Die Afrikaanse Forum
Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: Meraai vannie Baai on April 17, 2013, 01:24:54 AM
-
Spesiale dank aan PM wat hierdie pronkstruktuur van Naas benoem het.
Die gedig en naam, spreek vanself as voorbeeld.
:hello2: :notworthy: :icon_salut:
Breiwerk
Klik klak, klikketie klak, klik klak...
taam po ennep eid iaaws seimtiR
en onder rek die patroon al langer
.yrk eikkelp eie ys keets ekle soos
Haar hande gekrom van ouderdom
sregniv rued low gidneheb feew
om vorm aan trui patroon te gee.
.kenlor ,smra ,tnapretga ,tnaprooV
Steek na steek word rye van liefde
uokretniw neet etmraw ni tisegmo
en nou gekoester in die wolkoekon
diehnegrobeg edervet eid ke raavre
Soos ongeborene in moederskoot.
© Naas
-
Lees ek oor 'n gas se skouer weer saam en wonder hoe lank het dit jou geneem geboorte te skenk aan hierdie aweregse skepping Naas?
-
Omtrent net so lank as wat dit my ma gevat het om 'n trui te brei. Moet darem erken ek het in die proses 'n hele paar steke laat val. Dankie tog vir rekenaars anders sou ek alles weer moes lostorring.
-
Tot my skande gaan ek erken - het probeer en liederlik die pot misgesit. Al my steke verloor :icon_bigsmurf:
-
Dit was altyd so lekker om haar te sien brei. Die hande en vingers wat die moeilikste patron weef terwyl sy nog deelneem aan die gespeel ook. So as of hulle op "auto pilot" is.
Soms draai verlang se dolk dwars in die hart as ek net daaraan dink.
:icon_bigsmurf:
-
:crybaby2: Verlange is 'n nare ding. Die eerste foto wat ek van ouma Naas gesien het was van haar handewerk. So ek verstaan!
-
Net gister soek ek iets in die "winterskas" toe ek my rok wat Ouma vir my gebrei het styf teen my hart vasdruk. Wat 'n wonderlike voorreg om so 'n dierbare mens te kon ken. Ouma se handewerk hou my elke winter snoesig en warm.