Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Klein koekies => Topic started by: Angelica on July 13, 2013, 11:59:12 AM

Title: Japtrap Romerige Ment Koekies..
Post by: Angelica on July 13, 2013, 11:59:12 AM
Geleen by 'n vriend van 'n vriend op FB.  Ek eet niks wat ment in is, maar hierdie lyk so vinnig en met die minimum bestandele lyk dit na 'n treffer. Word ook nie gebak nie.  Maklik.  Selfs Ella sal dit kan doen. 


Romerige Ment Koekies
Jy Benodig:
6 E Laevet Roomkaas
¼ T Ment  Ekstrak
4-4 ½  K Confectioners Suiker  (weet regtig nie wat dit in Afr is.)
+- ¼ K Fyn Suiker
Paar druppels Voedselkleursel in geel vir ‘n sagte botterkleur.   (Dalk groen vir ‘n groenment gevoel?)

So Maak Jy:
Klop die roomkaas tot lig en romerig.
Voeg ment ekstrak by
Voeg voedselkleursel by
Meng goed
Voeg Confectionary Suiker  ½ K op ‘n keer by
Klop na elke suiker byvoeg goed tot ‘n stywe mengsel
Maak balletjies van ‘n ½ T op ‘n keer en rol in Fyn Suiker
Druk plat met jou duim of met ‘n vurk
Bêre in die yskas om te rus voor opdien

++++
Title: Re: Japtrap Romerige Ment Koekies..
Post by: PM on July 14, 2013, 09:22:55 AM
Dankie Elle, dit lyk regtig maklik en lekker.  Laat weet as jy dit gemaak het hoor.
Title: Re: Japtrap Romerige Ment Koekies..
Post by: Ah Willa on July 14, 2013, 10:07:35 AM
 :coffee2:
Title: Re: Japtrap Romerige Ment Koekies..
Post by: Angelica on July 14, 2013, 06:57:37 PM
Lekker giggel ek nou vir Willa.    :coffee2:  sal lekker wees, dankie.
PM, ek sien toe ek die reseppie so tik dis net 'n klomp suiker en bietjie roomkaas.  Bietjie soet.  Miskien breek die ment die soet. 
Jong, as ek dit moet maak sal ek die resep eers met bestudeer.  Dan sal ek moet besluit of ek kan.  Dan nog of ek regtig wil. Woelies is dan net hier bo..

 :headbang:
Title: Re: Japtrap Romerige Ment Koekies..
Post by: PM on July 15, 2013, 03:59:57 PM
Gelukkig het ek nie 'n soettand in my mond nie.   :icon_biggrin: