Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Ans Botha se plek => Topic started by: Ans Botha on July 14, 2014, 08:22:20 AM
-
weer moes ek sê
totsiens
moes ek jou sien gaan
met onsekerheid
in jou oë
weer moes ek toekyk
hoe jy van my wegry
met harseer in my hele wese
wou ek jou keer
maar ek moes jou laat gaan
weer moes ek ‘n traan keer
my kop laat sak
‘n moedersgebed
uit my hart vir jou smeek
weer moes ek jou vlerkie knip
jou toelaat
om die vreemde in te gaan
jou vryheid gee
my in eensaamheid agter laat.
© ANS BOTHA
-
Werklik 'n hartroerende gedig Ansie. Pragtig geskryf matertjie.
-
Dankie vriendin. My dogter het vandag vir die eerste keer nadat haar man twee jaar gelede oorlede is, op 'n ander dorp begin werk. Ek is so trots maar tog so hartseer.
-
dis is so mooi gedig .... ‘n moedersgebed
uit my hart vir jou smeek ...
hoe goed verstaan ek dit nie, toe my seun se meisie met hulle ongebore baba, verlede jaar dood is, het tyd maande lank stilgestaan. Nou werk hy op die dorp naby my en ek is so dankbaar daarvoor.
-
Dankie adele. Ja, ek self het twee kinders in twee dae se tyd verloor, seker daarom dat ek weet hoe die onsekerheid haar opvreet, maar tog ook weet "Nou moet ek gaan" en ek? Ek moet sê "gaan my kind, ek bid vir julle"
-
Die gedig raak 'n mens se hart. Roerend-mooi.
-
Dankie Fransi ek waardeer jou kommentaar meer as wat jy sou dink.