Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Die Inligtingkantoor => Topic started by: PM on June 26, 2013, 01:35:33 PM

Title: Ek is baie jammer
Post by: PM on June 26, 2013, 01:35:33 PM
Julle ouens, ons het 'n probleem ervaar met die forum se pos.  AndrĂ© het dit vanoggend herstel en ek vra groot skuus vir die ongerief van al die kennisgewings. 

Ek het 'n paar aansoeke gemis, maar hopelik is die ouens nie te kwaad vir my nie.  Sodra almal net weet dat hulle hartlik welkom is en dat dit nie is omdat ons hulle weggewys het nie. 

Baie dankie vir julle geduld.    :love7:
Title: Re: Ek is baie jammer
Post by: AB on June 26, 2013, 05:58:57 PM
ek het hulle begin oopmaak en gesien baie is ou goed en baie is ou goed waarvan ek al vergeet het, dlak kan ons weer lewe in sommige inskop op die manier
Title: Re: Ek is baie jammer
Post by: Angelica on June 26, 2013, 07:32:53 PM
Ek sien daai ding en wonder toe wat ek alweer verkeerd gedoen het.
Sjoe.... :argue: :boxing:   gedog dis my voorland.
Title: Re: Ek is baie jammer
Post by: PM on June 27, 2013, 08:00:59 AM
Goeiste AB, ek het seker 5 000 gekry!  In daardie tyd wat dit my sal neem om deur alles te gaan kan ek nog 'n boek skryf.   :dontknow:
Title: Re: Ek is baie jammer
Post by: Ah Willa on June 28, 2013, 10:15:42 AM
Gelukkig het JanDink agtergkom voordat ek eers geweet het .. en omdat hy langs my rekenaar sit ... het hy alles skoon gehad voordat ek 'n oorval gekry het ... maar ek het gesien 'n paar ou e-mails het in my inbox gewag ... seker die paar wat hy gemis het ...

ja so 'n ding kan nogal lastig wees PM ... en daarom moet mens gereeld update and upgrade ... vra hom maar gereeld wanneer laas forum se agter die skerms se binnestes opgradeer is want soms hou die direkteur van tyd hom so besig dat dit sy kreukelkammer ontsnap.