Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => My gunsteling gedigte van die groot meesters => Topic started by: Gawelina on May 12, 2013, 07:43:51 AM

Title: Ma - Antjie Krog
Post by: Gawelina on May 12, 2013, 07:43:51 AM
MA – Antjie Krog

Ma, ek skryf vir jou ‘n gedig
sonder fensie leestekens
sonder woorde wat rym
sonder bywoorde
net sommer
‘n kaalvoetgedig

want jy maak my groot
in jou krom klein handjies
jy beitel my met jou swart oë
en spits woorde
jy draai jou leiklipkop
jy lag en breek my tente op
maar jy offer my elke aand
vir jou Here God.
jou moesie-oor is my enigste telefoon
jou huis my enigste bybel
jou naam my breekwater teen die lewe

ek is so jammer mamma
dat ek nie is
wat ek graag vir jou wil wees nie
Title: Re: Ma - Antjie Krog
Post by: PM on May 12, 2013, 08:28:31 AM
Dankie vir die deel Gawie. 
Title: Re: Ma - Antjie Krog
Post by: PM on August 13, 2013, 11:41:23 AM
Hierdie pragtige gedig van jou is al naby 500 keer gelees.  Dit is uitmuntend Gawie.   :hello2:
Title: Re: Ma - Antjie Krog
Post by: Anastasia on July 18, 2015, 02:36:17 PM
Antjie Krog is so 3 jaar my snr en was al die jare n rolmodel.  Het julle gelees wat sy egter onlangs te brake gehad het oor ALLE witmense se skuld oor apartheid en dat ons plig is om vir 'retribution' die toilette in die lokasie behoort te skrop?  Ai, seniliteit is n lelike ding
Title: Re: Ma - Antjie Krog
Post by: Meraai vannie Baai on July 19, 2015, 09:55:32 AM
Kan jy nou meer? Ek hoop sy volg haar eie siniele voorbeeld. Ek skuld niemand niks nie en hou verby met 'n lied in die hart.