Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Diguitdaging => Topic started by: Meraai vannie Baai on April 15, 2013, 01:05:45 AM

Title: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on April 15, 2013, 01:05:45 AM
Outop se 'Squisita Eenpot-wenprys' het hy geskenk vir 'n nuwe digkompetisie met toestemming van Terry. Ons wil graag 'n nuwe rakkie vul in die Verskombuis van die forum. Jou verskombuis-inskrywing kan saamgestel word in enige gedigstruktuur/vrye vers, kreatiewe versresep (sien voorbeeld wat uit Naas se plasing saamgestel is), ekphrasisbydrae ens.

Hier is 'n foto van die armband, ter waarde van R380, wat geskenk word deur Squisita Jewellery aan ons  wenner.  Moet nie die R200 geskenkbewys vergeet wat deel van die prys is nie.  
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Armbandasdeelvanprys.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Armbandasdeelvanprys.jpg.html)

 :hello2: :notworthy: :love7:

Die woorddief het gedwaal tussen die lyne en op hierdie kostelike bydrae op Naas se erf afgekom nadat ek 'n besoekende gas se spore gevolg het, wat ek graag wil plaas as 'n raakgeleesde voorbeeld  :notworthy: :icon_salut:

*Naas se Hummer Menu.

Op die kusdorpie Spoelsloot, net anderkant Pramberg
aan die noordkus van Suid-Afrika, is daar ‘n restaurant
waar die kok glo in staat is om enige eksotiese gereg
binne 90 minute voor te berei en op te dien.
Indien nie, is jy 'n trotse Hummer eienaar...


Bestelling van 'n gedetermineerde gas op 'n Vrydag-, Saterdag- en Sondagaand:

Voorgereg: Een Devil’s fork saamgestel uit sampioene gepluk teen die westerhang van die kranse van Dover.
Hoofgereg: Gebraaide Paddaboutjies uit die reënwoud van die Sahara en slakke uit die tuin van eden.
Nagereg: Groen vla uit Oostenryk.
(Voorbereiding - 60 minute)

Voorgereg: Emo vlerkies, diepgebraai in die olie van die Erike knolle uit Switserland.
Hoofgereg: Een draakeier geroerbraai saam met medium gaar lendesnit van ‘n eenhoring perd. Alles die saam met bloureis uit die Amazone rivier.
Nagereg: Indiese chokoladebier.
(Voorbereiding -  70 minute)

Voorgereg: Twee trolfrikkedelle toegedraai in biesies uit die nyl.
Hoofgereg: Die linkerbors van ‘n meermin, in skywe gesny en gaargemaak saam met eiervrug uit Rusland. Saam met dit Geposjeerde olywe uit Jerusalem. Alles bedien op twee sny varsgebakte brood met ystervarkvet.
Nagereg: 'n Lekker koppie parafienkoffie.

*80 minute later was die trotse nuwe Hummereienaar seker die 'meerminborsie' was die doodsteek op die menu, heelaas - in die dorpie kan jy nêrens vars brood koop op 'n Sondag nie.

 :bootyshake:
 
Plaas asb jou bydrae as 'n 'reply' hier, of pos dit aan ons by raaitjielock@yahoo.co.nz

Ons gaan die 24ste April  toer vir drie weke. Die gelukkig wenner sal aangekondig word teen die einde van Mei. Vir ander kombuisversvoorbeelde, kan julle hier gaan kers opsteek:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2306.0

Bon Appetit!
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Marius on April 15, 2013, 09:33:50 AM
Sonnet 18 beta
(a Shakesperian no more)

Shall I compare thee to some old quisine,
perhaps moldy bread or rotten meat gone green?
Thou art no more lovely than fettid rancid cheese,
cat food made up from old mashed up mare,
rough stomach winds that gnaw my bowels with gall,
wormy pig blood cake, fly buzzed fish-head bake!
Our fine suppers date hath overstayed to thus decomposed state:
wasabi passion now just tasteless and grindy stale.
Oh how the lukewarm scraps of our love reeks,
of crawfish heads and disentangled leeks,
and how oft to ruddy is my complexion churned;
to drink the rats excrement of my loving spurned,
and every foul as far as foul can carry,
oh long I not for the stench of the sour milk that I did marry.
Wilted lettuce and compost cookies
thank God by nature's changing course truly turned
to earthy toad stool and recipies unlearned.
And should Heaven forbid not the nausia of thy rank aroma fade,
Hell then chop my nose with a scalpel blade!
Nigh will I lose possession of that fearful memory,
of our love now as a maggot crested turkey – squirmy!
Can only death deliver my woe from thy gargoyles table,
thy caviar to offal, just a twisting meal trapped unstable!
When will this damned eternal ailment rest?
So long as men can dine and mouthes can taste,
so long flee I the smell of thee with no small haste!

Copyright Marius Buys 2013
(But may be freely shared electronically)

Bwahahaha!  :glasses9:
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Terry on April 15, 2013, 09:38:36 AM
Duisend dankies Meraai.  Squisita Jewellery is baie opgewonde om deel te wees van 'n tweede kompetisie hier op die Afrikaanse Forum.

Lekker skryf almal!
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: PM on April 15, 2013, 10:57:25 AM
Ons sal nog weer so maak Terry.  Dankie vir die geskenkies in die eerste plek.

Marius, jy is 'n ou doring.  Baie goed geskryf mater. 
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on April 22, 2013, 12:57:00 AM
Dankie vir die pragtige bydrae in Engels Marius. Sien jy kans om so iets in Afrikaans te skep vir ons "Kom-proe-saam-poësie" kompetisie?
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Angelica on April 22, 2013, 06:28:24 AM
Ek is hand-op-die-hart oor jou stuk werk, Marius. 
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: PM on April 23, 2013, 08:18:56 AM
Dit klink vir my na 'n goeie uitdaging Marius, die Afrikaanse gedig.  Sal jy jou hand daaraan waag om dit te vertaal?
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on April 24, 2013, 01:26:02 AM
PM, ek boek opgewonde my plek hier reg langs jou. Ek het die Engelse voorbeeld van Marius saam met Outop gesit en lees. Dit was 'n fees en kan my net indink as ons so voorbeeld vir die kompetisie in Afrikaans kon kry. Mannnnnn!!!!  :hello2: :notworthy:
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Marius on April 25, 2013, 06:41:23 PM
Aaaag okei laat ek hom dan maar vertaal... lol
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: PM on April 26, 2013, 12:17:55 PM
Gaaf!  Ek trek my stoeltjie nader en sit net hier en wag.  Dankie Marius, dankie.
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Marius on April 30, 2013, 08:44:40 PM
Galgehumor walg-sonnet 18 beta
(Shakespeare nie meer)

Sal ek u vergelyk met ‘n ou bedorwe gereg,
dalk muwwe brood of vleis in ‘n vrot donkergroen?
U is niks meer aantreklik as stink glaserige kaas,
katkos saamgeflans vanuit ou opgemaalde merrie,
rowwe maagwinde, wat knaag aan my ingewande met gal,
bewurmde varkbloedkoek, vlieg omsingelde viskop bredie.
Ons fyn maal se raklewe het verjaar tot welke ontbinde staat
van wasabi passie nou verslaan tot smaakloos en gritsend groen.
O die walgwalms van ons flou oorskietliefde
se weekoud-kreefkop en ontbinde prei
wat tot roed van spyt my gelaat laat brei;
met wurg aan die rot-ontlastings van my liefde verwerp,
en elke vieslike vuil so ver as wat vieslik kan skuil
verlang ek níe na die suurmelk se stank van u siss, sanik en tjank,
wat u ondank soos verlepte blaarslaai en kompos koekies,
dank die vader, deur die natuur se veranderende gang gedraai het
tot aards- en sampioengebonde gif en verleerde heks-resepte.
Hemel behoed my sou die range aroma van ons onverdamp kwel,
hel amputeer dan my neus met ‘n skalpel se fel!
Verlang nie ek die verlies wat daardie vrees in my kriewel,
ons liefde nou ‘n maaier besaaide kalkoen aan’t wriemel!
Ons kaviaar tot affal gekarring na die maal.
Wanneer sal hierdie vervloekte kwaal dan kuur?
Solank as die mens kan sing en drink en dinee,
so lank sal my lippe die lied en wyn en spys van u nee!

Kopiereg Marius Buys 2013
(Mag gratis elektronies gedeel word)

Naskrif: Ek het onlangs gelees dat Shakespeare se Sonnet 18 oftewel die "How shall I compare thee, to a summers day" sonnet as die mees romantiese gedig ooit beskryf is. Toe wonder ek of ek dan dalk die mees "onromantiese" en walglikste gedig ooit kan skryf met die bogenoemde poging tot donker Gotiese humor a la "Adams Family" styl. Grinnik.
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: PM on May 01, 2013, 10:04:40 AM
Goeie genade!  Dit is 'n goeie vertaling, maar oee Marius, dit is die beste resep  vir vinnig gewig te verloor.
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Ans Botha on May 01, 2013, 11:52:58 AM
Eish Marius nee! Dis erg! Maar as 'n mens mooi gaan sit en dink, is dit nie maar hoe die meeste ongelukkige verhoudings gaan nie, meeste mense kan dit net nie in sulke ieeeeeuew woorde uitdruk nie. Goed gedoen op die ou einde.
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Angelica on May 01, 2013, 03:26:59 PM
Ek hou verby.
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on May 16, 2013, 11:43:31 AM
 :icon_salut: :notworthy: Marius dit is boektoegehalte werk hierdie! Watter voorreg om so iets in ons geliefde taal te kan lees  :headbang: Die lewe is nie net soetkoek en bazaarjellie nie, jy het volmaak geslaag in jou poging om met Gotiese humor, een van die mees "onromantiese" gedigte ooit te skryf  :headbang:
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: PM on May 16, 2013, 12:11:40 PM
 :icon_biggrin:  Ek het dit geniet! 

Galgehumor walg-sonnet 18 beta
(Shakespeare nie meer)
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on May 23, 2013, 06:43:29 AM
Liewe digmaters, daar is nog net een week oor voordat die kompetisie sluit. Asseblief - kom plaas jou kombuisverse vir ons hier. Terry het die pragtigste pryse geskenk  :love7:
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Gawelina on May 23, 2013, 06:48:33 AM
Kombuis song    

die jellie van jou yskasliefde
wil ek in my kombuis verhit   
in Bauerpotte op die stoof
moet die begeertes ekstaties prut
 
soos die patat se skille
moet jou teëstand asblik toe wyk
net die soetigheid van jou lyf
sal saam in die brousel gaan
 
van ons drange en luste
sal ek maalvleis maak
dit dan rol in ‘n degie
kort-kort bestryk met sousies
gemaak in my geheime spens

feestelik sal ek dit dan opdis
in ‘n lyflike Argilla bak
opskep bietjie vir bietjie
tot jy van ongeduld wil gil

eers dan kry jy die poeding
aarbeie en room
en liefdeswyn verkil
my kombuis die oorsprong
van ons amoreuse spel.

© Gawelina 2009

Food of  love

In my kitchen, I am the creator
of many a lovely dish,
each one even greater
from a pie to a fish.

main course is from the ocean
oysters, prawn and calamari rings
filled with love’s essential potion
champagne to stir up things

from the fridge,  chilled wine
honey for our lips
because when we dine
it’ll be with our fingertips

strawberries and cream
chocolates and brandy
the fantasies of your dream
ingredients for a lusty candy

your body I’ll slowly feed
while on your knee I sit
my fingers set our dreams free
sensually
slowly
bit by bit

© Gawelina 2009
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on May 23, 2013, 07:50:07 AM
Gawie dit is prrragtig!! Ek is gaande hieroor matertjie  :love7: :hello2: :icon_salut:  :book1:
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: PM on May 26, 2013, 09:34:37 AM
Dit is wragtig pragtig!  Baie mooi geskryf Gawie. 
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on May 27, 2013, 11:08:16 PM
Kale vier dae oor - maar genoeg ure om jou stomende, gevriesde of ingelegde kombuisverse - vir ons op te dis :bootyshake:
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on May 31, 2013, 02:12:36 AM
Hierdie kompetisie is nou gesluit. Terry sal ons wenner van die lieflike pryse kom aankondig.
 :hello2: :notworthy:
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: PM on May 31, 2013, 07:39:40 AM
Dankie Raaitjie.  Amper 400 keer gelees met twee inskrywings.   :dontknow:
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on May 31, 2013, 07:46:22 AM
Ek ongelooflik dankbaar vir hierdie twee puik bydraes matertjie. Dit is 'n voorreg dat ons die liefde in beide fases hier neffens mekaar kan lees. Vir my is elkeen 'n pronkstuk in eie reg.  :book1: :notworthy: :icon_salut:
My syfertjie wys hierdie erfie is 566 keer gelees, wys joune net ampertjies 400?
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Terry on May 31, 2013, 01:14:51 PM
Eerstens wil ek graag baie dankie aan ons deelnemers se, julle is sterre!

Namens Squisita Jewellery is dit my voorreg om die wenner van ons "Kom-proe-saam-poësie" kompetisie aan te kondig. En die wenner is:

 :icon_cheers: GAWELINA   :icon_cheers: Vir 'Kombuis song' en 'Food of love'.  Baie dankie vir jou oulike bydrae tot die kompetisie Gawelina.

Jou wenprys is 'n Squisita Jewellery armband, ter waarde van R380 en 'n R200 geskenkbewys.  (Fotos aangeheg).

Ons sal in kontak met jou bly om so gou as moontlik jou prys in die pos te sit.

Weereens baie dankie vir die deelnemers.
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Gawelina on May 31, 2013, 02:30:27 PM
Sjoe! Baie dankie. Nooit gedink die ABC gaan my so seën nie. En om te dink die gedig is destyds geskryf toe Stof my uitgedaag het. Wens net ek het nie so ver van julle gebly nie.
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: PM on May 31, 2013, 02:52:33 PM
Baie geluk matertjie.

Raaitjie, my teller wys nou 577. 
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Ans Botha on June 06, 2013, 09:29:12 PM
Gawelina jy verdien dit. Ek kon net nie woorde vind vir hierdie gedig nie. Geluk en geniet jou prys.
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on August 17, 2013, 11:55:24 AM
Nou wonder ek of Gawie al vir ons sneppie opgesit het van haar prys, of het ek dit gemis het   :crybaby2:
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Gawelina on August 17, 2013, 11:59:54 AM
 ::icon_scratch:  dontknow: :crybaby2:

Staak die poskantore nie nog nie? Hier by ons staak elke tweede week 'n ander groep mense. Ek sien tot my liggaamlike krag staak vandag.  Dalk lê dit iewers in die poskantOor se argiewe en wag vir die werkers om terug te keer werk toe. Belowe ek sal dadelik laat weet as dit hier opdaag.
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Terry on August 17, 2013, 12:13:58 PM
Ag ek weet Gawelina, hier staak hulle ook amper elke week. Ek kan nie eers vir jou se of die pakkie al ons poskantoor verlaat het nie. Hoekom bel jy nie maar jou poskantoor en vind uit nie?  Jou tracking nommer is TC170356785ZA.

Laat weet my asb sodra jy dit gekry het.
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: PM on August 17, 2013, 12:22:50 PM
Die pakkie is wel gestuur en ek sal graag wil hoor wanneer jy dit ontvang het Gawie. 
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Gawelina on August 17, 2013, 06:46:49 PM
Baie dankie vir die tracking nr. Ek het dit aanlyn gesoek. Ek sien dis 14 Augustus gepos en lê op die oomblik in Kimberley. Ek behoort dit dus so Dinsdag te kry as als goed gaan. Sal kom rapporteer.
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on August 17, 2013, 11:43:15 PM
Dankie vir die aanstuur van die 'tracking' foto Gawes. Wonderlike ding die tegnologie! Kan presies sien waar, wanneer, tot hoe laat 'n artikel gepos is. My ouma sou seg dis kale golery  :sign10:
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Gawelina on August 23, 2013, 03:21:48 PM
[quote author=Terry link=topic=2781.msg19605#msg19605 date=1369998891
Jou wenprys is 'n Squisita Jewellery armband, ter waarde van R380 en 'n R200 geskenkbewys.  (Fotos aangeheg).

Ons sal in kontak met jou bly om so gou as moontlik jou prys in die pos te sit.

Weereens baie dankie vir die deelnemers.
[/quote]

Baie dankie. Ek het die armband ontvang. Dit is baie mooi. Skuus, daar vergeet ek om te sê ek wetie hoe om foto aan te heg nie. Dink nie dis moontlik met selfoon nie. Jammer julle!
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on August 25, 2013, 10:49:34 AM
Jy moet asb kom vertel wat jy met die koopbewys gaan aanskaf juffrou Gawie hoor  :toothy4:
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Gawelina on September 02, 2013, 10:31:52 PM
Koop. Se bek staan skeef Raai. Ons koop niks.
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: PM on September 03, 2013, 08:32:25 AM
Dalk kan jy die koopbewys aangee vir 'n verjaardaggeskenkie.   :dontknow:
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Gawelina on September 03, 2013, 09:22:06 AM
PM, ek neem aan die koopbewys is by armband ingesluit, want daar was net die armband in die pakkie. Dis als reg. 
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: PM on September 03, 2013, 09:57:35 AM
Dit is 'n elektroniese koopbewys Gawie.  Ek sal jou e-posadres vir Terry stuur dan kan sy dit vir jou e-pos. 
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: PM on September 03, 2013, 10:01:56 AM
Terry sê sy het jou e-posadres gevra sodat sy die koopbewys vir jou kan pos.  Ek hoop regtig dat dit nou afgehandel sal word.   :color:
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Terry on September 03, 2013, 10:11:09 AM
Gestuur na jou e-pos adres ook.  Dankie PM.
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Gawelina on September 04, 2013, 07:29:22 PM
Nou gekry dankie. 
Title: Re: Nuwe Digkompetisie - "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on September 06, 2013, 12:12:01 AM
Ek is werklik verlig dat hierdie 'prys-deel' van die kompetisie uiteindelik afgehandel is  :notworthy: