Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Woordmuseum: Liedjies & Verse uit toeka se dae => Topic started by: Meraai vannie Baai on January 20, 2013, 12:20:58 AM

Title: Vertaalde Liedjies/Verse.
Post by: Meraai vannie Baai on January 20, 2013, 12:20:58 AM
Walsie Meraaia

Liefste Meraaia,
Sy was tog so fraai, ja,
Al was haar voete so groot soos 'n brood.
En as jy wou dans, man,
Dan waag jy mos 'n kaa-ans, man,
Want ons Meraai skop jou maermerries dood.

Walsie Meraaia, Walsie Meraaia,
Kom nou en dans hierdie walsie met my.
Selfs al trap jy my tone flenters met jou nommer-twaalfs,
Kom nou en dans hierdie walsie met my.

Liefste Meraaia
Woon daar in 'n kaia
Eenmaal bewoon deur 'n siek hoenderhaan
En as jy daar kuier,
Moet jy tog net wei-ei-er
Om saam met haar in die huis in te gaan.

Bantamluise, bantamluise,
Bantamluise dié byt jou gedaan!
En as jy daar kuier, moet jy tog net wei-ei-er
Om saam met haar in die huis in te gaan.

Jaap van die Paarl
(Ons Meraai se kê-êrel)
Wou op 'n dag mos die goggatjies tart,
Maar skaars was hy binne
Of hy kom tot sy sinne
En wals toe na buite met die nooi van sy hart.

Walsie Meraaia, Walsie Meraaia,
Onse Meraai trap haar kêreltjie plat.
Nou wals sy verdrietig langs sy vaal ou hopie grond
Alleen met haar voete en so maer soos 'n kat.

Liefste Meraaia,
Sy was tog so fraai, ja,
Al was haar voete so groot soos 'n brood.
En as jy wou dans, man,
Dan waag jy mos 'n kaa-ans, man,
Want ons Meraai trap haar kêreltjie dood.

Walsie Meraaia, Walsie Meraaia,
Kom nou en dans hierdie walsie met my.
Selfs al trap jy my morsdood, morsdood met jou nommer-twaalfs,
Kom nou en dans hierdie walsie met my.

*ek het PM se kommentaar by hierdie ene ook bewaar: Dit is kostelik.  Ek hoor al hierdie liedjies in die skuur,  almal sit op grasbale,  die orkes speel en die mense sing!  Die kore dawwer deur die lug en die plaasdiere wonder wat het hulle getref!
Title: Re: Vertaalde Liedjies/Verse.
Post by: Meraai vannie Baai on January 20, 2013, 12:33:34 AM
PM: Vader Jakob

(Afrikaanse weergawe van Frère Jacques)

Vader Jakob, Vader Jakob,
Slaap jy nog, slaap jy nog?
Hoor hoe lui die kerkklok
Hoor hoe lui die kerkklok
Ding, dong, dell
Ding, dong, dell

Baba Swart Skaap

(Afrikaanse weergawe van Ba-ba Blacksheep)

Baba Swart Skaap het jy baie wol?
Ja Baas, Ja Baas, drie sakke vol.
Een vir die Ounooi en een vir die baas
en een vir die seuntjie van Mooiplaas.

Muis en klok
(Afrikaanse weergawe van, Hickory Dickory Dock)

Tikke-tak, tikke-tak, tok!
Die muis kruip in die klok,
die klok slaan een,
die muis draf heen.
Tikke-tak, tikke-tak, tok!

Hompie Kedompie
(Afrikaanse weergawe van, Humpty Dumpty)
Hompie Kedompie sit op die wal;
Hompie Kedompie het hard geval.
Gee hom koljander,
en gee hom kaneel;
maar Hompie Kedompie word nooit weer heel.

Griet en Pieter
(Afrikaanse weergawe van, Jack and Jill)

Griet en Pieter, met 'n watergieter,
klim die berg uit op 'n draf,
maar Pieter die gly en Griet daarby -
hul kom bollamakiesie weer af.

Karalie Karool
(Afrikaanse weergawe van, Hey diddle diddle, the cat and the fiddle)

Karalie! Karool! Die kat speel viool,
die koeitjie die spring bo-oor die maan,
die hondjie die lag met al sy mag,
en die skottel en lepel loop saam.

Naas: Vader Jakob
(Afrikaanse weergawe van Frère Jacques)

Vader Jakob, Jou ou skaapkop,
Slaap jy nog, slaap jy nog?
Hoor hoe sing die skollies
Hoor hoe sing die skollies
Rock 'n Roll
Rock 'n Roll

Baba Swart Skaap
(Afrikaanse weergawe van Ba-ba Blacksheep)

Baba Swart Skaap het jy baie wol?
Ja Baas, Ja Baas, drie sakke vol.
Een vir die Ounooi en een vir die baas
Maar geen vir die seuntjie wat heelnag raas.

Muis en klok
(Naas se weergawe van, Hickory Dickory Dock)

Tikke-tak, tikke-tak, tok!
Drie muise kruip in die klok,
die klok slaan een,
en die ander twee kom weg met kleiner beserings
Tikke-tak, tikke-tak, tok!

Hompie Kedompie
(Naas se weergawe van, Humpty Dumpty)

Hompie Kedompie sit op die wal;
Hompie Kedompie het af geval.
Al die koning se mense
En al die koning se ruiters
Het roereiers vir onbyt gehad.



Title: Re: Vertaalde Liedjies/Verse.
Post by: Meraai vannie Baai on January 20, 2013, 12:59:42 AM
Aangedra deur Adele: Bosveldliefde (op die wysie van "Isle of Capri")

Dis in die Bosveld waar ek Lettie ontmoet het
in die skadu van 'n ou akkerboom
dis asof ek haar nog sien in die stilte
in die skadu van die ou akkerboom

Sy was so rein as 'n roos in die môre
maar nogtans was sy vir my nie bedoel
en toe ek afskeid neem van haar daardie môre
het ek eensaam en treurig gevoel

   Hoor hoe sing die voëls daar buite
   winter is nou weer verby
   ek sê ek bemin jou my liefste
   kom en gee 'n soentjie vir my

Sy fluister saggies dat sy dit nie kan doen nie
en toe het sy my die storie vertel
sy het haar hart al gegee aan een ander
en my toekoms was vir my toe voorspel.

Petronella
Hierdie is ook 'n stokou liedjie wat ek as kind geken het,
ken iemand dit ook?      

Petronella, Petronella,
Petronella ek het jou so lief.
Jy’s my enigste dierbare Nella,
jy’s my engel, my klein harterdief.

Ekke vra jou, ekke smeek jou,
wees my nooientjie, my skeeloog, my bruidjie.
As jy my nie wil hê, Petronella,
sal ek my gaan verdrink in die spruitjie.

Petronella, Petronella,
gisteraand sien ek toe weer vir Bella.
Sy vertel vir my jy het verander,
daar is nou nie meer raad vir een ander.

Jy belieg my, jy bedrieg my,
en natuurlik voel ek nou verlate.
Laat jy my in die steek, Petronella,
skiet ek jou en jou kêrel vol gate.

Springmielie:
hiekeriediekerie dok
die grootbek moker die klok
die klok val af
en moor sy blaf
hiekeriediekeriedok

tiektok….