Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Woordmuseum: Liedjies & Verse uit toeka se dae => Topic started by: Meraai vannie Baai on January 20, 2013, 12:23:47 AM

Title: Êrens duskant die skaapkraal
Post by: Meraai vannie Baai on January 20, 2013, 12:23:47 AM
Êrens duskant die skaapkraal
wag my lam --
Ek weet dat sy haar hare
met 'n turksvyblad kam.
Ek weet sy het nou troukoors;
ek is bang!
Ek is jonk en wil my nie
reeds in 'n strik laat vang!

Dan fladder daar 'n tsetsevlieg,
my lam word aan die slaap gewieg
-- sy droompies . . .
Sy droom van pêrels en van lint
en trippel soos 'n lentekind
oor stroompies . . . stroompies . . .

O, sy wil mos getroud kom,
dit weet ek!
Laat ek waai of ek sit nog
met 'n strop om my nek!

Sy droom van pêrels en van lint
en trippel soos 'n lentekind
oor stroompies . . .
Title: Re: Êrens duskant die skaapkraal
Post by: Naas on September 01, 2018, 11:02:17 AM
En hier skouerlees ek 'n vergete juweeltjie reeds menigmale deur besoekers verslind. En Dan wonder ek hoeveel skatte kruip nog hier weg.
Pragtige werk van vervloë tyd Ta Raaitjie.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Êrens duskant die skaapkraal
Post by: Meraai vannie Baai on September 01, 2018, 11:17:59 AM
Daar was 'n skakel na die oorspronklike erf maar ek sien nou dit is skoon veld  :icon_scratch:

http://www.mieliestronk.com/skaapkraal.html
Title: Re: Êrens duskant die skaapkraal
Post by: adele on September 01, 2018, 02:51:40 PM
hoe praggggtig! kyk, meeste tale het seker hul eie juweeltjies, maar hoeveel daarvan aan 'plaas' verbind is, weet ek darem nie ....  :love7: 
Title: Re: Êrens duskant die skaapkraal
Post by: PM on September 11, 2018, 11:18:20 AM
Die forum het al menigmaal daardie swart hond wat my so pla in die ribbes geskop.  Ek lief julle.   :love7: