Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Waar is jy? => Topic started by: Meraai vannie Baai on April 22, 2013, 12:46:18 AM

Title: Ons gaan toer.
Post by: Meraai vannie Baai on April 22, 2013, 12:46:18 AM
Ons gaan hierdie week die wieletjieshuis hak en die pad na die Noorde vat vir drie salige weke. Die volgende paar dae gaan ek min tuis wees en kom solank vroegtydig groet. Ons het nie verdwyn nie  :icon_biggrin: 
Title: Re: Ons gaan toer.
Post by: PM on April 22, 2013, 08:02:44 AM
Dankie dat jy laat weet Raaitjie.  Geniet die welverdiende ruskansie, bring die foto'tjies hoor dat ons kan saam toer. 
Title: Re: Ons gaan toer.
Post by: Fransi on April 22, 2013, 08:24:51 AM
 :hello:

Geniet dit! :-)
Title: Re: Ons gaan toer.
Post by: Meraai vannie Baai on May 16, 2013, 11:29:45 AM
Ek kan nie glo dat drie salige weke alweer verby is nie  :crybaby2: ons het 'n fees gehad so tussen die vasval in die sand en met die geklik van klikbekkies, is oomblikke weer bewaar wat ons nou aan die gang moet hou tot die volgende kampsessies. Soveel om op te vang, my poskoetsie loop oor want ons het net genoeg sein gehad om 'n sms te kon stuur aan kind & kie waar ons die wieletjieshuis staangemaak het tydens die toer Noordwaarts. Lekker om weer terug te wees  :hello2:
Title: Re: Ons gaan toer.
Post by: PM on May 16, 2013, 12:06:52 PM
Welkom welkom terug.  Ek het jou so gemis!    :hello2:  Sal jou tyd gun om jou voete te vind, dan wil ons foto's sien.