Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Pasta, aartappels en rys => Topic started by: PM on January 24, 2013, 02:48:17 PM

Title: Kerrie-pastaslaai
Post by: PM on January 24, 2013, 02:48:17 PM
Hierdie resep kan gehalfeer weer word. 

Hierdie slaai kan ook warm voorgesit word saam met braaivleis.
Die geheim van hierdie slaai is dat die pasta nie afgespoel moet word nie, want die pasta absorbeer die kerriesous baie makliker. Afgespoelde pasta veroorsaak dat die slaai bleek en afgewater lyk en proe! Die hoeveelheid olie klink miskien baie, maar dit voorkom dat die slaai droog word.
4 groot uie fyngekap
¼ k olie
1 pak pasta (skroefnoedels)
3 t kerriepoeier
2 t borrie
1t gemaalde koljander (opsioneel)
½ k suiker
¼ k asyn
½ k braaisous (Jimmy's braaisous)
2.5 ml sout
2.5 ml gemaalde peper

Soteer uie in helfte van die olie tot amper sag.
Voeg kerrie, borrie n koljander by en roerbraai saam met uie vir ongeveer 3 minute tot uie sag en deurskynend is.
Strooi die suiker oor die uiemengsel - dit sal so 'n sousie begin vorm.
Voeg die orige olie, asyn, sout, peper en braaisous by en prut vir ongeveer nog 5 minute
Kook intussen die pasta tot gaar met net genoeg sout - dreineer.
Meng die kerriemengsel en pasta en verkoel.

Jy kan nou 'n groen-/rooi-/of geelpeper kerf en daarby voeg.
Kap 'n bossie grasuie fyn en vlok 'n paar stukkies hoender daarby.  Soms wissel ek dit af met krapstokkies in ringetjies gesny.
'n Paar gepekelde komkommertjies kan ook bygevoeg word. 

Geniet!
Title: Re: Kerrie-pastaslaai
Post by: Meraai vannie Baai on January 24, 2013, 10:58:24 PM
Altyd 'n wenner die!! Hom nou die afgelope maand al twee keer gemaak en hoe ouer hoe lekkerder  :love7:
Title: Re: Kerrie-pastaslaai
Post by: PM on January 25, 2013, 01:54:29 AM
Ek lag vir JC, hy skryf:  Screw noodles (tot sag)  uie (opgetjop)   

Wat jy sê is dat dit lank in die yskas gebêre kan word.  Ek kan dit Saterdag maak vir Sondag?
Title: Re: Kerrie-pastaslaai
Post by: Meraai vannie Baai on January 25, 2013, 09:40:14 AM
Heheheh, daai gescrewde noedeltjies kan jy ander week nog steeds geniet as jy dit behoorlik bottel suster!