Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Item vir die week => Topic started by: Terry on December 23, 2013, 09:13:12 AM

Title: Kom ons praat KERSETE
Post by: Terry on December 23, 2013, 09:13:12 AM
Baie families het groot Kers tradisies en ander nou weer niks nie.  Maak julle kersdae dieselfde kersete as die vorige jaar of is dit elke jaar iets anders?

Kom vertel bietjie vir ons hoe jou kerstafel hierdie jaar gaan lyk.

Kom ons praat KERSETE   :toothy4:
Title: Re: Kom ons praat KERSETE
Post by: PM on December 23, 2013, 08:49:37 PM
Ons bring gewoonlik elkeen 'n dis of twee, pak dit uit op die tafels en siedaar!

Hierdie jaar kuier ons by "Jongste" en ons het 'n huis op die strand gehuur vir 'n paar dae.  Vriende van Auckland en ander familie kom almal saam en ons maak weer so. 
Title: Re: Kom ons praat KERSETE
Post by: Terry on December 24, 2013, 09:54:21 AM
Hierdie jaar is ons stoksielalleen, want ons familie is almal te ryk om weg te gaan en ons is te arm en bly by die huis..  Wel, nie huis nie, plaas..  Ons beplan prawns vir vanaand en lekker gammon in coke gekook vir more..  Mag almal 'n heerlike Kersfees he! 
Title: Re: Kom ons praat KERSETE
Post by: PM on December 28, 2013, 11:35:02 PM
Ons is nou weer terug in die beskawing.  Hoop julle Kersfees was baie aangenaam.  Het die bure darem kom kuier?
Title: Re: Kom ons praat KERSETE
Post by: Terry on January 13, 2014, 08:45:57 AM
En so is ons ook nou terug by die huis na 'n heerlike 2 weke in die bos.  Ons Kersdag was heerlik rustig met baie lekker kos wat ons vir amper 'n hele week gehou het.  Hoop julle het ook 'n lekker Kerstyd gehad. 
Title: Re: Kom ons praat KERSETE
Post by: PM on January 22, 2014, 09:07:30 PM
Nou sien ek hoeveel kommentaar ek verloor het in die paar dae wat ons weg was. 

Ons kerstyd was heerlik by die see aan die oorkant van die land.   :icon_biggrin:  (Ons het ook 'n see, maar dit is baie koud.)
Na 'n duiseligwekkende veertig kilometer op 'n grondpad tussen die berge deur het ons uiteindelik weer gelykgrond gekry by die see.  Mense, dit is 'n nagmerrie-enkelspoor-kronkel-pad, maar 'n mens kan nie die natuur beskryf nie, daar is net nie genoeg woorde nie.  New Zealand is 'n pragtige land. 
Title: Re: Kom ons praat KERSETE
Post by: Fransi on January 23, 2014, 07:43:46 AM
Ek is bly jy het dit geniet. :-)
Title: Re: Kom ons praat KERSETE
Post by: Terry on January 23, 2014, 08:52:59 AM
Dit klink baie mooi, kan nie wag om al die fotos te sien nie.  En ons tel die slapies af dat julle moet huistoe kom.  SA is leeg sonder julle.
Title: Re: Kom ons praat KERSETE
Post by: PM on January 23, 2014, 10:34:57 PM
Ons geniet die natuurskoon.  Son is maar skaars en dikwels waai die wind dwars deur jou, maar die groen- en blomryk land is 'n skouspel.  Ons het verlede week die Coromandel getoer en dit was 'n belewenis. 

Ons tel ook die slapies en sal hartseer hier weg gaan, maar ek geverlang my land en sy mense.