Die Afrikaanse Forum
Bak en brou => Resepteboek => Tradisionele geregte => Topic started by: adele on May 29, 2011, 08:41:49 PM
-
BONE-BLATJANG
1 lb bone halwe t peper
4 groot uie 4k suiker
1 bottel asyn 2e kerrie
5 groot tamaties 1e sout
maizena naeltjies
borrie
Kook bone en uie in asyn tot sag.
Kap in stukkies en voeg tamaties by.
Voeg by peper, suiker, kerrie, sout, 10-15 naeltjies en borrie.
Voeg maizena laaste by.
GEELPERSKE-BLATJANG
1,5kg geelperskes 125ml bruinsuiker
2 gekapte uie 15ml kerriepoeier
3 rissies 15ml borrie
1 bottel asyn 15ml sout of na smaak
7,5ml wonderpeper 1 klein knoffelhuisie
Skil perskes, verwyder pitte en kap fyn. Kap uie fyn.
Plaas alle bestandele in kastrol en kook tot dik.
Skep in skoon flesse en verseël.
APPELKOOS-BLATJANG
1,4kg ryp appelkose 10ml sout
1 groot ui 10ml gemmer
½ knoffelhuisie 5ml mosterd
450g pitlose rosyne 3ml rooi peper
450g suiker 1 bottel asyn
Maal appelkose, ui en knoffel.
Voeg alle ander bestandele by en kook stadig tot mengsel sag en dik is.
Roer af en toe.
Bottel en verseël.
GEELPERSKEPIEKELS
2kg geelperskes 30ml kerriepoeier
6 groot uie 2-3 rissies
125ml bruin suiker 1½ bottel asyn
15ml wonderpeper paar koljandersade
Skil perskers en uie.
Plaas perskes in bak en bedek met sterk soutoplossing.
Laat oornag. Gebruik 500g sout op 4,5liter water vir oplossing.
Dreineer perskes en uie volgende dag.
Verwyder pitte en sny perskes en uie in skywe.
Kook saam met die res van die bestandele tot dik.
Laat koud word, skep in gesteriliseerde flesse en verseël.
SULTANA BLATJANG
6lb (2,5-3kg) druiwe 1e borrie
2.5lb(1-1,5kg) uie 1,5e kerrie
1.25bottel asyn 1e sout
2.5lb(1-1,25kg) suiker 1,5e mielieblom
Kook asyn, sout, suiker en uie vir 15 minute.
Voeg speserye by en kook 30 minute.
Gooi druiwe by en kook 30 minute.
Meng mielieblom met bietjie asyn en roer by.
Kook goed deur en bottel warm.
:grommit:
-
Baie dankie Adéle! Hierdie resepte is uit die boonste rakke!