Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Pasta, aartappels en rys => Topic started by: Terry on November 26, 2013, 11:53:17 AM

Title: Tuisgemaakte gnocchi
Post by: Terry on November 26, 2013, 11:53:17 AM
Ek maak altyd net te veel mash en het na 'n maklike resep gaan soek vir die oorskiet van gisteraand.

Tuisgemaakte gnocchi

Bestanddele:
Oorskiet mash
1 eier
2 koppies meel

Metode:
Ek dink die stap vir stap fotos verduidelik elke stap, behalwe dat jy dan die gnocchi moet kook in soutwater vir so 5 minute.

Bedien op met jou gunsteling pasta sous.

Title: Re: Tuisgemaakte gnocchi
Post by: PM on November 26, 2013, 09:29:24 PM
Dit is soms 'n pyn om vir net twee mense kos te maak.  Hierdie oorskietwenk lyk heerlik, maar ek dink daar gaan ook baie oorbly.   :icon_biggrin:

Ek lief die stap-vir-stap-metode.