Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on June 15, 2013, 11:24:49 AM

Title: Ek vier Lewe...
Post by: Angelica on June 15, 2013, 11:24:49 AM
Ek vier vanoggend Lewe met flapjacks en Lyle's Golden Syrup. 
Geroosterde flapjacks gesmeer met botter en sulke dik, goue spirale stroop. Heerlik druppend teen die warm flapjack af.
Maandag drink ek koffie en geselfs met 'n pasient en sy vrou wat die spreekkamer besoek.
Vrydag skakel sy my om te se dat hy die vorige dag, Donderdag, in die hospitaal opgeneem is met bronchitis en later die nag oorlede is.  Baie vinnig.
Ek is verstom. Ons het dan 4 dae gelede nog saam gekuier...
Vanoggend neem ek wasgoed na die wassery en vra terloops waar die dame is wat my altyd help by die toonbank om wasgoed te weeg ens.
Sy is drie weke gelede skielik dood van 'n longembolis terwyl sy oppad was die oggend werk toe. Nee!! 
Albei hierdie mense is my ouderdom. Ons almal, skynbaar, gesond. 
Of is jy gesond en dan skielik nie meer?
Ek sal Mnr Brand en Ina nie vergeet.  Hulle het 'n kwaliteit kwartuur saam met my spandeer die laaste keer wat ek met hulle verkeer het.
So, vanoggend vier ek Lewe.
Ons is een sekond.  Die volgende is on nie meer.
Enige sekond kan my, of jou, sekond van laaste hartklop wees.

Title: Re: Ek vier Lewe...
Post by: PM on June 16, 2013, 09:00:43 AM
Dan skink ek my bekertjie koffie vol en eet 'n "flapjackie" saam met jou. 
Ons het gister laat by die huis gekom van ons 2 dae vakansie af.   :icon_biggrin:  Dit was tien dae maar het net soos twee gevoel.
Die griep het my eerste plat getrek en toe natuurlik vir Hannes.  Nou voel ons darem beter. 
Ons gesels toe so oor 'n ander ouma en oupa wat ons aangeneem het.  (Ons vir hulle)  Oupa word 96.  Hulle seun moet sy motor se sleutels wegsteek, want kry hy dit in die hande ry hy winkels toe.   :icon_biggrin:
Ouma kan nie bestuur nie.  Daardie jare het vrouens nie leer motor bestuur of langbroek gedra nie.   :icon_biggrin:
Ek wonder of ek die voorreg sal hê om my oudste se 70ste verjaarsdag by te woon.   :icon_scratch:
Title: Re: Ek vier Lewe...
Post by: Meraai vannie Baai on June 17, 2013, 12:15:36 PM
Met my vingers styf geswel en plek-plek blou (ek leer hekel  :headbang:) kom ek ook die saam met julle die lewe vier maters. Jou woorde het my getref Engeltjie: Ons is een sekond.  Die volgende is ons nie meer.
Enige sekond kan my, of jou, sekond van laaste hartklop wees.
Title: Re: Ek vier Lewe...
Post by: Angelica on June 17, 2013, 01:15:10 PM
Ek leef op aanlyn platforms saam met vriende, vriendinne, ander kommentators wat nie altyd dieselfde as ek voel nie en ons soms mekaar in die hare vlieg.
Ek sou graag wou leef saam met 'n asem wat ek kan hoor as die persoon lag, sommer net saam met my grap....
Dikwels, en meer dikwels as nie, wil ek alleen wees. 
Maar dan is daar soms wat jy saam met 'n ander persoon die lewe daar buite wil ervaar. 
Meeste van die tyd dink getroudes jy wil indring en egte vriendskap is baie skaars.   :dontknow:
Dis asof daar net nie meer tyd is vir vriendskap nie. 

Title: Re: Ek vier Lewe...
Post by: Meraai vannie Baai on June 18, 2013, 07:33:17 AM
My aanlynvriendskappe vir my kosbaar en my eie ou asempie saans verruil ek vir niks onder die son. Elke sekond wat ons saam gegun word, 'n Skat sonder weerga. In die buiteland maak mens nie maklik vriende nie en sonder my maters in die tuin, sou ek verlore gewees het Angelica  :love7:
Title: Re: Ek vier Lewe...
Post by: PM on June 18, 2013, 08:03:49 AM
Diwels hoor ek hierdie ding van jaloerse vrouens wat "enkel dames" as 'n bedreiging vir hul huwelik sien.  Hoe siek is dit tog nie.  Ek lief my enkel vriendinne en Hannes lief hulle.  Hulle maak ons lewens ryk en lekker!   :hello2:
As Hannes jaloers moes wees op ons enkel mansvriende sou dit vir baie vermaak gesorg het.   :icon_biggrin:

My lewe bestaan meer as dikwels net uit die kontak wat ek met julle het.  Sonder die internet-tegnologie sou ek loshande die eensaamste mens in die heelal gewees het.   :icon_scratch:  Ek is beslis nie gebore om alleen te wees nie.
Title: Re: Ek vier Lewe...
Post by: Meraai vannie Baai on June 18, 2013, 08:16:06 AM
Sniksnik. Dit is so jammer dat jaloesie vereensaming veroorsaak julle  :crybaby2:
Title: Re: Ek vier Lewe...
Post by: Meraai vannie Baai on February 18, 2018, 10:54:39 PM
Ons het juis die afgelope naweek gesels oor dieselfde onderwerp. Skokkend as jy hoor hoeveel van die niggies en neefs ook al die die knie moes knak vir die laaste maal. Wat my telkens verstom is dat dit nie altyd die ou is wat 'n jarelange stryd teen skeet en kwaal het, wat die lewe groet nie. Super fikses sak in hulle spore neer. Morsdood.  Vandag vier ek dus die Lewe saam jou Elle  :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Ek vier Lewe...
Post by: PM on February 19, 2018, 11:57:47 AM
Dit is erg ja.  Vanoggend is een van ons vriende dood aan 'n hartaanval.  Hy is gisteraand opgeneem en ons het vanoggend die tyding gekry.  Hy is nie meer.  'n Vrou en ses kinders!
Title: Re: Ek vier Lewe...
Post by: Naas on February 19, 2018, 12:27:58 PM
Ja... Selfs ons volgende asemteug is nie gewaarborg nie.  :dontknow:  :angel7:


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ek vier Lewe...
Post by: Meraai vannie Baai on February 20, 2018, 10:22:40 AM
So so waar Naas.
Title: Re: Ek vier Lewe...
Post by: adele on February 20, 2018, 10:55:15 AM
Hierdie is nou loshande die mees sinvolle gesprek vir hierdie tyd in ons lewe want jong mense kom mos nie hier aansluit en saamgesels nie. Maar sowaar, ons lewe is een sekond, want die vorige een is verby en die volgende is nie gewaarborg nie.

Ek het gister reeds so in die ry gewonder (ek moes na 'n ander reservaat toe ry) wat gebeur wanneer jou laaste asem ingetrek word .... ek het iewers sin vir gewone gedagtes verloor en skielik baie na aan God gevoel, met Hom gesels en weer besef hoeveel ek uitsien na die Hemelse lewe hierna.

Sniksnik. Dit is so jammer dat jaloesie vereensaming veroorsaak julle  :crybaby2:
En hierdie gedagtelyn is so vrek waar, dis hartseer verby. Ek beleef mos nou weer die erns daarvan. Ek het dan opgehou om by al ons dierbaarste vriende op die dorp te gaan kuier want ... ek is alleen. En o ja, wat maak dit saak, my vriende weet mos ek gaan nie verder man soek nie en beslis nie 'n getroude man nie, maar .... dit werk nie so nie. As jy alleen is, is jy alleen. 'n Man kan nog saans geselskap by 'n alleenvriendin gaan soek, 'n koffie of 'n uiteet, maar waar sou ek nou heengaan. En as jou posisie so is dat jy alleen op die platteland is, is dit fataal. Ek het so alleen geraak, dat mense nou vir my sê ek het amper asosiaal geword. Nou maak ek 'n punt daarvan om te luister en gesels wanneer ek by 'n groepie mense moet inskakel. Maar dit het ook net begin omdat ek weer deels op die dorp bly.
Title: Re: Ek vier Lewe...
Post by: PM on February 27, 2018, 11:29:16 AM
Wat is jaloesie nou eintlik?  Dit is 'n persoon wat so onseker is van hom/haarself en so min sekuriteit (onsekerheid) het, dat dit sy/haar lewe vergal.  Dit is 'n gevoel dat jy dit wat joune is gaan verloor.  Dit is besitlikheid, want ons besit mekaar nie. 
As my man eendag iemand ontmoet met wie hy wil saamleef, sal sy geluk vir my eerste kom. 

Solank jy net weet dat die gedrag nie teen jou gemik is nie.

Ek hoop van harte jy sal gou weer 'n maatjie kry Sustertjie. 
Title: Re: Ek vier Lewe...
Post by: adele on February 27, 2018, 05:31:53 PM
mmmm, lief PM, hoekom dink jy is ek deesdae weer op die dorp?
Title: Re: Ek vier Lewe...
Post by: Meraai vannie Baai on February 27, 2018, 11:13:04 PM
Geniet die dorp liefste mater.  :love7: Wens ek was naby dan sou ons jou beslis gereeld oorgenooi het. BAIE lief vir kuier en geselsskap. So jammer dat kleingeestigheid en jaloesie 'n wig indryf tussen enkelinge en paartjies  :crybaby2:
Title: Re: Ek vier Lewe...
Post by: PM on February 28, 2018, 09:20:20 AM
Mooi so my life matertjie.  Ek weet daar is baie eensame mense orals en ek glo julle sal mekaar vind.
Title: Re: Ek vier Lewe...
Post by: adele on May 21, 2018, 05:46:07 PM
hier onder, 'n plasing of drie af, is my leidraad, Raaitjie, oor ek deesdae meer gereeld op die dorp is. Ek kuier, ek koester en ek sien weer mense. Ek kan rondloop en gesels en vriende oornooi na 'n plekkie toe. Daar waar ek weer geliefd voel ... tog mense, dis moeilik om uit jou kokon van selfsugtigheid te breek, om uit jou 'confort zone' te klim. maar vriende maak dit darem so klein bietjie makliker  :love7:   :toothy4: 
Title: Re: Ek vier Lewe...
Post by: Meraai vannie Baai on May 21, 2018, 10:56:47 PM
Soooooooooo bly en opgewonde vir jou part :love7: :hello2: :notworthy:
Title: Re: Ek vier Lewe...
Post by: Meraai vannie Baai on November 15, 2018, 08:49:20 AM
Vanaand vat ek Adele se woorde met my saam en leef voluit in dankbaarheid, sekond vir sekond!

 "... ons lewe is een sekond, want die vorige een is verby en die volgende is nie gewaarborg nie."