Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Woordmuseum: Liedjies & Verse uit toeka se dae => Topic started by: Meraai vannie Baai on January 20, 2013, 12:24:31 AM

Title: Daar's 'n modd'rige sloot in die Vrystaat
Post by: Meraai vannie Baai on January 20, 2013, 12:24:31 AM
Inleiding:

Tra-la-la tra-la-la tra-la-la-laaa ...
Tra-la-la tra-la-la tra-la-laaa ...

Daar's 'n modd'rige sloot in die Vrystaat
En my sweetheart die wag daar op my --
In die modd'rige sloot in die Vrystaat
Waar die Friesbeeste wei op die klei.
In die modd'rige sloot in die Vrystaat
Waar die Friesbeeste wei op die klei.

Pas dan op, my getroue geliefde,
Gee jy straks nog 'n soentjie vir my,
Gly ons dalk in daai sloot in die Vrystaat
En dan trap ons nog klei as ons vry.
Gly ons dalk in daai sloot in die Vrystaat
En dan trap ons nog klei as ons vry.
Title: Re: Daar's 'n modd'rige sloot in die Vrystaat
Post by: Naas on November 04, 2021, 08:48:28 AM
Hei hei
Ons gaan nou bly
In daai moddersloot
Van klei
Gly gly
Sal ons daar vry
In daai modder
Sloot van klei.

Eers gryp ek jou
Dan gryp jy my
So gly gly
In daai sloot van klei
Daar het ek
vir jou gekry
Daar sal ons
Vir ewig bly

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Daar's 'n modd'rige sloot in die Vrystaat
Post by: PM on November 04, 2021, 11:23:46 AM
Woeker julle twee met jul talente.  Pragtig gedoen, ek is ook nou lus vir die Vrystaat. 
Title: Re: Daar's 'n modd'rige sloot in die Vrystaat
Post by: Naas on November 04, 2021, 11:48:57 AM
Die vry of die klei?

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Daar's 'n modd'rige sloot in die Vrystaat
Post by: Meraai vannie Baai on November 04, 2021, 11:52:34 AM
Ek kan my altyd verluister hoe die reels herhaal word. Musiek en woorde is een twee van die baie lekker dinge in die lewe wat my regop hou  :angel4:
Title: Re: Daar's 'n modd'rige sloot in die Vrystaat
Post by: PM on November 04, 2021, 12:06:04 PM
Die vry in die klei.  :toothy4:   Moet sĂȘ, dit sal goed afgaan met 'n dosis musiek daarby.   :angel4:
Title: Re: Daar's 'n modd'rige sloot in die Vrystaat
Post by: Naas on November 04, 2021, 12:15:15 PM
Lekker giggel ek nou dat dit weergalm in my lee maag.

 :icon_bigsmurf: