Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Plante met medisinale eienskappe => Topic started by: PM on March 19, 2013, 08:09:01 PM

Title: Die druiwe dieet
Post by: PM on March 19, 2013, 08:09:01 PM
Hierdie is nou 'n PM idee.  So maak mens!
Jy vat al die druiwe wat AB vir jou goedgunstelik geskenk het en jy vries dit.  Ja, jy donner dit in die vrieskas en dit sal behoue bly for ever and ever.  (Skuus aan die tannies wat nie van die Engelse woorde hou nie!)
NOU!  Jy moet mos elke aand kosmaak.  Nou maak jy so!
Jy neem 'n bottel rooiwyn en dan haal jy daardie druiwe, 10 korrels op 'n kuur, uit!  Gooi dit in die rooiwynglas en maak dit half vol.  Drink die wyn en geniet die druiwe.  Jy moet die skilletjies kou en die pitte ook!  Dit bevat die wonderlikste vitamines en die pitte het die beste "skoonwas" kwaliteite wat jy kan wens om te kry.  Dit vat al die plooie weg.   :icon_biggrin:
Wie wil nou voor die kospotte gaat staat!
Title: Re: Die druiwe dieet
Post by: Trapsoetjie on March 19, 2013, 08:46:11 PM
Dit klink nou na 'n oulike plan die. Dan word die wyn nie waterig met ysblokkies nie.  :hello2:

 :angel12:
Title: Re: Die druiwe dieet
Post by: Meraai vannie Baai on March 20, 2013, 01:13:52 AM
 :icon_salut: :headbang: