Die Afrikaanse Forum
Bak en brou => Resepteboek => Nageregte => Topic started by: adele on June 19, 2011, 10:35:53 AM
-
OUTYDSE SOUSKLUITJIES
Kluitjies: Sous:
200g (375ml) koekmeelblom 375ml water
5ml bakpoeier 15ml botter
knypie sout 50ml witsuiker
50ml witsuiker bietjie kaneel
12,5 ml botter/margarien knypie sout
2 eiers, geskei 12,5ml mielieblom
60ml melk
kaneelsuiker
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.
Verroom die witsuiker en botter/margarien.
Klits die eierwitte tot styf.
Klits die eiergele goed en klits dit dan by die eierwitte tot goed gemeng.
Roer dit by suikermengsel en roer dan mengsel beurtelings met melk by.
Meng goed.
Plaas ‘n groot kastrol met so 2 cm water in op die stoof.
Laat die water kook en skep dan dessertlepels van die deeg in die water.
Sit die deksel op en verlaag die hitte.
Laat kluitjies 7-10 minute lank kook tot water weggekook het en kluitjies gaar is.
Skep kluitjies versigtig uit en plaas in vuurvaste bak wat met kaneelsuiker verstrooi is.
Strooi ook kaneelsuiker oor elke laag kluitjies in die bak.
Hou die kluitjies warm terwyl die sous gemaak word.
Laat water kook in dieselfde kastrol waarin kluitjies gaargemaak is.
Voeg die botter/margarien, suiker, kaneel en sout by.
Maak mielieblom met klein bietjie koue water aan en verdik sous daarmee.
Laat die sous goed deurkook en gooi dit oor die kluitjies.
Strooi ekstra kaneelsuiker oor en sit warm voor.
Lewer 6-8 porsies.
:grommit:
-
Mapstieks, hoe lus maak jy my nou! Sodra ek tuis is gaan ek dit probeer Adéle, baie dankie vir die moeite.
-
mmmmm.... dink die een gaan gemaak word, was een van my lekkerste pudings as kind...
ken enige iemand van telefoon puding?
-
Nee WW, ek het nie daai een nie. Dalk is iemand so gaaf om dit te kom deel.
Een ding van souskluitjies maak, is om nie die deksel op te lig voor die tyd verstreke is nie, want dan het jy "kluitjies". :icon_biggrin:
-
sal hom kry en met julle kom deel, nogal heerlik amper soos ayn poeding ken iemand hom?