Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Helpmekaar => Topic started by: AB on February 09, 2013, 05:09:58 AM

Title: sukkel met laptop
Post by: AB on February 09, 2013, 05:09:58 AM
ek hoop hier is iemand wat kan help.

ek het 'n dell laptop. baie bakgat ding maar nou hou hy hom slim.

as ek tik gebeur dit baie keer dat die plek waar ek tik aan die einde van die woorde op die skerm sommer net terug spring hier iewers op enige plek waar reeds getik is. dan is als deurmekaar.

weet een van julle hoe kan ek maak om daai te stop?

by die touchpad se program in control panal kan mens die touchpad afsit en dan het hy nog 'n simpel funksie, waarvoor weet ek nie.

Dit word genoem touchguard en as dit aan is staan daar ewe by geskryf:

Guidepoint with touch guard inhibits unwanted input on the touchpad while typing.

ek glo dis die ding wat my hinder. ek het dit al afgesit maar soms gebeur dit nog.
ek het al die touchpad afgesit maar steeds gebeur dit en selfs as die tweeg die "pointer" as die touch pad af is werk dit nog. as ek vryf op die touchpad dan beweeg die pointer steeds.

ek sien ek kan die touchpad uninstall maar gaan dit enige ander probleme veroorsaak?
ek werk nie daarmee nie ek gebruik net 'n muis.
Title: Re: sukkel met laptop
Post by: PM on February 09, 2013, 08:35:30 AM
Ek hoop iemand kan jou help AB.  Daardie "touchpad" en ek is nie maatjies nie.  "n Muis werk maar vir my die beste.