se gunsteling reseppies. Moet blosend erken, ek hou maar min kere regtig by 'n afloer-resep. Iewers byt die 'kom-ons-probeer-dit-so-gogga' gewoonlik en omdat ek dan afwyk van die resep en my hart volg, moet ek stap vir stap fotos neem ingeval die aangepasde dis op ons menu gaan verskyn in die toekoms.

Ek glo nie dit is 'n geheim dat die ouvrou 'n skandalige genot daaruit put as ek speel met kos nie. Na soveel jare wil-wil ek skuldig oor my skouer loer en besef dan baie dankbaar dat my moederlief ver is, al verlang ek myself kreupel na haar. Weet nie hoeveel van ons mede skrywersmaters deel hierdie 'speel-met-kos-liefde' nie. My geliefde sussatjie erken eerlik dat kosmaak vir haar 'n pyn is en my kampvriendin vertel hoe gouer sy iets kan gaarmaak en die bord neersit, hoe beter. Ek kan myself letterlik ure besig hou met die voorbereiding en opdis agterna maar besef ook dat die hotelbedryf beslis nie vir my sou werk nie weens die instinktiewe gawe van verbranding ala 'offergawes' soos Gawie dit noem.

Genadiglik deel my wederhelf hierdie kosliefde en word daar gewoonlik in oorgawe gekuier rondom die kospotte of buite met een of ander gaarmaak-meghefter wat Outop weer aangekoop het. Ons put intense genot uit die voorbereiding van 'n menu sonder grense waar ontbyt maklik deel uitmaak van die hoofmaal saans.

Nog 'n liefde wat manlief en ek deel is om die kosprogramme op televisie of internet te beloer en bespreek. Daar is soveel idees en die aanpassing by jou gesin se persoonlike voorkeure na aanleiding van disse wat uitdagend nooi vir jou persoonlike weergawe is eindeloos.

So het ek dan onlangs op André Chiang, 'n suksesvolle Taiwanese Masterchef se skakels beland en onder andere 'n insiggewende plasing waarin hy sy boek "Octaphilosophy" bespreek. Die disse is natuurlik buite ons vermoë (behalwe die volgende twee wat ek dalk sal kan baasraak lol - burnt miso, burnt butter chips.

 :icon_bigsmurf:

https://www.scmp.com/magazines/post-magazine/food-drink/article/1941439/recipe-book-octaphilosophy-eight-elements

Each element of Chiang's philosophy makes up a chapter in the book - Pure, Salt, Artisan, South, Texture, Unique, Memory and Terroir.

Dit het my met nuwe oë na ons eie menu's laat kyk. Wat gaan regtig aan in die oënskynlik spontane beplanning en onstaan daarvan? Is daar verskuilde elemente wat ons onbewustelik toepas? Volgens André is sy menu's gebasseer op 8 elemente. Ek wil graag in die volgende plasing 'n bietjie meer gesels hieroor.

Kom sit intussen saam aan langs die pandok se tafel en geniet 'n glasie wyn & 'n soetigheid.
:toothy4:

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/333cee16-0a44-48de-98e3-f11ef1ad8367-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/333cee16-0a44-48de-98e3-f11ef1ad8367)



 


Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on September 13, 2019, 04:33:22 AM
Soos belowe wil ek bietjie verder uitwei oor die elemente wat in die disse is wat op ons tafels verskyn, meestal sonder dat jy eers bewus is van dit. Kom ons loer na sommiges soos aangedui deur chef André.

1. Oorspronklikheid - met ander woorde die kreatiewe denkwyse wat jou beplanning vooraf gaan. Daardie 'andersheid'.

2. Verbeelding - Nuwe idees wat soms baie uitdagend kan wees.

3. Kunstigheid - met die hande te skep/vorm. Chef Chiang maak graag sy eie opdienborde, tafels, versierings ens.

4. Smaak - min dinge kom by die sensasie van smaak.

5. Karakter -  André noem dat die kwaliteit van bestanddele soos karakters in 'n rolprent is. "The good and the bad."

6. Eenvoud - dit spreek vansself. Elke dis hoef nie 'vyfstergehalte' voorgesit word nie. "Rustic/elegant".

7. Emosie -  hier ken ons almal die nostalgie wat jou oorval as jy pannekoek ruik of 'n geliefkoosde dis uit jou kinderdae.

8. Struktuur - die vorm/voorkoms van jou eindproduk.

Dan wy chef Chiang ook uit oor die arbeid van diegene wat die produkte gekweek het. Die versorging van die diere en die respek wat ons toon as vleiseters vir 'n lewe wat opgeoffer was as't ware.

Ek kon nie wag om deur ons kosfotos te dwaal, opsoek na elemente wat wegkruipertjie speel. Kon nie help om te dink aan die verskillende maniere waarop ons bestanddele voorberei, gaarmaakmetodes, opdiening en garnering nie. Die verskil wat 'n bord se vorm kan maak aan die eindproduk, die afwisselende kleure van wat op die borde geskep is en seker een van die belangrikste vir ons as immigrante is die memories wat sekere disse in ons wakker maak.

Natuurlik speel smaak die grootste rol want 'n onsmaaklike dis kan nie verdoesel word met 'n pietersielietakkie of 'n tamatierosie nie. Te veel sout met die eerste happie uit jou bord beinvloed jou smaak so dat jy verseker nie enige van die verskillende smake verder na regte sal kan geniet of waardeer nie.

Dit geld ook vir te veel peper op jou eier...

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/89845b93-97d9-4601-9d08-5883c7ea5dc8-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/89845b93-97d9-4601-9d08-5883c7ea5dc8)

Verrassend vir my was een van die elemente wat Chef Chiang genoem het 'pure'. As voorbeeld het hy 'n dis gehad wat dieselfde kleur is as die bord! Wit op wit met 'n redelike groot oop spasie op die bord en dan vra hy die gehoor of dit 'purely pretensious or pretentially pure' is? 'n Spasie vir nadenke. Amper soos in ons 'witspasie gedigstruktuur' kon ek nie help om te dink nie.

Ek het na die tyd geloer na my eenvoudige ontbyt wat soos gewoonlik ook deels geskep was met oorskiet van die vorige aand. Nie regtig seker wat was oorspronklik, verbeeldingryk of kunstig nie. Kan darem getuig dit was smaakvol en die gaarmaakmetode het my dankbaar gelaat vir min skottelgoed.

Wat ek wel besef het is dat my wederhelf se fynoog vir detail, dadelik opgemerk het daar daar 'n sousie gekort het by my ontbyt toe ek alles met hom bespreek en die fotos gewys het.

Skaam moes ek aan myself erken: uitgevang Meraai! Jy het sommer sous uit die bottel oorgegooi na die tyd - dit was mos my 'rustic' element wou ek eers arrogant opmerk maar wyslik geswyg.

Om skottelgoed te spaar het ek die tuisgebakte broodjies in ons sandwichmaker gerooster, die spek en eier sommer ook daarin gaargemaak. Kortpad vir 'n lui kok was nergens op chef se lysie nie, so dalk moet ek liewer die lyntjie uitvee.
 :icon_biggrin: :wave:

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/18bc4574-14e0-4f7d-83f5-b956bc7e74e8-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/18bc4574-14e0-4f7d-83f5-b956bc7e74e8)

Ek was baie beindruk met die tekstuur van ons 'geen-knie-broodjie' nadat dit in die megheftertjie gerooster was. Amper soos vetkoek geproe!

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/7bd22d53-02b6-4825-b284-61ecdb6ac63b-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/7bd22d53-02b6-4825-b284-61ecdb6ac63b)

Voor ek alles verslind het, wou ek as director van my eie movie eers nog 'n bietjie speel met die 'karakters' op my bord... moet darem ook noem dat al die slaaiblare en takkies uit my eie groentetuintjie kom wat eers 'n plonsgaatjie was toe water nog volop was.

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/036ec2e8-9723-4901-aa1c-1a5cdbfd9649-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/036ec2e8-9723-4901-aa1c-1a5cdbfd9649)






 
 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on September 19, 2019, 02:31:54 AM
Oorskiet word nooit gemors in ons pandok nie. So was dit dan weer ingespan die afgelope paar dae en as ek na die karakters kyk is dit tipies in beide die dis en bederfie, 'n kwessie van 'the good and the bad' ... en ek kan eerlik getuig dat ons nie beindruk was met die tekstuur van die semolina broodjie nie. Gaan in die vervolg beslis terug gaan na die beproefde 'geen-knie-resep' met gewone meel.
 :headbang::icon_biggrin:

Ons het nog omtrent so koppie gevlokte gaar hoender oorgehad van die vorige pastei wat ek gevries het. Na dit ontdooi was, het ek het dit gemeng met gebraaide sampioene, baba spinasie en parmesankaas. (Die hoender was vooraf gegeur voor dit gevries was.) Daar was ook nog oorskiet-blaardeeg wat ek net langwerpig uitgerol het. Ek het 'n klein bietjie van die mengsel in die kaassous gebruik. Die res van die vleismengsel is in die middel van die blaardeeg geskep en opgerol.Daarna is dit met eier geverf en gebak tot goudbruin (180grade). 'n Heerlike vullende maaltyd vir 2 .

Oorskiet hoender-rol met kaassous.

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/bdcfc76d-5f86-4015-bcee-a42b6234e9f0-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/bdcfc76d-5f86-4015-bcee-a42b6234e9f0)

Terwyl die baas van die pandok sy nuwe virus vertroetel het, moes hierdie missus haarself besig hou. Gelukkig was daar genoeg oorskiet-blaardeeg en 'n paar appels wat ek opgesny en met 'n homp botter & halwe koppie bruinsuiker met 'n teelepel kaneel in die mikrogolf vir vier minute gekook het tot sag. Hierdie pasteitjies is 'n baie gewilde bederf in die Locke se pandok as ek so na die verskeie vorme loer waarin dit al voorgesit was.
 :icon_biggrin: :evil6:

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/f5522056-3a7b-41c9-bbbf-1205ff5c221c-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/f5522056-3a7b-41c9-bbbf-1205ff5c221c)

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on September 19, 2019, 11:29:57 PM
Pynappelskil-tee

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/8fdfa888-5532-4ab6-aeaa-75114f09e832-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/8fdfa888-5532-4ab6-aeaa-75114f09e832)

Die afgelope naweek het ek vir ons die heerlikste tee gekook van al die pynappelskille. Wat 'n verfrissende drankie is dit nie - hetsy koud of warm. Pynappel is 'n unieke vrug. Die eienskappe daarvan is so voordelig vir die menslike liggaam dat dit gebruik word om respiratoriese infeksies, osteoporose en hardlywigheid te voorkom. Dit word selfs aanbeveel vir mense met kanker.

Daar is soveel gesondheidsvoordele in hierdie skillekonkoksie dat ek dit graag hier ook met julle wil deel. 

1. Antioksidant en anti-inflammatoriese voordele: Pynappelskil-tee is 'n uitstekende antioksidant, wat help om die ontwikkeling van kankerselle te voorkom, terwyl dit ook help om die negatiewe gevolge van cholesterol in are te verminder. Dit is ook ideaal om spier- en slagaarontsteking te verlig.

2. Help om die immuunstelsel te versterk: Een van die fondamente van goeie gesondheid is die beskerming van jou immuunstelsel. Pynappelskil-tee is 'n uitstekende manier om die liggaam gesond en gehidreer te hou en sodoende verkoue of ander siektes wat die gebruik van onnodige farmaseutiese middels benodig, te vermy.

3. 'n Energiebron: As jy meer energie benodig om daaglikse take te voltooi, kan kunsmatige versoete sappe vervang met pynappelskil-tee, wat die kalorieë sal gee sonder om gewigstoename te veroorsaak. Hierdie drank help ook om vet te verbrand.

4. Verminder spanning en gewrigspyn: Pynappel-skiltee is onmiskenbaar 'n kragtige middel om stres en spanning te verminder, aangesien die ensieme daarin jou help om te ontspan en sodoende deur die dag 'n gesonder ritme te handhaaf. Die smaak laat jou ontspan en vir diegene wat gewrigspyne ervaar, word die tee ten sterkste aanbeveel.

5. Ander groot voordele van pynappelskil-tee: 'n Uitstekende keuse vir drankies as jy wil ontspan en nie die ander voordele wat dit vir jou liggaam inhou, vergeet nie. Dit kan help om hardlywigheid te verlig, parasiete en ander bakterieë in u spysverteringstelsel te vermy, die bloedsomloop te verbeter en die vel gehidreer te hou.

Resep om jou eie teedrankie te maak:
Was die pynappel baie goed en sny dit in vierkantige of reghoekige stukke. Ek het ons pynappel geskil want ek wou die binneste sagte dele van die vrug apart gebruik in geregte en garnering vir drankies. Plaas die skille en harde dele in 'n groot genoeg pot met water. Ek het koue water gebruik.

Sodra die skille begin kook, proe versigtig en versoet dan volgens smaak. Ek het rou bruin suiker (omtrent 'n halwe koppie) en 'n lepel heuning bygevoeg. Die resep stel voor dat jy ook kaneel kan byvoeg wat vanself wonderlike gesondheidsvoordele bevat.

Laat die mengsels goed prut (my tee het ek omtrent 'n uur stadig laat prut). Laat effens afkoel en skep die grootste skille uit voordat jy die tee deur 'n sif of moeslindoek gooi. Bewaar in glasbottels vir 'n heerlike verfrissende koue drankie of geniet warm.



Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on September 23, 2019, 12:33:14 AM
Wat 'n storie was dit nie om van my fotos terug te kry nie. Ek moes dit weer van vooraf oplaai sniksnik. Nou om te gaan soek wat is nog weg  :icon_biggrin: :dontknow:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on October 08, 2019, 02:04:49 AM
Iceberg Wig Slaai (Wedge Salad)

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/d4a5bba9-a849-4f6a-93d4-eaf3bc1f5237-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/d4a5bba9-a849-4f6a-93d4-eaf3bc1f5237)

Hierdie verfrissende slaai is deesdae ons mees geliefde ene in die pandok, veral noudat die hittegolwe weer sy kloue om ons slaan. Die slaaisous kan jy sommer aanmekaarslaan na eie smaak en gier.

Ek maak ons sin so: Rasper 'n bietjie komkommer en meng dit met Griekse natuurlik jogurt of mayo van jou keuse. Voeg daarby 'n klein bietjie suurlemoensap, knoffel, bietjie olyfolie, sout en peper. Meng goed en plaas oor Iceberg-wiggies wat jy vooraf in kwarte gesny het. Garneer met brosgebraaide spek en wat jy ook al in die yskas het. Oorskietvleis werk soos 'n droom en maak van die slaai 'n maal op sy eie.

Gewoonlik kerf ek alles vooraf en plaas in houertjies tot ek die slaai wil maak.

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/2827ff9b-7b96-4494-ba0a-b55d02bfabbc-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/2827ff9b-7b96-4494-ba0a-b55d02bfabbc)

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/8779b2f2-2772-49f8-a288-1a36b38fd5a3-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/8779b2f2-2772-49f8-a288-1a36b38fd5a3)

Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on October 15, 2019, 05:58:16 AM
Ek het vandag vir ons pynappelskil- en bessietee gekook. Dieselfde metode gevolg as voorheen. Was die skille baie goed. Vul 'n groot genoeg kastrol met water. Geur met suiker en heuning na smaak nadat jy die skille bygevoeg het . Indien jy bessies ook bygevoeg, kom die tee donkerder uit. As jy 'raw brown sugar' gebruik maak dit 'n aansienlike verskil in die smaak en kleur.

Hoeveelheid suiker en heuning kan na persoonlik smaak aangepas word.

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/773f0a20-891d-4ead-b984-3cefe26c5154-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/773f0a20-891d-4ead-b984-3cefe26c5154)

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/40077cea-bbfc-4246-9511-9c35d90cdd06-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/40077cea-bbfc-4246-9511-9c35d90cdd06)

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/e6a878c8-6865-46d1-8cda-4e15e59d40bc-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/e6a878c8-6865-46d1-8cda-4e15e59d40bc)

Feestelik genoeg vir kersfees 2019 as jy 'n bietjie Gin of Vodka byvoeg vir so tikkie ekstra 'punch'  :icon_biggrin:

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/e2d778f9-0164-4f08-8b5e-db720953ee61-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/e2d778f9-0164-4f08-8b5e-db720953ee61)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on October 15, 2019, 11:32:04 PM
Het die volgende resep vir pynappelbier ontdek:

Rasper of maal 1 pynappel (of die ekwivalent in skille) en voeg dit
by 4,5 L koue water.
Voeg 1,2 kg suiker en 15 ml fyn gemmer by en meng goed.
Bedek dit en laat 24 h by kamertemperatuur (of in 'n warm plek) staan om te gis.
Gooi die bier deur 'n skoon doek, bottel, kurk dit of draai proppe op en verkoel.

Resep om jou eie teedrankie te maak:
Was die pynappel baie goed en sny dit in vierkantige of reghoekige stukke. Ek het ons pynappel geskil want ek wou die binneste sagte dele van die vrug apart gebruik in geregte en garnering vir drankies. Plaas die skille en harde dele in 'n groot genoeg pot met water. Ek het koue water gebruik.

Sodra die skille begin kook, proe versigtig en versoet dan volgens smaak. Ek het rou bruin suiker (omtrent 'n halwe koppie) en 'n lepel heuning bygevoeg. Die resep stel voor dat jy ook kaneel kan byvoeg wat vanself wonderlike gesondheidsvoordele bevat.

Laat die mengsels goed prut (my tee het ek omtrent 'n uur stadig laat prut). Laat effens afkoel en skep die grootste skille uit voordat jy die tee deur 'n sif of moeslindoek gooi. Bewaar in glasbottels vir 'n heerlike verfrissende koue drankie of geniet warm.

Jy kan hierdie tee ook aanvul met vrugtesap vir 'n variasie in smaak.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on October 24, 2019, 11:23:30 PM
Smelt in die mond frikkadelle

(https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/.highres/DSC04012.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/85898476-f57b-428b-b577-f136ef805626)

As jou kleingoed nie lief is vir groente nie is hierdie manier perfek om dit te verbloem! Ek gebruik sommer roerbraaigroentes of 'n gemengde koolslaai asook 'n bietjie spinasie. Kap alles fyn en meng met broodkrummels, sout en peper na smaak indien verkies, 2 eiers, 1 koppie gerasperde kaas van jou keuse. Ek dokter dit dan met 2 vleisblokkies (gebruik soms 1 bees en 1 hoendergeur en dan geen sout verder nie). So lepel elke van jou geliefde sous uit 'n bottel en meng alles baie goed deur. Maak bolletjies en bak tot goud bruin.

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/8a31d47e-5f9a-43f1-b97c-f1012a394d07-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/8a31d47e-5f9a-43f1-b97c-f1012a394d07)

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/8c8fa07b-5d9a-49d5-9f25-06ab50f2803f-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds)

 (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/8c8fa07b-5d9a-49d5-9f25-06ab50f2803f)
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on October 24, 2019, 11:40:52 PM
Tuisgemaakte Weber Patties

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC04429.jpg)

Soek ek na 'n Afrikaanse woord vir 'patties'. Giggel ek vir 'plat frikkadel' en hou maar verby
met die rooinek-weergawe  :icon_biggrin:

As daar nou een ding is wat ek met vertroue kan 'roem' dat dit my spesialiteit is,
is dit hierdie homemade patties. So sappig, geurig en gesond bly dit 'n treffer
resep in ons pandok.

Basies volg ek dieselfde resep as vir gewone frikkadelle met hier en daar 'n verandering.

Vir die patties gebruik ek ook 'n fyngemaakte blokkie vleisgeursel (oxo), teelepel kerrie,
2 knippies sout, 1 koppie gerasperde kaas van jou keuse, 1 eier. 1 gesnipperde ui en
rooi of groen peppers. Soos met die frikkadelle reg ek die maalvleis met gemengde koolslaai
of roerbraai groentes.

Werk alles goed deur met jou hande en maak bolletjies wat jy effens plat druk in die pan.
Ek smeer my pan met botter. Plaas in die weber wat vooraf vir tien minute verwarm is.
Gasverstelling op driekwart. Ons het 'n baba weber. Groot indoenas mag verskil.
Hou jou oog na so 20 minute op die braaiproses en draai die vleisies om.
Bak verder tot goudbruin en geniet!


Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2019, 12:55:09 AM
(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/a284f1b5-5003-4dbb-95eb-a6a59cf31d70-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/a284f1b5-5003-4dbb-95eb-a6a59cf31d70)

Heerlike selfbederf wat jou 'n fraksie van die dollars uit die sak jaag sou jy hierdie by 'n restaurant bestel het. Die kaassous met seekos, rond die roast wat in ons sonstoof gaar gemaak was, perfek af. Voeg nou daarby 'n gesonde pampoenslaai en jy het 'n feesmaal vir twee. Ek hoor graag wat is jou selfbederf-dis. Kom deel gerus.
 :headbang: :notworthy:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2019, 01:18:05 AM
Pampoenslaai.

(https://hosting.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/sonkragstofie%20pampoenslaai_1.jpg) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/a3f42c3c-2b52-4c76-8107-7a3c2f1aca83)

Ons is dolverlief op hierdie slaai. Ek gebruik vars baba spinasieblare en die pampoen kan jy vooraf kook of rooster tot sag met sout en peper na smaak. Frommel feta oor en dan sny jy songedroogde tamaties effens fyner en strooi oor. Die sous van die tamaties word ingespan as 'n slaaisous. Jy kan jou slaai aanvul na hartelus. 
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on November 18, 2019, 12:30:52 PM
Polenta (geelmeel) Pizza

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/ce921653-b07a-4a1f-877d-d55d36acde43-original.jpg?width=1920&height=1080&fit=bounds) (https://beta.photobucket.com/u/raaitjie/p/ce921653-b07a-4a1f-877d-d55d36acde43)

My variasie op die gewilde paptert is die ideale manier om gevriesde oorskiet pap op te dis. Ek sny die gevriesde pap in skywe en plaas dit op 'n gesmeerde pan. Volg dan met 'n laag gerasperde kaas. Ek gebruik 'n mengsel wat vir pizzas geskik is. Hierna plaas jy 'n laag bacon van jou keuse oor. Tamaties &uie in skywe en wat jy ook al in die kas het. Klits 3 tot 4 eiers met sout en peper na smaak, gooi dan bo-oor. Rond af met nog 'n lagie kaas en bak tot die eier gaar is. Sny in skywe en bedien met braaivleis en slaai. Kan ook dien as 'n ligte maal op sy eie.
*Ek frommel ook graag feta oor.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on January 15, 2020, 03:33:30 AM
Twee soorte maalvleis- en groente pasteie uit een pan.

Hierdie variasie van ons maalvleis- en groente gereg was gisteraand heel smaaklik. As Outop 'n duim na bo gee, dan weet ek dit was 'n treffer en kan maar op die Lock pandok se menu verskyn in die toekoms. Die mengsel kan of in pastei vorm opgedis word of net so in lae opgeskep word.

Die groentes was vooraf gegeur na smaak en liggies gebraai in 'n diep pan (ek het een ui en 'n drie-kool-mengsel plus 'n halwe pak spinasie gebruik). Toe dit gaar was, het ek 'n dun lagie parmesan oorgestrooi. Daarna is dit eenkant toe geskuif om plek te maak sodat die maalvleis in dieselfde pan gebraai kon word. Die vleis was apart gegeur met 'n klein bietjie kerrie, sout en peper.

Intussen het ek blaardeeg gebruik en tertdoppe gebak. Na dit gaar was en afgekoel het, was hulle gevul met 'n lagie vleis, dan groente en heel laaste gevolg met 'n skeppie kapokaartappels en weer bietjie gerasperde parmesan. Terug oond toe tot die kaas lekker gesmelt was.

Daar het 'n klompie vleis en groente oorgebly wat ek deurmekaar geroer het en toe in 'n klein broodpannetjie nog 'n pastei aanmekaar geslaan. Die kapokaartappels was heel onder geskep, gevolg met die groente en vleismengsel. Weer so lekseltjie kaas bo oor voordat die laaste repie deeg kepies gesny en bo-oor geplaas was. Gebak tot die degie goudbruin was.

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/maalvleis%20en%20groente%20pastei%205.jpg) (https://app.photobucket.com/u/raaitjie/p/a1e6a747-6c4a-4d3c-a2d1-9f457495f7dc)

(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/2/Maalvleis%20en%20groente%20pastei%20collage%203.jpg) (https://app.photobucket.com/u/raaitjie/p/e5efd9b0-9041-4863-9b23-7cf237ca3944)

Die pasteie vries baie goed en is nog steeds net so smaaklik na dit ontdooi was.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on March 25, 2020, 09:15:48 PM
Njam-njam!  Dit is jou skuld dat my lyf so rond word. 
Ek wonder die laaste paar dae of ek nie sommer net moet laat los en eet tot ek bars nie.  Sê nou net Cerona kry vir my beet?   :icon_scratch:
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on June 30, 2020, 01:41:03 AM
Ek is ook baie naby die punt van oorgee PM  :toothy4: maar voor dit gebeur is ek baie dankbaar dat daar nog lekker resepte is om te probeer  :icon_biggrin:

Hier is 'n resep soet-suur hoender. Waarskuwing, dit is gevaarlik lekker. Die deeg werk 100 persent vir uieringe ook. Dit sal ook 'n heerlike sous en degie wees vir varkvleis. Outop is so beindruk en die Gold Coast kinders wat fynproewers is, ook! Ongelukkig het ek die skakel verloor om erkenning vir die resep wat ons gevolg het te kan gee, so as dit jou resep is, laat my weet groot asseblief!

1 Cup sugar.
1 Cup water.
3 Tbsp white vinegar.
1 Tbsp ketchup.
1 Teaspoon soy sauce.
1/4 Teaspoon red food colouring.
3 Tbsp cornstarch. And if prefer: 1 Small can of pineapple chunks.
Cook all the ingredients together until smooth. Add cooked chicken. We've used diced breasts.

Batter:
1/3 Cup flour
1/2 Cup cornstarch
1 Teaspoon baking powder
Add water to form batter (about 1/2 cup)
Add 1 teaspoon soy sauce and season if you prefer.
Stir well and add chicken.
Let it marinade for about half an hour and cook in hot oil 'till golden. Add to the sweet and sour sauce.
ENJOY!
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: Meraai vannie Baai on June 30, 2020, 02:15:46 AM
Ek vra onverskoning vir die groot fotos. Die program is op die koffie en die ouens werk genadiglik daaraan. Ek kan dit nie kleiner maak op my komputer en weer plaas op die oomblik nie. Hopenlik kry hulle die probleem uitgesorteer.
Title: Re: Kom sit saam aan in Gatkantland (Australia)
Post by: PM on June 30, 2020, 11:46:19 AM
Die foto's se grootte maak die lekker net lekkerder!   :angel4:


Dankie vir die deel matertjie.   :love7: