Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Baie geluk... Baie welkom => Topic started by: Meraai vannie Baai on March 15, 2013, 06:39:11 AM

Title: Welkom aan Joe (daai ou)
Post by: Meraai vannie Baai on March 15, 2013, 06:39:11 AM
Hartlike welkom neefgoed. Mag jou unieke woorddisse ons almal meevoer. Was vir my 'n groot voorreg om jou nader te lok en aan te teken op PM se woorderf  :notworthy: :icon_salut:
Title: Re: Welkom aan Joe (daai ou)
Post by: PM on March 15, 2013, 07:01:33 AM
Baie welkom Joe.   :hello2:
Ek sleep my stoeltjie nader, kan nie wag vir jou bydraes nie. 
Title: Re: Welkom aan Joe (daai ou)
Post by: Meraai vannie Baai on March 15, 2013, 07:02:42 AM
Joe het 'n wonderlike sin vir humor mater, ek glo dat julle sy unieke skryfstyl gaan geniet.
Title: Re: Welkom aan Joe (daai ou)
Post by: werelde weg on March 16, 2013, 03:15:07 PM
wie is Joe?   :toothy4:
Title: Re: Welkom aan Joe (daai ou)
Post by: PM on March 16, 2013, 03:24:35 PM
Joe is Joe Daai ou! 
Joe, jy sal moet kom vertel mater. 
Title: Re: Welkom aan Joe (daai ou)
Post by: AB on March 17, 2013, 06:01:32 PM
welkom Joe, jy is mos die lorrie ou?

sal graag van jou stories uit die lorrie en ondervindings wil lees hier.

Title: Re: Welkom aan Joe (daai ou)
Post by: Meraai vannie Baai on March 18, 2013, 07:10:02 AM
Ynste daai ou Stoffel! Die ene wat kilo's vreet soos 'n regte padvraat  :icon_biggrin:
Title: Re: Welkom aan Joe (daai ou)
Post by: PM on March 18, 2013, 07:48:51 AM
... en skryf soos 'n woordfraat!   :icon_salut:
Title: Re: Welkom aan Joe (daai ou)
Post by: Meraai vannie Baai on March 18, 2013, 07:55:46 AM
Amen suster  :book1: :hello2:
Title: Re: Welkom aan Joe (daai ou)
Post by: Joe Daai Ou on March 19, 2013, 02:33:50 AM
Sjiiiieee, nou wat sal ek seg! Ek dink ek kan beginne met dankie dankie vir al die verwelkomingslyne deur algar! Mens ek is baie deurmekaar by die Forum, ek weet nie waar om eerste te lees nie, maar ek kom so stadigaan reg! Sien ekke nou iemand verneem wie ek is. Nou mater lak jou vertel. Ek is 'n gryskop trucker wat weet hoe om die pêrre in te span om die wiele te laat rol. Doen dit al vir baie jare en ek vreet die kilos op en af! Daar waar ek stilhou pluk ek die ou Laptoppie uit en los myse gedagtes by hom om later verder op voort te borduur! Dis maar wat ek doen en hoop om nog vir baie jare te doen! Lees maar lekker aan myse stories en verhale van wat alles al met my gebeur het! Ek moes eintlik een van 'n tweeling gewees het, want te veel goete gebeur met my vir een mens! Toemaar, ek vat dit soos 'n man, dié ek kan dit nog oorvertel! Hoop julle wat lees sal agterkom dat deur my geskrifte loop daar 'n draad waar elektrisieteit in is. Ek is nie 'unplugged' nie, o nee ek is ingeprop in die Ewige Kragbron van die lewe en dis Hy wie al die eer moet kry!
Groete en seënwense
Daai Ou, Ou Joe.
Title: Re: Welkom aan Joe (daai ou)
Post by: AB on March 19, 2013, 03:26:23 AM
Moet seg ry kan Joe ry. ek het eenkeer saam met hom saam Petoorsdorp toe en terug gery. Dinsdag oggend 4 uur laai hy my hie rop met 'n merc met so iets soos 480 perde onder die kap en 26 rubbers om die 50 ton op die pad te hou. In elk gevalle behalwe noodgeval, ons ry. of liewer Joe ry en ek ry saam. Slaap op Winburg die Dinghaansaand, en in Petoorsdorp by jannie die Wroensdag aand ( daar waar Joe sy stuitjie uit lit geval het) en Donderdag skielik oproep gekry ons moet Delmas toe ook nog en weer terug Petroos se dorp toe. Donderdagnag slaap ons iewers langs die pad met baie slaggate en groet donker oggend Vrydag, vir Gawielientjie en haar man by hulle se dorp plek en vat die pad verder suid. Daai Vrydag se aand 11 uur stop ons weer hier op die plaas. Iewers op die internet is kiekies van daai rit, maar lyk my nie dis hier nie, sal dit hier ook plaas, maar wees gewaarsku dit is 'n lang storie soos vervolgverhaal.

Die eerste deel kan hier gesien word:

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2658.0

Title: Re: Welkom aan Joe (daai ou)
Post by: Meraai vannie Baai on March 19, 2013, 04:58:25 AM
Ek is bo in, tot halfpad toe besef ek dis stertkant ek moet onder begin lees en loer. Doet ek voort en kan kom getuig, dit was 'n woord- en oogfees. Dankbaar buig ek die knieg vir hierdie twee dierbare vrinne van ons  :notworthy: doet voort asb. Ek volg gewillig  :evil6:
Title: Re: Welkom aan Joe (daai ou)
Post by: Ah Willa on March 19, 2013, 10:52:17 AM
:wav:  WELCOME  :wav:
:wav:  WELCOME  :wav:
:wav:  WELCOME  :wav:
:wav:  WELCOME  :wav: