Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Waar is jy? => Topic started by: PM on February 09, 2013, 08:55:48 AM

Title: Veilig in NZ
Post by: PM on February 09, 2013, 08:55:48 AM
Ons kinders het die resies gewen.  Hulle vliegtuig het kwart voor ses vertrek op die 7de.  Ons is vyfuur die middag uit Pretoria.  Die wagtyd vir hulle in Australië, het ons by Adéle oorgeslaap. 
Hulle het veilig geland gistermiddag sesuur.  Ons het eers na sewe hier in Port st Johns aangekom.  Dit wys jou nou maar net...
Title: Re: Veilig in NZ
Post by: Gawelina on February 09, 2013, 01:20:21 PM
Bly hulle en julle is veilig. Dink so baie aan julle en ons mis jou innie tuintjie.
Title: Re: Veilig in NZ
Post by: PM on February 09, 2013, 01:25:24 PM
 :wave: Gawie.  Dankie matertjie.  Ek is nou weer op my pos.  So al jeukende en krappende.  Het besluit om op te hou drink, want al wat 'n insek is kom suig aan my bloed!   As hulle dit eenkeer geproe het kom hulle gereeld terug vir 'n regmaker!   :dontknow:

Die kinders het nog 11 ure gewen ook.  Dit was nog aand by ons, toe is dit al die volgende oggend by hulle.  Wys jou net hoe ver is ons agter.   :icon_biggrin:

Title: Re: Veilig in NZ
Post by: Meraai vannie Baai on February 12, 2013, 12:19:57 AM
Hulle gaan al die nuwe jaar gevier het, dan wag jy nog vir die horlosie se wysertjies om aan te stap  :icon_biggrin:
Title: Re: Veilig in NZ
Post by: PM on February 12, 2013, 10:19:47 AM
Dit is vreemd nê!  My vriendin wou weet hoekom dit twee ure minder neem Dubai toe as terug met die vliegtuig.  Hannes antwoord toe omdat dit afdraende is daarheen, maar opdraende terug.   :icon_biggrin:
Title: Re: Veilig in NZ
Post by: Meraai vannie Baai on February 12, 2013, 11:17:30 PM
Kan jy nou meer! Sweerlik moet dit wees  :headbang: