Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on September 15, 2013, 09:11:31 AM

Title: Jou sin vir humor
Post by: PM on September 15, 2013, 09:11:31 AM
'n Mens se sin vir humor kan jou staande hou. 

By 'n ander onderwerp het ek vertel van die haglike toestand waarin Beaufort Wes se begraafplaas is en dat heelparty grafte weggeval is.
Nou-ja, die van julle wat vir Hannes ken weet dat hy so 'n dro-e sin vir humor het. 

My vraag was of dit die Stadsraad se plig is om die begraafplaas in stand te hou en sy antwoord was:
"Jy kan hulle seker nie verantwoordelik hou as die ouens hulself oopskop nie."

Title: Re: Jou sin vir humor
Post by: Angelica on September 15, 2013, 12:50:40 PM
Lekker giggel ek nou.
Title: Re: Jou sin vir humor
Post by: Fransi on September 16, 2013, 08:03:34 AM
 :icon_biggrin:
Title: Re: Jou sin vir humor
Post by: AB on September 16, 2013, 11:00:17 AM
hehehehe
Title: Re: Jou sin vir humor
Post by: Meraai vannie Baai on November 05, 2018, 12:52:43 AM
Giggel ek nou vir daardie biltong-humor van Hannes.

My sin vir humor het al baie verleentheid tot gevolg gehad. Kan dit nie verhelp nie, so 'sebore'  :icon_biggrin: en Apie se *0'tjie as mobiele- ink-kuns, was een van hulle... oordeel maar self. (Voor jy stenig, verander eers gou die twintig oor agt trek om die mond na twintig voor vier, bloot vir die plesier van humorgaatjies in die lewe.)

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Apie%20se%20gaatjie.jpg)

*0'tjie was ons icon vir gaatjie by 'n ander woeste (gesinkte) forum.
Title: Re: Jou sin vir humor
Post by: AB on November 05, 2018, 06:55:49 AM
ek dink dis oulik, dan het ek en jy seker selfde tipe humor
Title: Re: Jou sin vir humor
Post by: PM on November 05, 2018, 09:20:59 AM
Skreeu snaaks.   :icon_biggrin:   Daar kan my dag nou op 'n hogere nood begin.   :hello2: