Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => My gunsteling gedigte van die groot meesters => Topic started by: adele on June 17, 2011, 08:43:18 AM

Title: AS DIT FLUIT-FLUIT GAAN
Post by: adele on June 17, 2011, 08:43:18 AM
ons griffel vandag enige struktuurlose werke en vreemde vorms ens.
maar hierdie ritme en rym van AG Visser het my hart al kleintyd gesteel.


AS DIT FLUIT-FLUIT GAAN

Dit was ‘n bitter dag vir my
Die Sondag in die kerk;
Waar ons sit in die middelry,
Word alles opgemerk.

Die dominee hou skielik op;
Die ouderlings kyk om;
Rooi-skaam laat sak my ma haar kop,
Want almal lyk verstom.

Wel, tuis het ek ‘n pak gekry
En huil my byna hees.
Maar dit was darem, glo vir my,
‘n Lekker fluit gewees!
         A. G. Visser

 :grommit:

Title: Re: AS DIT FLUIT-FLUIT GAAN
Post by: Fransi on June 17, 2011, 09:14:22 AM
 :icon_biggrin: dit was nou lekker om weer hierdie gedig te kon raaklees.
Title: Re: AS DIT FLUIT-FLUIT GAAN
Post by: PM on June 17, 2011, 11:00:38 AM
Ja verseker sit dit 'n nog steeds 'n glimlaggie om my bekkie!   :icon_biggrin: