Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Ans Botha se plek => Topic started by: Ans Botha on April 05, 2014, 06:18:40 PM

Title: Neem my
Post by: Ans Botha on April 05, 2014, 06:18:40 PM
neem my op
in jou kolon
vou my toe
in jou kegel

tel my op
hoog hoog
bo die aarde

neem my weg
oor berge en velde heen
tol met my oor
landskappe see
en vreemde lande

neem my
waar die stilte roep
bokkies en voëltjies
met mekaar kwispel

sit my neer
op die hoogste piek
waar net ek alleen
met die wind kan sing

©ANS BOTHA
Title: Re: Neem my
Post by: Fransi on April 08, 2014, 03:26:03 PM
Mooi geskryf.
Title: Re: Neem my
Post by: Ans Botha on April 08, 2014, 09:45:17 PM
Dankie Fransi
Title: Re: Neem my
Post by: PM on April 10, 2014, 09:28:45 AM
Baie mooi Ans.   :hello:
Title: Re: Neem my
Post by: Ans Botha on April 10, 2014, 06:15:52 PM
Dankie vriendin. Lekker om jou weer hier te sien,
Title: Re: Neem my
Post by: PM on April 11, 2014, 07:57:35 AM
Dankie matertjie.  Ten einde laaste het ek my eie internet-toegang en dalkies mag dit nou beter gaan.   :hello2: