Die Afrikaanse Forum

Die Klaskamer => Taalhulp => Topic started by: PM on March 14, 2013, 07:07:32 AM

Title: Die afkappingsteken
Post by: PM on March 14, 2013, 07:07:32 AM
Die afkappingsteken   ( ' )

1.   Meervoud en verkleining van woorde wat eindig op i, o, u
      Israeli’s – Israeli’tjie,  video’s – video’tjie

2.   Geen afkappingsteken as dit deel van 'n diftong is nie
      fooitjie, leeus, koeitjie, koutjie

3.   Geen afkappingsteken as woorde eindig op oo, uu, ee nie
      kafees, Vosloos, komitees

4.   Geen afkappingsteken vir vokale met diakritiese tekens nie
      ietermagôtjie, clichétjie, Fouchés

5.   Geen afkappingsteken vir woorde met y/ie
      whiskies, hierjys, cowboys, intervarsities

6.   Lang “a” in die meervoud of verkleining
      hoera’s, ja’s, ma’s peetpa’s
      Maar nie oupas, dramas, tematjie nie

7.   Selfstandige naamwoorde met “e” wat nie uitgespreek word nie
      crèche’e en crèche’s, collage’e en collage’ie
    
8.   Eiename met r, s, e, rs wat nie uitgespreek word nie
      Terblanche’e - Terblanche’ie   Cilliers’s - Cilliers’tjie
      Marais’s - Marais’tjie
      Let wel As jy nie die “rs” hoor nie kry dit 'n afkapping “s”
      De Villiers word De Villierse

9.   Eiename met t, x, z wat nie uitgespreek word nie
      Du Toit – Du Toitjie   Le Roux – Le Rouxtjie

10.   Afkortings
        HOD’s, BMW’s, b’s
    
11.   Syfers
        1’e, 1’etjie, 8’s, gr. 12’s

12.   Klanke wat nie uitgespreek word nie
        g’n (geen), ‘k (‘k sal nog)

13.   Tussenwerpsels
        b’r, m-’m

14.   Vreemde woorde in oorspronklike spelvorm
        hors d’oeuvre
Title: Re: Die afkappingsteken
Post by: Meraai vannie Baai on March 14, 2013, 07:13:24 AM
Ek trippel van opgewondenheid. Dertien jaar reeds vervalle onder die Engelse oor die waters is hierdie nou weer so goed as om 'n woordeboek persent te kry. DANKIE PM. Jy is 'n engel  :love7:
Title: Re: Die afkappingsteken
Post by: PM on March 14, 2013, 07:16:19 AM
Raaitjie, hier lê nog so baie wat ek reeds gedoen het.  Baie daarvan het ek van die internet af saamgestel, of uit handleidings, maar ek kan nie meer die bronne onthou nie. 
Title: Re: Die afkappingsteken
Post by: Meraai vannie Baai on March 14, 2013, 07:23:02 AM
Kosbaar verby. Drukkie vir jou ure en ure se werk matertjie!! (((((((PM))))))))  :love7: :hello2:
Title: Re: Die afkappingsteken (Apostroof)
Post by: PM on March 14, 2013, 07:26:56 AM
Hier kry ek toe 'n antwoord wat ek vir iemand gestuur het aangaande die afkappingsteken:

Ja die reël het verander.
 
Afkappingsteken  --  Apostroof

In die verlede het ons foto’s geskryf.  Nou kan ons fotos skryf want dit verander nie die betekenis van die woord nie.
Nog voorbeelde is kafees.

Hierdie reëls is volgens die nuwe Afrikaanse Woordelys en Spelreëls.  (AWS)

‘n Maklike reël om toe te pas by die afkappingsteken, is om na die woord te kyk mét die afkappingsteken en ook daarsonder.
Pa’s  word  pas daarsonder. 
Ma’s word mas.
Ja’s word jas.
Dit is maklik om te onderskei nê?

In die verlede het ons foto’s geskryf.  Nou kan ons fotos skryf want dit verander nie die betekenis van die woord nie.