Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Eenpotgeregte / Eenbakgeregte => Topic started by: Terry on August 22, 2013, 03:32:00 PM

Title: Maklike eiers
Post by: Terry on August 22, 2013, 03:32:00 PM
Hier is 'n maklike en nuwe (nuut vir my) resep vir ontbyt.  Ek dink nie dit kan makliker raak as dit nie!

Bestanddele:

Eiers
Gesnyde ham
Gerasperde kaas
Gebraaide uie
Sout en peper na smaak

Metode:

Smeer jou muffin pannetjie met botter.
Sit eerste 'n dik lagie ham in elke holte van die pannetjie.  Dan die uie en die gersperde kaas bo-op.  Breek jou eiers bo-oor die kaas en gooi sout en peper op.

Bak vir so 15-18 minute of totdat jou eiers sag/hard is na jou smaak.

Dit sal heerlik wees saam met lekker warm geroosterde brood.
Title: Re: Maklike eiers
Post by: Angelica on August 22, 2013, 07:04:17 PM
Lekker...
Title: Re: Maklike eiers
Post by: PM on August 23, 2013, 04:51:43 AM
O ja, dit is die soort kos wat ek wil maak.  Maklik en heerlik.  Dankie Terry.