Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Kom ons help mekaar => Topic started by: PM on June 12, 2011, 07:12:18 AM

Title: Leestekens in die digkuns.
Post by: PM on June 12, 2011, 07:12:18 AM
Ek het gedink dat hierdie afdeling die regte plek is om 'n bespreking te hou oor die plek van leestekens in die digkuns.

Leestekens in 'n gedig is vir my 'n groot kopseer en ek krap dikwels kop as ek sien hoe dit soms aangewend word.   Kan julle asseblief kom help sodat ons 'n "handleiding" kan opstel oor hierdie onderwerp. 
Title: Re: Leestekens in die digkuns.
Post by: Naas on June 12, 2011, 08:27:42 AM
Ek is bly jy wil 'n hand-leiding opstel om rig-lyne daar te stel want in die digkuns is die gebruik van leestekens nie regied nie.
Dit is egter noodsaaklik dat leestekens effektief aangewend word. Miskien kan Edelweis ons hier uithelp.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Leestekens in die digkuns.
Post by: PM on June 12, 2011, 08:53:08 AM
Daar is 'n goggat-tjie met die naam van Doelloos.   :icon_biggrin:  Die dingetjie vreet gaatjies in my brein.  (Nou weet julle wat my oorgekom het  :icon_biggrin: )   Ek kan verstaan as iemand 'n doel het met die ongewone gebruik van 'n woord of 'n leesteken,  wanneer iets ongewoons 'n funksie verrig en ek kan dit verstaan, dan is dit reg so.  In daardie opsig kan ek verstaan dat "wat-ook-al" nie regiet - stokstyf - moet wees nie.  Soms dink ek dat van ons die gereedskap verkeerdelik gebruik omdat ons nie die reëls mooi ken of verstaan nie.  Ek wil graag riglyne hê, dit hoef nie 'n wet te wees nie,  net riglyne.
Title: Re: Leestekens in die digkuns.
Post by: Fransi on June 12, 2011, 10:28:13 AM
 :hello:

Ek sal bv. graag wil weet van die dubbelpunt en kommapunt: met watter een van die twee begin die volgende woord met 'n hoofletter? Leestekens was nog altyd my Moses. Die rooi in opstelle was gewoonlik by die kommas en so meer. :-)
Title: Re: Leestekens in die digkuns.
Post by: Edelsteentjie on June 12, 2011, 10:41:37 AM
Die dubbelpunt dui aan dat 'n verduideliking gaan volg. Bv

Bid vir my:
Nie vir geld of goed,
Maar dat God steeds
My siel sal bly behoed.

Die digter verduidelik dus hier waarvoor daar gebid/nie gebid moet word nie.

Dan kry jy egter digters soos ee cummings wat van GEEN leestekens of hoofletters gebruik maak nie, nie eens by sy eie naam nie.

Laat my dink aan die ou Hollandse oom wie se vrou hom na 60 jaar ontval. Hy gaan laat maak toe 'n duur grafsteen vir haar en gee opdrag dat die vlg daarop gegreveer moet word:

Hier rust mijn vrou Miet.
In die hemel is sy,
Niet in die hel,
Dat weet ek wel.

Die graveerders kon nie verstaan waarom hy so groot hoe-ha maak van 'n enkele komma vekeerd geplaas nie!

Hier rust mijn vrou Miet.
In die hemel is sy
Niet, in die hel,
Dat weet ek wel.
 :angel12:
Title: Re: Leestekens in die digkuns.
Post by: PM on June 12, 2011, 11:21:19 AM
Hê-hê,  dit wys jou nou net!   :icon_biggrin: 

Ek het verstaan dat, in gewone skryftaal,  die ;  twee sinne aanmekaar voeg.  Dit word gebruik in die plek van 'n voegwoord soos maar, of, ens.  Daar kom nie 'n hoofletter daarna nie. 

Die hoofletters in digkuns is vir my ook moeilik om te verstaan.  Ek het op 'n kol gelees dat digkuns verkieslik net soos gewone skryftaal hanteer moet word,  maar daar kom die kontroversie nou weer in.  Hoe nou gemaak?
Title: Re: Leestekens in die digkuns.
Post by: Naas on June 13, 2011, 09:18:34 AM
Kom ons praat gou die hoofletters deur. In gewone skryftaal dui 'n hoofletter die begin van 'n nuwe sin aan. Enigste uitsondering is wanneer die sin met die lidwoord 'n begin. Dan is die daaropvolgende woord se eerste letter die hoofletter. Dit is ook van toepassing op die eerste letter van 'n selfstandige naamwoord en alle aanspreekvorme van God.
Digters wat dit weglaat het seker 'n rede daarvoor maar dit veroorsaak dat die werk nie altyd so maklik lees nie omdat die sinne inmekaar vloei. Dit kan dan ook, soos in Edelweis se voorbeeld met die komma, tot wyd uiteenlopende interpretasies lei. (Miskien wil die digter juis dit bewerkstellig)
Ons moet egter ook oppas dat ons werk nie deur "Word-griep" aangetas word nie. Die Word-woordverwerkerprogram verander self die eerste letter na elke "enter" in 'n hoofletter. Dit het gevolglik twee uitwerkings op die digter wat dan as "Word-griep" bekendstaan.
1) Die digter gebruik wel kommas en ander leestekens maar al die eerste woorde van elke versreël verander in 'n hoofletter. Die digter kan die funksie afsit maar doen dit normaalweg nie. Ek het veral by Woes agter gekom dat baie gedigte se versreëls almal met hoofletters begin. (Dit gebeur dus omdat die digter sy gedig in Word tik en dan nie die hoofletters gaan regmaak nie.
2) Die digter het gewoond geraak (en lui geraak) aan Word se outomatiese hoofletters en nou tik hy Bv. direk op 'n ander program, soos hierdie forum, en let nie op dat daar geen hoofletters is nie want die woordverwerkerprogam van die forum verander nie die eerste letters in hoofletters nie.

Oppas dus vir Word-griep.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Leestekens in die digkuns.
Post by: Fransi on June 13, 2011, 09:44:15 AM
 :hello:

Baie dankie, nou het ek 'n plekkie om na te kom, wanneer ek weer vashaak met die : en ; ens.

Die komma-ding!  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
Title: Re: Leestekens in die digkuns.
Post by: PM on June 13, 2011, 10:16:26 AM
Dankie Naas.  Die probleempies met "foute" glip mos ongesiens by ons verby. 

Fransi,  ek hoop daai "komma-ding"  is nou opgelos!   :icon_biggrin: :icon_biggrin:

Title: Re: Leestekens in die digkuns.
Post by: Jeannedarc on July 14, 2011, 02:01:59 PM
Hallo Maatjies

Ek het sommer so vinnig gaan brander ry op die web en die volgende opgespoor. Miskien help dit so effens.

Lesinhoud
Punktuasie/leestekens
Die punt (.)
Aan die einde van sinne (wat nie ’n vraagteken of uitroepteken kry nie).
By afkortings, bv. met ander woorde > m.a.w. – die afkorting bestaan uit die
eerste letter van elke woord en kry ’n punt na elke letter voorbeeld > vb. – die
afkorting bestaan uit twee letters uit dieselfde woord en die punt kom dus aan
die einde.
Letterwoorde / Akronieme kry nie punte nie.
BAIE MIN hoofletters wat enkel staan as afkortings, kry ’n punt. (Lees in die
woordeboek)
Afkortings wat uit twee of meer hoofletters bestaan, kry nie punte nie.
DIE VRAAGTEKEN (?)
Na ’n direkte vraag: Het jy jou werk geleer? MAAR:
Ek vra of jy jou werk geleer het. > kry ’n PUNT, want dis
’n indirekte vraag.
DIE KOMMAPUNT (;)
Dui ’n ruspunt aan wat korter is as ’n punt s’n, maar langer is as dié van ’n
komma.
Skei gewoonlik twee sinne wat nie met ’n punt van mekaar gehou word nie.
Bv. Hy is gaaf; sy is vriendelik; tog is hulle ongelukkig.
Die inhoud van die twee sinne pas bymekaar.
Voor die voegwoorde in groep 2: dus, derhalwe, daarom, gevolglik, tog.
Bv. Sy is siek; dus (derhalwe, daarom, gevolglik) is sy dokter toe.
Tussen twee sinne waar die voegwoord weggelaat is.
Bv. Die muur het omgeval; die storm was sterk.
DIE DUBBELPUNT (:)
Voor woorde wat ’n verduideliking is van die sin/sinsdeel wat voor die
dubbelpunt staan.
Bv. Wanneer ek aan my onderwyser dink, dink ek aan een eienskap:
hardwerkend.
Die hoof wil die volgende leerders sien: Mpume, Sunny en Farnaaz.
By die direkte rede.
Bv. Die hoof sê: “Ek wil Mpume, Sunny en Farnaaz sien.”
DIE UITROEPTEKEN (!)
By waarskuwings en bevele.
Wanneer ons ’n gevoel uitspreek, bv. van bly wees, ontsteld wees en kwaad
wees.

LC G10 AFRIKAANS.indb 130 2008/08/13 02:03:51 PM
131
AANHALINGSTEKENS (“ ... ”)
By die direkte woorde by die direkte rede.
Wanneer ’n vraag in ’n toets/eksamen vra: Haal die woord/sin aan wat sê ...
DIE KOMMA (,)
Wanneer ’n paar goed genoem word, bv. name van mense/diere/dinge (s.nwe.)
of beskrywende woorde (b.nwe.).
Wanneer ons iets meer sê van die onderwerp, bv. My vriend, Stephan, sê ek is
snaaks./Stephan, my vriend, sê ek is snaaks.
Na, voor en na of net voor die naam van die persoon met wie ek praat.
Bv. Stephan, ons wil met jou praat.
Ons wil met jou, Stephan, praat.
Ons wil met jou praat, Stephan.
Voor of na woorde wat ek invoeg in ’n sin.
Bv. Asseblief, jy moet my help. Jy moet my help, asseblief.
Volgende week, dink ek, sal ek reg wees vir die toets.
Tussen twee werkwoorde wat by verskillende sinne of sinsdele pas.
Bv. Die meisie wat daar loop, is my suster.
Tussen twee voegwoorde.
Bv. Ek dink dat, as ek hard leer, ek ’n onderskeiding in Afrikaans gaan kry.
Voor voegwoord 3, omdat, indien die sinsdeel na die voegwoord ’n
bywoordelike sinsdeel is.
Dus, na omdat verduidelik ek verder / vertel meer van die werkwoord:
Bv. Hy wil my help (ww.: hoekom?), omdat ek hom met wiskunde gehelp het.
Wanneer ’n sin met ’n voegwoord begin:
Vgw. SUBJ OBJ VERB(S), VERB SUBJ OBJ VERB.
NB: Die enigste voorbeeld waar daar ’n komma voor die voegwoord (groep 1),
en, is:
Stephan slaap permanent, en sy vriende kuier altyd. > ’n komma voor en as
die twee onderwerpe (Stephan / sy vriende nie dieselfde is nie.)
Voor voegwoord groep 3, sodat. Bv. Stephan moet minder begin slaap, sodat
die lewe nie net by hom verbygaan nie.
GEEN KOMMA TUSSEN VOORNAAMWOORDE NIE:
Gaan ons ons toetse more terugkry?
DIE HAKIES ( )
Voor en na informasie wat ek inlas.
Bv. ’n Maand gelede (Januarie) het ek nog baie gesukkel met Afrikaans.
DIE ELLIPS (…)
Waar ons woorde uit ’n sin weglaat: aan die begin, in die middel of aan die
einde van ’n sin.

LC G10 AFRIKAANS.indb 131 2008/08/13 02:03:51 PM
132
Die drie kolletjies staan dan in die plek van die woorde wat weggelaat is. Ons
los hierdie woorde oor aan die verbeelding van die leser.
DIE AANDAGSTREEP ( – )
Wanneer ek ’n sin afbreek en weer aangaan.
Bv. Ek wil jou vertel van – wag, laat ek eers koeldrank ingooi.
Voor ’n laaste opmerking wat jy nog wil maak na ’n volsin.
Bv. Ek het na vyf uur in die winkels tuisgekom – sonder enige inkopies!
Voor en na ’n verduideliking, uitroep, opmerking tussenin, ensovoorts wat jy in
die middel van die sin invoeg.
Bv. Ek het – soos ek jou vertel het – niks in die winkels gesien nie.
Die vraestel waarvoor ek die bangste was – Afrikaans – was maklik.
Na of voor ’n verdere verduideliking van die onderwerp waaroor jy skryf.
Bv. Het ek jou al hierdie storie vertel – die nuwe liefde in my lewe?
Die nuwe liefde in lewe – het ek jou al daarvan vertel?
Voor woorde wat jy herhaal vir die effek of omdat jy dit wil beklemtoon.
Bv. Die winterwind was koud – yskoud en snerpend.
In hierdie klas – hier het ek bloed gesweet met die Afrikaans.
Title: Re: Leestekens in die digkuns.
Post by: Meraai vannie Baai on July 15, 2011, 12:58:46 AM
WOW!!! Jeannedarc  :notworthy:
Title: Re: Leestekens in die digkuns.
Post by: PM on July 15, 2011, 07:02:06 AM
Baie dankie vir die moeite Jeannedarc.  'n Mens kan regrig net nie genoeg van hierdie inligting kry nie.  Ek lees dit oor en oor. 
Die aandagstreep is nog 'n puntjie wat my onder kry.   :icon_biggrin:
Title: Re: Leestekens in die digkuns.
Post by: Meraai vannie Baai on July 19, 2011, 04:08:31 AM
007 (die woorddief) het voorheen 'n leesteken-gedig geskep en kon vandag met hierdie nuwe inligting 'n hernude weergawe skep. Buig ekke laag vir al die aandra en deel van ons skrywersmaters! :book1:  :notworthy:

 
Title: Re: Leestekens in die digkuns.
Post by: PM on July 19, 2011, 10:29:26 AM
Mag ons dit ook sien Raaitjie?   :icon_study:
Title: Re: Leestekens in die digkuns.
Post by: Meraai vannie Baai on July 19, 2011, 10:42:03 AM
Ek het dit vir jou by woordbeiteltjies (50) geplaas matertjie  :bootyshake:
Title: Re: Leestekens in die digkuns.
Post by: adele on July 19, 2011, 12:07:40 PM
ek kan nêrens 'n nuwe topiek begin nie, so kom "reply" ek maar hier, maar eintlik is hierdie 'n wenk op sy eie, nie regtig 'n leesteken nie.

wanneer ons werk tik met 'n skrif waar die  '  voor die n van " 'n " rond is, nie regaf soos hier nie, wys die  '  sy ronde magie na links en dit moet anderom wees, ons skryf dit mos met die ronding na regs.
 daarom moet ons die  '  twee keer tik, dan die "n" soos in ''n
en dan gaan ons terug en "delete" die eerste  '  . dan sal die komma reg wys. dit is raad wat ek gekry het by iemand wat al die BSV [bloemskrywersvereniging] se publikasies druk.
Title: Re: Leestekens in die digkuns.
Post by: PM on July 19, 2011, 12:27:56 PM
Ek kyk gou of ek die probleem kan opspoor Adéle! 
Title: Re: Leestekens in die digkuns.
Post by: adele on July 19, 2011, 12:53:10 PM
dankie, vriendin, ek dog ook ek is oppad na bottelblond toe...    :dontknow: