Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on November 27, 2013, 03:03:33 PM

Title: Vuurpyle
Post by: adele on November 27, 2013, 03:03:33 PM
met sy kunstalent het Hy
jou lang dun blare bekyk
en ’n besondere blom
met sy vingers bedink
na die westerkim ver
het Hy jou toe laat stap
’n emmertjie swaaiend
aan jou stingelpols gebind
voor donkerskemer
moes jy diep skep
uit die verf wat God
vir die mooiste nagsê
van die son gebruik
en in die volksmond
het jy ’n naam gekry
soos vuurpyle gevorm
met styl en kleur
om warmte en liefde
aan ons tuin te gee

 :grommit:
Title: Re: Vuurpyle
Post by: Jeannedarc on November 28, 2013, 08:45:28 AM
very nice
Title: Re: Vuurpyle
Post by: PM on November 28, 2013, 09:17:07 PM
Pragrig geskryf Adéle, ek lief dit.   :icon_salut:
Title: Re: Vuurpyle
Post by: Fransi on November 29, 2013, 06:18:45 AM
Pragtig.
Title: Re: Vuurpyle
Post by: Ans Botha on June 25, 2014, 09:30:51 AM
Baie mooi, en jou foto's is treffend by jou gedigte.
Title: Re: Vuurpyle
Post by: adele on June 29, 2014, 10:49:03 AM
baie dankie Ans   :toothy4:  vir jou.