Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Wenresepte => Topic started by: PM on February 21, 2013, 12:21:36 PM

Title: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
Post by: PM on February 21, 2013, 12:21:36 PM
Hier gaan ons nou 'n kompetisie afskop vir die beste eenpotgereg.  Staan gereed vir die besonderhede. 

 :bootyshake:
Title: Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
Post by: Terry on February 21, 2013, 12:41:39 PM
Aan alle kookliefhebbers, kyk gerus na die aangehegde dokument en neem deel aan ons eenpotgereg kompetisie!  :hello2:
Title: Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
Post by: PM on February 21, 2013, 12:54:46 PM
Baie dankie Terry.  Jy is 'n ou staatmaker. 

Kom ouens, ek dink dit is 'n pragtig prys om los te slaan vir jouself as jy 'n vrou is of vir jou vrou of geliefde as jy 'n man is. 

Terry het foto's van die wenprys en ander produkte waarvoor die R200 koopbewys aangewend kan word.  Kom plaas dit asseblief Terry. 
Title: Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
Post by: Terry on February 21, 2013, 01:55:44 PM
Bie dankie PM!

Aangeheg is 'n voorbeeld van die armbande en oorbelle wat ons het. Daar is nog baie ander ontwerpe en kleure, maar ek het hierdie opgesit sodat almal 'n idee kan kry van wat hulle kan wen.

Ek gaan binnekort 'n foto van die wenprys kom oplaai.

Hoop om sommer gou lekker resepte te sien!
Title: Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
Post by: PM on February 21, 2013, 02:10:48 PM
Dit is baie mooi.  Wag nog vir daai wenprys!
Title: Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
Post by: Fransi on February 21, 2013, 02:26:28 PM
 :hello:

Dit is besonders mooi.
Title: Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
Post by: Meraai vannie Baai on February 21, 2013, 10:32:32 PM
My plek geboek!!!
Title: Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
Post by: Terry on February 26, 2013, 02:02:30 PM
Hier is 'n foto van die armband, ter waarde van R380, wat geskenk word deur Squisita Jewellery aan ons Eenpotgereg wenner.  Moet nie die R200 geskenkbewys vergeet wat deel van die prys is nie. 
Title: Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
Post by: Meraai vannie Baai on February 26, 2013, 02:17:52 PM
Lieflik!!!
Title: Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
Post by: PM on February 26, 2013, 02:28:20 PM
Magnifique mademoiselle!

Title: Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
Post by: Terry on March 26, 2013, 09:50:11 AM
Ek wil net baie dankie se aan almal wat aan ons Squisita Eenpotgereg kompetisie deelgeneem het.  Ons het heelwat heerlike resepte gekry!

Die kompetisie is nou gesluit en ons sal die 30ste Maart die wenner aankondig.

Lekker week vir almal.

 :toothy4:
Title: Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
Post by: Meraai vannie Baai on March 26, 2013, 09:54:04 AM
Vir ons was dit 'n groot voorreg om van die geregte in een pot aanmekaar te slaan Terry. Wil vir jou bedank  :notworthy: want was dit nie vir die kompetisie nie, het ons tweetjies diekant van die aardbol baie heerlike etes gemis! Outop het homself GANIET!!
Title: Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
Post by: Terry on March 26, 2013, 10:11:48 AM
Ek is bly om te hoor julle het dit so geniet Meraai, ons geniet dit netso om al die resepte self te probeer.  In hierdie geval sal ons moet begin dink aan die volgende kompetisie!
Title: Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
Post by: PM on March 26, 2013, 10:19:36 AM
Baie dankie vir almal wat deelgeneem het.  Baie dankie Terry vir jou harde werk en ek kan nie wag om te hoor wie die kompetisie gewen het nie.  Kan ons nie maar nou al weet nie?  Gawie sê sy het nie tyd saamgebring vir geduld nie.   :icon_biggrin:
Jy weet hoe nuuskierig ek is!   :icon_scratch:
Nog 'n groot dankie vir jou.
Title: Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
Post by: Terry on March 31, 2013, 08:30:44 AM
En toe was die grootste probleem van die kompetisie om te besluit watse resep die wenner is.  Al hierdie resepte was absoluut heerlik en wens ons kon almal eersteprys wenners maak.  Namens Squisita wil ons baie dankie se vir almal se inskrywings, dit was pret om julle resepte te lees en probeer.  Ons is trots om vandag die wenresep aan te kondig. 

En die wenner van ons Squisita se Eenpotgereg is:
 :hello2:    Outop se 'Eenpot-Squisita-Seekos-Braairys', ingeskryf deur Meraai van die Baai.   :hello2:

Baie geluk Meraai, ons sal in kontak met jou wees om die besonderhede van die prys en aflewering te bespreek.

Weereens baie dankie aan almal en kyk uit vir die volgende kompetisie!

Title: Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
Post by: PM on March 31, 2013, 02:46:08 PM
Hartlik geluk Raaitjie en Outop.   :hello2:

Baie dankie Mevrou Squisita (Terry) vir die kompetisie en al die tyd en aandag wat jy daaraan spandeer het. 
Dankie ook vir die prys wat jy geskenk het.   :love7:
Title: Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
Post by: Meraai vannie Baai on March 31, 2013, 11:15:21 PM
 :love7: WOW! Dit is wonderlik. Duisend dankies Terry. Ek het Outop 'n klapsoen en drukkie gegee. Weens die onkoste verbonde om dit in Australia te kry, wil ons graag die pragtige prys skenk aan die forum vir 'n volgende kompetisie.  Wil saam met PM laag buig vir jou tyd, aandag en die uitdaging. Ons het gisteraand weer gesmul aan Outop se  'Eenpot-Squisita-Seekos-Braairys'  :icon_biggrin:
Title: Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
Post by: PM on April 01, 2013, 06:52:17 AM
Nou is dit my beurt om te sê WOW!  Baie dankie Raaitjie. 

Jy en Outop kan die volgende dis kies.  Terry kan die nuwe datums kom vasmaak.  Nogmaals baie dankie.
Title: Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
Post by: Angelica on April 01, 2013, 08:25:38 AM
Geluk Meraai en Outop!!
Ek het daai prentjie van die gereg gesien. Dit lyk soos my kinda food.
Hier by my het die kokkerot-kolonie nog nie getrek uit die stoof nie. (Sjjjt, ek gaan nou nie se dit is omdat ek nie eens sout en peper van mekaar kan onderskei nie.)
Sal maar die kinders vra om dit te maak en my te nooi..
Title: Re: Kompetisie vir die beste eenpotgereg.
Post by: PM on April 01, 2013, 08:31:18 AM
Lekker om jou raak te lees Angelica.  Goeie nuus, Raaitjie het gevra die geskenkie moet gaan vir 'n gedigkompetisie en Terry seg sy is eens.  Sy sal die aankondiging kom doen, jy kan mos die mooiste gedigte skryf.  Ek trek my stoeltjie nader.