Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Liedjies uit die oude doos => Topic started by: Naas on May 01, 2013, 03:28:45 PM

Title: Die rosie van die Vrystaat
Post by: Naas on May 01, 2013, 03:28:45 PM
Oorspronklik gesny op 78 plaat. Ongelukkig ken ek nie die sanger nie en Google ook nie.

Daar's 'n rosie in die Vrystaat
ek gaan nou terug daarheen,
My hart is vol verlange,
Ja net na haar alleen.
Sy't gehuil toe ek daar weg gaan
en sy moes agter bly,
nou gaan ek na die Vrystaat
om die roos te pluk vir my.

Sy's die mooiste roos op aarde
die beste wat ek ken.
Haar ogies blink soos sterre
dit het my hart gewen.
Jul kan praat van al die nooitjies
van lande oor die see,
maar die rosie van die Vrystaat
het haar hart aan my gegee.

Die aand toe ons geskei is
onder die helder maan,
het sy aan my belowe,
net voordat ek moes gaan
dat as ek eendag terugkeer
ek haar nog daar sal kry.
Nou gaan ek na die Vrystaat
om die roos te pluk vir my.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die rosie van die Vrystaat
Post by: Angelica on May 01, 2013, 04:09:45 PM
Bloem in die Vrystaat word nie verniet Roos-hoofstad genoem.
Title: Re: Die rosie van die Vrystaat
Post by: PM on May 02, 2013, 03:14:00 PM
Baie dankie vir die deel Naas.  Ek wonder of Annie die antwoord ken. 
Title: Re: Die rosie van die Vrystaat
Post by: Meraai vannie Baai on May 18, 2021, 11:00:38 PM
Marius de Vos: Die Vos Broers het plaatopnames gemaak tussen 1947 en 1968. Die drie broers was Nic, Koos & Hendrik Vos, en dan het twee vriende ook onderskeidelik saam met hulle opgeneem nl. Chris Botha en Bertus (Petrus) van Wyk. Hulle het ook saam met Betsie Pretorius opgeneem. Dis interessant om te let dat Koos en Hendrik op hierdie debuut-78 van hulle se oorspronklike druk as die Vos Broere aangegee word. Die fout is dadelik reg gemaak op die plaat se tweede druk en verander na Broers, wat dan hierdie "foutiewe" druk baie kosbaar maak. (Trek - AC 733 - 1947 / A = Rosie Van Die Vrystaat - B = As Die Roosboom Weer Sal Bloei) Aldrie die legendariese broers is reeds oorlede.

https://www.youtube.com/watch?v=edL3TPYJ0So

Hier is die liedjie gesing deur Boet en Ellie Jacobs 
https://www.youtube.com/watch?v=ImQ9GGo_Duw

Title: Re: Die rosie van die Vrystaat
Post by: PM on May 21, 2021, 08:01:15 AM
Goeiste, ons het so lank laas gesels ek sal myself eers moet voorstel.   :hello2:   


Dit was die goeie ou dae.