Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Helpmekaar => Topic started by: PM on January 08, 2014, 12:45:31 AM

Title: Ek hou op rook.
Post by: PM on January 08, 2014, 12:45:31 AM
Toemaar, ek myself sou dit nooit nie glo nie.   :dontknow:  Ses weke later hou ek nog uit.   :bootyshake:

Ek was moeg vir al die plekke waar 'n mens nie mag rook nie.  Die nuwe goed wat hulle in die sigarette "plant" om nie die bos aan die brand te steek nie, maar dit vat 'n dosie vuurhoutjies om die kampvuur aan die brand te kry!  Die sigaret vrek kort-kort en die as mors orals. Die prys van sigarette wat net op en op gaan.  Met die sigarette wat so vrek kos dit jou net soveel aan aanstekers as aan sigarette.  Rook was nie meer vir my 'n plesier nie. 

Toe hoor ek van Champix.  Slaan dit na op die internet en my hare reis oor al die "spookstories" wat ek lees en besluit dit is nie vir my nie.  Ek is mal genoeg daarsonder.

My broer koop dit toe vir al sy kantoorpersoneel.  Hulle is gelukkig en ondervind nie probleme nie. 
My skoonsus en haar man probeer dit toe ook.  Geen probleme nie.
Hulle beveel dit vir 'n paar ander aan en ook daar kla niemand nie.
Toe ek hoor dat 'n mens nie sommer net op te hou rook nie, maar kan met verdrag ophou, besluit ek om dit maar te probeer.

Werklik, die eerste paar dae rook ek minder as die helfte van my daaglikse kwota.  Die volgende paar dae slegs drie of vier en toe besluit ek dat ek dit kan los en gaan los.  Dit het uitstekend gegaan, maar so nou en dan was dit moeilik om nee te sê. Ek het net voet by stuk gehou en dit gaan nog goed.

Die enigste probleem wat ek ondervind is dat die oggend pilletjie  (een soggens en een saans) my effens naar maak.  Wat ek wel ondervind het is dat as ek die oggenpilletjie op my nugtermaag drink met 'n vol glas water, dan is dit baie beter.  'n Halfuur later eet ek ontbyt, dan is ek reg vir die dag. 

Natuurlik is die algemene nadeel dat 'n mens knaend iets soek om aan te knibbel.  Party mense kou kougom, maar ek het die sopdieët se sop gekook en eet dit as ek knibbelrig raak.  Daar moet mos 'n oplossing wees vir elke probleem.

My huis sal nog altyd 'n "rokershuis" wees.  Ek sal nooit almal om my "non-rokers" wil maak nie.  As jy jou sigaretjie geniet, geniet dit.   :bootyshake:  Hou asseblief net vir my duime vas dat ek kan deurdruk!

Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Fransi on January 08, 2014, 08:03:25 AM
Beide duime. :-)

Ek gaan nou ook bietjie daaroor oplees.
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Jeannedarc on January 08, 2014, 08:34:41 AM
I cannot, for the love of me, even remember all the hardships that goes hand in hand with stop smoking as for me it now is 25 years without. strongs me dear for the next 6 weeks - thereafter it should be better.
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on January 08, 2014, 08:53:46 AM
Dankie julle.  Dit is werklik baie makliker met die pilletjies en dan is Hannes heeldag hier om my te motifeer as ek bietjie "af" raak. 
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: AB on January 08, 2014, 09:48:12 AM
Sterkte, ek hoop jy kan vasbyt tot die laaste dag toe.
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on January 09, 2014, 04:17:05 AM
Dankie AB, ek weet net nie wanneer is die laaste dag nie.  Ek weet van mense wat vir langer as 'n jaar opgehou het en toe weer begin het.  Behoede my!
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: AB on January 09, 2014, 06:02:45 AM
Ja PM, dis nie 'n maklike storie nie. EK het st 8 besluit om op te hou rook en dan vat ek 'n trek by die pel en dan by ander pel, so het dit vir 18 maande aangehou. Toe besef ek dit help nei ek hou op maar af en toe rook ek nog. Desmber vakansie na st 9 besluit ek die hele vakansie gaan ek niks rook nie en seg my neef hy moet my nie eers 'n rookding of trek aanbied nie. Toe dink ek nog na die vakansie sal ek maar weer so af en toe 'n dampie slaan. Na die vaksnie belsuit ek toe dat ek het nou vir 6 weke opgehou en hoekom nie sommer die hele matriek jaar ook nie. Dit was nei altyd maklik nie maar ek het darem elke keer nee geseg. MOet ook sê ek het toe maar sowat 2 jaar gerook en ook nei vreeslik baie nie. AL wat ek toe weer gerook het was die laaste dag in matriek, vra my een pel ek moet darem saam met hom vir oulaas iets rook. Ek het hom 5 jaar later 1 keer weer gesien en toe weer in 2003 en so paar keer daarna en hy rook nog een stryk deur.

strkete mag jy dit volhou, dag vir dag nee seg.
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Fransi on January 09, 2014, 07:39:12 AM
Ja, nou die dag uitgewerk dat ek al vir ongeveer 14 jaar rook. Die langste wat ek al uitgehou het was 'n maand. So baie, baie sterkte en positiewe energie van my kant af.
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Terry on January 13, 2014, 08:50:40 AM
Baie geluk en sterkte PM.  Almal wat my al vertel het van hierdie pille het 'n sukses storie en joune klink vir my dieselfde.  Wel gedaan!   :hello2:
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on January 22, 2014, 09:20:48 PM
Dankie julle.  Dit is nou tien weke vandat ek die pille begin drink het en dit gaan baie goed.  So nou en dan raak ek lus vir 'n rokie maar dit gaan gou verby. Ek het ook die oggendpilletjie met 'n halwe telepel gemmer in 'n bietjie water begin drink en dit help vir die naarheid.  Verder het ek geen probleme ondervind nie, net aan die begin was ek "vreterig", maar die sopdieët se sop het gehelp.  Natuurlik, almal se aansporing help baie.  Baie dankie. 
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Fransi on January 23, 2014, 07:44:46 AM
 :love7:
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Terry on January 23, 2014, 08:55:10 AM
Ek dink die harde tyd gaan dalk kom as julle terug is by die huis PM, maar ek glo jy sal goed doen.  Die feit dat sigarette so duur is daar help ook, ne?  Maar mind you, dit is eintlik net so duur hier!  Ons sal jou bystaan elke oomblik.  En weer eens, baie geluk.   :hello2:
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: AB on January 23, 2014, 10:16:59 AM
ek is bly jy byt nog vas hou so aan
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on January 23, 2014, 09:33:38 PM
Baie dankie julle. 

Ja Terry, ek het ook so 'n idee gekry dat dit moeiliker sal gaan as ek in my eie omgewing is.  Ek het darem die ekstra pak pilletjies om aan vas te byt as dit moeilik gaan en met julle daar naby weet ek ek kan dit doen.  Die sop is ook gaaf, my gewig is nou ampertjies weer waar dit was voor ons vertrek het. 

Die slimkoppe seg as ek drie maande kan vasbyt is my kop deur.  Dit sal oor twee weke wees!  Teen tyd ons terug is in SA sal dit drie maande wees.   :hello2:
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Terry on January 24, 2014, 09:01:27 AM
Yippee   :hello2:  ons kan nie meer wag nie!
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on February 11, 2014, 09:42:40 AM
Hier is ek nou vir die derde dag terug in my eie omgewing en dit gaan nog goed.   :hello2:  Ek dink ek kan nou met 'n geruste hart sê dat ek 'n "non roker" is!  :hello2:   :headbang:
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Ans Botha on February 11, 2014, 09:55:08 PM
Ek is trots op jou PM hou so aan!! Nou het jy jou lewe klaar met agt jaar verleng!! Mmmm so se hulle!!
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Jeannedarc on February 12, 2014, 02:07:27 PM
ek's baie bly dat jy so goed hou and I'm certain that you will continue being a non-smoker, but please do not take a puff again because as the saying goes: once a smoker always a smoker and I can vouch for that.
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on February 13, 2014, 05:15:04 AM
Dankie vir die ondersteuning.  Dit help baie.   
:icon_biggrin:  Ans, nou kan ek sê ek word Saterdag 71? 

Ja ek glo dit goed Natalie.  Ek sal my bes probeer om dit nie te doen nie.  Daar is baie mense wat gedink het hulle kan net "geleentheidsrokers" wees, maar hulle het gou uitgevind dat dit nie so werk nie. 
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Fransi on February 14, 2014, 07:18:09 AM
Mooi! Ek is baie bly vir jou! Ons was nog nie by die dokter vir 'n voorskrif nie, maar dit is in die pyplyn. :-)
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on February 17, 2014, 07:57:35 AM
Ons kuier hier in die bos by Leeupoort en dit is net hier waar mens heeldag sit en niks doen en rook!  Die eerste paar dae was werklik 'n aanpassing en ek het kort-kort gekwyl vir 'n rookdingetjie, maar dit is ook nou beter.  As 'n mens net daardie "gewoonte" kan breek is jou kop deur. 
Ek kan net aanbeveel dat julle die hele drie maande (12 weke) kursus doen en nie voor die tyd ophou soos ek nie.  Ek is mos baie braaf!  My vriende wat die 12 weke kursus voltooi het sê dat hulle nie een dag probleme ervaar het nadat die kursus voltooi is nie.

Baie mense sê hulle het al jare opgehou rook en lus nog nou en dan.   

Ek byt nog vas! 
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Jeannedarc on February 17, 2014, 09:52:42 AM
when I stopped 25 years ago, I said to myself: if I could have a drink without craving a cigarette, I'll know I've stopped and if I could drive to Durban without having a packet of ciggies up to Ladysmith, I'll know for sure. That was exactly what I experienced. As I've said - it's now 25 years and not once have I ever so slightly craved a smoke but there were times where I craved cigars. Thank goodness that is also in the past for the simple reason I couldn't stand that foul taste in the mouth after having puffed on a cigar and the smell too. Me thinks you should start a new book - that might just take the mind off of the ciggies.
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Fransi on February 18, 2014, 07:07:19 AM
Sterkte en ek dink dit is fantasties. :-) Ja, die gewoonte en die emosionele kruk.
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on February 18, 2014, 06:00:26 PM
Dankie Fransi.   Natalie, ek wil net nog sleg wees en rondlê vir 'n rukkie voordat ek met die volgende boek begin.  Soos jy ook kan sien is die ouens nie baie lus vir skryf nie, of is dit nie lus vir deel nie? 

Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Angelica on February 22, 2014, 07:23:47 AM
Kom ons klink 'n glasie daarop...   :hello2:
Dit verg uithouvermoe om op te hou enigiets wat jy al vir soveel jare doen.  Dis harde werk en jy kan harde bene kou (as die tanne dit toelaat.)
Maar ja, dis nodig om met afbrekende dinge te deel en dit van jou weg te stoot.
Die shopping lysie is soveel korter en die beursie soveel bultender, of hoe?
Vasbyt en vasbyt.  Dis die moeite werd.  
Kos smaak lekkerder.  Hoesmedisyne neem die wyk uit die yskasdeur.  Jou beursie is voller.  Jou gordyne, hare, klere, asem, alles ruik weer vars.  En dis 'n feit soos 'n koei. BTW, sien ek hierdie nou die dag as 'n blokkiesraaisel vragie:  Feit soos 'n....  Nogal.
Ek stook behoorlik terwyl ek swanger is en dink aan geen nagevolge vir myself en my baba.
Ek rook nog die laaste halwe siggie terwyl ons ry Knysna Hospitaal toe vir die keiser.
Toe ek daar wakker word na die op en narkose, hoes ek my longe uit en die snytjie wil-wil oopskeur (of so voel dit.)
My baba het erge koliek en bronchitis gehad en ek is daarvan oortuig dat dit my gestook was terwyl ek swanger was.
Ek rook nooit weer bloot omdat ek toe besluit het ek wil nie naby my baba rook, maar ek het ook onthou dat ek hom met nikotien besmet het.
Het al 'n siggie aangesteek, maar die smaak is om van te... blaf.
Rook irriteer my geweldig.  Mense kan in die straat loop en rook en ek ruik dit 'n 100 myl verder.  
Dis 'n juggie gewoonte wat niks goed is.

Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on February 24, 2014, 07:37:17 AM
Lekker om jou weer raak te lees sustertjie.   :hello2:   :love7: 
Ek is nog nie op daardie stadium wat rook vir my sleg ruik nie.  Dit maak my nie lus om te rook as ander om my rook nie, maar ek kry my "aanvalle".  Dit is dalk meer om 'n gewoonte af te leer as wat ek smag na nikotine.  Dit duur net 'n rukkie dan is dit oor. 

Terwyl ek swanger was met my oudste het ek nie gerook nie.  Hy was ook 'n erge koliekbaba, so, dalk het die rook niks daarmee te doen nie.  ???

Dit het werklik net te duur geword om te rook en die prys sal elke jaar net hoger en hoger word.  Ek wil nou net sien waar gaan ons nou belas word, want ek verstaan dat minstens 40% rokers nou nie meer rook nie. 







Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Fransi on April 08, 2014, 03:32:42 PM
Nou die vierde dag sonder sigarette vir ons- dit gaan nog maar op en af. Hoe gaan dit nou met jou, PM?
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on April 10, 2014, 09:26:51 AM
Ag wonderlik Fransi.   :notworthy:  Gebruik julle Champix?

Met my en al my ander vriende (5 van hulle)  gaan dit uitstekend.  Ons is almal eens dat ons so nou en dan dink aan 'n sigaret, maar dit gaan gou verby.  Ek hou daarby dat dit eintlik die gewoonte is wat 'n mens moet afleer. 

Hou ons asseblief op hoogte van hoe julle vorder en bespreek dit wat dalk mag pla.   :icon_salut:
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Fransi on April 10, 2014, 11:48:27 AM
Dankie PM, ja ons drink die pilletjies. Ek is bly dit gaan nog goed met julle almal, dit gee my hoop vir ons. :-)
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on April 11, 2014, 08:07:21 AM
Julle sal onthou dat dit my 'n paar maande geneem het voordat ek gesê het dat ek opgehou rook het.  Ek kon self nie glo dat ek daarin sou slaag nie, of dat ek dit sou kon volhou nie.  Nou is dit bykans 5 maande en dit gaan net makliker.   :bootyshake:
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Angelica on April 12, 2014, 07:26:24 AM
Gewoontes en verslawing is 'n ding wat stadigaan posvat.
Voor jy weet het Gewoonte of Verslawing kloue ingeslaan en as jy dit nie vroegtydig met mening uitruk nie, gaan dit moeilik wees later.
Die alkoholis sal se hy kan sy drinkery beheer, hy drink NET naweke (homself tot in 'n koma).
Ek kan soms 'n hele dag lank geen koffie drink, maar as ek daar lostrek.....   :evil6:
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on April 13, 2014, 08:08:08 AM
Dit vat stadigaan pos en dan vat dit maande se trane om af te leer, maar met Champix was dit werklik baie makliker as om dit op eie stoom aan te pak.  Dit klink of ek Champix bemark.   :icon_biggrin:

Els, ek is nog steeds verslaaf aan koffie!  Waar daar in die verlede geglo is dat koffie baie sleg vir 'n mens is, glo hulle nou dat koffie in groot hoeveelhede baie voordele het. 

Fransi, ek sal graag wil weet of julle enige newe effekte ervaar? 
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Fransi on April 13, 2014, 08:19:05 AM
My man sê hy het net die helder drome newe effek. Ek het ongelukkig amper al die newe effekte, veral die naar voel is nie lekker nie. Tog gaan dit op die ou end alles die moeite werd wees. Ons kan reeds beter ruik en proe. :-)
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on April 13, 2014, 08:28:02 AM
Probeer om die oggendpilletjie op jou nugtermaag te drink met 'n halwe telepel fyn gemmer in 'n vol glas water.  Dit het my werklik baie gehelp. 

O ja, daardie reuk en proe,  dit het nogal 'n groot impak op my ook. 
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Angelica on April 13, 2014, 04:43:55 PM
Sterkte aan almal wat 'n gewoonte of verslawing moet  :violent1:
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Fransi on April 13, 2014, 05:29:41 PM
Dankie PM, ek sal beslis die gemmer probeer. Baie dankie Angelica. :-)
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on April 19, 2014, 01:08:13 PM
Die laaste twee dae was ek lus om te rook, ek het maar geloop en peusel.   :dontknow:  Dit gebeur so nou en dan, maar gelukkig gaan dit gou weer verby. 
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Angelica on April 21, 2014, 06:01:40 PM
Jitte julle, ek moet my koolhidraat-verslawing totnooitweersiens toewaai...  :hello: Huh?
Is dit moontlik?
Wat eet mens in die plek van brood en koffie?
Prof sweer daarby.  Ja, ek weet dit werk, maar hoeveel spandeer jy dan aan al die vet vleisies en bottergebakte eiers en volroom melk en botter en groentes?
Weet julle wat kos groentes deesdae? 
Het julle al gesien hoeveel kos vleis?  En ek koop nooit eens rooivleis.
Genade.
Mag ek maar net een ou snytjie in die oggend saam met my koffie eet?
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Fransi on May 09, 2014, 09:03:39 AM
Sterkte PM, ek is tans 'n vretertjie en nie 'n etertjie nie. 

Baie sterkte Angelica, ek het ook eens stysel, suiker en koffie vaarwel geroep op aandrang van 'n dokter. Dit was twee baie lang jare. 
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on May 09, 2014, 01:49:58 PM
Ek sal ook dringend 'n plan moet maak met my stysel inname.  My enigste ander verslawing is koffie, aangesien rooiwyn vir my baie sleg ruik vandat ek opgehou rook het!  Hopenlik is dit iets wat gou sal verbygaan.   :icon_biggrin:

Kos oor die algemeen, se pryse het ongelooflik gestyg in die laast paar maande.  Dit is 'n uitdaging om 'n mens se begroting te laat klop.  'n Mens sal beslis jou vleistanne moet laat trek.   :crybaby2:
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Anastasia on June 12, 2018, 08:56:52 AM
Lees ek vanoggend hier raak van PM se mooi oorwinning oor die sigarette.  Ek neem aan dit is nog die geval?  Dan dus al 4 jaar lank?  Ai, ek moet dit ook laat staan.  Ek sukkel.  Ek glo dat my Lupus baie beter sal  vaar sonder daardie gifpyle.
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Meraai vannie Baai on June 12, 2018, 10:25:30 AM
Ek het groot respek vir iemand wat ophou rook en deur druk  :notworthy: :icon_salut: Sterkte Anastasia, dink aan jou hoor.
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Anastasia on June 12, 2018, 10:29:47 AM
Ek is nou op die stadium dat ek dit in half sny.  Ek kan nie daardie pille gebruik nie, dit bots met al my ander  baie medikasie.  My man spot my anderdag oggend toe ek staan met my handevol pille afsluk.  Daagliks.  Hy se ek is soos 'n ou Ford, moet eers al die pille afsluk voor ek kan kickstart!   :toothy4:
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Meraai vannie Baai on June 12, 2018, 11:07:37 AM
Ek giggel nou lekker hoor  :headbang: sterkte met die pad vorentoe. Glo jy gaan hom wen.  Ek het een keer in my lewe probeer rook en myself amper versmoor na die eerste 'trek'. Net daar besluit vir die gifpyltjies sien ek nie kans nie. Snaaks genoeg is dit altyd die eerste vraag wat iemand my vra as hulle hoor van die asemdief of die geleende asems sien - hoe lank rook jy al? Dan kry ek sulke half ongelowige kyke as ek se een kale trek aan 'n sigaret was genoeg om my te genees vir ewig  :icon_biggrin:
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on June 16, 2018, 10:00:46 PM
Skuus dat ek hier antwoord.  Hannes wou sy sussie kom kuier hier in Richardsbaai.  (Dit is nou twee weke gelede.)  Hy het siek geword en is nou al tien dae in ICU) Sy ingewande het "ge-opstruktureer"  Ha-ha, of so iets, maar ek belowe julle, dit is nie 'n grappie nie!  Vanaand het ek Bachus ingeroep!  Toe vertel hy vir my dat ek dalkies hier op die forum 'n drukkie of wat kan kry!


Ja, ek het opgehou rook.  Dit sal Oktober 5 jaar wees!  How's that?  Die grootste probleem was die "groot lus" vir die twakkies en die tweede grootste probleem was die "groot vreet!"  Man, soos die sigaretjies bek toe is moes alles in die plek daarvan bek toe gaan!  Wat 'n "desaster"!  Alles het om die heupe saam bymekaar gekom!.


'n Mens moet nou maar net sorg dat jy nie een euwel met 'n ander vervang nie.  Gryp maar 'n glas water of 'n beker ys of altwee! Sterkte!  OPHOU  ROOK  IS  NIE  VIR  SUSSIES  NIE!


Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Naas on June 17, 2018, 07:28:02 AM
((((((O)))))) vir jou en Hannes. Dra my gesondwordwense oor aan my maatjie.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on June 20, 2018, 04:50:03 AM
Dankie Naas. 


Ek weet nie of ek sou ophou rook het as ek weer voor die keuse te staan moes kom nie.  As daar 'n manier was wat ek net 'n rokie na ete kon rook sou ek dit met liefde gedoen het, maar ek weet ek sal dit nie regkry nie, daarom bly ek maar weg.  Ek staan net so kort-kort onder die wind as iemand staan en rook, sodat ek 'n snuifie kan kry.


Aner mense se rook pla my nie en my huis is nog steeds 'n rookhuis. 
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: adele on June 20, 2018, 01:24:35 PM
liefliewe vriendin, goed jy kom vertel ... eishhh, daai pyn is seker onhoudbaar, gee Hannes 'n sagte maar laaannnngggg drukkie van my af ook. en vir jouself, SOMMER BAIE GEBED EN 'N GROOOOT BOS BLOMME.
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on June 20, 2018, 01:38:50 PM
Ek kom nou van die hospitaal af.  Dit gaan baie beter.  Hy moet nog een eenheid bloed kry.  Hulle het nog bloed getrek en weggestuur.  Ek hou maar duime vas dat dit die laaste van die krisis is. 
Dankie vir die liefde, ek waardeer dit. 
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Anastasia on June 20, 2018, 01:58:12 PM
Sterkte, PM.  Ek dink aan julle
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on June 20, 2018, 04:30:51 PM
Dankie matertjie. 
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Meraai vannie Baai on June 30, 2018, 01:35:54 AM
Ai jai jai, lees ek nou van julle hartseer en kommer met Hannes in ICU. Mater ons stuur stywe drukkies en dink aan julle. Hou ons asb op hoogte. Ek het hierdie gisteraand misgelees anders het ek dadelik kom drukkies gee  :love7:
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on July 01, 2018, 06:11:25 PM
Dankie Raaitjie.  Ek het nou gevorder tot hier in Centurion by Gerhard.  Ons rus 'n bietjie dan gaan ek terug Leeupoort toe met my manlief.  Dit gaan baie beter.  Nog 'n paar dae rus dan is hy weer op en wakker.  Dankie vir julle liefde. 
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Meraai vannie Baai on July 01, 2018, 11:27:15 PM
So dankbaar daar is goeie nuus! Gou aansterk en pas julle self mooi op groot assebliefie.
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Anastasia on July 07, 2018, 06:54:13 AM
So bly om te hoor dit gaan beter
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on June 29, 2021, 09:37:26 AM
Agt Januarie 2014 het ek my eerste plasing hier gedoen, ses weke nadat ek opgehou rook het.
Dit is nou sewe en 'n half jaar later en ek plaas 'n sterretjie op my voorkop!  Tot nou toe het ek vas gestaan en nog nooit weer gerook nie.
Ons huis is nog steeds rokersvriendelik.   :hello2:
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: adele on September 14, 2021, 02:13:53 PM
'n Boks vol sterre vir jou  :hello2:   :hello2:
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on September 14, 2021, 06:32:18 PM
Dit is nou agt jaar later en ek byt nog vas!  :hello2:
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Antjie Patat on September 19, 2021, 08:08:30 AM
Liewe PM, jou flippen doring !
Ek het ook gerook, sommer soms vrek baie.
Toe raak dit duurder, en duurder, en daardie oggend hoesie...
Ek besluit toe.... Ekke ken vir myself....'myself' moet eenkeer ophou en nooit weer rook nie, want 'myself' sal dit tweekeer erger vat as ek ophou en weer begin.... want hierdie 'myself' het rook geniet....
Toe koop ek n vol pakie 20 Bennies en Hennies, en n splinternuwe aansteker, maak die pakkie oop, en prop hom met aansteker en al in my broeksak.... en gaan werk... skofte werker gewees.... 12 uur skofte...
En ek loop met daai pakkie hoor, soms soos n cowgirl, met die hand op die onding, reg om te "draw'... dan sak die hand weer.
Verrassend was die eerste 3 dae nie so erg as wat ek gedink het nie, maar die dae daarna, en veral op sekere tye, maar gou gou het die reuk van rook vir my walglik geword.
Ek gee nie om as mense rook by my huisie nie, net op die stoep, waar ons almal kan sit en kuier. Ek het stompies gehaaaaat in die dae toe ek gerook het, en dus nogsteeds. So daar is asbakkies en moenie die stompies op die stoep dood trap nie, dan gaan ek omgesukkel raak.
Iedergeval, het ek n maand so geloop met die ding naby, byderhand, want ek moes hom wen soos in wen...
Toe gee ek die pakkie vir my broer op die eerste dag van na een maand.....
Dis nou 14jaar later, en net soms, net soms...sal een persoon n sigaret op n manier 'trek' en ek sal wegkyk, want dan sou dit vir my voel, dat dit nou lekker sou wees...
So, my duime vir almal wat ophou... xxx
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: Meraai vannie Baai on September 19, 2021, 12:42:27 PM
Lig my hoed en knak my knieg vir julle twee! WOW, dit wil gedoen word. Baie baie trots op julle  :love7: :hello2:
Title: Re: Ek hou op rook.
Post by: PM on September 20, 2021, 03:08:42 PM
Jy is reg Antjie Patat, dit is nie sommer net vir ophou nie.  Soms was ek darm baie lus  vir 'n trekie hoor, maar gelukkig het my mense my baie mooi ondersteun.  Ek het dikwels onderkant die wind gaan staan waar iemand rook, net vir 'n snuifie.  :snorting: