Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on April 14, 2014, 07:18:06 PM

Title: Kriekiekoor...
Post by: Angelica on April 14, 2014, 07:18:06 PM
AL die kriekies kriek daar buite
Nie 'n springkaan in sig om te spring.
Mense, die kriekies speel viool vir 'n vale.  Nou die dag een gehad wat vir my ge-serenade het... of so het ek gedink.  Toe sien ek, nee, madam is ook hier onner die tafel.  Dis toe dat ek so jaloers word dat ek sommer die madam met die kannetjie air freshner bykom. Sy het sommer dadelik gevrek. Die vloeksteen.
Toe soek ek vir daai violis en kry hom doer bo teen die gordyn se randjie agter die vou.  Heerlik opgepof stryk hy die stokkie vir sy mistress, maar die is mos toe al oorle'. Ek spuit die kannetjie leeg, maar ta vrek nie.  Ek spuit en hoes en proes, maar die outjie is later net stil en spierwit.  Maar ta val nie.  Moes hom afSKUD.  Toe hy die grond tref, toe wil hy weer skarrel, maar ek kry 'n koerant in die hanne en slaat 'n slaat dat die binnegoed spat.
Nog nie weer een binne gewees.  Skree nou net voor die vensters en deure.  En op alle anner plekke.
Title: Re: Kriekiekoor...
Post by: Louis on April 14, 2014, 08:45:11 PM
en net omdat hy viool speel word hy vrekgeslaan??  ek willie weet wat jy sou gedoen het as die ding heavy metal gespeel hettie  :dontknow:
Title: Re: Kriekiekoor...
Post by: Fransi on April 15, 2014, 10:12:31 AM
"en net omdat hy viool speel word hy vrekgeslaan??  ek willie weet wat jy sou gedoen het as die ding heavy metal gespeel hettie  dontknow "

 :icon_biggrin:
Title: Re: Kriekiekoor...
Post by: Angelica on April 16, 2014, 06:04:35 AM
Kyk, julle het my nou amper hard laat skater... toe doen ek dit maar saggies.  Willie die huishouding wakker maak so vroeg.
Lewies... heavy metal is vir metaalkoppe en torre, nie vir  :angel8: en kriekies.
Ek like nie 'n geraas...   :nono:,  sal sommer die klomp GP-ane hier langsaan ook aanvat oor hul tjol.

Luv u guys.
Title: Re: Kriekiekoor...
Post by: PM on April 19, 2014, 01:17:57 PM
O hallie ha!  Jy klink na 'n "black widdow" spinnekop my matertjie.   :angel4:
Title: Re: Kriekiekoor...
Post by: Angelica on April 21, 2014, 05:56:23 PM
PM,  ek mag, ek is mos nou 'n senior burger....  :icon_biggrin:
Title: Re: Kriekiekoor...
Post by: Meraai vannie Baai on October 19, 2018, 10:48:53 AM
Kriekekoor aka kriekemoor  :icon_biggrin: :hello:
Title: Re: Kriekiekoor...
Post by: PM on October 19, 2018, 10:54:12 AM
Was dit die dag toe Angelica die vioolspeler doodgeslaan het?   :icon_biggrin: