Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Pasta, aartappels en rys => Topic started by: Terry on February 22, 2014, 12:17:09 PM

Title: Biltong pasta
Post by: Terry on February 22, 2014, 12:17:09 PM
500 ml witsous
30 ml (2 e) groenpeperkorrels
sout na smaak
15 ml (1 e) olyfolie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
500 g sampioene
150 g biltong
250 g pennepasta, gekook en gedreineer

    Meng die witsous en groenpeperkorrels en geur met die sout.
    Verhit die olie en braai die ui en knoffel tot geurig.
    Voeg die sampioene by, roer deur en braai tot gaar.
    Meng die uiemengsel en biltong met die witsous en roer deur die pasta.
Title: Re: Biltong pasta
Post by: Angelica on February 23, 2014, 07:24:43 AM
Klink heerlik.
Title: Re: Biltong pasta
Post by: PM on February 24, 2014, 08:49:13 AM
Maklik om te maak en heerlik om te eet!   :hello2: