Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on June 30, 2013, 06:50:12 PM

Title: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: Angelica on June 30, 2013, 06:50:12 PM

Sit ek Saterdag so en lees in die BY dat ‘hulle’ sê  nà ouderdom 40 word kos ‘n goeie plaasvervanger vir seks….  Sê ‘hulle’ ook dat dit seker die rede is waarom SA mans deesdae so gemaklik is in die kombuis.
‘Hulle’ sê niks van vroue bo 40 nie.  Maar dan, ek sal ook nie kon saampraat nie, want ek is nog nie 40 nie.
Moet sê:  Mans wêreldwyd bo selfs 35 is beter kokke as dames.
(Ek koes.)
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on July 01, 2013, 08:59:18 AM
Hê-hê, jy koes.  My manne is ook bedrewe kokke en dit maak die lewe soveel makliker vir ons vroue. 
Dinge het regtig baie verander vandat ek 'n kinders was.  'n Man het buite gewerk en vroulief moes sorg vir alles binne en die kinders.  Deesdae se pappas help met bad en voed en kosmaak. Dit is 'n fees. 
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: AB on July 01, 2013, 07:00:42 PM

Sit ek Saterdag so en lees in die BY dat ‘hulle’ sê  nà ouderdom 40 word kos ‘n goeie plaasvervanger vir seks…. 


ggmmmfff gelukkig het ek nog nie 'n plaasvervanger nie, is nog jonk getroud.  seker die dat ek nie in die kombuis goed is nie. ek dek darem soms tafel en ek dek amper elke keer af na ete en soms pak ek ook die skottelgoedmasjien en soms pak ek dit uit ook.

ja ek bak soms eiers en kan darem steak, vis, tjops en wors braai maar dis nie in die kebys nie maar in die braaikamer. wat ek wel maak in die kebys en soms in die braikamer, 'n heerlike seekos gereg op die gasbrander en so groot braai plaat.

Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on July 03, 2013, 08:38:44 AM
Dan moet dit die rede wees oor hoekom jy so graag kosmaak as jy op toer is AB.   :icon_biggrin:
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: Jeannedarc on July 03, 2013, 09:09:26 AM
Mmm, eating a very rare (very rare translates to almost raw) steak is very satisfying ... but it can never be a substitute for sex, passionate and orgasmic. Us girls invented the "head-ache" and all sorts of other excuses for not having sex so I guess food also does make a good excuse. and the best is this food excuse is unisex. Ek moet se dat ek al ver verby die 40 merk is en ek skat dat as mens 60 push, dan is fantasmagoriese kos baaaie meer aantreklik dan sex. Oee hoe ruik ek nou daardie ongaar fillet in roosmaryn en knoffel
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on July 03, 2013, 09:39:59 AM
Ek het gewonder wat sal volgende keer, as jy weer kom kuier, op die spyskaart wees, nou weet ek, ongaar fillet in roosmaryn en knoffel.  Dankie tog, manlief kan kosmaak.   :icon_biggrin:

Oupa (dit is nou my vriendin {Marie} se pa,) wat Desember 97 word, ja, ek het nie die syfers omgedraai nie,  97 en hy sê kos was nog nooit so aantreklik vir hom nie.   :icon_biggrin:  Stoute Oupatjie. 
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: AB on July 03, 2013, 06:28:44 PM
Dan moet dit die rede wees oor hoekom jy so graag kosmaak as jy op toer is AB.   :icon_biggrin:

Is oorlat daar nie sex op toer is nie aangesien die vrou nie saamgaan nie.

Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: Jeannedarc on July 03, 2013, 09:14:06 PM
hierdie klink nou ampers soos die doppers ... of is dit nou die hervormers: hulle beweer dat sex sonde is want dit gee aanleiding tot dans en in die geval moet die toer sonde wees want dit gee nie aanleiding tot sex nie
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on July 03, 2013, 11:44:47 PM
 :icon_biggrin:  Nee wag, ek hou my liewers uit kerksake, want ek verstaan nie veel daarvan nie.  Vir my moet dit so werk:
Ons gaan eet uit, drink 'n romantiese botteltjie rooiwyn, geniet 'n heerlike maaltyd, verdrink in mekaar se arms tuis en more word jy wakker met die voëltjies se gefluit in jou ore.   Wat op dees aarde het dit met kosmaak of kerk te doen!    :icon_biggrin:
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: AB on July 04, 2013, 07:17:50 AM
:icon_biggrin:  Nee wag, ek hou my liewers uit kerksake, want ek verstaan nie veel daarvan nie.  Vir my moet dit so werk:
Ons gaan eet uit, drink 'n romantiese botteltjie rooiwyn, geniet 'n heerlike maaltyd, verdrink in mekaar se arms tuis en more word jy wakker met die voëltjies se gefluit in jou ore.   Wat op dees aarde het dit met kosmaak of kerk te doen!    :icon_biggrin:

....mmmmm...het wel als met drank en sex te doen   :evil6:
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: Angelica on July 04, 2013, 05:45:47 PM
Wat, sou julle dink, het 'hulle' bedoel toe 'hulle' beweer het dat kos / kook 'n plaasvervanger vir seks by al hoe meer manlike 40jr plussers is?
Ek hou my maar stupid en trek net skouers op....  :dontknow:
As jy in ag neem dat die land tot byna stilstand kom as Kokkedoor, of enige kook program op is, dan kan ons aanneem dat geboorte-getalle gaan afneem hier so na 2014 se kant. Siende dat ook al hoe meer mans daarna kyk.
Miskien moet ons begin TV's uitdeel aan die massas.
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: AB on July 04, 2013, 10:43:57 PM
Wat, sou julle dink, het 'hulle' bedoel toe 'hulle' beweer het dat kos / kook 'n plaasvervanger vir seks by al hoe meer manlike 40jr plussers is?


ek dink ek kan jou antwoord, maar ek sal eers die antwoord mooi oordink, hiers kinders op die forum ook.
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on July 05, 2013, 06:09:22 AM
Nee wat AB, ek dink nie hier lees kinders nie en indien dit wel die geval mag wees sal hulle sommer self gou vir ons die antwoord gee. 

 :icon_biggrin:  Elle, dit klink na 'n briljante oplossing. 
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: AB on July 05, 2013, 07:24:26 AM
Nee wat AB, ek dink nie hier lees kinders nie en indien dit wel die geval mag wees sal hulle sommer self gou vir ons die antwoord gee. 
 
ek dink nie die kinders sal in die geval vir ons die antwoord kan gee nie want hulle is nog nie 40+ nie. ek moes die antwoord self gaan soek het en gelukkig en genadig is daar tegnologie wat kan help.
sal later as ek kans kry, dlak deur die dag of dlak oor die naweek die antwoord gee. dit kan i lang antwoord wees.
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on July 05, 2013, 07:49:25 AM
Nou toe, ek parkeer my stoeltjie net hier voor die deur.   :wave:  :bootyshake:
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: AB on July 05, 2013, 08:01:30 PM
ok laat ek sien wat sal ek als vertel sonder om te bloos.

dis my mening wat ek hier lug, ander mense kan dlak anders dink. elke mens verskil seker ook.
as ek dit regkry om te reguit praat kan julle dlak bloos, maar ek sal probeer mooi respektabel wees.
in elk geval behalwe 'n kraam geval.
wat was die vraag fo stelling nou weer?
mans ouer as 40 eerder kos maak as seks geniet.

ja die ouerdeom kruip vir almal nader, dag vir dag en voor jy jou oë uitvee is jy 30 en 35 en 40 en 50 ens.

 hier op 38 het ek gewonder wat gaan aan, hoekom is seks nie meer so lekker soos vroeër nie. het toe gedink ek raak moeg vir die vrou en dis haar skuld.
is toe een aand op 'n manne braai en 2 manne, een was so 42 en die ander een so 65. hulle 2 kom toe op die topic van seks en ek luister toe maar net.
noem die ouer man toe nadat die jonger een iets gespog het oor sy prestasie, dat hy praat nei die waarheid nie. KB wat ouer is noem toe vir R wat jonger is en ek wat nog jonger is luister aandagtig. hy seg toe dat oom Kooitjie het hom vertel toe hy wat KB is so 25 was, dat hy gaan hartseer raak oor wat oom Kootjie hom nou vertel.
Oom Kooitjie het vertel dat 'n man se seks lus raak minder en minder en jou orgasmes raak al flouer tot dit later net so effe brandpyn in die hol is. ( ek het geseg julle gaan bloos)
dit was die beste nuus wat ek daaroor gehoor het want toe besef ek dat daar is nie fout by my vrou nie maar by myself. ongelukkig het ek nie geweet wat die oorsaak is nie.

ek kom toe agter ek raak kort van draad, soek skoor met die vrou dat sy my moet uitlos dat ek rede het om nie aandag aan haar te gee nie. heel vreemde optrede in so 'n mate dat ek nie myself ken nie. ek het geweet ek tree verkeerd op maar kon dit nie help nie, voor ek my kom kry doen ek dit weer. gelukkig het se sex nei opgehou nie maar ja dit is soos KB geseg het die orgasme raak weg, voel niks tydens saadstort nie. Bloos julle al?
Dit het my oorgekom en ek het bly wonder wat gaan aan.

Nou is my redenasie dat baie mans op daardie staduim kom en dan besluit nou wat hou seks vir my nog in, niks nie en dan kompenseer hy op 'n ander manier om aandag aan sy vrou te gee en dan begin hy kosmaak vir 'n vale.

Een aand by 'n gesellighied hoor ek 2 omies praat en die een sê iets van seks en die ander een ( skat so 70 jr oud) dat hy op 50 laas seks gehad het, als is dood en kan nie meer lewe kry nie.
( slapielaites of te wel erkektiele disfunksie)

wil julle verder hoor van hoe ek uitgevind het wat fout is en wat ek daaraan doen?
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on July 06, 2013, 05:19:26 AM
Vertel AB.  Dit is dalk 'n sensitiewe onderwerp vir baie mense, maar ek weet wat jy gaan vertel kan vir baie help.  Vertel asseblief. 
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: AB on July 06, 2013, 06:02:25 AM
DIs waar wat jy seg PM dat dit sensitiewe onderwerp vir baie mense is. je ek moet erken vir my was dit ook sensitief en skaam om daaroor te praat maar toe besef ek later dat daar baie mense is wat dieslefde probleem het en dit nie weet nie. dis nie 'n skande as dit jou oorkom nie, ek dink dis eerder 'n skande as jy weet wat fout is en dit weg praat en nie iets daaraan doen nie. Ons almal het tog seksuele behoeftes en dit is so dat baie vroue veral in hulle na 40 jaar ouderom meer behofte daaraan het en dan is dit baie keer juis dat haar man op die ouederom is dat hy nie meer kan nie. ek glo kommunikasie is die bakstene waarmee mens huwelik bou en seks is die sement. mens kan nie net sement gebruik nie en jy kan nie net bakstene gebruik nie, al 2 is nodig om te bou.
in elk geval toe krap ek kop wat is fout. seker 4 jaar lank. dis seker so 8 jaar gelede. daai tyd het ek nog soms op die chatrooms gekuier. so gebeur dit dat ek met 'n apteker gesels op die chat room en vra wat fout kan wees en die antwoord wat ek kry is laat toets jou testosteroon. Nooit daaraan gedink nie maar heng nou is mens skaam. so begin lees ek oor testsoteroon op die internet.

Tik toe in op google: low testosterone symptoms en low testosterone levels.

Kom toe af op verskeie artikels.
kry toe 'n lys wat die simptome vertel onder andere lae graad van depressie, angsigheid, sleg slaap, lae seksdrif, verloor hare op onder bene, en nog paar ander. Veral daai van "grumpy old man" het ek besef ek het daai simptoom. die vrou het gevra ek ek heeltyd PMS het.
Toe wonder ek hoe nou, sal dit vir die vrou moet vertel maar ek is skaam en weet nei wat haar reaksie sal wees nie. ek print dit uit en gee vir haa rom te lees en sy lees dit en seg net: dis jy wat hier beskryf word, sorg dat jy by die dokter kom.
maak toe so, gaan vir duik medies op ceres na dr shorty wat eers hier op ons darop was. hy mag duik medies doen. op die end vra ek hom om bloed te trek en testosteroon te toets. hy lag nog en seg nee man jou familie is baie warm mense ek ken hulle. ek seg weer ek wil hê jy moet die toets laat doen. sjoe dit was swaar gewees om te vra, jy weet mso daai trots wat ons manne het. in elk geval  3dae later bel hy en seg dit is baie laag.

Low Sex Drive

Testosterone is what fuels a man's sex drive. If he's low on "T," he's likely to become less interested in having sex. "Testosterone is what's responsible for 'the grrr factor," says Dr. Abraham Morgentaler, associate clinical professor of medicine at Harvard Medical School and the author of "Testosterone for Life." He says men differ in how frequently they like to have sex. But for men with low testosterone, he says, "It's completely absent."

gaan toe eers na 'n naropaat op die dorp en sy laat toets my DHEA en gee DHEA pille en laat toets weer. DHEA is 'n hormoon wat die testes die boodskap gee om testosteroon te vervaardig.
In elk geval daar is toe geen verandering in my DHEA nie. Toe moet ek 'n nuwe dr kry want my dr is nou op ceres en ek wil nie aanmekaar na hom toe ry nie.
gaan toe na dr esta toe. voel my dit was net makliker om met haar daaroor te praat as met 'n man dr. weer die ego ding. eers het ek testsoteroon inplanting gkery maar dit het nei gewerk nie toe inspuiting, elke 3 weke, en dit raak toe erg om elke 3 weke te spuit en die moodswings van dan laag en dan genoeg en dan weer laag. te veel testosteroon is ook nei reg nie.
nou kry ek elke 10 weke 'n lang termyn inspuiting wat vrek duur is ( R1650) maar hneg dit verander my lewe. ek het sommer weer lewenslus gekry, daai depressie gevoel is verby, seks is weer lekker, en ja daai orgasme gevoel wat verdwyn het is weer terug, en ja 4 tot 5 keer i week is  hopeloos te min. die kinders is mos op universiteit en ons is weer op honeymoon, kry nie genoeg van mekaar nie, slaan omtrnet nie 'n dag oor nie.  voel sommer weer na 'n ware man. dit was nogal erg om 'n papwiel te kry so in die pylvlak. nou help die inspuitings daarten ook.

ek skud net my kop vir my pelle waar ek die simptome kan sien en ek vertel hulle en dan ontken hulle dat hulle probleme het. sommige het my al dankie geseg maar ek weet nei of hulle iets daaraan doen nie. dlak skinder die mense van my wat dit vertel het dat ek probleme het maar heng ek doen ten minste iets daaraan. dan moet hulle maar skinder. die inspuitings het my lewe verander en ja ek soek nie meer skoor met die vrou nie. 

soek gerus op google meer daaroor
ek sien julle vrouens kan dit ook kry.

http://www.cbsnews.com/2300-204_162-10004504.html

http://www.onhealth.com/low_testosterone/page3.htm#what_are_the_symptoms_of_low_testosterone

Up to 9 out of 10 men who have symptoms of low testosterone may not seek treatment. They may attribute their symptoms to other conditions or think their symptoms are a normal part of aging. Guys, if you have symptoms and believe they are having an impact on your quality of life and well-being, talk to your doctor.

Orgasm Trouble

A Testosterone Deficiency Can Cause Big Medical Problems, Including Diabetes, Osteoporosis and Heart Disease

soek gerus meer inligting op die net.

hoop my antwoord help paar ( baie) mense.

Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: AB on July 06, 2013, 06:10:05 AM
lees ook gerus die by die slideshow bo aan

http://www.cbsnews.com/2300-204_162-10004504.html
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: Angelica on July 06, 2013, 06:44:23 AM
Money well spent, AB.
Dankie vir die Share hiervan.  Nie maklik om jou persoonlike dinge op 'n oop werf te gooi nie.  Maar in hierdie geval kan dit iemand help.  Ons is volwasse en lag nie agter ons hande en praat uit die huis nie. 
Diabetes is ook 'n siektetoestand wat ED (Erektiele Disfunksie) kan veroorsaak.  Dan natuurlik die toestand waaraan baie van ons daagliks ly:  Stress en Depressie ens ens.
Klink of jy nie jouself inspuit nie.  Ek weet van 'n man wat homself in die penis moes inspuit om 'n ereksie te kry (hy was 'n diabeet).  Maar dit op sigself is 'n passion killer, want daar moes besluit word of hulle die ding gaan doen of nie en dan die inspuiting en dan voorspel (indien enige) tot die tyd ryp is.
Geen sprake van 'n quickie sommer net daar en dan.  Alles moes beplan word.  Dit was vir hulle baie 'sad'. 
Elk geval, dis 'n inspuiting en 'n ereksie of nie.
Dit help natuurlik as jy openlik met jou partner is oor jou lyf en jou behoeftes en as julle baie close is, is daar altyd 'n oplossing.  Cuddle is vir ons vrouens baie lekker. Dit hoef nie altyd op seks uit te loop.  En dan natuurlik.... is daar stimulasie en masturbasie.  AS jy daarvoor kans sien.
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on July 06, 2013, 06:47:29 AM
Baie baie dankie AB.  Dit is baie insiggewend en ek waardeer jou vrymoedigheid om dit so pertinent te stel.  Mag al die vrouens wat 'n soortgelyke ervaring het, hierdie brief van jou vir hul mans gee om te lees.  Gelukkig het ons 'n paar manne wat sommer self lees.  

Dankie Elle vir die onderwerp en die mooi bydrae.  Ek is seker daar is nog inligting en nog ouens wat iets het om te sê hieroor.  Moenie skaam wees nie, kom deel in die gesprek. 
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: Angelica on July 06, 2013, 06:58:59 AM
EN.....
Dis nie net mans wat 'n probleem kan ontwikkel, ons dames het baie keer ook maar 'n tydjie wat die hormone nie so lekker saamwerk nie.
Ons is mos emosionele diere, wil gecuddle word heeldag om die vloei van die hormone so bietjie aan te help.  Soos hulle se, plug haar al vanoggend in sodat jy vanaand met haar kan stryk. Of soiets.
Die vroulike geslag kan baie wreed wees en seks weerhou van hul partner vir haar eie gewin.  Dit weer kan 'n man laat rondkyk en later rondloop.
Daar is altyd 'n oplossing.  Google is your friend.  Maar doen net iets omtrent dit wat jy/julle beskou as 'n probleem.


Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: Angelica on July 06, 2013, 07:06:45 AM
Feit is, ons is skaam omdat ons nie perform nie.  (Jammer oor die Ingelse woorde tussen-in, maar dit is nou maar hoe ek soms praat.)
Want wat sal die mense se?  Wat sal ons partner van ons dink?  Sal hy/sy ons nie wil los nie?  ens ens ens.
Niemand van ons wil tog 'n failure wees nie.  Maar ons is ook nie Superman en Superwoman nie. Ons is net vlees en bloed en dinge kan soms 'n hupstoot (pardon the pun) nodig he.

Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on July 06, 2013, 07:24:08 AM
Daar is so baie onderwerpe waaroor ons skaam is.  Jy kan tog nie help as jou liggaam 'n "hupstoot"  :icon_biggrin: nodig het nie.  Jy kan wel help as jy weet wat fout is en iets daaraan doen.  

Hier lê baie waarhede "oopgesluit" in julle woorde.   :icon_salut:
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: Angelica on July 06, 2013, 07:56:46 AM
If all else fail.... 
kan jy altyd by die Kerels wat Kook aansluit.
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: AB on July 06, 2013, 08:08:57 AM
nee wat ek lus nog nei om by die kook klub aan te sluit nie.

nee ek mag nie slef inspuit nie, nie eers die suster of apteker mag inspuit nie, net die dokter en ook net met voorskrif en ook nie korter as 10 weke nie. gelukkig hou die inspuiting so 8 na 10 weke.
dit help darem dat ons nie so erg hoef te beplan soos die man van wie jy hhier bo geskryf het nie. dan is daar ook die blou pilletjies wat help. ek het hulle nog nie gebruik nei maar wel 'n ander een wat beter is. viagra werk net 4 ure, dus moet jy beplan. cialis werk 36 uur en dit gee baie tyd, dag en half. dan kry mens cialis wat klein dosis is wat jy elke dag kan neem en als voel weer normaal.
ja vir wat suffer as mens die nuwe tegnologie tot jou voordeel kan gebruik. dit kos als duur, die inspuiting en die cialis maar heng mens mag seker jouself en jou partner bederf, wat is 'n lewe sonder bedpret ( vir my) ek rook nei dus kan ek maar my rook geld op die inspuiting en cialis spandeer. dit werk sowat R1500 per maand uit. ek weet nei wat sigarette kos nie, dlak al R1,50 een?
R1500 deel deur R1,50 = 763 per maand = 25 sigarette per dag. ek weet nie hoeveel rook mense gemiddeld nie. my swaer is al 4 of 5 jaar oorlede en hyt geseg so jaar voor hy oorlede is toe hy ophou rook het hy R1800 per maand uitgerook. ons gaan eet ook nei baie uit nie, dus 2 of 3  keer minder uiteet as gesin kan ook die seks geld ( inspuiting en pille) betaal. hang seker af wat belangrik is in iemand se lewe hoe hy die somme maak.
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on July 06, 2013, 08:19:43 AM
Hoekom betaal 'n mediese fonds nie vir hormoonbehandeling vir mans nie?  As ek dit nie mis het nie betaal hulle dit vir vrouens. 
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: AB on July 06, 2013, 08:21:24 AM
daai een wonder ek ook. dlak is dit nog nie algemeen bekend genoeg nie. miskien as meer mans hulle ego los en die behandeling kry sal daar meer druk op die mediesfonds geplaas word om dit te betaal.
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on July 06, 2013, 08:25:03 AM
Dan sal dit ook meer toeganklik wees. 
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: AB on July 06, 2013, 09:10:23 AM
ja ek het al gewonder hoekom is idt nie snaaks of hoekom kleef daar nie stigma aan 'n vrou wat op hormoon behandeling is nie maar as 'n man idt kry dan is dit anders. dis mos eintlik presies dieselfde.

o ja hoekom die dr die inspuiting moet gee, die atlete gebruik mos ook testosteroon in 100 keer te hoë dosis om te perform en op di eou end is idt nadelig vir hulle gesondheid.
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on July 06, 2013, 09:19:16 AM
Atlete soos in hekkies-spring?   :icon_biggrin:
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: AB on July 06, 2013, 09:45:27 AM
veral atlete soos liggaamsbouers ( ja hulle word ook atlete genoem) en ook swemmers, fietsryers, sommige span sport deelenemers ook.
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on July 06, 2013, 10:19:08 AM
Ek het jou gevang AB.   :icon_biggrin:
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: AB on July 06, 2013, 10:52:03 AM
Ek het jou gevang AB.   :icon_biggrin:

ek word maar baie gevang ek is mos maar 'n ernstige persoon.
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: Jeannedarc on July 06, 2013, 10:59:39 AM
die rede is testosterone is a steroid and therefore on the list of banned substances athletes are not to use. a number of years back at one of the olympic games we saw some of the russian female athletes and they looked like men. they injected with testo and were subsequently disqualified. the same happened in cycling and the guys were disqualified. T or testosterone over and above the normal levels acts like a turbo-booster and therefore give the user an unfair disadvantage. on the other hand - oestrogen is not a steroid and by using oestrogen, the user wont gain any advantage at all. however, i'm of the opinion that if ones GP would prescribe testosterone to a man clearly stating that it's prescribed for an hormonal imbalance, which would be then similar to an hormonal imbalance in women, the medical aid might just pay for it. it would have to be placed under HRT treatment or then hormone replacement therapy.
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: Jeannedarc on July 06, 2013, 11:02:12 AM
my apologies - it should be an unfair advantage over other athletes
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on July 06, 2013, 11:19:46 AM
Dankie Natalie.  Hierdie inligting is belangrik.  Dit sal snaaks wees as 'n mediesefonds dit nie betaal nie.  Jy moet bietjie uitvind AB. 

Ek speel maar net met jou, dit gebeur tog te dikwels met my as ek so ernstig raak.  Soms is ek net te dom om te snap.   :icon_biggrin:
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: Meraai vannie Baai on August 21, 2015, 02:27:01 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/koskook.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/koskook.jpg.html)

Nou weet ek hoekom hierdie prentjie my so getiekel het lol! Nou weet almal hoekom is die twee oues van dae BAIE lief vir saam kosmaak  :toothy4:
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on August 21, 2015, 02:43:21 PM
Ek het nou weer als gelees en besef weereens hoeveel ons by mekaar kan leer.  Net Maandag gaan ek vir toetse!   :icon_biggrin:
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: AB on August 21, 2015, 03:17:20 PM
PM, Toetse vir....die oë om te sien hoe die kos program lyk, of gehoor toetse of hart toetse om te kyk of jy by jouself sal kan byhou?
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on August 21, 2015, 09:54:38 PM
Ai AB!  Ek kan lankal nie meer by myself byhou nie.   :icon_biggrin:  Jy ken mos die storie van die gees is gewillig maar die vlees is swak! 

Maandag gaan Hannes weer vir 'n reeks toetse om vas te stel of die kolonkanker nog steeds iets van die verlede is.  Dan moet sy dokter sommer vasstel of sy hormone nog reg is of nie.  Ek dink hy sal maar 'n bietjie behandeling moet kry. 

Miskien moet ek hom neem met 'n lang vakansie.  Jammer alles in SA is so duur. 
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: AB on August 23, 2015, 07:09:35 AM
Ja soms sukkel ek ook om by myself by te hou. Kan begin voel mens raak nie jonger nie. Ek kry ook nog die testosteroon inspuiting elke 10 weke. DIt laat mens sommer beter voel oor jouself ook. Ek was mos so tydjie gelede in mosambiek. Is eendag apteek toevir malaria pille en sien toe onder die glas op die toonbank pille met die naam  silage.  Die naam se end van agra klink bekend en ek vra of dit viagra is. Ja seg die dame. Sy praat net portugees maar ons verstaan mekaar. Daar is toe nog 2 ander soorte ook....eintlik dieselfde maar net ander name. Die een kos 150 mets en die ander 200  en 250 mets vir 4 pille. Ek koop toe een pakkie van elk om uit te vind of dit werk. Kom toe agter ñ  halwe pil werk ook. Nou het ek deur iemand wat daar woon sommer 20 pakkies bestel. Dis nog in die pos van jhb af. Die 80 pille kos my 1040 rand en posgeld is 140 met post net. As ek dit hier in SA wou koop sou ek Dr voorskrif vir elke 6 pakkies van 2 pille moes kry en een pil hier kos 150 rand. Dis erg hoe duur medikasie hier is teen oor daar
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on September 05, 2015, 04:02:49 PM
Dit is ongelooflik hoe duur  medisyne in SA is.  Ons het op verskeie geleenthede verskillende medisyne ingevoer van ander lande af en soveel as 25% daarvoor betaal.  Hier in SA het jou 'n voorskrif nodig vir baie medisyne wat jy in ander lande oor die toonbank kan koop.  Dit is 'n klug!
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: AB on September 05, 2015, 04:06:42 PM
ek dink hulle beroof ons in RSA en al die jare het ons maar gedink dis die medisyne se prys. Ek glo dis met baie ander ingevoerde goed se prys ook so.
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on September 05, 2015, 05:16:15 PM
Ons oudste voer radiokontrolespeelgoed en sekuriteits-sisteme in.  Daar is soveel addisionele kostes verbonde. Die koopprys.  Invoerbelasting, verkoopsbelasting, doane en aksyns, vervoer van die hawens, ens.  Die items arriveer by doane en aksyns en daar wag dit soms 'n week voordat dit uitgeklaar word, soms langer.  Alles kos geld.  Die eindproduk kos dikwels vier tot vyf keer die prys.  Weereens!  Dit is 'n klug!
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: AB on September 05, 2015, 08:45:00 PM
ek dink baie van die prys lading is doane en aksyns. Dis dalk die rede hoekom ons medisyne so duur is en ons subsidieer die medisyne wat by staats hospitale en klinieke gegee word deur die hoë pryse wat ons moet betaal.
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on September 06, 2015, 02:21:39 PM
Jy is reg.  Ons subsidieer alles.  Hier in Leeupoort betaal ons vir ons eie water sowel as vir die gemeenskap wat in Raputi woon.  Dit is nou die "plekkie" net oor die straat waar almal woon, vanuit Mosambiek, al langs die grense af tot in Nigerie. 

Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on August 08, 2016, 07:36:59 PM
As jy 'n  plaasvervanger vir seks soek sal jy na die kospotte toe moet beweeg.  Jy kan AB se raad volg en sommer die seksding by die horing pak!
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: Naas on August 08, 2016, 11:53:05 PM
Wat is "seks,?"



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on August 09, 2016, 08:24:37 AM
Ja, ek sal ook graag wil weet. 
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: AB on August 10, 2016, 07:49:09 AM
mmm ek sal liewer nie verduidelik nie
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on August 10, 2016, 04:22:05 PM
Ha-ha, dit sal maar moeilik gaan. 
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: Meraai vannie Baai on December 10, 2017, 05:51:01 AM
O die sonde van verveeldheid as die koeie opgedroog het. Sluip ek nou hier in met my hoed en sonbrille.  Die pen se ink waarmee die kruisies op die almanak aangebring was, die pitte in 'n blik en nog so paar aandenkings van morantiese aande het hoeka opgedroog maar die omgee en respek het aanhou blom en liefde in die ware sin van die woord, het rotsvas staande gebly.
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: Naas on December 10, 2017, 06:29:52 AM
Die studente praat nou die dag weer oor kondome.
Ek moes toe waarsku dat die goed nie altyd veilig is nie. Sê toe die volgende: Julle moet oppas vir daai goed. My broer het ook in so 'n plastieksakkie aan gekom.  Ongelukkig was die sakkie stukkend. Die beste advies is, hou jou ding uit gate uit dan bly jou gat uit dinge uit.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: Meraai vannie Baai on December 10, 2017, 07:07:49 AM
 :toothy4: :icon_biggrin: :`ip2:
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: PM on December 11, 2017, 09:07:22 AM
In ons dae was die trouvereistes 11 jaar.  Ons het nie daai probleem gehad nie.
Title: Re: Plaasvervanger vir Seks...
Post by: Meraai vannie Baai on January 23, 2018, 11:15:41 PM
Interessant om te sien wie is besig om ons forum se plasing vir hulle self te bewaar...

Guest   11:08:43 PM   Printing the topic "Plaasvervanger vir Seks...".