Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Item vir die week => Topic started by: Terry on October 14, 2013, 09:47:49 AM

Title: Kom ons praat ROOIBOS TEE
Post by: Terry on October 14, 2013, 09:47:49 AM
Baie mense hou van dit en baie nie.  Drink jy rooibos tee?  Kom praat saam en deel jou wenke en resepte.

Kom ons praat ROOIBOS TEE   :toothy4:
Title: Re: Kom ons praat ROOIBOS TEE
Post by: Naas on October 14, 2013, 10:16:38 AM
Oom Bil, my ma se broer op Veldrift gaan gereeld na die plaas waar hulle rooibos kweek. Hy gaan kry die takkies/blaartjies wat te dik is vir die sakkies en dus weggegooi word. Hy trek die uitskottakkies want hy se dis varser en meer gekonsentreerd as die wat jy in die winkel koop. Elke oggend maak hy sy rooibosstee en dan word dit met bietjie heuning versoet en van die suurlemoene uit sy eie tuin se sap kom ook in sy brousel. Sy rooibos brousel is regtig lekker. Hy drink dit deur die dag sommer koud as dit al afgekoel het.
Sy laaste ondersoek by die oogarts moes hy twee keer sit vir die oogtoetse want sy sig het aansienlik verbeter na sy vorige oogondersoek en sy brille kon dienooreenkomstig aangepas word. Deesdae is sy bril meer van sy oe af as op. Hy beweer dat dit die rooibostee is. Dit is dalk waar maar hy eet ook geweldig baie vis en ek vermoed dat die kombinasie van vis en vars rooibos dalk die ding doen vir hom.
Hy is nou 82 en nog op en wakker. vang self vis, bly alleen en sorg heeltemal vir homself.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kom ons praat ROOIBOS TEE
Post by: PM on October 14, 2013, 11:08:03 AM
So nou en dan sal ek 'n koppie rooibostee drink, dan hou ek van melk en suiker daarin.  'n Potjie tee gebrou met helfte gewone- en helfte rooibostee gaan ook goed af. 

Naas, dan sal ek vinnig moet begin rooibostee en vis nuttig.  My oë is nie so sleg nie, dit is my arms wat so
kort word.   :icon_biggrin:
Title: Re: Kom ons praat ROOIBOS TEE
Post by: AB on November 14, 2013, 07:04:00 PM
ek dirnk nkie koffie en engelse tee nie maar wel so af en toe, dlak 3 keer per week rooibos. dis lekker so sonder bitter met beitjie melk in maar bitter en swart sonder melk is idt ook lekker.

het een van julle nie 'n resep  van hoe mens "ice tea" met rooibos kan maak nie?
Title: Re: Kom ons praat ROOIBOS TEE
Post by: Terry on November 15, 2013, 09:58:21 AM
As ek rooibos ystee sommer so uit my kop moet uitdink sal ek se vir 'n liter houer moet jy so 10 teesakkies laat le in kookwater.  Meng 'n halwe koppie suiker by en roer tot opgelos.  Gooi dan yskoue water en ysblokkies by en bedien met 'n gesnyde stukkie suurlemoen.

Maar, hier is 'n resep wat ek kon opspoor:


    20 rooibostee sakkies
    65 ml heuning
    2l water
    125 ml bruin suiker
    250 ml appel sap
    5 star anise
    2 tbs heel swart peperkorrels
    1 kaneel stokkie
   

Kook alles behalwe die appel sap in 'n pot vir so ongeveer 30 minute.  Laat dit koel word en gooi dan deur 'n sif.  Gooi die appel sap by en sit in die yskas tot koud.
Title: Re: Kom ons praat ROOIBOS TEE
Post by: PM on November 15, 2013, 01:35:12 PM
Hierdie is 'n baie lekker resep en 'n mens kan dit met enige sap maak.  Ek lief "berries" en dit gaan goed af.  Vir my wat nie 'n soettand het nie, is die heuning genoeg, dus laat ek die suiker uit. 

Dankie vir die plasing Terry.   :love7:
Title: Re: Kom ons praat ROOIBOS TEE
Post by: AB on November 15, 2013, 03:29:46 PM
Baie dankie. ek kan seker aanpas soos my smaak en dalk minder suiker ingooi. Ek gee nie om om bitter tee te drink nie en probeer minder suiker inneem. dalk is dit met minder suiker nie sleg vir my nie.
Title: Re: Kom ons praat ROOIBOS TEE
Post by: PM on November 17, 2013, 03:30:49 PM
Laat weet vir ons wat is die uitkoms van jou resep.   :love7:
Title: Re: Kom ons praat ROOIBOS TEE
Post by: Meraai vannie Baai on September 13, 2015, 11:03:26 AM
Sien ek iemand druk die plasing en kom nuuskierig loer! Kan julle glo, ek is allergies vir hierdie wonderkuur! Het hom skaars in is daar moleste in my binneste  :icon_bigsmurf: Wonder ek hoeveel ander persone ervaar dieselfde newe effek?
Title: Re: Kom ons praat ROOIBOS TEE
Post by: Jeannedarc on September 14, 2015, 10:38:43 AM
I used to drink rooibos - without milk but with sugar. since I met Earl Grey, I won't drink rooibos, I do not enjoy the taste anymore. I often in summer make me a cuppa by pouring a small quantity of boiling water over Earl Grey, let it stand until very strong and then add the sugar/honey to it with ice cubes and ice cold water. yummy.

yummy yummy yummy I've got tea in my tummy  :angel12:
Title: Re: Kom ons praat ROOIBOS TEE
Post by: Meraai vannie Baai on September 14, 2015, 11:41:33 AM
I love all sorts of green tea  :toothy4:
Title: Re: Kom ons praat ROOIBOS TEE
Post by: PM on September 15, 2015, 11:50:29 AM
Enige tee werk ook vir my.  Ek  kyk nou weer na daardie ystee-resep en ek wonder hoekom so baie op 'n slag?  Word ek nou oud en sien nie meer kans vir so "baie" nie?

Daaie Earl Grey klink lekker!