Die Afrikaanse Forum
Bak en brou => Resepteboek => Vinger-eetgoedjies => Topic started by: PM on March 30, 2011, 05:42:51 AM
-
Hoenderlewerstokkies
Marinade
Klits:
125 ml olyfolie
10 ml gekapte roosmaryn
2 fyngekapte knoffelhuisies
30 ml wit wynasyn
5 ml fyn gerasperde suurlemoenskil saam
Sny 2 rooi soetrissies in stukke en ryg afwisselend met hoenderlewers aan sosatiestokkies.
Plaas in 'n bak, giet marinade oor en laat staan vir 1 uur.
Oondbraai dan vir 6 minute by 200ÂșC tot gaar.