Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: PM on June 28, 2013, 10:03:53 AM

Title: Boek titelverse
Post by: PM on June 28, 2013, 10:03:53 AM
Raaitjie, waar is die plasing wat jy gemaak het oor die boeke met die titelverse.  Ek sweer dit was hier en nou kry ek dit nie.
My sein het uitgesny en toe ek terugkom hierheen is dit weg.  ???
Title: Re: Boek titelverse
Post by: Ah Willa on June 28, 2013, 10:06:18 AM
ek het gou die forum gesearch en dit bring net die post op .. dalk is dit iets anders genoem en nie boeke met die titelverse  :angel8:
Title: Re: Boek titelverse
Post by: Meraai vannie Baai on May 20, 2016, 07:53:59 AM
Lees nou die pos raak oor 'n gas se skouer.   :icon_scratch: Ek moet dit nog iewers he  :icon_scratch: Anders sal ek nuwe plasing probeer maak. Spook net eers met paar dinge wat ek klaring voor moet vind dan is ek weer op my pos.
Title: Re: Boek titelverse
Post by: PM on May 20, 2016, 06:37:58 PM
Hoop jy kry gou klaring sustertjie.  Weet net dat ons lief is vir jou.  Die res kan wag.
Title: Re: Boek titelverse
Post by: Meraai vannie Baai on May 25, 2018, 03:45:58 AM
 :`ip2: Opgespoor  :icon_biggrin:

By gebrek aan genoeg Afrikaanse boeke om die titels te rangskik, het ek Engelse titels vanuit ons boekrak gekies.

Viva  Grafica
The artist way
Semi-Permanent
Lovemarks
A sky full of kindness
Access to health

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07351.jpg)

Nog 'n voorbeeld:

His needs, her needs
The skeptics Guide to God
Forgiveness and other Acts of love
The lost recipe for happiness

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07352.jpg)

Hier is my gunsteling  :icon_biggrin:  :icon_bigsmurf:

No angel
Basic instinct
The secret life of Evie Hamilton
a good woman

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC07362.jpg)
Title: Re: Boek titelverse
Post by: Meraai vannie Baai on May 25, 2018, 08:47:55 AM
Daar is soveel voorbeelde op die internet beskikbaar as jy 'Book title poetry' opsoek. Vir die ou wat die titels meer vloeiend wil inspan is die gebruik van 'n skoon papierjas met handgeskrewe woorde blykbaar 'n oplossing. Dalk steel ek iewers tyd en probeer dit. Intussen los ek 'n skakel.

http://annieneugebauer.com/wp-content/uploads/2012/02/The-Book-of-Virtues.jpg

Title: Re: Boek titelverse
Post by: PM on May 27, 2018, 11:50:58 AM
Dit is werklik baie interressant.  Ek het ook die titels geskommel en dit kan ook werk. 
Title: Re: Boek titelverse
Post by: Meraai vannie Baai on January 13, 2020, 12:25:58 AM
Julle sal nie glo HOE ek ons saamspeel tussen lyne mis nie. Lees weer saam oor 'n gas se skouer en kom toe af op hierdie boektitelverse. Wonder ek wie het ook al in die biblioteek gestaan voor 'n rak en probeer om 'n vers saam te stel met die titels voor jou?  Is dit 'n simptoom van 'n woordverslaafde?
 :icon_scratch: :book1: :bootyshake:
Title: Re: Boek titelverse
Post by: PM on March 12, 2020, 02:13:39 PM

Dit is lekker om met titels te speel. 
Ja Raaitjie, dit is 'n teken van woordverslaafdheid.   :love7:

Hier by ons is dit net so stil en eensaam.  Ons spook nou met agt tot tien ure beurtkrag elke 24 uur.  As ons nie krag het nie, dan sit ons dikwels nog sonder water ook.  Geen krag, geen water pomp nie.  Geen internet en geen selfoonopvangs nie.  Die moeilikste vier ure is van elf tot een en van sewe tot nege.