Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Item vir die week => Topic started by: Terry on May 05, 2014, 10:08:26 AM

Title: Kom ons praat BLIKKIES KOS
Post by: Terry on May 05, 2014, 10:08:26 AM
Koop jy gereeld blikkies kos?  Wat is gunsteling en het jy dalk enige spesiale resep waar jy blikkies kos gebruik?

Kom praat gerus saam en deel jou wenke.

Kom ons praat BLIKKIES KOS   :toothy4:
Title: Re: Kom ons praat BLIKKIES KOS
Post by: PM on May 10, 2014, 02:40:12 PM
Leeupoort is effens ver van die beskawing af en daar is nie vars groente beskikbaar nie, daarom het ek 'n verskeidenheid blikkieskos aangekoop. 

Ertjies en mielies werk uitstekend, dan is sampioene ook 'n aanwins.  Blikkies vis sorg ook vir 'n vinnige happie as jy onverwags gaste kry.