Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Karel Grootlieg se ware verhale => Topic started by: Naas on August 05, 2013, 09:47:06 PM

Title: Ouma Wrekkie
Post by: Naas on August 05, 2013, 09:47:06 PM
Tolla het vertel dat hy ‘n rowwe rekkie was wat sy bek met ‘n haelgeweer skoongeskiet het. Maar hy’t nie van my ouma geweet nie. Kyk as hy ‘n rekkie was, was my ouma ‘n broekrek. Daai vrou was nou vir jou rof. As die dag breek maak sy hom heel.
Daai ouma van my het voor haar troue by DF Malan lughawe (nou Kaapstad Internasionaal) gewerk. Sy het die Boeings gekickstart. Hulle het haar egter in die pad gesteek want haar beenhare het die vliegtuie se verf afgekrap. Toe’t sy by HiQ gewerk. Sy het vir hulle bande opgeblaas maar is later deur ‘n kompressor vervang. Toe het sy weer aan die lewe gebly deur haar beenhare vir panelpins te verkoop. Nou moet jy onthoouuu, dit was voor die dae van viagra. Deesdae strooi hulle mos viagra op die grasperke, tel die volgende oggend die erdwurms op en gebruik hulle vir dakspykers. Dinge is ook nie meer wat dit was nie.
Toe is ouma nou met oupa getroud. Ek dink dis omdat hy al die tools gehad het om haar soos ‘n vrou te laat voel. Hy was ‘n boer en ‘n ambagsman. Ouma kon dus sy beldsander gebruik om haar toonnaels in toom te hou en hy het so ‘n klein troffeltjie gehad. Met die troffeltjie, ‘n roller, ‘n verfkwas en ‘n blikkie of twee Dulux weathergaurd kon ouma ook ‘n slag “make-up” dra.
As jy nou dink jou man is onredelik nadat jy sy skeermes vir jou bene gebruik, moes jy my oupa hoor as hy sy angle-grinder nodig het en ouma het dit weer gebruik om haar beenhare te trim. Ek gee toe, ouma het nou wel nie ‘n haelgeweer gebruik vir tandheelkundige higiene nie, nee, daarvoor was sy te vroulik. Sy het elke oggend haar mond skoongeblaas met in Big-Bang klapper.
Tragiese einde gehad, die ouma van my. Op haar 96 ste verjaarsdag hou hulle ‘n groot paartie op die plaas. Hulle het so bietjie gras gerook en blits gevat en gedans. Volgende oggend raak ouma wakker met ‘n bek wat soos ‘n vark s’n smaak. Het glo na drie Big-Bangs moed opgegee. In die waenhuis loop sy toe ‘n ordentlike klapper raak met die naam "Di Na Mite". Sy dag dit is Frans vir “Kry mond skoon” (sy kon nooit juis Frans praat nie) en oupa was te laat om haar reg te help. Twee dae later reen daar 'n duim in St Lucia. Ons vermoed dat dit ouma se duim was.
My ma se suster wat met die Ingelsman getroud is, het die grafsteen laat opsit met die woorde: “Here lies my ma with true blue eyes. One blue this way and one blue that way. May she rests in pieses.
Maar dis nou eers genoeg van ouma. Ek het maar net ‘n oomblik van heimwee beleef en terugverlang plaas toe en ouma-hulle het ook op ‘n plaas gebly tot haar dood toe.

Dis nou al twee dae na ek die storie geskryf het maar ek het so in hom verdwaald geraak dat ek tot nou toe nog nie weet waarheen ek met hom op pad was nie. Ai! Die Alzheimer's Light tog.
“Sorrie.”
Title: Re: Ouma Wrekkie
Post by: Angelica on August 06, 2013, 07:03:11 PM
Hey... julle moet ons vrouens nie so lelik se nie, ok??
 :glasses11:
Title: Re: Ouma Wrekkie
Post by: Meraai vannie Baai on August 07, 2013, 11:52:44 AM
 :angel4: Ek is deur al 26 letters van die alfabet gelag  :icon_biggrin: :hello2:
Title: Re: Ouma Wrekkie
Post by: PM on August 07, 2013, 01:40:14 PM
Lekker gelag Naas, dankie vir die deel, ek wag nog om daardie storie van jou dik tante te hoor.  Het lankal vergeet en jy het belowe om weer te vertel. 
Title: Re: Ouma Wrekkie
Post by: PM on November 10, 2021, 04:07:21 AM
Sien nou net, gaste wat nie praat nie laat 'n mens lees.   :hello: