Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Ans Botha se plek => Topic started by: Ans Botha on February 25, 2014, 10:18:43 PM

Title: Wie weet
Post by: Ans Botha on February 25, 2014, 10:18:43 PM
wie weet waar liefde se paaie loop
lewe sy draaie maak
geluk sy weg vind
hartseer sy kepe laat

wie weet hoe liefde werk
sy spore in jou hart laat lê
jou maag laat draai
wanneer oë blink in joune verdwaal

wie weet hoe geluk sy pad gebaan het
tussen liefde hoop en vrede
jou op wolke laat sweef
in ekstase laat jubel en lag

wie weet hoe diep hartseer kom lê
sy kepe soos watervore in jou hart agterlaat
jou kneë laat knak
met smeking in jou oë hom agterna staar

wie weet waar die lewe jou neem
met sy wrede verwoestingstorms
laat hy jou eensaam en alleen agter
in dorre hartseer woestyn

© ANS BOTHA
Title: Re: Wie weet
Post by: Angelica on February 27, 2014, 07:34:05 PM
Ohw... dis mooi.
Title: Re: Wie weet
Post by: Ans Botha on February 27, 2014, 10:37:52 PM
Dankie Angelica ek waardeer opreg jou kommentaar en saamlees
Title: Re: Wie weet
Post by: PM on March 19, 2014, 06:59:42 AM
Die is werklik 'n pragtige gedig Ans.   :hello2:  :icon_salut:
Title: Re: Wie weet
Post by: Ans Botha on March 24, 2014, 09:23:21 PM
Dankie vriendin. Ek waardeer