Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on March 29, 2014, 11:28:20 AM
-
Na aanleiding van Terry se oproep om ons plaasbrood-resepte te kom deel:
Baie jare gelede, kan so 55+ wees, wen my Pa 'n broodplank by die skou met sy pragtige skape wat tentoon staan in 'n kraaltjie.
Op daardie broodplank staan geskryf: 'Give us this day our daily bread'.
Baie, baie brode word op daardie einste broodplank gesny oor baie jare vir 6 kinders en Ma en Pa en vriende en hordes familie oor plaaskuiers...
Daardie plank is hol van al die gesny daarop en is nou nog te vinde in die huis op Wittedrift (naby Plett) waar ons vele Somers lank al kuier.
Om die waarheid te se, in daardie huis is nou nog baie stukke, soos meubels bv, wat van die plaas af kom.
Wanneer jy daar kuier, is dit om soos in die verlede terug te loop en alles weer te beleef.
-
My pa het ook so 'n plankie gehad waarmee hy ons brode warm gehou het. jy kan eintlik se daai plankie is ook holrug gery. Die plankie het so nou en dan voete gekry en dan kon ons brode so bietjie rus. Na my pa se afsterwe het my ma vir plankie agter 'n kas gekry toe sy strandhuis toe getrek het,
:icon_bigsmurf:
-
Dit is vreemd dat 'n artikel 'n "persoonlikheid" het en 'n atmosfeer kan skep nê! Dit kan 'n mens se onthou gryp en slinger, in die verlede in, nes julle daar sê.
-
Lekker gelees! Broodplankies en paplepels het soms 'n ander fuksie verrig in die opvoedingstaak van weleer ne :icon_biggrin:
-
Hoe ouer ek word, hoe stadiger loop ek terwyl die tyd in 'n jet by my verby vlieg. Soms moet ek stilhou want my aandag gaan na die gisters in my lewe en as ek dan aanstap na more gly ek in die trane van onthou.
Deur die wasigheid van vandag trek die mooi van gister soos magnete aan my voete en die onthou botter my droe broodjie wat die lewe vir my uitgedeel het aan die einde van my cul de sac.
En die onthou maak die pad vorentoe minder slag-gaterig.
Wat sou ons doen sonder die onthou'e van gister?
:icon_bigsmurf:
-
Tussen jou onthou's kruip die mooiste prosa weg!! Ek stem Naas, wat sal ons lewe wees sonder dit?
-
Wonderlik, ons eie Langenhoven wat ons woord lewendig hou.
Al die onthoue is darem nie altyd sleg nie. Ons is net geneig om die slegte te onthou as die ou swart hond agter 'n toe deur sit en blaf!
-
Dit is waar, ons onthou te maklik die slegte maar demmit, dit maak darem baie seer en rowe los letsels wat altyd 'n vinger wys ... onthou jy??
-
Dit is so komies as 'n mens luister na mense wat weer probeer vrede maak. Hulle begin daar waar hulle kwaad geword het vir mekaar. In plaas van vrede krap almal die rowe af en daar gaan hulle maar weer kwaad uitmekaar. Kwater as die eerste keer.
Mense moet leer om nie ou koeie uit die sloot te grou nie. Los die seer agter en begin 'n nuwe blaadjie met 'n beter begrip vir mekaar.
-
Stem 100 persent met jou saam. Daai rowe se afkrap is 'n bose sirkel wat liefs vermy moet word. Dit ook al hoeveel keer gesien, as jy ou koeie uit die sloot grou sit jou turf van vooraf. Hou verby. Verlede is weg, weg, gone with the wind. :icon_biggrin:
-
Gelukkig is die "ou koeie" hier op die forum 'n groot plesier! :icon_biggrin:
-
Dit is geen sopstorie :love7: :hello2: :toothy4:
-
:toothy4: Vir seker nie!
-
Ek is eintlik veronderstel om die wieletjieshuis te pak vir ons wegloop berge toe maar het eers saam 'n gas kom lees en dwaal op toeka se broodplank-onthoue.
-
Ek kom onthou saam, soek saam na holruggeryde planke en paplepels (is juis nou besig om huis-en-bokse-en agterin-kaste reg te pak) en geniet prosa en woorde soos roomys met Eine-kleine-nachtmuzik-likeur daaroor.
-
Die stywepaplepels het die meeste gewerk. En die warmste gemaak... selfs die pap verbrand.
:mumum:
-
Gisters se onthou!