Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Soutterte => Topic started by: Terry on March 12, 2013, 01:54:54 PM

Title: Spinasie en hoender tert - sonder sand
Post by: Terry on March 12, 2013, 01:54:54 PM
Ek dink hierdie is een van my gunsteling resepte en die naam vir hom was laas week gebore toe ek 'n baie groot fout gemaak het.  Ek het nie my spinasie gewas soos ek weet spinasie gewas moet word nie.  Ek het gedink dit was redelik deeglik skoon, maar op 'n manier was daar dalk 'n blaartjie met sand wat bly klou en toe sommer in my tert beland. Ons kon toe ongelukkig nie die tert geniet nie maar vanaand gaan ek myself vrykoop en hom weer probeer.

Bestanddele:

1 groot pak vars spinasie
1 500g pakkie hoenderborsies
1 pakkie sampioene
1 groot ui, gekap
2 eetlepels fyn gekapte knoffel
1 bakkie mascarpone roomkaas
5 geklitste eiers
2 koppies gerasperde kaas (ek gebruik altyd een koppie cheddar en een koppie mozzarella)
Sout, peper en gedroogde tiemie na smaak.

Metode:

Was jou spinasie.  Was dit weer.  Was dit dan sommer nog 'n keer.   :angel4:
Kook dan jou spinasie in 'n pot met 'n halwe teelepel sout.
Braai die ui en knoffel in botter.  Voeg die sampioene by en braai verder tot als sag is. 
In 'n ander pan, braai die klein gensyde stukkies hoenderborsies in bietjie botter.  Geur die hoender met sout, peper en tiemie.
Wanneer die hoender gaar is voeg dit by die ui en sampioen mengsel.
Dreineer die spinasie en druk soveel water as moontlik uit.
Meng dan die hoender en sampioen mengsel saam met die spinasie in 'n mengbak.
Roer die mascarpone roomkaas in.
Gooi die kaas en geklitste eier by en meng deeglik.
Smeer 'n tertbak met botter en gooi die mengsel in die bak.
Die tert moet gebak word teen so 160grade vir 45 minute.  Laat die tert dan staan vir 'n verdere 20 minute.

Dit is 'n heerlike tert om te geniet saam 'n vars groen slaai.

As jy kuiergaste het, is 'n lekker idee om hierdie resep in 'n groot vierkantige tertbak te bak en as hy gaar is in klein blokkies te sny en dan te bedien.

Die resep kan ook in 'n muffin pannetjie gebak word of in klein pastei-kors-bakkies.  Fotos aangeheg.
Title: Re: Spinasie en hoender tert - sonder sand
Post by: PM on March 12, 2013, 08:27:13 PM
Baie dankie Terry.  Hierdie is werklik een van my gunsteling geregte.  Ek en spinasie is aan die heup vas.
Title: Re: Spinasie en hoender tert - sonder sand
Post by: Meraai vannie Baai on March 13, 2013, 12:02:34 AM
Mensig dit lyk heeeeeerlik! Dankie vir die deel Terry en die pragtige fotos is opeetbare lusmakers!
Title: Re: Spinasie en hoender tert - sonder sand
Post by: Meraai vannie Baai on June 05, 2018, 09:27:10 AM
Ek kan nie meer die fotos sien nie sniksnik. Is dit net omdat ek dalk oor die waters is  :icon_bigsmurf: of ondervind iemand anders dieselfde probleem?
Title: Re: Spinasie en hoender tert - sonder sand
Post by: adele on June 07, 2018, 09:39:32 PM
Ek kan dit nog sien, Raaitjie. As jy more nog daarna soek, laat weet dan laai een van ons dit af en pos dit weer, dalk wys dit dan?
Title: Re: Spinasie en hoender tert - sonder sand
Post by: Meraai vannie Baai on June 07, 2018, 10:54:02 PM
Ag dit sal wonderlik gaaf van jou wees Adele. Sal dit graag wil sien. Nie idee hoekom ek dit nie kan sien nie. Kon vir lank ook nie meer AB se fotos sien en skielik op 'n dag toe is almal weer 'sigbaar'  :hello2:
Title: Re: Spinasie en hoender tert - sonder sand
Post by: adele on June 08, 2018, 11:18:34 AM
 :icon_scratch:   :icon_scratch:     :crybaby2:   :dontknow: 

Kry nie die foto's weer gelaai nadat ek dit afgelaai het nie ... skuus Raaitjie. Miskien het een van jul ander meer sukses??
Title: Re: Spinasie en hoender tert - sonder sand
Post by: Naas on June 08, 2018, 11:40:46 AM
Ek kan al julle fotos sien maar het lank al opgegee om self te probeer laai. My vrou wou nou die dag foto van my neem maar dit het nie gewerk nie. Haar kamera het nie genoeg pixels om my af te neem nie.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Spinasie en hoender tert - sonder sand
Post by: adele on June 08, 2018, 07:34:35 PM
Naas!! komaan dierbare vriend, dis omdat jou hart so groot is  :love7:   :love7: 
Title: Re: Spinasie en hoender tert - sonder sand
Post by: Meraai vannie Baai on June 08, 2018, 11:16:28 PM
Dankie so baie dat jy probeer het lief Adele. Naas, jou pixelhumor is aansteeklik  :headbang:
Title: Re: Spinasie en hoender tert - sonder sand
Post by: Anastasia on June 09, 2018, 07:30:00 AM
Dankie, gaan die een beslis probeer
Title: Re: Spinasie en hoender tert - sonder sand
Post by: PM on June 20, 2018, 05:06:32 AM
Ek sal beslis hierdie resep maak vir Hannes sodra hy weer normaal kan eet.  Hy lief sulke sout-terte.


Anastasia vriendin, ek dink nou aan jou eerste avatar waarmee ek jou ontmoet het.  Die outannie met die 'curlers, in die hare, en as ek dit nie mis het nie 'n rokende sigaret in die mond.  Ek kan nie mooi onthou nie, maar dit was kosbaar!  :love7:
Title: Re: Spinasie en hoender tert - sonder sand
Post by: adele on June 20, 2018, 01:28:09 PM
wat het van Terry geword?
Title: Re: Spinasie en hoender tert - sonder sand
Post by: PM on June 20, 2018, 01:34:43 PM
Sy het besluit om ons te verlaat.  Al wat nou oor is, is haar foto'tjie en reseppies hier op die forum.