Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Brood, skons en beskuit => Topic started by: PM on June 27, 2013, 11:04:25 AM

Title: Soetbroodjie vir elektriese-broodmasjien.
Post by: PM on June 27, 2013, 11:04:25 AM
Soetbroodjie vir elektriese-broodmasjien. 

Spoel die mengbak met warm water uit om dit te verhit. 
Voeg die volgende bestanddele een vir een (in volgorde) in die middel van die pannetjie by:
330 ml louwater
1  eier, nie geklits nie
3  eetlepels botter  (ek smelt die botter tot sag)
2  telepels sout
5  eetlepes suiker
4  koppies wit broodmeel  (1 kg) (kamertemperatuur)
Maak 'n gaatjie in die middel van die meel en voeg
1  en 'n half telepels droĆ« gis daarin
2  eetlepels volroom melkpoeier
Stel die masjien op 900gr of vir 'n groot brood.  (Verskillende make het verskillende verstellings.)
Dit neem drie ure om te bak. 

Ons is nie lief vir soetbrood nie.  Hannes het dit so aangepas:

3  telepels sout
2 en 'n half eetlepels suiker
3  eetlepels melkpoeier

As iemand nog reseppies het sal ons dit graag wil deel. 
Title: Re: Soetbroodjie vir elektriese-broodmasjien.
Post by: Terry on June 27, 2013, 04:58:18 PM
Dit klink heerlik PM.  So 'n tuisgebakte broodjie warm uit die oond met 'n lekker dik laag botter.  ooohh lekkkerrr.  Ek dink ek sal die hoeveelheid suiker so hou as ek dit self maak, ek is mos lief vir 'n soeterige brood. 

Dankie vir deel van hierdie resep.
Title: Re: Soetbroodjie vir elektriese-broodmasjien.
Post by: Meraai vannie Baai on June 27, 2013, 11:25:40 PM
Meisiekind kom weer kuier en haar kleingoed liefff soetbroodjie. Gaan hom aanslaan in die broodmasjien, want dit is nou hopeloos om Outop se gewone resep te laat rys buite in die koue. Duisend dankies vir die deel matertjie!
Title: Re: Soetbroodjie vir elektriese-broodmasjien.
Post by: PM on June 28, 2013, 05:14:28 AM
Goed so, ek sal graag 'n foto wil sien wanneer dit klaar is. 
Title: Re: Soetbroodjie vir elektriese-broodmasjien.
Post by: Meraai vannie Baai on June 28, 2013, 06:05:09 AM
Boek jou plek hehehehe!  :notworthy:
Title: Re: Soetbroodjie vir elektriese-broodmasjien.
Post by: Ah Willa on June 28, 2013, 10:20:50 AM
ons het ook 'n broodmasjien - die model naam is JanDink alias Andre ... maar dit is nie 'n elektriese model nie,
die model gebruik nog die hande om mee te kniee ... en man is dit nou lekker brood wat dit, oops hy bak ...

Soetbroodjie en volgraanbroodjie ... maak nie saak nie ... heerlike broodjie
Title: Re: Soetbroodjie vir elektriese-broodmasjien.
Post by: PM on June 28, 2013, 11:45:12 AM
Hierdie masjientjie kom baie handig te pas as 'n mens min tyd op hande het Wils.  Moet ek erken  :color: vandat die masjientjie werk knie ek nie meer nie.