Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Klein koekies => Topic started by: Terry on May 28, 2013, 02:13:02 PM

Title: Grondboontjiebotter sjokolade koekies
Post by: Terry on May 28, 2013, 02:13:02 PM
Julle sal dit nie glo nie!
GEEN MEEL, GEEN OLIE, GEEN WIT SUIKER!
Grondboontjiebotter sjokolade koekies  

Bestanddele:

1 1/4 koppies blikkies kekerertjies (chickpeas), goed gewas en droog gemaak met kombuispapier
2 teelepels vanilla ekstrak
1/2 koppie grondboontjiebotter
1/4 koppie heuning
1 teelepel bakpoeier
knypie sout
3/4 koppie opgekapte melksjokolade

Metode:

Verhit jou oond tot 350°F / 175°C.

Meng al die bestanddele behalwe die sjokolade in 'n voedsel verwerker (ek dink dit is Afrikaans vir food processor).  Maak seker als is deeglik fyn, roer so nou en dan en verwerk verder.

Meng nou die sjokolade in en roer met 'n houtlepel. Die mengsel behoort baie dik te wees.

Met nat hande, rol klein balletjies en sit in 'n oondpan wat gesmeer is met bietjie botter. Bak hulle vir ongeveer 10 minute.

Jy sal so 14 happies maak met hierdie resep.

Title: Re: Grondboontjiebotter sjokolade koekies
Post by: Fransi on May 28, 2013, 11:44:53 PM
Dit klink heerlik!
Title: Re: Grondboontjiebotter sjokolade koekies
Post by: Meraai vannie Baai on May 29, 2013, 12:03:00 AM
Ongelooflik! Nie gedink dit is moontlik nie Terry. Stem saam met Fransi. Dit klink heerlik  :toothy4:
Title: Re: Grondboontjiebotter sjokolade koekies
Post by: PM on May 29, 2013, 07:40:40 AM
Baie dankie vir die deel Terry.   :bootyshake: