Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Woordmuseum: Liedjies & Verse uit toeka se dae => Topic started by: Meraai vannie Baai on January 20, 2013, 12:25:22 AM

Title: Waar is my Sannie met haar vlegsels?
Post by: Meraai vannie Baai on January 20, 2013, 12:25:22 AM
Waar is my Sannie met haar vlegsels
En oë so blou?
Waar is die koesisters en melktert,
Waar is jou wafeltjies nou?
Waar's jou tjoklitkoek en jellie
Waarvan ek so hou?
O, Sannie, ek verlang so baie
Om weer jou oortjies te kou!

My Sannie woon nou by die Aussies
Doer oor die see.
Jy't land verlaat -- en waar's my kossies?
Jy vat jou soetigheid mee!
Waar's jou poeding en jou pan'koek
Waarvoor ek nou skree?
O, Sannie, ek verlang so baie
jou ook 'n sweetie te gee!

Waar is my Sannie met haar vlegsels
En oë so blou?
Waar is die koesisters en melktert,
Waar is jou wafeltjies nou?
Waar's jou tjoklitkoek en jellie
Waarvan ek so hou?
O, Sannie, ek verlang so baie
Om weer jou oortjies te kou!

*waar my bron heen verdwyn het, weet nugter en sy nefie alleen.

Mieliestronk se Lekker Ou Saamsing-werf
Waar is my Sannie met haar vlegsels?
http://www.mieliestronk.com/sannie.htm







Title: Re: Waar is my Sannie met haar vlegsels?
Post by: Anastasia on May 30, 2018, 06:58:19 PM
Ai, smul ek lekker hier saam.  Dit was seer sekerlik 'n verlang dag na die Afrika Suide.  Hoe het so juweel ongekommentaar verbygegaan?  Ek het geniet!  Ek het baie geniet!
Title: Re: Waar is my Sannie met haar vlegsels?
Post by: Naas on May 30, 2018, 08:23:12 PM
Lees ek ook nou eers van Sannie se verlange. Of is dit Jannie wat na Sannie verlang?



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Waar is my Sannie met haar vlegsels?
Post by: Meraai vannie Baai on May 30, 2018, 10:46:27 PM
Iewers was my bron geskaai, ek het dit nou gaan aanbring. Dink dit was in die jare toe ek ou lirieke opgediep en weer bewaar het in ons eie woordskuur.
Title: Re: Waar is my Sannie met haar vlegsels?
Post by: Naas on May 31, 2018, 01:53:03 AM
Maak nie saak wie verlang nie. Langpad verlang is en slegte verlang. Die tye toe die lerieke geskryf is het hulle mos nog met 'n wa en osse Australie toe getrek. Vandag se vlieg maak dit mos sommer net 'n paar maande se salaris ver.

Die ingelsman se mos hoeka "Distens makes the heart go wonder" so ek is seker daarvan Jannie sit en sing die liedjie al klaar met sy arm om 'n ander stukkie tjoklit wat soeter is.  :headbang: :angel4:



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Waar is my Sannie met haar vlegsels?
Post by: Anastasia on May 31, 2018, 05:05:45 AM
Gepraat nes 'n wyse man wat Naas is. 

" "Distens makes the heart go wonder" so ek is seker daarvan Jannie sit en sing die liedjie al klaar met sy arm om 'n ander stukkie tjoklit wat soeter is.  :headbang: :angel4:"