Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Die Konstruksiewerf => Topic started by: PM on July 08, 2013, 09:51:08 AM

Title: Kom help my met aanhalingstekens.
Post by: PM on July 08, 2013, 09:51:08 AM
Die verwarring het my nou goed beet vanoggend.
In Afrikaans gebruik ons "vir aanhalingstekens" en vir Engels 'slegs die enkel aanhalingstrepie.' 

Wanneer gebruik ons die "twee strepies" in Engels?
Title: Re: Kom help my met aanhalingstekens.
Post by: PM on July 08, 2013, 10:01:02 AM
Ek het dit so verander, wie kan my help asseblief?

Ons dogter, Carina, was eens op 'n tyd ook in graad nul.  Sy was in 'n Engelse kleuterskool en gevolglik was die kersspel in Engels. 
Carina was “Angel No 1".  (moet hierdie in 'die enkel' wees?)
 
"En wie is Angel No 2?"  het ek gevra.
 
‘My friend Becky’, het sy geantwoord.
 
‘Who is mother Mary?’ was die volgende vraag.
 
'n Geskokte stilte het gevolg  en daarna 'n uitroep: ‘You should know!  She is the mother of Jesus!  He is our Saviour!’
Title: Re: Kom help my met aanhalingstekens.
Post by: Meraai vannie Baai on July 08, 2013, 10:33:20 AM
Ek self nou verward. Sommige van ons boeke gee dit dieselfde aan as in Afrikaans en ander weer net '.....'  :icon_scratch:
Title: Re: Kom help my met aanhalingstekens.
Post by: Aspoestertjie on July 08, 2013, 12:41:19 PM
Dit hang af waar jy Engels praat. In England is dit 'enkel' aanhalings en in Amerika is dit "dubbel" aanhalingstekens. Altwee is aanvaarbaar in Engels.
Die gebruik is om enkel aanhalingstekens te gebruik wanneer jy reeds tussen dubbel aanhalingstekens praat en jy wil nog iets aanhaal.
bv. Jan se: "Sannie het gevloek ma. Sy het 'Apteek' gese."



 :mumum:
Title: Re: Kom help my met aanhalingstekens.
Post by: Jeannedarc on July 08, 2013, 01:24:32 PM
the English punctuation rules pertaining to quotation marks (inverted commas) are: double " when it's a quotation and when it's a quote within a quote it would be "Mary said 'I will not do this.'" thus it is " ... " for a quote and "... ' ... '" for a quote within a quote
Title: Re: Kom help my met aanhalingstekens.
Post by: PM on July 08, 2013, 01:41:30 PM
Baie dankie julle, ek was nie seker of dit dieselfde is as in Afrikaans nie.  Ek sal dan by die "Afrikaans" hou dan is ek veilig.   :love7:
Title: Re: Kom help my met aanhalingstekens.
Post by: Meraai vannie Baai on November 01, 2015, 12:01:26 PM
Lees ek weer die kostelike vertelling van jou raak saam met 'n besoeker PM. Dankie! Wyd geglimlag.
Title: Re: Kom help my met aanhalingstekens.
Post by: PM on December 09, 2015, 10:12:19 AM
Dit was 'n vertelling van Prof. Jannie, AB se broer, wat ek vir die boek nagesien het. 
Iemand het nou die dag gevra of dit nie 'n moeilike taak is nie.  My antwoord was dat dit maklik is as jy 'n forum vol familie het wat kan help.  :angel7:
Title: Re: Kom help my met aanhalingstekens.
Post by: Meraai vannie Baai on December 09, 2015, 10:14:37 AM
Op ons koffietafel pronk my twee boeke. Ek kan nie wag om dit met my sus te deel nie. Dankie vir groot voorreg om deel te kon wees van hierdie grootse projek. Dit was in die moeilikste tye van my lewe en nie aldag die maklikste persoon om mee oor die weg te kom. Dankie vir jou geduld met my mater.  :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Kom help my met aanhalingstekens.
Post by: PM on December 09, 2015, 10:19:24 AM
Dit is maklik om geduldig met jou te wees matertjie.  Jy weet dan dat ons lief is vir jou. 
Jannas het gister vertel hoe die NZlanders mekaar se foute aanvaar, want anders, vertel hy, is jy mos nou besig om 'n Liewe Jesus te skep.  :toothy4:
Ek seg altoos, vir elke fout wat een van julle hier het, het ek 10 en is baie dankbaar dat julle my nog aanvaar. 
Title: Re: Kom help my met aanhalingstekens.
Post by: Meraai vannie Baai on December 09, 2015, 11:29:39 AM
Amen op jou slim seun se antwoord. Dit is feite. Ons het so baie geleer by die eilandbewoners. Sal altyd vir my 'n hoogtepunt wees. Wie van ons is sonder foute? Nie een nie! En ons mag verskil. Gawie se juis in die week vir my: niemand leer iets by iemand wat saamstem met alles wat jy se/dink nie! So waar ne.
Title: Re: Kom help my met aanhalingstekens.
Post by: PM on December 09, 2015, 11:32:06 AM
Voorwaar die waarheid.  Ons mag verskil en nog lief wees vir mekaar.